Hoe gaan dit met die Afrikaner?

frik-lotz-sasolburg

Frik Lotz. Foto: Verskaf.

Deur Frik Lotz van Sasolburg.

Hoe gaan dit met die Afrikaner en ander witmense vandag in Suid-Afrika sedert 1994? Nie baie goed nie, sou ek sê.

Witmense en veral die Afrikaner word gedurig daaraan herinner dat hulle verantwoordelik was vir alles wat verkeerd geloop het in die verlede en vandag ook skuldig is aan als wat fout is in die land.

Die Afrikaner se geskiedenis word misken, sy erfenis en kultuur word vertrap, die Afrikaanse taal word oral uitgewerk en dan word hy ook benadeel deur regstellende aksie, swart ekonomiese bemagtiging en grondhervorming. Baie mense het hul heil oorsee gaan soek, juis omdat hulle soos tweedeklasburgers in hul eie land behandel word.

Het Afrikaners dan geen regte meer in Suid-Afrika nie? Het dit nie tyd geword dat die Afrikaner opstaan en sê genoeg is genoeg nie? Is dit nie ook tyd dat ander minderheidsgroepe hul stem dik maak oor wat in die land aangaan en opstaan vir hul regte nie?

Minderheidsregte en selfbeskikking is die enigste haalbare oplossing vir Suid-Afrika met sy verskeidenheid van volke, tale en kulture. Die land is in ʼn krisis en daar sal beslis iets gedoen moet word en met nuwe oë gekyk moet word na selfbeskikking.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

22 Kommentare

jongste oudste gewildste
JC

Dankie Frik!!
“The time is nigh”!

A

My vraag ook. Maar ongelukkig is ons blanke Afrikaners so bekend vir ons verdeelheid. Dan het ons nog ‘n stryd in onsself wat godsdiens betref. Mag ‘n Christen opstaan vir homself en oorlog maak? Ons moet dan in liefde en vrede leef. Wat ons wel probeer het. Maar tot by watter punt gaan ons kom voor daar niemand oor is nie. Tot by watter punt moet ons gaan voordat ons heeltemal uitgewis en vertrap word. Ons boere word wreedaardig vermoor. In die stede gaan dit ook sleg. Kinders word geteiken en so kring die haat en verdeeldheid nog verder uit.… Lees meer »

Kosie

Ja, Frik, daar is probleme. Maar wys my wanneer in die Afrikaner se geskiedenis was daar nie probleme nie? Elke keer het ons heel anderkant uitgekom, sterker. Want ons is slim, en ons werk hard, en ons help onsself wanneer niemand anders sal nie. Jy is reg – dis nou die tyd om op te staan, en ons stem dik te maak. Terloops – my Ma het my geleer, as iemand jou vra hoe dit gaan sê jy eenvoudig net “goed”.

Johann

Die Afrikaner kan nie en sal nooit saam staan nie en DIT is die probleem wat veroorsaak word dat die Afrikaners uit die lang gewerk word.

Afrikaner

Dit gaan nog TE GOED met die Afrikaner, dit is hoekom hulle nog nie saamstaan nie. Ryk Afrikaners koop hulle kinders se apartheid deur hulle in privaatskole in te skryf en privaat universiteite, die gemiddelde Afrikaner hoop en bid maar net sy kind maak klaar voordat Afrikaans uit alle skole en Universiteite verban word, en die arm Afrikaner het klaar ondergegaan, hulle bly langs die dam in Kempton Park en leef van aalmoese en ou klere en skenkings van ander. Kinders het nie skoolklere, kos of skoolgeld nie. Sommige kinders gaan nie eers skool nie, die kinders sterf maar daar… Lees meer »