Lesersbrief: Hoe gaan dit met die Afrikaner?

frik-lotz-sasolburg

Frik Lotz. Foto: Verskaf.

Frik Lotz van Sasolburg skryf:

Hoe gaan dit met die Afrikaner en ander witmense vandag in Suid-Afrika sedert 1994? Nie baie goed nie, sou ek sê.

Witmense en veral die Afrikaner word gedurig daaraan herinner dat hulle verantwoordelik was vir alles wat verkeerd geloop het in die verlede en vandag ook skuldig is aan als wat fout is in die land.

Die Afrikaner se geskiedenis word misken, sy erfenis en kultuur word vertrap, die Afrikaanse taal word oral uitgewerk en dan word hy ook benadeel deur regstellende aksie, swart ekonomiese bemagtiging en grondhervorming. Baie mense het hul heil oorsee gaan soek, juis omdat hulle soos tweedeklasburgers in hul eie land behandel word.

Het Afrikaners dan geen regte meer in Suid-Afrika nie? Het dit nie tyd geword dat die Afrikaner opstaan en sê genoeg is genoeg nie? Is dit nie ook tyd dat ander minderheidsgroepe hul stem dik maak oor wat in die land aangaan en opstaan vir hul regte nie?

Minderheidsregte en selfbeskikking is die enigste haalbare oplossing vir Suid-Afrika met sy verskeidenheid van volke, tale en kulture. Die land is in ʼn krisis en daar sal beslis iets gedoen moet word en met nuwe oë gekyk moet word na selfbeskikking.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

A ·

My vraag ook. Maar ongelukkig is ons blanke Afrikaners so bekend vir ons verdeelheid. Dan het ons nog ‘n stryd in onsself wat godsdiens betref. Mag ‘n Christen opstaan vir homself en oorlog maak? Ons moet dan in liefde en vrede leef. Wat ons wel probeer het. Maar tot by watter punt gaan ons kom voor daar niemand oor is nie. Tot by watter punt moet ons gaan voordat ons heeltemal uitgewis en vertrap word. Ons boere word wreedaardig vermoor. In die stede gaan dit ook sleg. Kinders word geteiken en so kring die haat en verdeeldheid nog verder uit. Ek bid vir ‘n ware leier wat kan opstaan sodat ons kan begin volg.

Kosie ·

Ja, Frik, daar is probleme. Maar wys my wanneer in die Afrikaner se geskiedenis was daar nie probleme nie? Elke keer het ons heel anderkant uitgekom, sterker. Want ons is slim, en ons werk hard, en ons help onsself wanneer niemand anders sal nie. Jy is reg – dis nou die tyd om op te staan, en ons stem dik te maak. Terloops – my Ma het my geleer, as iemand jou vra hoe dit gaan sê jy eenvoudig net “goed”.

Johann ·

Die Afrikaner kan nie en sal nooit saam staan nie en DIT is die probleem wat veroorsaak word dat die Afrikaners uit die lang gewerk word.

Afrikaner ·

Dit gaan nog TE GOED met die Afrikaner, dit is hoekom hulle nog nie saamstaan nie. Ryk Afrikaners koop hulle kinders se apartheid deur hulle in privaatskole in te skryf en privaat universiteite, die gemiddelde Afrikaner hoop en bid maar net sy kind maak klaar voordat Afrikaans uit alle skole en Universiteite verban word, en die arm Afrikaner het klaar ondergegaan, hulle bly langs die dam in Kempton Park en leef van aalmoese en ou klere en skenkings van ander. Kinders het nie skoolklere, kos of skoolgeld nie. Sommige kinders gaan nie eers skool nie, die kinders sterf maar daar van siektes sonder mediese hulp. As die ryk AFrikaner nie die arm AFrikaner gaan begin help nie, gaan dit net nog verder versleg. Ek weet as jy baie ryk is jy “vir dit gewerk het” en bla bla maar in plaas daarvan om ‘n studiebeurs net lukraak toe te ken, ken dit toe aan ‘n AFrikaner, en as die Universiteit dit weier, doen dit PRIVAAT. As jy behuising verskaf, verskaf dit aan ‘n AFrikaner. Maar ai, mense wil so graag polities korrek wees, deel eerder stop en komberse in Atterbury voor die Pick en Pay en by Moreletapark se plakkerskampe uit waar ONWETTIGE plakkers hulleself tuismaak as om vir klein blonde Saartjie met die deurmekaar hare langs die dam ‘n kans te gee om te gaan studeer.

Ekke ·

Beslis! Daar is hope fondsinsamelings vir die minder bevoorregtes, maar dit het ‘n beslis kleur voorkeer.

chrisp ·

Stem saam.
Selfbeskikking is al uitweg vir volke van Suid-Afrika indien ons die haat wil stop.Hierdie reenboog is ‘n ewel en gaan lelike dinge afgee indien selfbeskikking van die tafel afgevee word.

Hendrik ·

Fritz, Mense van Orania en Kleinfontein is klaar met die inisiatief wat eers sal lei na selfstandigheid en daarna sal selfbeskikking vanself en natuurlik gebeur. Die groot taak is om die massa Afrikaners te bereik wat nog in die “suburbs” sit en glo dat as jy elke 5 jaar ggan stem dat dit genoeg is om die demokrasie aan die gang te hou. Ons lewe elke dag saam met die nagevolge van regstellende aksie, BEE, kwotas en die mense glo dat dit nie erger gaan word nie. Dit lyk beslis of dit erger begin raak met die stad, plot en plaas moorde. Voedsel produksie word nadeling beinvloed deur al die politiek en misdaad. Is dit nou nie tyd om ons voedselbronne vas te maak nie ? Is dit nie nou tyd om onself te beveilig in ons eie selfstandige gebied. Is dit nie nou tyd om werkskepping in ons eie selfstandige gebied te bevorder nie?

JongAfrikaner ·

Orania bestaan in ‘n ander tydborrel (1960) begin dit modern maak en afrikaners in hulle duisende sal soontoe wil verhuis. Geen persoon tussen die ouderdom van 10 en 40 sou 5 dekades terug in die verlede wou trek om daar te lewe nie!

Hendrik ·

Verduidelik wat jy verwag van Orania? Flieks, internet,….?

Verwonderd ·

‘n Mens hoor gedurig die retroriek ” Die Afrikaner kan nie saam staan nie”. Het iemand al navorsing gedoen, gedurende watter tydperk van ons geskiedenis die leun ‘n “waarheid” geword het? Het ons nie oor die eeue heen en tot na die vryheidsoorloë, saam gestaan nie…? Ons het mos ‘n geskrewe geskiedenis? Ek kan nie wag vir die insigewende artikel nie…

Paul ·

Nog ʼn beter vraag is: Watter ander nasie “staan saam”? Die Franse, Hollanders, Italianers, Hongare, Swede, ens stry gedurigdeur onder mekaar. Hoekom sou mens verwag Afrikaners moet anders wees?
Pasop vir diegene wat planne het wat slegs kan uitwerk as almal saamstaan. As ek die filosoof Vetinari mag aanhaal: “Pulling together is the aim of despotism and tyranny. Free men pull in all kinds of directions.”

Hendrik ·

Ek sien dit as deelnemeres en nie-deelnemers. Mense wat se dat ons as Afrikaners nie kan saamstaan nie is mense wat nie-deelnemers is van die huidge Afrikanerstrukture/organisasies is nie en gebruik dit net as verskoning om nie-deelnemers te wees nie. Dit is maklik en gerieflike verskoning om nie deel te neem nie.

Eugene ·

Praat help niks. Dit val op dowe ore. Die Plaasmoorde en moorde in dorpe en stede pas die Regering van die dag soos n handskoen en word deur hulle aangeblaas en aangehits. Dit is tyd dat ons Afrikaners en ander blankes vinnig n Kommandostelsel op die been bring en ons eie mense beskerm teen die agente van die Regering en die huidige President.
Hierdie is ons land en hier sal ons bly tot die bitter einde.

Rynhardt ·

Dr.Frik is reg, dit gaan nie goed net die Afrikaner en ander wittes nie.Ons word onderdruk en uitgemoor.Ek het n boodskap vir die Afrikaner/Boervolk.Julle sal vinnig van jul hardkoppigheid en dwarstrekkery ontslae moet raak, want julle is in n uiters halglike siruasie!! Die aanslag gaan vinnig verskerp teen jou as volk, jy het nien keuse nie!!!

Frik Lotz ·

Baie dankie aan almal vir die kommentaar. Dis tyd dat Afrikaners begin saamwerk sodat ons weer n krag kan word waarmee rekening gehou moet word. Die gestry en gekibbel ondermekaar moet endkry want daar is nie meer tyd vir sulke dinge nie. Laat ons sterk staan en nie moed verloor nie. Nou is die tyd!

Frik Lotz ·

Dankie aan almal vir die kommentaar. Dis tyd dat Afrikaners begin saamwerk sodat ons weer n krag kan word waarmee rekening gehou moet word. Die tyd vir gestry en gekibbel ondermekaar is verby en moet end kry. Laat ons sterk staan en nie moed verloor nie. Nou is die tyd!

Arend ·

Selfbeskikking is die enigste volhoubare opsie. Ons is beter af om van voor op ons eie te bou as om heeltyd afgetrek en vermoor te word tussen die wat ons nie hier wil he nie. Ons sal self n land baie vinnig weer kan opbou as ons nie heeltyd uitgetart en uitgemoor word nie.

Marco ·

Treurig om dit te lezen. Maar de strijd is niet verloren, als die nog niet is afgelopen. Opgeven is geen optie. Niet Zuid-afrika, maar ook niet in Europa. Wij beginnen jammer genoeg met dezelfde onzin als jullie geconfronteerd te worden.
Hou vol. Met bewondering vanuit Nederland.

Renier ·

Wat sien ek doer op die horison? Ah dis daai skippie wat lank gelede reeds geseil het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.