Lesersbrief: Huldeblyk aan liefste Fiela Komoetie van die Lange Kloof

Shaleen Surtie-Richards as Fiela in die teaterproduksie van “Fiela se kind”. (Foto: Verskaf)

Lenélda Labuschagne skryf:

Vanaand is ek seer, Baas, verstaan is min en my hart is seer. U het onse Fiela gevat Here. Ónse Fiela, God se kind.

Vader, vroeër die week het ek gedroom in Afrikaans, Here, want ek glo die dag as U my kom haal, gaan dit in my hartstaal, Afrikaans wees, maar vandag wéét ek, tannie Nenna en onse Fiela van die Lange Kloof is deur onse Vader kom haal en U praat Kaaps-Afrikaans. My hart glimlag.

Dankie, Jirre, lat ek mag wiet onse Fiela is vylag by U se voete, my Meester. Dankie lat ek wiet sy is ingelaat by U se jimmel, Jirre, met die shiny Kaapse Klopse wat bly sing “Djannewarie, Fiebrewarie, Maarch, Ypril, My – onse Fiela is nou vry.”

Dankie dat ek kon grootword met jou as ikoon, as voorbeeld, as rolmodel op die verhoog en kassie – jou talent gaan my verstand te bowe, jy was geniaal, ʼn legende wat vir ewig sal voortleef in ons harte, op ons planke en in ons lewens.

Ek sê dankie, tannie Nenna, dat ek kon grootword in jou huis. Saam jou die trash kon uitvat en die pos kon uithaal en vir Joe kwaad was omdat hy al weer nie betyds was met sy swartsakke vir die asblik nie.

Lenélda Labuschagne Steyn. (Foto: Verskaf)

Dankie dat ek Fiela vir ewig aan jou sal koppel, dankie dat ek saam Benjamin mag voel of die Here jou vir ons geleen het. Dankie dat ek ook soos jóú kind kan voel vanaand, al was ek nie jou se Benjamin nie. Jy altyd die enigste Fiela wies wat ek ken.

Rus sag by die voete van onse Jirre, Ma van Afrikaans. Jou storie is voltooi, jou grondpad is geloop.

Vir ewig liewer as lief vir jou.

Liefde,
Fiela se anner Kjênd xxx

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Hendrik Marthinus ·

Stem met jou
Min van haar soort
Enige rol met gemak vertolk
Sy en Ben Kruger enig in hul soort.
Die vermaaklikheidsbedryf gaan nie maklik Hulle Kan vervang nie.

Danie ·

Wat se huldeblyk is daar vir Ben Kruger gewees. Ek wil nie eers kyknet kyk nie want elke 5 minute wys hulle haar. Mense sy was goed en almal was lief vir haar en ek gee haar dit toe, maar moenie n god van haar maak nie want sy was nie een. Dit is eindelik skandelik dat mense so aangaan en ander akteurs soos Ben nie so opgehef het nie. Hy was net so goed en bemind.

KhoiKhoi ·

Daniel, dit is jou reg om ‘n huldeblyk vir Ben Kruger te skryf.

Mulva ·

Danie hier in Maroelavallei is dit die ideale plek om vir Ben Kruger ñ waardige huldeblyk te skryf. Jy kan ook skandelik wees en ñ ophef maak.

Sarel ·

Ons het in die Afrikaanse Vermaak bedryf
Die afgelope tyd al ‘n paar grotes verloor. Almal puik Akteurs..en mag hulde aan almal gebring word.

Strandloper ·

Nee man hoe laat jy nou n ou topie tjank, maar n lekerrrrr tjank van onthou en baie lag. Dankie Nenna ek weet jy is saam onse Hemelse Vader waar jy hoort.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.