Is aanpasbaarheid ons grootste vyand of vriend?

Werkers het vir dae in Centurion gestaak. (Foto: Mohlaloga the Les/Twitter)

Anoniem skryf:

Na 5,5 miljoen besluite en aanpassings, pak ek die daaglikse 40 km lange eksodus aan na my werksplek.

Ja, dit is my besluit om te kies om ver te pendel tussen werk en tuis, maar dit is ook ʼn weldeurdagte besluit, so ek aanvaar my verantwoordelikheid in dié lang pendelreise. Aanpassings om genoeg te rus, minimaliseer sosiale geleenthede om werklik uitgerus te wees en die beste pakket aan te bied vir my pasiënte. Post-pandemie aanpassings as gevolg van geneeshere se uitbranding.

Aangekom in Lyttelton, Centurion, net om te ontdek dat die omgewing nou al dae lank, onderskeidelik sonder krag en water sit  weens protesaksies.. Hierdie protesaksies het gepaard gegaan met groot verwoesting en anargie -deur munisipale werkers. Ek het vinnig navorsing gedoen om die oorsprong van hulle frustrasies te vind, maar kon nie antwoorde kry nie..  Ek neem dus aan wanneer ʼn groep verwoesting saai, dit heel moontlik is omdat daar iewers ʼn behoefte (of aanspraak?) -aan finansiële verhoging in hulle harte is.

Hulle vloer- en straatstuipe veroorsaak dat ons, een van die mikro-sakeondernemings in die omgewing, byna twee dae se inkomste verloor. Twee dae se inkomste sou waarskynlik ʼn paar jaar terug veel makliker gewees het om te verwerk, maar na die pandemie en die rippel effek daarvan op die ekonomie, is dit ’n “tall order”. post-pandemie met al die reeks rippel-ekonomiese effekte daarvan is dit “it’s a tall order”. Twee dae se inkomste wat ingesluk is, eis sy tol met die groot eksodus wat tans plaasvind na die Wes-Kaap. Wat ek kan verstaan, want die munisipaliteite in die “Suidland” word verseker beter bestuur.

Onmiddellik is ons hele spannetjie in aanpaspaarheidsmentaliteit. Pasiënte word geherskeduleer en dan word daar beplan vir die beste plan B vir elektrisiteit; is dit ʼn kragopwekker of sonpanele? Gesprekke word ook gevoer oor JoJo-tenks en pompe vir water.

Dalk is ons verkeerd? Is dit juis aanpasbaarheid wat ons dryf na hierdie punt toe? Ons ry die sinkgate in die pad mis. Ons maak plan B om in te staan vir die mislukkings van munisipaliteite. Dalk moet ons leer om, soos die betogers, ook anargie te begin saai totdat ons stem gehoor word?

Ons gaan koop ʼn koffie by die plaaslike vulstasie net om die werksmoreel te lig. Ek praat met die bestuurder. Sy lig my in dat hulle ook al dae sonder elektrisiteit sit en nou ʼn kragopwekker gebruik daarvoor. My geestesoog sien alreeds hoe anoreksiese sakeondernemings nog meer leeg gesuig word. Ek vra haar: Het julle al geveg daarvoor? Het julle al op sosiale media iets geplaas? “Nee”, antwoord sy.

Ek het empatie daarvoor, want wanneer ons in oorlewingsmentaliteit is, is ons kapasiteit beperk. Wonder wanneer gaan ons die middeweg vind? Ons wil nie anargie veroorsaak nie. Hoe gaan ons, as boerenasie, leer hoe om meer saam te staan, op te staan, al is dit deur die gebruik van sosiale media? Miskien is dit tyd om te besef aanpasbaarheid is ons eie grootste finansiële en emosionele vyand.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
annie

Presies dokter, maar as die pen en die stem, plakkate en massas nie enige effek het nie… Soos dit nie sal hê as jy wit is nie, bly net twee dinge oor, trek of veg. Is daar genoeg pleisters in die spreekkamer?

Janine

Ons blankes is te ordentelik opgevoed. Dis hoekom ons nie afbreek en verwoes nie. Ons vul petisies in, deel videos van verkeersoortredings, videos van korrupte Polisie en EMPD, videos van staatsamptenare wat ons soos gemors behandel ens. en niks gebeur nie. Ek het ook al gevoel om soos ander te begin afbreek, maar waar los dit ons? Op ander se lae vlak?

VaalDonkie

Skryf net “safe and effective” op ‘n paar kaartjies en verkoop dit vir R450 elk aan jou pasiente. Dan hoef jy nie elke dag 40km spreekkamer toe te pendel nie.

Hendrik

Ek ry elke dag 65km vanaf Kleinfontein na Centurion toe vir my werk. Ons het altyd krag en water waar ons woon plus veiligheid. Ons doen dit nou vir altesaam 23 jaar waar ons buite die stad woon en die laaste 11 jaar op Kleinfontein is regtig aangenaam.