Is daar plek vir mense met outisme in ons samelewing?

Foto: aut2know.co.za

Foto: aut2know.co.za

Vandag is Autistic Pride-dag, maar hoe help mens met bewusmaking, as jy dit self nie verstaan nie?

Verbeel jou, jou tas word vir jou gepak, jy word op ʼn vliegtuig gesit en wanneer jy by jou bestemming aankom, verstaan jy nie die taal wat die mense praat nie en jy kan nie lees wat op die inligtingsborde geskryf is nie.

Hoe gaan jy reageer as so iets met jou gebeur? “Dit is presies die situasie waarin outistiese kinders is,” sê Joan Toerien, ma van ʼn outistiese seun.

Wat is outisme?

Christine Koudstaal, uitvoerende raadslid van Outisme Suid-Afrika, sê outisme is ‘n onsigbare en stil vorm van gestremdheid.  “Daar is  geen fisiese kenmerke wat aanduiding gee dat iemand outisties is nie.” Sy noem ook dat outisme se spektrum baie wyd is en dat sekere kinders meer aangetas word as ander.

Mense met outisme ontwikkel anders, hul sosiale vermoëns word negatief beïnvloed. Die manier hoe verhoudings hanteer word, hoe sosiale reëls verstaan word, hoe hulle met mense kommunikeer en hul reaksie in algemene situasies, word beïnvloed.

Ons samelewing is nie baie vriendelik teenoor mense wat nie die sosiale reëls verstaan en implementeer nie. Maar waar los dit outistiese mense, wat nie die vermoëns het om hierdie reëls aan te leer nie?

Volgens Jacques van Zyl affekteer outisme sy lewe baie. Hy sê mense onderskat en veroordeel hom. “Mense klassifiseer jou, hulle  sit jou in ʼn groepie en weet nie regtig wat binne jou is nie.” Hy sê ook dat mense nie genoeg geduld met outistiese mense het nie en dat onkunde die rede is. “Mense wil partykeer nie die probleem raaksien nie.” Jacques sê ook dat dit moeilik is om sy plek in die samelewing te vind.

Maar hoe kan ons hierdie mense gun om te wees wat hulle is? Toerien meen dat ons op hul sterk punte moet fokus. “Konsentreer op dit wat hy goed kan doen en hanteer maar die dinge waarmee hy nie so goed is nie, met begrip”.

Volgens Daantjie Badenhorst (beter bekend as Daantjie “Dinamiet”) moet outistiese mense die geleentheid gegee word om te wys waartoe hul in staat is.

Maroela Media het met Daantjie gesels oor sy ervaring as iemand met outisme.

Besoek gerus Outisme Suid-Afrika se webblad vir meer inligting.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Goeie goed, Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Janie van Heerden ·

Baie dankie hiervoor Maroela Media! ‘n Kort maar kragtige boodskap.

hein ·

Baie dankie hiervoor Maroela Media en Daantjie Badenhorst. Ek is self outisties en baie mense besef dit nie eers as hulle my ontmoet nie. Ons is net so intelligent as normale mense maar ons maniere van doen en lewensbenadering/soms vaardigheden ook verskil bietjie. Ons het ongelooflik baie om te bied tot die samelewing. Ek het onlangs op die ouderdom van 47 eens besluit om openlik te wees oor my autisme. My lewe gevrees dat mense uitvind en my verwerp omdat ek is wie ek is. In my werk word ek beskou as een van die bestes op my gebied maar moes al geleenthede opgee omdat ek outisties is. Ons het meer mense soos Daantjie nodig wat opreg en eerlik oor hulself is. Indien mense meer wil weet oor outisme of ander Outistiese mense wat’n uitlaatklep soek, kontak my asseblief. Ek is outisties en trots op wie ek is as ‘n mens en het soveel om by te dra tot die samelewing. Ek doen ‘n beroep op ander outistiese mense om soos ekself bewusmaking te bring sodat mense beter kan verstaan .Ek is op FB Hein Smit en my e/pos adres is hein @heinsmitdesign.co.za indien enige iemand meer wil uitvind oor outisme of enige ander outistiese mense wil kontak maak vir ‘n uitlaatklep.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.