Is ons liefdadigheid dalk ʼn humanitêre tydbom?  

bedelaar-sluipslaper

Foto: Werner22brigitte/Pixabay.com

Ons word oral daarmee gekonfronteer: Die smekende oë met ʼn verrinneweerde stuk karton voor die bors by die verkeerslig, die spreker van die een of ander organisasie wat ons gemeente smekend kom vra om tog ʼn paar rand of ʼn klompie nie-bederfbare produkte te gee sodat kospakkies uitgedeel kan word, die nuusbriewe van evangeliste wat die swaarkry van armes maand vir maand met ons deel, die statistieke op die TV en internet wat die werklikheid van die verswakkende ekonomie en toenemende werkloosheid vir ons amper daagliks uitskree…. En ons reageer deur te gee, want die Bybelse opdrag is dat ons die armes moet help en ons gewete spreek ons aan oor veral die arme kinders van daardie honger gesinne.

Dis waar, die Bybelse opdrag ís dat ons die armes moet help. Die vraag is egter: Help ek werklik die smekende oë by die verkeerslig wanneer ek ʼn paar rand deur my motorvenster in sy hand stop? Help al die kospakkies wat aan armes uitgedeel word deur persone en organisasies wat betrokke is by armoede-bediening werklik? Dryf daardie kospakkies nie dalk juis die ontvanger daarvan in groter moeilikheid nie? Is kospakkies en ander lewensmiddele uitdeel regtig wat die Bybel bedoel met “help die armes”?

Ek is bevrees ons is besig om ʼn groot klomp skade te doen met ons huidige siening van armoede-bediening, omdat ons nie behoorlik kyk na wat die Bybel vir ons sê oor die mens se skeppingsdoel nie en ook nie mooi nadink oor wat die gevolge van ons liefdadigheid is vir iemand wat fisiek in staat is om te werk en sy versorging te verdien nie.

God het die mens geskep met die opdrag om die aarde te bewoon en te bewerk. Wanneer iemand egter toegelaat word om dag vir dag baie min te doen terwyl hy gereeld versorg word, word iets van daardie persoon se menswees gesteel. Ja, hy gaan slaap weliswaar vanaand met ʼn vol maag, maar sonder die diep tevredenheid van vervulling wat ʼn werker ervaar wanneer hy weet dat hy vandag iets vermag het, dat sy lewe ʼn verkil op hierdie aarde gemaak het. Ironies genoeg word sy kreatiewe vermoë om iets te doen aan sy situasie deur vir homself te probeer werk skep baie keer juis gedemp deur ons liefdadigheid.

En ja, die Bybel gee ʼn perspektief op armoede-bediening wat heeltemal te veel kere misgekyk word (dalk omdat dit in die Ou Testament geskryf staan?) Rut en haar skoonma sou waarskynlik onder die “armes” kon tel toe hulle uit Moab in Betlehem aankom. Tog was dit vir Rut moontlik om dadelik ʼn plan te maak om haar en Naomi te versorg, sonder dat dit vir haar nodig was om te wag vir ʼn weldoener om vir hulle kos te bring. Die rede daarvoor was dat God ʼn wet vir Israel gegee het wat sê: “Wanneer julle julle lande oes, moet julle nie die wenakkers afoes of die are wat bly lê, optel nie. Julle moet dit los vir die armes en die vreemdelinge. Ek is die Here julle God” (Levitikus 23:22).

Ek dink dit is belangrik om te sien dat hierdie wet insette (harde werk) van die arme en die vreemdeling vereis as voorwaarde dat hy versorg kan word. Ek glo dat God hierdie wet so gespesifiseer het omdat Hy weet dat Hy die mens gemaak het as werker wat elke aand moet kan gaan slaap met ʼn stukkie trots en vervulling in die wete dat hy gedurende die dag iets vermag het.

Ek weet dat ons in ons dag nie wenakkers het om op lande te los vir armes en vreemdelinge om af te oes nie, want die meeste van ons is nie boere nie. Maar ek glo tog met my hele hart dat God vir ons die kreatiwiteit sal gee om die gees van hierdie wet in ons armoede-bediening te begin toepas as ons Hom daarvoor vra. Ek glo werklik dat dit dringend tyd word om dit ernstig te oorweeg om maniere te soek om die gees van hierdie wet in ons liefdadigheid te begin toepas, as ons regtig ʼn verskil in die armes se lewens wil begin maak. Anders mag ons liefdadigheid dalk wel ʼn humanitêre tydbom word.

Ledigheid is bowendien mos die duiwel se oorkussing.

Lana Hitge

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

noddy ·

Sure, gee jy dan vir die van hulle wat wil werk, werk. Glo my, daar is baie van hulle, maar hulle velle is te wit.

elize naude ·

ek glo alleen aan hulp wat daartoe dien sodat die mense hulself kan help…

charmaine ·

Dit is so help ons regtig di wat bakhand staan? Ek se nee. Ek het al gesien hoe word Kos in n asblik gegooi wat deur n goeie daad aan n verkeersligbedelaar gegee is. En gedink ok Jy is Ni honger nie. Die mense soek geld vir gom en dwelms. Hulle word Ni honger Ni, hulle soek di gom en dwelms Om op n “high” te gaan dis wanneer hulle goed voel. Kos is di laaste ding waaraan hulle dink. Die volgende “FIX” is belangriker. Hartseer maar waar.

yumna ·

Dit is soos jy se Noddy maar dan ook aan die ander kant van die bladsy kan ek by noem soos die spreek woord se……….gee n hond vandag n been dan is hy more weer terug. My ma het altyd gese as jy leer om die vis self te vang, skoon te maak en voor te berei sal jy elke dag eet, maar as jy net aansit aan tafel en dit word vir jou gedoen wat maak jy as die hand wat jou gevoer het nie meer daar is nie, sterf van die honger? So ja ek stem saam die artikel

Dawie ·

Ja, dis maklik om kommentaar te lewer met ‘n witbrood onder die arm en om neer te sien op diè wat nie werk het nie. Probeer jy jou gesin aan die lewe hou as jy nêrens werk kry nie. Nie almal verwag dat alles net in hulle hande geprop moet word nie hulle soek net ‘n geleentheid om te kan werk.

Nina ·

Dawie,

Ek weet nie hoe om jou te kontak nie. Maroela, help, asb?

Ek sal met liefde kontakbesonderhede gee van agentskappe wat uit hul pad gaan om ernstige werksoekers te akkomodeer. Sterkte!

Nina ·

Gaan sluit ook aan by Afrikaners wat werk soek op fb. Ek het onder die notas ‘n hele lys van werksagentskappe geplaas.

Dawie ·

Nina dankie vir jou aanbod, maar ek praat net uit vorige ondervinding, nie uit ‘n huidige nood nie. Dit is goed om te weet van die Facebook blad. Weerens dankie ons help mekaar waar ons kan.

Eliza-beth ·

Laaste sin – 100%. Ek gee NIE by robots want ek het al gesien wat daarmee gebeur. Ekge ook nie geld maar kos, klere, ens. Ek gee dit vir kinderhuise wat ek ken en vir diere organisasies wat ek vertrou. Minstens ‘n derde van my salaris elke maand gaan vir plekke wat ek weet dit bitter nodig het en wat ek weet dit reg gebruik.

Anoniem ·

Ek dink dis n’ baie goeie berig en n’ antwoord op n’ vraag waaroor ek al lank nadink. Die Woord se dan “gaan na die mier luiaard”, elke mens het uitdagings maar die verskil is hoe hanteer ek dit. Ek kan ook net alles opgee en my trots en gaan bakhand staan, maar hier binne my is n’ vegter en n’ karakter wat die Vader vir my gegee het. Dankie dat jy dit vir ons opgeklaar het.

Nina ·

Baie mooi gestel! As jy nie werk nie, eet jy nie. Dis doodeenvoudig.

elize naude ·

dan beteken dit werklose = luiaards…
sulke veralgemenings spreek van bitter min IQ
daar wag nog bitter tye vir ons…

Sarel Strydom ·

Bai van ons kyk na die mense met oordeel in ons harte, maar laat ek vanaand vir julle vertel dat nie een van ons te goed is om ook eendag daar te moet staaan nie. Sommige mense “crack” net eendag om een of ander rede en beland dan so op straat. Moet ons hulle help??? op die straat hoek? Nee- daar is instansies waar hulp beskikbaar is maar sommige van die mense is nie bereid o m aan die vereistes–geen alkohol, geen dwelms, te voldoen nie. Dan kry natuurlik die vir wie dit ‘n maklike manier van geldmaak is. Ek weet van gevalle waar daar vir die mense werk aangebied was en hulle net gelag het as salaris noem. Gee eeder vir die Instansies wat onder die mense werk as vir die straathoekbedelaar.

E.K. ·

Sarel, ek dink nie mense hier wat nie sommer net gee nie verbeel hul hul kan nie dalk eendag swaar tye belewe nie. Maar dan soos jy tereg opmerk, doen skenkings aan die naaste CMR, jy hoef nie geld te gee nie, ‘n paar brode en goed soos grondboontjiebotter is groot hulp of selfs vars groente. Daar is heelwat plekke wat so uithelp, jou kerk sal weet maar ons kweek hier ‘n gemeenskap van bedelaars wat nie WIL werk want dis soveel makliker om te staan en bedel. Mens kan help op ander maniere as met geld. Ek onthou goed van ‘n vrou (wit) wat gebedel het vir lang tyd by ‘n robot en naderhand ‘n klein kind ook saamgesleep het en een ds het na haar gegaan en gesê kom, ek het vir jou ‘n werkie gereël gekry vir soveel per maand en dan hoef jy nie met jou arme kind te staan en bedel nie. Sy het geweier! Kyk maar gerus na die projek wat Sunette Bridges begin het – sy sal goed kan vertel hoevele van die mense wat sy gratis verblyf en kos aangebied het in ruil vir werk het gestroom na haar plek en toe die werk darem nou bietjie te veel na WERK gevoel het toe verdwyn hulle baie vinnig.

Rose ·

Ek glo daar is regtig mense by die verkeersligte wat baie swaar kry en nie geld het vir kos nie. Ek vra my self die vraag wat wil Jesus he ek moet doen..dit is vir my baie moeilik om by a persoon verby te ry en niks gee ni. Ek wil nie eendag voor God staan en Hy vir my se ek was honger en jy het My nie gevoed ni.dit is a baie moeilike saak vir wie gee jy en wie nie.

E.K. ·

Rose – jy sal meer doen om die persoon aan werk te help – wat hul waarskynlik NIE sal wil hê nie. In plaas van geld gee by robots sê vir die persoon kom was my huis se vensters of vee en was my stoepe en my kar vir ‘n geldjie – jy sal die verskonings hoor! Ofhul sal net nie opdaag en as jy weer vra sal hul nou nie vervoer gehad het het of dit en dat.

Ina Smith ·

Nee ons ‘ help ‘ nie iemand deur net te skenk en te gee nie ,, Selfs NGO’s gebruik skenkings vir eie gewin .. Op sosiale blag FB bedel mense so dis om van naar te word , en hulle ‘ soek ‘ werk maar is nie bereid om regtig ‘ alles ‘ te doen nie ,, Ek gee vir niemand nie maar ek is bereid om mense te help asa hulle bewys hulle Wil iets doen om geld te in . Gee ‘n man ‘n vis en hy sal binne ‘n uur weer honger wees , leer om hoe om vis te vang doen jy ‘n goeie daad .

E.K. ·

Ina Smith jy is 100% reg so ook Eliza-beth en al die ander wat nie net gee en gee – ek het te veel al gesien wat maak bedelaars hier laatmiddag met geld wat hul heeldag by robots bedel. Die wat nou sê oee, moenie oordeel nie moet pasop, want hulle oordeel OOK. Ek gee ook NET vir mense en plekke wat dit verdien deur te bewys hulle wil. Mense gee maklik op en sal liewer net rondstaan by robots, kom na my huis en sê kan ek jou kar was, kan ek jou erf skoonmaak, help in die tuin maar iemand het my eenkeer reguit gesê toe ek hom vra om uit te kom help op my plot hy is nie ‘n “hande arbeider” nie so, jammer, maar as jy uitsoekerig is is jy nie honger genoeg nie. Daar is regtig altyd klein dingetjies waar jy genoeg geld kan verdien vir elke dag se kos. Dis welbekend hoevele van die klomp by robots verdowingsmiddels koop met hul geld, gaan lees gerus ouer uitgawes van die Krugersdorp nuus dan sien julle.

Breytie ·

Daar is twee gepubliseerde sake wat daarop dui dat ons benadering tot armoede verkeerd is. Eerstens het Afriforum navorsing gedoen oor bedelaars en gevind dat hulle die geld wat hulle kry vir ander doeleindes gebruik as om kos te koop. Tweedens was daar nie lank terug nie in die media berig dat ‘n swartman iewers begin het om die slaggate in ‘n pad naby sy blyplek op te vul sonder dat iemand hom opdrag gegee het. Hy het net besluit hy sal sy hande gebruik om ‘n bydrae te lewer. Die gevolg was dat dankbare padgebruikers spontaan vir hom geld gegee het wanneer hulle daar verby ry.

Hieruit kan ons sien dat daar gefokus word op geld en dan is ‘n posisie by ‘n werkgewer die enigste mikpunt, maar wanneer gefokus word op arbeid ter wille van arbeid, dan gebeur daar iets in mense se harte. In ons land is baie geleenthede om te werk met die doel om die omgewing te verbeter, soos om rommel op te tel in die straat. As arm mense bereid sal wees om werk te doen wat nie noodwendig die status het van ‘n loopbaan nie, sal ons land ‘n baie beter plek word.

Eliza-beth ·

Jip, daar is ALTYD iets klein vir die wat regtig wil werk. Dan het ek respek vir die swartmense wat mens gereeld sien met hooggestapelde waentjies wat hul met die hand trek gelaai met kartonne wta hul by herwinningsplekke gaan verkoop vi r’n geldjie. Dit is eerlike HARDE werk, sal die wat so handuithou dit doen? Ek glo nie. Ek ken ‘n swart vrou wat sukkel met loop en nie kan werk want sy is oud en sukkel baie met haar gesondheid, sy het ‘n ou kruiwa en loop en tel bottelstukke en glas op en neem dit na ‘n glasherwinningsplek om te oorleef. Natuurlik help ek haar want ek ken haar al jare maar sy gaan sit nie ophaar alie net omdat ek haar wel bietjie kan help nie, sy stap steeds kms met haar kruiwa vol glas OMDAT SY TROTS in haar het, om geld in te bring. So hoekom sal ek by robots of vir mense wat niks self wil doen gee?

Dankbaar ·

Hierdie is ‘n baie gepaste onderwerp. Ons het begin om met blikkies boontjies met plastiese lepels daaraan, in die motor rond te ry. By ‘n verkeerslig gee ons die blikboontjies ipv geld. Elke liewe keer wat iemand die blikkie gevat het, het ons gesien hulle maak dit onmiddelik oop en eet dit – so daar is defnitief groot elende en honger daar buite. Maar terselfde tyd is dit verskeie kere bewys dat “bedelaars” eerder op straathoeke sal staan as om te werk. Ek sal veel eerder vir my werkers ietsie ekstra gee, ten minste is hulle bereid om te werk. Die res moet maar met blikkie boontjies tevrede wees, of dit los.

Marsha ·

Elke keer as jy lus voel om vir iemand geld geld te gee wat staan en bedel – sit daardie geld eenkant. Aan die einde van die maand gee jy hierdie geld vir jou tuiswerker of koop vir haar iets soos byvoorbeeld ‘n stel handoeke of beddegoed.Ten minste weet jy dat daardie geld gaan na iemand wat dit werklik waardeer en verdien.
En NEE die Bybel sê nie jy moet dwelmgebruikers en luiaards help nie.My vriend het besluit om self te toets hoeveel jy kan verdien deur motors te wys waar om te parkeer in ‘n straat, nie ‘n parkeerarea nie.Hy het dit gedoen in ‘n klein dorpie in die Ooskaap op twee weeksdae.Hy het sonder veel moeite R250.00 per dag verdien = R250.00 * 22 = R5500 “tax free” en jy neem af oor naweke .WAAROM sal jy gaan werk?As twee persone in die familie dit doen verdien hulle saam R11000 en leef soos konings.

Charlene ·

Dis eintlik baie moeiliker as net dit. My pa het eenkeer vir `n ou geld gegee en was my moeder nie kwaad vir hom nie want hy staan maar baie naby aan die bottle stoor en bedel. Dis toe dat hulle besluit om hom dop te hou en wat maak hy… nee hy het nie drank gaan koop nie hy het `n brood gaan koop. Daddy het toe maar ingegaan en `n melk ook gaan koop vir die oom. Maar my vraag is so baie waar is die oom’s en tannie’s wat bedel se kinders???? Ek is jammer maar ek sal enige iets vir my ouers doen ek sal alles wat ek het gee sodat hulle altyd `n dak oor hulle kop kan hê – want dis wat hulle vir my gedoen het en enige tyd sal doen
MAAR aan die ander kant kry jy die jong klomp wat te lui is om te werk en liewers maar bedel, my man het een keer vir `n jong man werk aangebied en kos saam die werk (vir sy vrou en kinders wat so swaar kry sou ek kos pakkies na werk huis toe stuur) maar hy het net nooit weer terug gekom nie…. seker bang gewees vir die werk woord.
Kyk ek is maar `n sagte mens en gee gewoonlik MAAR ek gee nie vir die wat nog duidelik kan werk en verkies om vir die te gee wat nou al bietjie ouer is want hoe gooi mens iemand net so weg.

Adele Kruger ·

Hierdie is ‘n onderwerp wat altyd ‘n lekker warm debat ontlok, maar armoede is ‘n baie meer komplekse kwessie as wat hier aangedui word. Ons kan praat en redeneer oor die outjies by die verkeersligte en stopstrate tot die hane kraai (en nee, ek gee nie vir hulle nie), maar agter daardie mense is kinders en tien teen een bejaardes. Ek gee regtig nie ‘n flenter om vir die oënskynlike gesonde man op straat nie, maar die kinders, ai die kinders, is ‘n heel ander saak! Daar is nie vir hulle ‘n wenakker van enige aard nie en hulle weerloosheid en kwesbaarheid ruk my hart aan flarde. So preek oor die verdienstelikheid van barmhartigheid vir die mense op straat, maar hou in gedagte dat niemand wat ‘n honger kind benadeel omdat hy dink sy ouers is nie geregtig op ons deernis en ons bronne sal vir God in die oë kan kyk nie.
Gee asseblief, en gee ruim, maar gee daar waar ‘n verskil vir ons kinders teweeggebring kan word. Vir Helpende Hand, vir die CMR – daar is ‘n legio organisasies wat daarin spesialiseer.

madz ·

Yis weet julle ek kom uit n huis waar daar te mun was my pa is dood toe ek nig bitter jonk was en my ma te oud (sy het my gehad toe sy 39 was en my pa is dood toe ek 13 is) so sy was 52 en kin nerens werj kry nie want my pa het altyd gesorg ek verstaan die konsep van moenie visse gee nie maar leer hulle om vis te vang nie almal word daardie kans gebied nie ek het na skool gewerk vir twee jaar hier en daar n tyd wat ek my jingmens lewe moes geniet het maar o wee deur leer hulle visvang is dit my ontneem geen kind moet ooit volwasse probleme op hulle skiuers he nie dit is mishandeling. Ek is toe getroud en my man het vir my gewerk toe het ek weer salig onbewus met due lewe aangegaan met m ag bogger jou bedelaar gaan werk vir jou geld. So twee jaar terug besef ek wil ek in my ma se posisie wees waar ek my kind dalk eendag im die oe moet kyk en se maar mama het nie mama kan nie en sy kundwees steel NOOIT NEE ek gaan werk toe by n spar o wee en die lewe wat ek by daai baas gely het vir n karige salaris van R1800 was afgryslik en as my man sou sterf wat sou ek in elke geval mat so n simpel salaris kan dien ja ek en my kind sal eet maar waar gaan ins bly in n wit squater camp want jy kan NIE ALS dien met so n bietjie geld nie toe besluit ek not a dot ek het hiernatoe gesoek daarnatoe gesoek EN WAAR IS DAAR WERK PRESIES NERENS ek wag toe maar en bud ook maar kliphard in tussentyd vir andwoorde en glo GOD sal my die pad wys en wys die het hy. Ek werk in n skool se noodkombuus ek het my calling gekry want almal van julle wat so baie negatiewe goed te se het moes nog nooit n in n kind se oe kyk en sien hie kwyn hulle sonder kos nie hulle nog nooit happie vir happie onderstuen omdat hulle maggues nie die kos kan hanteer nie want hulle was starving sit is met party vam hulle so erg dat hulle selfs naar word of maagpyn kry of huil want hulle kan nie meer as n eetlepel van als wat oms maak eet nie al is hulle hoe honger julle het nog nooit nodig gehad om hulle maar net vas te hou deur als wat in hulle lewe skeef loop wat nie hulle skuld is nie ek voel nig steeds dir ouers MOET plan maak ja dit is hulle plig maar ek nooi julle kom se vir die kinders in my kombuis ag nee loop 6 jarige sorg vur jouself help jouself l. Ek het nig n lang oad voor want ek wil op 36 verder studeer om judgemental asse n punt te druk

Paul ·

dit het op n tyd baie swaar met my en my vrou gegaan ons het elke dag gebid vir uitkoms en eendag uit die bloute uit bel n persoon my en se vir my die geld wat hy my skuld gaan hy nou in my bank rek betaal ekon nie glo dat na 3jaar die man my kontak nie dit was net die wil van die Here ,maar in elk geval ek en my vrou stap weg van die otm om vir ons iets te gaan koop om te eet met die sien ons twee mense n man en n vrou wat op die sypaadjie sit hulle het baie gehawend gelyk ,ons besluit toe om vir hulle geld te gee om hulle ook te help ek kan vir julle se hulle was voor ons in die Hoe kan ek iemand verby loop wat in nood is as ek wat ook in nood was so gehelp is deur die Here,ek glo die Here het vir my voorsien om ook daardie dag vir daardie twee mense te voorsien. Die krag en wil van die Here is wonderbaarlik sterk,voor jy volgende keer dink jy is te goed om te help dink aan waar jy gekry het wat jy in jou sak het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.