Is rassisme dalk nodig?

anthony-boucher

Anthony Boucher. Foto: Verskaf.

Anthony Boucher van Middelburg in Mpumalanga skryf:

Verbeel jou ’n land waar Jako, Monique, Rajesh, Dumisani en Ruhul saam wegkruipertjie speel terwyl hul ouers laatmiddag die Springbok/All Blacks-toets kyk. Die reuk van braaivleis en Thandeka se sagte krummelpap oorheers die vertrek. Die kinders is gelukkig, die vrou is tevrede en die geldsake lyk goed.

Dink vir ’n oomblik hoe dit moet wees as jy in die ry staan by die bank en die persoon voor of agter jou irriteer jou nie bloot omdat hul ’n ander kleur is en omdat hul kultuur nie met joune ooreenkom nie. Dink aan iets so eenvoudig soos ’n goeie-ou-dae-vuisgeveg tussen twee mans, en selfs al is die mans se name Johan en Jabu, sal dit die volgende dag niks meer wees as net twee mAnnans wat laf was nie.

Sal dit nie ’n mooi land wees nie? Dink jy nie ons sal beter vooruitsigte hê nie? Dink jy nie ons sal meer kan fokus op ’n positiewe toekoms nie?

Ek kan ’n land sien waar inwoners weer lus het om nuwe besighede te begin, nuwe geleenthede aan te gryp en nuwe verhoudings te bou. Ek sien ’n land waar die publiek met belangstelling na die regering sit en kyk, of… wag ’n bietjie… Dit is dalk presies dít wat die regering nie kan bekostig nie.

Ek persoonlik dink die regering het so baie dinge verkeerd gedoen die laaste 25 jaar dat hulle nie kan bekostig dat die publiek (veral die meerderheid wat vir hulle stem) met ’n nugter oog na hulle kyk nie. Dit is nie nuus dat die mens (oor die algemeen) wanneer hy onder druk is, kwaad, omgekrap, verward of hartseer is, dom besluite neem nie.

Die korrupte amptenare en hul volgelinge het die staat leeg gesteel, hulle was en is betrokke by tientalle gevalle van korrupsie en wanbestuur van instansies wat aan hulle gegee is. Daardie amptenare bou ʼn lewe en ʼn rykdom uit hul misdaad wat hulle daagliks pleeg – die enigste rede hoekom hulle in staat is om daardie misdaad te pleeg, is omdat hulle weer en weer gekies word om te sit waar hulle sit.

Tog is daar ʼn verkiesing om die draai en jy moet wonder, hoekom gaan dieselfde meerderheid weer vir daardie selfde korrupte amptenare stem? Die antwoord, my liewe vriend, is eenvoudig: Dit is nie nuus dat die mens (oor die algemeen) wanneer hy onder druk is, kwaad, omgekrap, verward of hartseer is, dom besluite neem nie.

Hoe krap jy die mens so om? Skep konflik! Dit is maklik, gee die een helfte van die land sekere regte, weier die ander helfte daardie regte en maak dan seker dat elke bietjie konflik die nuusmedia haal. Op so ʼn manier verseker jy dat die mense van die land so besig is om met mekaar te baklei, dat jý, Meneer die Korrupte Amptenaar, jouself ryk kan maak en jou vaderland in dieselfde proses laat sink!

En so sien jy dan, my dierbare vriend, rassisme is nodig vir korrupte politici sodat hulle hul misdade kan pleeg. Ons kan dit beveg maar eers sal ons nugter en minder dom besluit moet neem. Suid-Afrika behoort aan elkeen wat hierdie land lief het.

Vra jouself voor jy stem: Lyk die persoon wat my X-merkie ontvang of hý die land liefhet?

Hierdie rubriek is ʼn lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5
Nou pra' jý

Jy moet deel van Maroela-fontein wees om kommentaar te lewer.

of word deel

5 Kommentators

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Ma

Fantasties geskryf. So waar.

Oom Charles

Jy som dit reg op, Anthony – kry twee honde aan die baklei oor ‘n been en stap dan doodluiters daarmee weg. My probleem met die byna 50 partye wat Woensdag gaan meeding is dat min hulle uitspreek teen aborsie – en dis die neem van ‘n lewe en dus moord. Dit word ge”sanksie” as ‘n ma se eie keuse. As ‘n party nie duidelik staan VIR die onaantasbaarheid van die lewe nie, sal jou eie lewe ook op ‘n kritieke oomblik ewe min vir hulle beteken. Die koelbloedigheid waarmee die samelewing aborsie as ‘n blote mediese prosedure afmaak is… Lees meer »

AJ.

Dit was so in hierdie land voordat die ANC; EFF. en die BLF. navore gekom het. Net so was dit in Zim. voordat Robert die verskriklike op die voorgrond getree het.

Jerry

Akkurate mening wat deur die skrywer uitgespreek word mbt rassisme. Wanneer mense gaan stem sal hulle stem met die hoop op n wonderwerk, omrede geen party of partye die ANC kommuniste en sosialiste se staatskaping fase 2, wat reeds in aanvang is, sal stop nie, in elk geval nie op die trant wat die opposisie partye politiek uitvoer nie. Gedurende staatskaping fase 1 was die opposisie partye te magteloos om staatskaping te stop en tydens staatskaping fase 2 wat tans plaasvind, is die tekens reeds daar dat opposisie partye hopeloos, magteloos is. Opposisie partye beskik oor geen alternatief as om… Lees meer »

Niki

Baie waar, ons kan maar net hoop dat die mensdom wakker word en besef wat aangaan.