Jou stem sal beslis steeds tel

stembus-stem-stemmery

Foto: The-declaration.org

[Red] In aanloop tot die nasionale verkiesing op 8 Mei vanjaar gee Maroela Media politieke partye die geleentheid om hul menings oor verskillende kwessies wat kiesers raak op Maroela Media se debatsportaal te lug. Alle politieke partye is welkom om meningstukke vir publikasie voor te lê onderhewig aan die bepalings en voorwaardes van Maroela Media se redaksionele beleid.

Jeanne Martins, hoofkoördineerder van die Kaapse Party, skryf:

Op die 8 Mei sal miljoene kiesers na die stembusse gaan sonder om te weet hoe Suid-Afrika se verkiesingstelsel setels toeken en waarom daar nie so iets is soos ’n vermorste stem nie.

Dit is skrikwekkend dat so min mense die proporsionele verteenwoordigingstelsel wat ons hier in Suid-Afrika gebruik, verstaan. Die stelsel skep ’n veelvuldige-party demokrasie waarin mens vry is om te stem vir enige party, hoe groot of klein ook al. Die stelsel verseker dat minderheidstemme gehoor word en dit voorkom die vretende twee-partystelsel wat algemeen is in die VSA en VK. Die stelsel bevoordeel klein partye en beoog om hulle te bemagtig om die groter partye aanspreeklik te hou.

Die DA hou vol daarmee om ʼn stroom SMS’e aan kiesers te stuur – met die leuen dat ʼn stem vir ʼn klein party, ʼn vermorste stem is. Alle navorsing dui daarop dat die kiesers grotendeels swak ingelig is en hierdie leuens glo. Die media, die verkiesingskommissie en die regering versuim hul plig om kiesers in te lig waarvoor hulle stem en dat hulle wel hul keuse sonder vrees kan uitoefen.

Die proporsionele verteenwoordigingstelsel laat elke burger toe om te stem vir die party wat sy of haar belange die beste verteenwoordig. Kiesers behoort dit te google om meer uit te vind en nie hulleself te onderwerp aan vreestaktiek wat hulle forseer om die minste van twee euwels te kies nie.

Hierdie rubriek is ʼn lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

20 Kommentare

jongste oudste gewildste
Melanie

‘n Paar weke gelede het ek 3 sms boodskappe van die ANC ontvang. Eergister het ek ‘n vooraf opgeneemde telefoon boodskap van die DA ontvang. Dit het begin met “Hello, this is moesie maimane …..” Ek het nie verder geluister nie. Indien iemand my antwoord op daardie boodskap kon hoor het ek beslis in ‘n tronk sel oornag. Ek het vir moesie presies vertel wie en wat hy werklik is. Wie weet, miskien kry ek wel een dag daardie geleentheid, sonder dat ek in ‘n tronksel beland. Ek dink daardie dag is vinniger aan die kom as wat ons dink.

Therese van Schalkwyk

Indien die DA vals inligting versprei en hul skuldig maak aan die blatante misleiding van oningeligte stemgeregtigdes, behoort hul aangekla te word van verkiesingsbedrog.

Frik Lotz

Enigste party wat daadwerklik veg vir minderhede se regte is die VF Plus. Die VF Plus is die logiese, groeiende alternatief om voor te stem. Die DA se rakleeftyd het lankal verstryk.

Danny

Die vraag is hoe word die kleiner partye gehoor. Dit is presies dieselfde beginsel as dat jy vir my wil se jy sal 10 sente rondskuif dat hulle meer is as 100 sente. In die parlement is daar 400 verteenwoordigers en dit is net die meerderheid stem wat daar tel, m.a.w daar is geen kans dat jou proporsie enig iets kan vermag behalwe as om te protesteer nie. As hy dan jou saak in die parlement gestel het dan se die lede kom ons stem en dan verloor jou proporsie teen die meerderheid. Die proporsionele stelsel is bloot daar om… Lees meer »

John

Indien ‘n grooot deel van die bevolking nie sou gaan stem nie en die % afdruk na 30% of heeltemal wegby sè dit baie oor die regering en aan die buiteland, of moet ons ook eers vir weke in hael en reèn voor die parlement gaan toi om verbetering te sien?