Lesersbrief: Jou stem sal beslis steeds tel

stembus-stem-stemmery

Foto: The-declaration.org

[Red] In aanloop tot die nasionale verkiesing op 8 Mei vanjaar gee Maroela Media politieke partye die geleentheid om hul menings oor verskillende kwessies wat kiesers raak op Maroela Media se debatsportaal te lug. Alle politieke partye is welkom om meningstukke vir publikasie voor te lê onderhewig aan die bepalings en voorwaardes van Maroela Media se redaksionele beleid.

Jeanne Martins, hoofkoördineerder van die Kaapse Party, skryf:

Op die 8 Mei sal miljoene kiesers na die stembusse gaan sonder om te weet hoe Suid-Afrika se verkiesingstelsel setels toeken en waarom daar nie so iets is soos ’n vermorste stem nie.

Dit is skrikwekkend dat so min mense die proporsionele verteenwoordigingstelsel wat ons hier in Suid-Afrika gebruik, verstaan. Die stelsel skep ’n veelvuldige-party demokrasie waarin mens vry is om te stem vir enige party, hoe groot of klein ook al. Die stelsel verseker dat minderheidstemme gehoor word en dit voorkom die vretende twee-partystelsel wat algemeen is in die VSA en VK. Die stelsel bevoordeel klein partye en beoog om hulle te bemagtig om die groter partye aanspreeklik te hou.

Die DA hou vol daarmee om ʼn stroom SMS’e aan kiesers te stuur – met die leuen dat ʼn stem vir ʼn klein party, ʼn vermorste stem is. Alle navorsing dui daarop dat die kiesers grotendeels swak ingelig is en hierdie leuens glo. Die media, die verkiesingskommissie en die regering versuim hul plig om kiesers in te lig waarvoor hulle stem en dat hulle wel hul keuse sonder vrees kan uitoefen.

Die proporsionele verteenwoordigingstelsel laat elke burger toe om te stem vir die party wat sy of haar belange die beste verteenwoordig. Kiesers behoort dit te google om meer uit te vind en nie hulleself te onderwerp aan vreestaktiek wat hulle forseer om die minste van twee euwels te kies nie.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Melanie ·

‘n Paar weke gelede het ek 3 sms boodskappe van die ANC ontvang. Eergister het ek ‘n vooraf opgeneemde telefoon boodskap van die DA ontvang. Dit het begin met “Hello, this is moesie maimane …..” Ek het nie verder geluister nie. Indien iemand my antwoord op daardie boodskap kon hoor het ek beslis in ‘n tronk sel oornag. Ek het vir moesie presies vertel wie en wat hy werklik is. Wie weet, miskien kry ek wel een dag daardie geleentheid, sonder dat ek in ‘n tronksel beland. Ek dink daardie dag is vinniger aan die kom as wat ons dink.

Therese van Schalkwyk ·

Indien die DA vals inligting versprei en hul skuldig maak aan die blatante misleiding van oningeligte stemgeregtigdes, behoort hul aangekla te word van verkiesingsbedrog.

Gert ·

Hulle doen dit al jare, en ek dink dis hoe hulle meeste van hulle Afrikaner-stemme gekry het. Die mense is verward omdat dit in die ou Suid-Afrika wel waar was dat ‘n stem vir ‘n klein party meestal vermors was.

Frik Lotz ·

Enigste party wat daadwerklik veg vir minderhede se regte is die VF Plus. Die VF Plus is die logiese, groeiende alternatief om voor te stem. Die DA se rakleeftyd het lankal verstryk.

Danny ·

Die vraag is hoe word die kleiner partye gehoor. Dit is presies dieselfde beginsel as dat jy vir my wil se jy sal 10 sente rondskuif dat hulle meer is as 100 sente. In die parlement is daar 400 verteenwoordigers en dit is net die meerderheid stem wat daar tel, m.a.w daar is geen kans dat jou proporsie enig iets kan vermag behalwe as om te protesteer nie. As hy dan jou saak in die parlement gestel het dan se die lede kom ons stem en dan verloor jou proporsie teen die meerderheid. Die proporsionele stelsel is bloot daar om die soustrein ryers te help. Nee wat KIES REG BLY WEG

Smokey ·

Danny, dit werk so. Solank klein (of enige) pary mense kan oortuig of vir hulle te stem, kry hulle (en miskien een of twee vriende) een van daai 400 stoele.
Die byvoordele is die moeite werd.
So almal soek ‘n stoel, en sal jou enige snert vertel om jou te kry om te stem.
Ek’t twee keer gestem, en dit was nee en die laaste. Ek’s nie deel van die gemors nie. Ek bly hier, en betaal hul belastings.
Thats it……!!!

John ·

Indien ‘n grooot deel van die bevolking nie sou gaan stem nie en die % afdruk na 30% of heeltemal wegby sè dit baie oor die regering en aan die buiteland, of moet ons ook eers vir weke in hael en reèn voor die parlement gaan toi om verbetering te sien?

JohanL ·

Terwyl Danny heeltemal reg is itv wat prakties in die parlement gebeur (minderheidsparty praat maar met stemmery verloor hy in elk geval), som dit ongelukkig ons land se probleme op. Demokrasie in SA gaan oor getalle en meerderheid van getalle. Dit gaan nie oor beleid en goed wat sin maak nie. Die massas oningeligte “lojale” plattelandse swart kiesers sal byvoorbeeld steeds vir die ANC stem, ongeag alles wat op die lappe kom oor korrupsie ensovoorts.

Vir my gaan die steun aan enige sogenaamde “klein” party daaroor dat dit juis ‘n stem teen die ANC is wat tans die grootste party is. En dit is definitief so dat met die proporsionele stelsel so ‘n stem (selfs vir ‘n klein party) wel saak maak teen die groot oorheersende party. Dit verminder hul meerderheid. As jy dit nie glo nie, dan weet jy nie hoe die stelsel werk nie.

En tans moet ons regdenkende mense wat in die minderheid is, juis keer dat die oorheersende party (tans die ANC) daardie 66% meerderheid in die parlement kry, want dan kan hulle maak net soos hulle (die betrokke party) wil. So al is ons minderheid se enigste taak om te keer dat die ANC daardie 66% meerderheid kry, dan voel ek moet ek my deel doen en gaan stem.

Louwboepens ·

Net Ek# miskien help hierdie stats jou van gister se tussenverkiesing in Hessequa wyk 4 in die Weskaap.
DA 1404 stemme (57.14 %).850 in 2016
ANC 1015 stemme (41.31 %).1216 in 2016
VF+ 28 stemme (1.10 %).62 in 2016
Hierdie wyk was sedert 1995 in die hande van die ANC.
Is hierdie VF+ 28 stemme nie gemors nie?

Gerhard ·

Die geskiedenis bewys dit is die 1404 DA stemme wat vermors was. Sou die mense bir due VF+ gestem het sou dit iets beteken het.

Realis ·

Elke persoon en sy maatjie raak baie slim altyd net so voor verkiesings en ander groot gebeurtenisse. Vir sommiges is die gebeurtenisse Saterdae se rugby of sokkerwedstryde. Elke persoon se opinie is die regte opinie en hy kan dit gewoonlik staaf met honderde niksseggende “feite”.
Nodeloos om te sê, die helfte is altyd verkeerd.
Met die komende verkiesing sien ek ‘n tweede Venezuela kom. Die ANC gaan aan bewind bly met elke laakbare truuk in die boek. Die geskiedenis regdeur Afrika dui dat dit so sal wees en hier gaan baie bloed vloei.
In hierdie geval bid ek dat ek die helfte gaan wees wat verkeerd is.

Jack ·

Hierdie skrywe is soos ‘n onverwagse koel briesie op ‘n snikhete dag. Ek het twee gelede besef mense verstaan nie ons proporsionele stelsel nie toe ‘n ‘geleerde’ kollega vir my sê sy gaan vir die ANC stem want dit maak nie saak vir wie jy stem nie, die ANC wen in elk geval. Ek verduidelik toe hoe die stelsel werk en teen gister het haar lojaliteit verskuif.

George in Bloem ·

Stem of stem nie. Dit maak nie eintlik regtig saak sover dit die blanke kieser aangaan nie. “Majority rules”.Punt. En ons is eintlik net ‘n onbenullige getal mense wat nou wel ‘n groot bydrae maak belastinggewys maar polities is ons heeltemal ontman. Die getalle oorwig groei nou byna daagliks soos onwettige EN wettige Afrika immigrante die land binnestroom en hulle almal sal vir tradisionele swart partye stem. Dis ongelukkig die feite. Die ou regering het oorgegee en die land weggegee. Al stem elke blanke ou vir een pary sal ons nog steeds GEEN impak maak nie. Die tyd wat voorle is besig om in die donkerste te ontaard wat die blanke nog beleef het in SA se geskiedenis. En ons eie mense is die oorsaak daarvan. Ek kan nie dink aan enige ander volk of groep in die wereld wat op so ‘n skaal so blindelings politieke selfmoord gepleeg het soos ons nie.

Johan ·

In die 2014 verkiesing het daar in die Wes-Kaap bykans 100 000 stemme gegaan aan 22 klein partye (insl VF+ en Cope) wat tussen hulle nie n enkele setel in provinsiale wetgewer kon verower nie. Die absolute definisie van vermorste stemme wat reg in die ANC se hande speel!En dan is daar nog mense wat die bestaan van n gemorsde stem ontken

Gustav ·

Johan, jy neem aan as daai 22 kleiner partye nie daar was nie, sou al 100,000 mense teen die ANC gestem het. Dink jy jou aanname is korrek?

Gerhard ·

Dit is die wat vir die DA stem wat niks vir hulle doen nie wat stemme mors. Stem vir n slag vir n party wat na jou belange omsien sodat jou stem nie vermors word nie.

Johan ·

@Gustav, hulle is almal ‘opposisiekiesers’ so dis hoogs onwaarskynlik dat die ANC eens n opsie vir hulle is. Al wat verdeelde stemme in die Wes-Kaap maak is om die DA se meerderheid in gevaar te stel en dan partye soos ANC/EFF/Good die geleentheid gee vir n koalisie regering oorname. Partykeer moet mens bietjie ‘common sense’ toepas wanneer mens stem al is n spesifieke party nie noodwendig jou eerste keuse nie. Die rede hoekom baie mense vir verskillende partye stem op hul 2 stembriewe

Frik Lotz ·

Mense moenie net blindelings vir n party stem nie. Stem vir n party wie se waardes min of meer ooreenstem met jou eie waardes. Is Christelike waardes vir jou belangrik? Is jy gekant teen regstellende aksie en SEB? Voel jy sterk oor minderheidsregte? Is jy trots op jou taal, kultuur, erfenis en geskiedenis? Is jy gekant teen onteiening sonder vergoeding?Wel , dan kan jy met n geruste hart VF Plus stem. As jy regstellende aksie en SEB steun, nou ja, dan kan jy maar DA of ANC stem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.