Lesersbrief: Kan Suid-Afrika gered word?

bouwe-van-der-eems

Bouwe van der Eems. Foto: Verskaf.

Bouwe van der Eems van Milnerton skryf:

Politieke analiste beweer dikwels dat Suid-Afrika op die punt van ineenstorting staan as gevolg van die verval van staatsinstellings, veroorsaak deur dekades se korrupsie en wanbestuur. Dit laat mense vra of dit moontlik is om Suid-Afrika te red deur hierdie instellings se verval te stop.

Groot instellings is een van die produkte van die industriële eeu. Die algemene publiek vertrou dat hierdie instellings die beste kan toesien dat die basiese behoeftes van die samelewing bevredig word.

Die meeste ouers vertrou staatskole om hul kinders op te voed en voor te berei om produktiewe burgers te word in die inligtingseeu. Die polisie word vertrou om toe sien dat burgers saans rustig kan slaap. Die Reserwebank word vertrou om te sorg dat die regte hoeveelheid  geld in omloop is. Eskom word vertrou om dag en nag elektrisiteit te verskaf.

Hierdie instellings is egter besig om te verval. Jaar na jaar vermeld internasionale peilings dat die standaard van onderwys in Suid-Afrika die laagste in die wêreld is. Die Suid-Afrikaanse samelewing word geteister met ʼn vlaag van geweld wat vergelykbaar is met ʼn millitêre gevegsone. Die Reserwebank se beleid veroorsaak dat die rand oor die afgelope meer as 50 jaar al hoe minder koopkrag het. Beurtkrag het Suid-Afrikaners laat besef dat betroubare elektrisiteit nie meer sonder meer aanvaar kan word nie.

Daar word gehoop dat die staat ʼn plan het om die instellings te red. Die staat doen dit dikwels deur meer toesig en regulasie in te voer. Om toesig te hou word allerhande ombudsmanne en kommissies ingevoer. Dit is egter nie lank nie, of daar word bevind dat hierdie ombudsmanne en kommissies self ook korrup is en die probleem eerder vererger as verbeter. Addisionele regulasie maak dit al hoe moeiliker om sake te doen, maar doen niks om die probleme op te los nie. Die publiek word geteister met RICA en FICA, maar nooit hoor jy dat misdadigers en geldwassers hierdeur vasgetrek word nie. So iets gebeur slegs op NCIS.

Baie is hoopvol dat die probleem opgelos kan word deur die instellings onder beheer te plaas van mense met integriteit. ʼn Regering onder die beheer van die DA kan dalk ʼn verskil maak, omdat hulle mense gaan aanstel op grond van bekwaamheid en nie op grond van kader nie. Inderdaad moet daar erken word dat ʼn DA-regering op sekere gebiede ʼn klein verskil maak. Dit is egter slegs ʼn graadverskil en nie ʼn fundamentele verskil nie. Die matriekslaagsyfer is byvoorbeeld effens beter in die Wes-Kaap as in ander provinsies, maar beteken dit dat die DA die probleem opgelos het? En as die DA dalk die mag oorneem, hoekom sal hulle nie net soos die huidige regering gekorrupteer word deur mag nie?

Toenemend begin mense besef dat die oplossing nie is om meer regulasies en instellings te skep of om ander mense in beheer te plaas nie. Wat nodig is, is alternatiewe oplossings wat heeltemal anders werk as die tradisionele instellings. Alternatiewe oplossings gebasseer op klein organisasies wat saamwerk in ʼn netwerk.

Tuisonderwys is byvoorbeeld die vorm van onderwys wat die vinnigste groei. Gesinne neem verantwoordelikheid vir die onderwys, maar word ondersteun deur ʼn netwerk van ondersteuningsgroepe, forums, kurrikulumverskaffers, konsultante en ʼn burgerregte organisasie soos die Pestalozzi Trust.

Veiligheid word toenemend verskaf deur plaaslike buurtwagte in samewerking met sekuriteitsmaatskappye. Hierdie organisasies bou netwerke met radio’s en Whatsapp om al die partye te verbind en kan reageer op insidente teen ʼn spoed waarvan die polisie slegs kan droom.

In die finansiële sektor het kripto-geldeenhede, soos Bitcoin,  populêr geword. Dis ʼn geldeenheid wat nie onder beheer is van ʼn instelling nie, maar is ʼn netwerk van programme oor die wêreld wat transaksies verifieer. Die hoeveelheid geld in omloop word vasgestel deur wiskundige algoritmes en kan nie deur mense beïnvloed word nie.

Alternatiewe energie word elke jaar goedkoper, terwyl energie van Eskom elke jaar duurder word. Vir baie ondernemings is dit reeds goedkoper om self elektrisiteit op te wek as om dit te koop. Soos tegnologie ontwikkel, sal meer ondernemings en huishoudings self elektrisiteit opwek. Elon Musk is besig om die visie te implimenteer om die oppervlakte van dakke aan te wend vir die opwekking van elektrisiteit om oor te neem by die tradisionele instellings.

Diegene wat hoop om ʼn beter toekoms te skep deur verval in die bestaande instellings te stop, word keer op keer teleurgestel en raak al hoe meer negatief oor die toekoms. Soos die instellings beweeg van een fiasko na die ander, sien diegene wat die potensiaal van netwerke verstaan, al hoe meer geleenthede en raak al hoe positiewer oor die toekoms. Die verval van die instellings genereer geleenthede om netwerke te skep of uit te brei.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

anoniem ·

Bring Onderwys kolleges terug waar hulle beheer kan word en net onderwys en sielkunde kan studeer wat van toepassing is op leerlinge.
Skool inspekteure kan enige tyd enige dag by enige skool instap.
leerders kry naamlose vorm om in te vul…..besluit oor staatskole se standaard onderwys
Gee bonus vir polisie beamptes; stel kategoriee op
Ergste oortreding hoogste bonus vir gevangene
RESPEK KRY VIR ONS MENSE IN BLOU
Eskom stel jou prys vas en gee kontrakte aan al die vervoermaatskappye en nie net aan sekere maatskappye nie. Werkskepping vir Suid Afrikaanse Burgers
Weermag:
Maak dit staatsinstelling soos voorheen.
In hierdie land het ons respek nodig vir mekaar en vir die wette van die land onmoontlik op huidige situasie
Te veel politieke partye in die parlement hulle sal nooit ooreen kan stem oor enige saak nie.
Dit beweeg aan na konflik en kom van die hoogste gesag af…
Hoe kan ons verwag dat ons kinders moet bou aan `n land waar daar geen respek is vir geeneen nie.
In die Parlement baklei hulle, in skole boelie hulle, by sekere instellings korrupsie sagkens gestel, ens…………
Ek het gesit en begin by parlement en so af beweeg en toe besef ek die twee wat mekaar slaan op straat het seker mooi gesien op tv hoe word dit gedoen!!!
Hou op om alle politiek met geen waardes uit te blaker…..publiek betaal belasting en verwag diens vanaf die Presedensie se kantoor.

Sebastiaan ·

Kan net saamstem met die outeur. Dit wat hy as oplossing beskryf, het ek al jare gelede, toe dit reeds aan die ontluik was, as “private staatskepping” beskryf en my tesis daaroor gedoen. Dit begin nou werklikheid word. Mense wat dit doen moet egter besef dat die “privaat” nie individualisties beteken nie, maar groepe van eenders gesindes.

John ·

Gister het die adj-pres in die parlement gese Afrika moet terugkeer na Afrika se ideologie, weg van witmense s’n, wat daarop dui dat ‘n rigting ingeslaan gaan word wat ons lewenswyse en behoeftes nog meer gaan opponeer. As die ANC se onlangse radikale uitsprake + sy manifes + die Kubaanse voorbeeld + die Sjinese kommunistiese bestuurstyl nagevolg word, gaan die paar miljoen wit mense nog meer gebind en verhoed word om enige sisteem daar te stel wat naastenby net ruik na oorlewing, die uitbou van die eie identiteit of bloot net ‘n rustige lewe.

Dan ·

John, jy is reg. Mense weier om in te sien dat die aanslag teen die blanke is, en meer bepaald die blanke Afrikaner. Soos jy sê, enige sisteem gerig op oorlewing sal bloot platgetrap word. Kyk maar wat het met ons taal gebeur, wat aangaan in die skole, ens. Ons geestelike weerbaarheid is in sy maai want die oorgrote meerderheid van ons volkie dien die god van geld en ander afgode; dit is presies waarom dinge so met ons gaan en net aanhoudend sal vererger.

Josua Keys ·

Daar is net drie woorde asook die uitvoer daarvan wat sal verseker dat Suid Afrika binne n jaar n nuwe blaatjie sal kom oopmaaken dit is……. GELOOF, Dissipliene en Respek. SA is die beloofde land maar word ongelukkig deur die duiwel se magte bestuur en verwoes!!!

yvette ·

Stem saam.
Voeg by, gaan terug na die Gelofte, breek met sonde en dien die Here.

Naamloos. ·

Dis alles goed en wel, maar ons wittes vertrap mekaar nog elke dag meer en meer. Ons is ver van oplossings af. Dinge gaan nooit in ons tyd regkom nie.

Piet ·

Ek stem. Al val die ANC sal nuwe korupte kaders aan bewind kom. Dit is Afrika. Ons is waar ons is met die Vader se wil. Hy se immers Hy rig konings op en Hy bring hulle tot n val.

Johannes Meintjes ·

Nou moet ons net in die praktyd hierdie gedagte van effektiewe netwerksamewerking tussen instansies en groepe realiseer. In my omgewing werk ons daaraan. Die uitdaaging skyn daarin te wees dat ons mense se koppe verbind is tot hulle vorige organisasie of benaderings (wat gefaal het), en nou sukkel ons om gesamentlik op volhoubare doelwitte te fokus in plaas van die geneigtheid om wedywerend en verdeeld te probeer funksioneer tot vrugte wat nie kan hou nie.

SARIE VAN HEERDEN ·

Om te bid en ‘n christen te wees is deel van my opset maar ons moet in gedagte hou dat hier in hierdie land ook ander mense van aander gelowe is wat nie met myne ooreenkom nie, maar hul wense en vooruitsigte vir ons land is presies dieselfde as myne. Hul godsdiens net onder ‘n ander sambreel maar net soos niemand my godsdiensgeloof sal verander nie, net so ook hulle. Kan ons nie probeer om met hul in dieselfde kamp te wees terwille van die voortbestaan van ons in hierdie land nie?

Piet ·

So jy stel voor ons moet n ooreenkoms met die duiwel aangaan soos in 91/94. Dit is hoekom dit met ons gaan soos dit nou gaan. Ons het weggegee wat die Vader vir ons gegee het. So hou op kla.

Johan. H. ·

Piet ekwil amper met jou saamstem/. Ons het gegee hulle het net gevat , nou sien ons mos dit werk nie met hulle so nie, Ek hoop ons mense se oe is nou oop , ONS MOET NOU TERUG VAT EN NOOIET WEER GEE NIE,,,,

japie ·

Die groot probleem is dat baie Christene die gedagtegang het dat ongelowiges/nie Christene deur die bank boos is. Ek stem saam dat alle morele en ordentlike mense moet saamwerk, gelowige of nie. Hoeveel van die vorige regering wat die land ” verkoop” het, het nie die kerkbanke warm gesit nie? N titel gaan nie van iemand n goeie mens maak nie. Ek is n nie-Christen, en haat al die moord, verval, en misbruik en aanranding van mans, vroue en kinders. Daar is ook baie vyande onder die Christen geledere. Groete

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.