Lesersbrief: Helpende hande laat ʼn mens verstom in Knysna-brande

kallie-du-plessis

Kallie du Plessis. Foto: Verskaf.

Kallie du Plessis in Vanderbijlpark skryf:

Ek staan absoluut verstom oor die mense van Suid-Afrika se uitreik na die mense en diere in Knysna wat alles verloor het in die brande. Veral tref die hulp vir diere my, hulle wat my so na aan die hart lê. Al die skenkings van kos en hulp vir die daklose mense maak my hart week. Ek moet in alle eerlikheid erken dat die hulp my stoutste verwagtings oortref – ons almal is deesdae so apaties teenoor mekaar, des te meer teenoor diere en hulle lot.

Ek lees ʼn skrywe van die man wat alles verloor het en hoe bly hy was om vyf tandeborsels en tandepasta te kry vir sy gesin. Sy ou hondjie was stertswaaiend saam met hom. Sulke dinge bring ʼn traan in my oog, die man staan daar, so gestroop van alles, so heeltemal verwese en hy is bly oor tandeborsels!

Ons mense, wat in die 21ste eeu woon, wat alles het en beskik oor die modernste tegnologie, ons is niks voor die krag van die natuur nie. As hierdie besef by ʼn mens insink, besef jy eers dat jy totaal magteloos staan en dat daar in die hemelruim en in die diepte van die aarde kragte aan die werk is waarvan ons niks weet nie.

Ons sit voor ons rekenaars en hou die weer dop, om die mensdom te waarsku teen siklone en tsoenami’s en El Niño-weerverskynsels – en as hulle kom, is ons weerloos. Tog bou ons self vuurpyle met kernplofkoppe en ander wapens wat die aarde en alles daarop kan vernietig, ons wil tot elke prys al die mag hê, maar ons besef nie daar is kragte ver groter as onsself nie, wat ons klein en nietig en weerloos laat as hulle oor die aarde heen woed: natuurkragte!

Soms kan ons vir mekaar so baie beteken. Net met ʼn klein gebaar en ʼn drukkie in moeilike tye. Ons kan seker nie die mens se versugting na mag en hebsug in iets soos die stormloop om die wapenresies te wen keer nie, maar ons kan vir mekaar goed wees en omgee én ons kan uitreik na die diere om ons ook.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Kelf ·

en reeds word daar gesê dis rasisties, die hulp gaan na net witmense toe. Belaglik.

Uvonka ·

Dit maak ‘n mens sooo siek en sat dat hulle bly hammer op rassisme. Ja hoor, ek het op my skenkings spesifiek geskryf Whites only. Dit raak by die dag al hoe meer belaglik!!!!! Die vlak van intelligensie laat my wonder!

Charmaine Griffiths ·

Inteendeel, by een kerk is honderde mense wat glad nie deur die brand hul besittings verloor het nie, maar in lang toue staan om kos te ontvang. Die regering sorg nie vir hul mense, ons doen dit.

Marita ·

Die man wat bly is oor die tandeborsels het my laat dink. Dit was kersfees en daar was ‘n boom met name op sodat mens vir kinders kon geskenke koop. Die een dogtertjie se wenslys het my laat huil, want daar het gestaan, “al wat ek vir kersfees wil hê is my eie waslap” Van al die mooi speelgoed, fietse, tabletrekenaars, poppe, vra sy haar eie waslap. Soms kla ons met ‘n witbrood onder die arm.

wielie ·

Maak nie saak wie of wat nie, honger is honger , koud is koud , Daar loop rooi bloed deur almal se are en binne daai koue honger lyf klop n hart ……… mens of dier.

Marna ·

Well done Maroela. Julle maak n goeie verskil in ons land.
Ek het soveel hoop vir ons land en ek weet dinge gaan nog reg draai….in ons leeftyd. Kom ons verander een mens op n slag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.