Lesersbrief: Koester mekaar hierdie Kerstyd

kallie-du-plessis

Kallie du Plessis. Foto: Verskaf.

Kallie du Plessis van Vanderbijlpark skryf:

Dit is Kerstyd, feestyd en bowenal gesinstyd. Artikels en berigte in die media laat mens allermins die fees gevoel ervaar – die beursie knyp, malende menigtes in die winkelsentrums vertrap mekaar om by winskope uit te kom. Ter wille van die kinders en kleinkinders sit jy jou feesgesig op maar die regte vrede en vreugde van hierdie tyd elke jaar is vir altyd verby, altans so voel dit vir duisende in hierdie land.

Bejaardes is eensaam en alleen in versorgingsoorde, hulle smag daarna om by geliefdes te wees, die armes gaan honger oor hierdie dae, die ou klein kindertjies staar verlangend na die winkelvensters en die lekker eetgoed, die magies grom, vir hulle beteken hierdie tyd nie iets nie, dis niks anders as elke ander dag nie. Ouers wat drink of dwelms gebruik en nie eens weet hulle kinders word misbruik nie.

In ander huise kreun die tafels onder die kos en baie word vermors. Honde en katte is alleen tuis, soms met weinig of geen kos nie.  Daar is mense wat moet werk, nie noodsaaklike werk nie, maar vir hulle base se sakke, hulle gesinne moet maar hulle afwesigheid verdra. Deur die jaar nooit afwesig nie, altyd getrou op hulle pos elke dag.

In ander dele van die wêreld vernietig nasies mekaar met missiele en gewere terwyl hulle leiers knuppeldik gevreet is en dronk van die hebsug is.

Ons vrede en vreugde is in die saamwees met mekaar, om mekaar te koester en lief te hê en te deel in wat ons het en kan gee.

Vandag is ʼn gegewe maar more is net ʼn belofte.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.