“Kom ons word in ons maai in polities-korrek”

Brief aan Die Redakteur, Beeld en Volksblad

U beriggewing van die afgelope week verwys.

In 1982 was ons die 1ste eerstejaarsgroep van die nuutgestigte koshuis Patria op die NWU kampus (daardie tyd nog die PU vir CHO). Ek was inwoner vanaf 1982 tot 1986. Die senior studente het destyds van 3 verskillende kleiner koshuise gekom, en ‘n gevoel van kamaraderie moes geskep word. In ons 2de jaar het iemand met o.a. nog ‘n briljante idee gekom:

Elke 1ste jaar student mag net by die hoofingang van die koshuis inkom. Hulle marsjeer in gelid van die eetsaal af, stop ‘n tree voor die voorstoep, en bulder die volgende:

“Dulce et decorum est pro patria mori, heil onse Patria!!”

Dit het inderdaad gepaard gegaan met ‘n saluut wat ook deur ‘n siek, nasionaal-sosialistiese leier vanaf 1933 to 1945 gebruik is. Hulle het die altyd die gebou gesalueer, nie ‘n persoon nie.

Dit het nie een van ons aanhangers van die Nazi ideologie gemaak nie.

Die eerste deel van die kreet is heel moontlik deur ‘n tweedejaar Latynstudent verewig terwyl hy die Ode van Horace moes instudeer, want dis waar dit vandaan kom.
Dit kan ook gevind word op o. a. die volgende plekke op ons planeet:

  1. ‘n Inskrywing op die Franse Monument in Shillong, Indië waar die soldate van die 26ste Khasi Arbeiderskorps hulle lewe gegee het vir die koning en vaderland gedurende die 1ste wêreldoorlog.
  2. Die leuse van die Portugese Weermag se Universiteit – Academia Militar
  3. Die leuse van die Royal Grammar School in Newcastle -upon-Tyne, ‘n onafhanklike Britse skool vir leerlinge tussen 7 en 18 jaar oud. Die skool is in 1525 gestig en geborg deur Koning Elizabeth I.
  4. Die Leuse van 103 Verkenners Eskader van die Koninklike Nederlandse Weermag.
  5. Die woorde “Pro Patria” verskyn as kenteken op die kraag van die “Royal Canadian Regiment”.
  6. Dit verskyn ook op ‘n brons gedenkplaat by die ingang van die Central Memerial High School se hoofingang ter nagedagtenis aan die Kanadese soldate van Calgary, Alberta wat hul lewe in die 1ste en 2de Wêreldoorlog verloor het.

Ironies het die meeste van die instansies bo genoem die Nazi ideologie hand en tand beveg.

Een van die NWU-Puk dameskoshuise se naam is tans Bellatrix. Dit herinner sterk aan Bellatrix Lestrange, die “Death Eater” volbloed heks in die Harry Potter verhale, wat vir die eerste moord van ‘n hoofkarakter verantwoordelik is.

Terwyl almal wat tans deel is van daardie koshuis heel onwaarskynlik so geindoktrineer is dat hulle heksery beoefen, doodsvloeke uitspreek en vars mensbloed drink, is die Beeld/Volksblad nie lus om ‘n helse ophef daarvan OOK te maak nie???

Kom ons breek alle tradisies, word in ons maai in polities-korrek, sodat nie een van ons meer weet waarvandaan ons kom of, nog erger, weet waarheen ons oppad is nie.

Dank die Hemelse Vader dat nie een van my kinders op die PUK wil gaan studeer nie. Ek word al skaam om te sê ek het ooit daar studeer.

Vriendelik die uwe

Ferdie Weyers
B.Pharm(PU vir CHO) PEBC (Canada)

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Soekie ·

Ek wil graag ‘n sakie aanraak i.v.m. die ewige gestakery en die “DEMANDS”.
Eerstens as mens kyk na die diens of gebrek aan diens wat gelewer word, wie is die karakters wat so wil demand. Daar is ‘n verskriklike persentasie werkloosheid, en tog, die wat werk het sit en gesels, drink tee en eet heeldag en as jy hulle vra om iets te doen, verstaan hulle jou kamtig nie of weet nie hoe om iets te doen nie, maar hulle “demand” groter salarisse. Die spul hoort nie eers in die eerste plek ‘n werk te he nie want hulle doen niks om hul salarisse te verdien nie. Tweedens, die DEMANDS vir 12 – 15% verhogings terwyl ons blankes maar te gelukkig moet wees met ‘n 2 of 3% verhoging (indien enige) en laat ons durf staak – dan sit ons sonder werk. Hoe regverdig is dit dat die mense wat so staak vir 5 maande (en dan moet ons hulle nog voer ook), wegkom daarmee en ons ander mense moet maar gedwee aanvaar dat as ons dit doen, word ons op die daad afgedank. Hoe werk dit in ‘n “supposed” demokratiese land??

Tweedens, hoekom moet ons altyd ‘n wag voor ons monde sit terwyl die “nuwe Suid Afrika” mag se wat hulle wil, demand wat hulle wil, vernietig wat hulle wil en die eerstes is om op en af te spring oor die kleinste dingetjie. Hulle is die eerstes om te “pick” op iets wat kamtig te doen het met apartheid en nog steeds ‘n chip op hul skouers het oor dit al was hulle nie eers gebore nie. Die haat word aangevlam deur hul ouers en familie en ons sal nooit vrede in ons land he of saam kan leef as dit nie end kry nie. Daar word oor en weer op TV gewys wat in 1976 gebeur het, veral voor verkiesings net om weer die apartheidsvlam aan te hits.

Ek is al so moeg om te hoor hoe die “previously disadvantaged” nou hierdie “sense of deservedness” het – ons skuld hulle en sal hulle skuld vir so lank as wat ons en hulle lewe. Wanneer gaan daai skuld nou gedelg wees? Het hulle nie al genoeg gevat en ruineer nie. Hulle “sense of ownership” ken geen perke nie en ons moet dit maar net aanvaar en gee en gee en gee. Kan iemand tog nou nie ‘n stop voor dit sit en se okay, ons het nou genoeg “repent” en kom ons los dinge nou daar en bou voort nie? Hulle is besig om te druk en te druk en as hierdie drukkoker ontplog gaan dit ‘n aaklige storie afgee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.