Lesersbrief: Laat die vakbonde dan maar daarvoor betaal

Foto ter illustrasie. (Foto: Nokuthula Mbatha/African News Agency)

Adamus P. Stemmet, woordvoerder van die vereniging vir die monitering en bevordering van staatspensioene (Amagp), skryf: 

As die vakbonde hul sin wil kry, moet hulle daarvoor betaal…

As ʼn besigheid probleme het omdat sy uitgawes te hoog is, moet personeelverminderings ongelukkig soms plaasvind. Dit mag, volgens vakbonde, nie in Suid-Afrika gebeur nie. Hier word daarop aangedring dat werkers nie verminder moet word nie. Veral in staatsinstansies mag dit nie plaasvind nie. Die regering se baas, die vakbonde, sê so.  Die regering kan die opgeblase staatsdiens nie bekostig nie en die belastingbetaler moet betaal.

Dieselfde geld vir staatsbeheerde instansies soos Eskom, Sal, Denel, SAUK, ensovoorts. Weer eens kry die vakbonde hul sin. Egter nie vir hul eie rekening nie. Die belastingbetaler moet betaal. Die regering het egter ʼn handige spaarvarkie: die Staatsdienspensioenfonds wat na willekeur beroof kan word. Omdat hierdie rooftog so suksesvol is, is dit nou al uitgebrei na die privaat sektor.  Edcon was die begin.

Het dit nie tyd geword dat die vakbonde moet betaal as aan hul eise voldoen moet word nie? As die vakbonde die regering verplig om die 30 000 oortollige staatsamptenare in diens te behou, laat die vakbonde dan hul salarisse betaal. So ook by die staatsbeheerde en ander instansies.

Die vakbondparadys sal gou tot ʼn einde kom as hulle die salarisrekening kry.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Frm ·

Hou aan droom. Die vakbonde sal nooit n vinger verroer om die land te red nie wat nog van betaal. Nee wat hulle ledetal styg en hulle skep.

Johan Swart ·

Vra maar enige besigheid wat n produksie-lyn het waar van hande arbeid gebruik gemaak word…die nagskof produseer meer ” scrap” en “rejects” as die dagskof…selfs onder toesig…want jy sal nie n werker kry wat uit sy eie uit harder werk om eendag iewers te kom nie…manne se ouderdomme is al in die 60’s maar hulle word betaal om n werk van n 4 jarige kind te doen …hulle pak 6 goedjies in n klein boksie en gee dit vir die volgende persoon om die karton dekseltjie toe te maak en dan n plakkertjie te plak….die “job” doen hulle al vir 18 jaar…..ek weet,ons moes ons werkers verminder van 240 na 78 toe , en nou is daar net n dagskof,geen oortyd of naweek skofte nie..selfs verpligte verlof vir die hele Desember en helfte van Januarie….ons kan vir n derde van die jaarlikse salarisse die hele fabriek outomatiseer,en dan net 4 fabrieks-werkers nodig hê om masjinerie dop te hou,en die 6 admin werknemers hou hul posisies……maar het ons nog verfblik-sitters nodig?

Wielspore ·

Jammer dit gaan sleg met julle besigheid. Dit wil voorkom of die verhouding tussen bestuur en werkers baie swak is, veral as ‘n bestuurder na sy werkers verwys met kennis en ervaring van ‘n 4 jarige kind ten spyte van 18 jaar diens. As die werkgewer oor 18 jaar nog nie die potensiaal van sy werkers raak gesien het nie is die maatskappy sy beleid nie reg. Oor 18 jaar kan jy ‘n persoon die beste opleiding gee en ‘n top werker maak. Motiveer jou mense (nie met geld), maak hulle betrokke by voorstelle en probleem oplossings dan sien jy hoe koste effektief hulle raak. Jou winste word meer, koop daardie nuwe verwerkings aanleg, bou hom langs die bestaande een. Gee daardie persoon met 18 jaar ondervinding die opleiding om die nuwe aanleg te bedryf. Jou winste styg maak jou fabriek nog groter, verskuif die mense oor van die aarbeids instensiewe aanleg na die nuwe aanleg. Sluit die ou aanleg, winste vergroot ou jou 3de uitbreiding waar die eerste een gestaan het, stel nog mense aan.
Ek glo jy kan dit doen.

Wielspore ·

Hiermee verwys ek uitsluitlik na staats instellings. Indien die staat te veel mense aanstel oor ‘n tydperk kan die probleem van te veel werkers nie voor die deur van die werkers en vakbonde geplaas word nie. Dit was ‘n swak besluit van die staat en die die staat moet pa staan vir die probleem.
Personeel vermindering moet die laaste uitweg wees as enige besigheid onder druk is, die oplossing is om jou werkers meer koste effektief te maak, wat jou winste vergroot en jou besigheid uit te brei met die bykomende kapitaal.
SA het hierdie slegte tendens om werkers af te dank as winste nie gemaak word, maar in die goeie tye is die kapitaal nie opsy gesit vir lang termyn sekeheid.
My werkgewer sit ‘n groot gedeelte van sy winste in instandhouding en ontwikkeling van nuwe projekte. Daar is ‘n span mense wat voltyds daaraan werk om die besigheid te bevorder. Geen van die planne mag personeel vermindering bevat.
Dink kreatief oor probleem oplossing!

Jerry ·

@Wielspore. Die ANC het as deel van staatskaping, ANC strukture uitgebrei en kaders verryk wie onregmatig in botallige poste aangestel was by SOE’s en in die staatsdiens en so hulle en hul families se lewenslange lojaliteit gekoop. Die mense wat onregmatig aangestel was, was en is steeds nie werkers in die ware sin van die woord nie. Hulle word deur SAL, Eskom ens gdra en betaal, maar werk inderdaad vir die ANC gedurende verkiesingstye en met spesiale projekte. Hulle is die ANC se spreekwoordelike “rent a crowd” familie. Dit is dus in ANC belang dat hierdie kaders deur ANC geaffilieerde vakbonde beskerm word, soos wat dan nou ook die geval is!

Stiks ·

Namibie se ekonomie is suksesvol omdat drakoniese vakbonde nie daar n se het nie

Frik ·

Goeie more Adamus,

Onthou dat die staatsamptenare dieselfde persoonlike belasting betaal as Jan Alleman.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.