Lesersbrief: Die ANC en die oorlog in Oekraïne

Lukas Boshoff van Pretoria skryf:

Pres. Cyril Ramaphosa en pres. Wladimir Poetin in 2019 (Foto: GovernmentZA/Flickr)

Olayinka Ajala, ʼn lektor in politiek en internasionale betrekkinge aan die Universiteit van Leeds Beckett, skryf dat daar verskeie redes is waarom Suid-Afrika en ander Afrika-lande Rusland nie kritiseer vir die inval van Oekraïne nie. Onder andere sê hy die lande koop koring en kunsmis van Rusland, asook wapens en olie.

Die ANC-regering het sedert 1994 egter oor en oor bewys dat hulle geen verantwoordelikheid aanvaar vir hulle dade nie. So hoekom sal hulle van enigiemand anders verwag om dit te doen.

Indien hulle mislukkings met Eskom, die SAL, Transnet, Denel, Krygkor ensovoorts uitgewys word, is die antwoord altyd dieselfde – óf dit is apartheid se skuld, óf hulle trek hulle skouers op en sê ons is nou in hierdie posisie en ons gaan iets daaraan doen soos ʼn kommissie van ondersoek aanstel.

Dit is ook hulle houding aangaande die oorlog in Oekraïne. Rusland het nou wel Oekraïne ingeval en vermoor en verkrag burgerlikes, maar die wêreld moet fokus om deur onderhandelinge die probleem op te los. Weereens – dit is gedoen maar kom ons kyk vorentoe. “Unaccountability” soos dit in Engels beskryf word. President Ramaphosa is ʼn meester daarin om direkte vrae te omseil met die woorde “ons werk daaraan”. Luister maar na sy antwoorde op vrae in die parlement.

Ek sou graag die volgende vrae aan president Ramaphosa en sy kabinet wou vra:

  • Het Rusland ʼn soewereine staat ingeval? Ja of nee?
  • Moes miljoene burgerlikes vlug uit Oekraïne met net die klere aan hulle lywe? Ja of nee?
  • Sterf daar daagliks burgerlike vroue, mans en babas? Ja of nee?
  • Verwoes Rusland se weermag infrastruktuur wat dekades gaan neem om te herstel? Ja of nee?

As bogenoemde waar is, hoe kan julle dit nie veroordeel nie? (Geen politieke rondpratery nie asseblief.)

Ek kan maar net hoop dat Poetin eendag verantwoordelik gehou gaan word vir sy dade, en dat Rusland verplig gaan word om die skade wat hy aan infrastruktuur aangerig het te herstel. Dalk hoop die ANC dat hulle kan betaal vir Kubaanse ingenieurs om Rusland se wapentuig te gaan herstel.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Suzette ·

Die foto by die berig spreek boekdele – voëls van eenderse vere….

Jean ·

Wat Putin doen vir my is verkeerd maar hy is nie dom nie, so kan hom nie vergelyk met ons regering nie

Autobahn ·

In die lesersbrief word appels met pere vergelyk, selfs al sou die aantuigings teen die Russiese soldate waar wees.

Kobus ·

En hiermee saam spuug Dr Pandor vuur oor Israel wat die onskuldige Palistina bombardeer. As ek nie toevallig by die gradeplegtigheid by Tuks was waar sy haar doktorale graad ontvang het nie sou ek sweer sy het dit in Rusland of Zimbabwe gekoop. Die twee gevalle hou geensins verband met mekaar nie. Rusland boelie Oekraïne en Israel verdedig hulleself.

Marthinus W ·

Israel verdedig haarself teen terroriste, ja, maar Israel val ook Palestyne in hul woongebiede aan [hulle is nie terroriste nie]. Die Palestyne is in 1917 deur die Balfour-deklarasie die reg gegee om daar te bly. Dis Israel wat hulle grond afvat en huise daar bou, wat volgens die VN n oorlogsmisdaad is. Hulle verdedig hulself ook. Beide die Palestyne en Isarel moet saamwerk teen die terroriste, maar ongelukkig sien Tel Aviv dit nie so nie.

Twallie ·

So ons verstaan maar net nie die Russe se denkproses terwyl hulle vrouens en kinders vermoor en verkrag, massa grafte vol lyke stop, ‘n land se infrastruktuur uitwis en ‘n treinstasie vol burgerlikes met vuurpyle aanval nie (om maar net ‘n paar te noem)?

En dis alles fine, want ander lande het erger gedoen?

Thom ·

@Twallie __ annie se haat vir die weste en progressiewe denke verblind haar totaal en sy weier om enige feite rondom die Russiese vergrype te aanvaar al sal jy dit vir haar onweerlegbaar swart op wit aanbied. 0

MT ·

„Do you know, one of the greatest problems of our age is that we are governed by people who care more about feelings than they do about thoughts and ideas? Now, thoughts and ideas, that interests me.“

Margaret Thatcher

MT ·

Geen land op aarde het permanente vriende of permanente vyande nie. Al wat lande werklik het, is belange.

Vandag is jy my vriend, omdat my vriendskap met jou, my belange bevorder. More is ons in vyandskap, omdat vyandskap met jou meer voordelig is vir my op daardie spesifieke oomblik.

Ramaphosa besef dit.

Petrus Albertus ·

Indien dit regtig oor belange gegasn het sou CR beslis versigtiger gewees het om nie die VSA en Europa te vervreem nie, want hulle bly ons grootste handelsvennote – nie Rusland nie. Die ANC se steun vir Rusland is maar net Koue Oirlig nostalgie ” gevoelens” nie idees en ideale nie.

MT ·

@ Petrus Albertus

Die ekonomiee van die VSA en Europa is op hul kniee, en word slegs aan die lewe gehou deur dom regeringsbeleid wat al hoe meer skuld maak om voort te bestaan.

Met die swakste president in eeue in die Withuis, en geen noemenswaardige Europese leier, besef CR en leiers van ander Afrika lande dat hulle heil eerder by die opkomende mag van Rusland en veral Sjina le. ‘n Sterk Roebel, ten spyte van sanksies, onderstreep hierdie feit.

Selfs die wereld se grootste demokrasie, Indie, bly buite stemming wanneer Rusland betrokke is. Hulle lees die wereldgebeure korrek: die Weste is deur haar eie selfmoord nie meer ‘n faktor nie. Dis bitter hartseer!

Petrus Albertus ·

Indië en China sit nie langs dieselfde vuur nie en Indië en Rusland ook nie. Rusland se ekonomie is nie ‘n derde van wat dit moet wees nie vanweë hulle korrupte en oneffektiewe regering – oor eeue. Die kanse dat Rusland iets vir RSA kan beteken ekonomies is bitter skraal, ons speel in dieselfde mark met die uitvoer van rou hulpbronne en landbouprodukte. Ironies genoeg was Suid-Afrika natuurlik landbou onafhanklik maar is deur dieselfde ANC wat nou landbouprodukte invoer uit Rusland en die Oekraiene gekortwiek . Die Roebel het vir nou gestabiliseer vanweë die instel van ‘n “goudstandaard” maar dit weet ons is onvolhoubaar, daar is eenvoudig nie genoeg goud reserwes om al daardie Roebels te waarborg nie. My vraag is, is jy oortuig daarvan dat CR hierdie besef?

MT ·

@Petrus Albertus

Geen van die BRICs lande hoef rondom dieselfde vuur te sit nie; dis glad nie van belang nie. Wat wel van belang is, is dat hierdie lande besef dat – TOT NADEEL VAN WESTERSE BEHOUDENDES – die Weste ‘n uitgediende krag is, wat deur patetiese bestuur en ongekende massa-immigrasie, en baie ander faktore, in haar doodsnikke verkeer.

Daar is meer as genoeg goud in die BRICs lande (en hulle vennote) om die goudstandaard tot in ewigheid te handhaaf, en sou die Roebel daaraan gekoppel bly, sal dit vir baie lank baie sterk kan staan.

Die Roebel sal egter moet vou om ‘n nuwe wereld orde in te lei. Met die dood van die Weste, word ‘n nuwe wereld orde in die wereld inforseer deur ‘n pynlike geboorte. Alle groot geopolitieke gebeure is vooraf gegaan deur groot, verlammnende oorloe.

Ons leef in tye wat ons nie werklik ten volle verstaan nie.

Thom ·

En die ” swakste president in eeue ” het die magtige Rusland op sy knieë.

Autobahn ·

Rusland probeer verhinder dat die Pentagon en NATO kernwapens direk lang die Russiese grens posteer wat eendag vir Moskou binne minute sal kan bereik.

MT ·

Joernalis John Matisonn skryf vandag in ‘n meningstuk dat Zelesnki deur die wereld as ‘n Mandela gesien word, en Poetin as ‘n Verwoerd.

Ek kon dit self nie beter gestel het nie.

Bees Boer ·

Ek stem 100% saam:
Zelenski = terroris
Poetin = Volksleier

Thom ·

Ek leen graag ‘n skitterend bydrae deur ‘n mede-leser :
” Pieter, gaan woon ‘n aantal jare in beide Rusland (7) en Oekraїne (3) , soos ek gemaak het totdat ek onlangs uit Oekraїne moes vlug met my gesin, dan kyk ons of jou mening nog dieselfde is.

1. Ek ken mense in die Oekraїnse weermag. Dit bestaan verseker nie uit Neo-Nazis nie. Daar is wel ‘n Neo-Nazi element in die land met ‘n militêre komponent, maar dis ‘n randelement soos die AWB.

2. President Zelensky is, ondanks die feit dat hy ‘n akteur was (nie die eerste in internasionale politiek nie), ‘n baie populêre president wat verkies is met ‘n groter as 70% meerderheid. Die feit dat hy verkies het om in Kyiv te bly ten spyte van aanbiedinge om hom te ontruim, het sy aansien ‘n baie groot hupstoot gegee.

3. Oekraїne is nie die aggressor in die Donbas nie. Dit is Rusland, wat Russiesgesinde separatiste ondersteun ,,,,, *

Vexed ·

As ek jy is sal ek my nie uitlaat oor WW2 en die Jode nie, siende dat Afrikaners aan die kant van die Nazi’s was nie.

Marthinus W ·

Ons ondersteun Rusland omdat ons bondgenote is [BRICS]. Die doel van n bondgenootskap is juis om mekaar te ondersteun. Voordat by die VN gestem word, praat die bondgenote met mekaar, en kom ooreen hoe gestem gaan word. Alle lande doen dit. Serwie het verlede week bekend gemaak dat hulle gedwing is deur Amerika om teen Rusland te stem. That’s the way the cookie crumbles.

Annavaar maar dat, as daar n wereldoorlog uitbreek, en ons moet almal bid dat dit nie gebeur nie, staan ons by Rusland, of die DA of n miljoen Maroela-kommentators daarvan hou of nie. Ons moet eerder slim speel, soos Indie, wat nou hulle olie direk by Rusland koop, en 25% afslag kry. Ons kan dit doen met graan, en al ons uitvoere wat nou daaronder lei – Rusland, China, Indie is grooooot markte.

Dries ·

As Putin hierdie oorlog wen is die demokrasiee in die wereld daarmee heen. Outokrasiee en diktatorskappe is dan ons voorland. Ek kan nie glo dat daar so baie swape in SA hierdie Putin as n held kan voorhou nie. Waarheen is ons oppad

Thom ·

@Dries ___ verregses is nooit juis die skerpste potlode in die pak nie .

MT ·

@Thom

Vreemde opmerking, maar wel in lyn met van jou vorige pogings.

Marthinus W ·

In n demokrasie is daar gewoonlik n heersende party, en n amptelike opposisie. Ander partye kan saamwerk en n koalisie [van mag] skep. In Rusland is Poetin die leier, en die amptelike opposisieleier is Gennadi Zsjoeganof van die Kommuniste Party. In Oekraine is Wiktor Medwedtsjoek die amptelike opposisieleier, maar hy is al die afgelope jaar onder huisarres, en gister het Zelenski gespog dat hulle hom gevang en in boeie geslaan het. Is dit demokrasie? [Dit het nog nooit onder Poetin gebeur nie] Zelenski spog ook dat hy al die ander partye verban het, en hy het alle media wat hom kritiseer verban, of grnasionaliseer. [Poetin doen dit nie. Hy het net mediahuise wat vanuit die buiteland befonds word, gevries, omdat hulle fopnuus versprei, soos bv dat Aleksei Nawalni die opposisieleier is.]

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.