Lukas Boshoff van Pretoria skryf:
Olayinka Ajala, ʼn lektor in politiek en internasionale betrekkinge aan die Universiteit van Leeds Beckett, skryf dat daar verskeie redes is waarom Suid-Afrika en ander Afrika-lande Rusland nie kritiseer vir die inval van Oekraïne nie. Onder andere sê hy die lande koop koring en kunsmis van Rusland, asook wapens en olie.
Die ANC-regering het sedert 1994 egter oor en oor bewys dat hulle geen verantwoordelikheid aanvaar vir hulle dade nie. So hoekom sal hulle van enigiemand anders verwag om dit te doen.
Indien hulle mislukkings met Eskom, die SAL, Transnet, Denel, Krygkor ensovoorts uitgewys word, is die antwoord altyd dieselfde – óf dit is apartheid se skuld, óf hulle trek hulle skouers op en sê ons is nou in hierdie posisie en ons gaan iets daaraan doen soos ʼn kommissie van ondersoek aanstel.
Dit is ook hulle houding aangaande die oorlog in Oekraïne. Rusland het nou wel Oekraïne ingeval en vermoor en verkrag burgerlikes, maar die wêreld moet fokus om deur onderhandelinge die probleem op te los. Weereens – dit is gedoen maar kom ons kyk vorentoe. “Unaccountability” soos dit in Engels beskryf word. President Ramaphosa is ʼn meester daarin om direkte vrae te omseil met die woorde “ons werk daaraan”. Luister maar na sy antwoorde op vrae in die parlement.
Ek sou graag die volgende vrae aan president Ramaphosa en sy kabinet wou vra:
- Het Rusland ʼn soewereine staat ingeval? Ja of nee?
- Moes miljoene burgerlikes vlug uit Oekraïne met net die klere aan hulle lywe? Ja of nee?
- Sterf daar daagliks burgerlike vroue, mans en babas? Ja of nee?
- Verwoes Rusland se weermag infrastruktuur wat dekades gaan neem om te herstel? Ja of nee?
As bogenoemde waar is, hoe kan julle dit nie veroordeel nie? (Geen politieke rondpratery nie asseblief.)
Ek kan maar net hoop dat Poetin eendag verantwoordelik gehou gaan word vir sy dade, en dat Rusland verplig gaan word om die skade wat hy aan infrastruktuur aangerig het te herstel. Dalk hoop die ANC dat hulle kan betaal vir Kubaanse ingenieurs om Rusland se wapentuig te gaan herstel.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
27 Kommentare
Die foto by die berig spreek boekdele – voëls van eenderse vere….
In die lesersbrief word appels met pere vergelyk, selfs al sou die aantuigings teen die Russiese soldate waar wees.
En hiermee saam spuug Dr Pandor vuur oor Israel wat die onskuldige Palistina bombardeer. As ek nie toevallig by die gradeplegtigheid by Tuks was waar sy haar doktorale graad ontvang het nie sou ek sweer sy het dit in Rusland of Zimbabwe gekoop. Die twee gevalle hou geensins verband met mekaar nie. Rusland boelie Oekraïne en Israel verdedig hulleself.
So ons verstaan maar net nie die Russe se denkproses terwyl hulle vrouens en kinders vermoor en verkrag, massa grafte vol lyke stop, ‘n land se infrastruktuur uitwis en ‘n treinstasie vol burgerlikes met vuurpyle aanval nie (om maar net ‘n paar te noem)?
En dis alles fine, want ander lande het erger gedoen?
„Do you know, one of the greatest problems of our age is that we are governed by people who care more about feelings than they do about thoughts and ideas? Now, thoughts and ideas, that interests me.“
Margaret Thatcher