Lesersbrief: Eskom kan nie gered word nie

Maarten Kruger skryf:

Eskom se streekskantoor in Braamfontein, Johannesburg tydens beurtkrag (Foto: AFP)

Baie word die laaste tyd gesê oor wie Eskom moet red en hoe dit gedoen moet word. Niemand is egter bereid om die werklikheid in die gesig te staar nie.

Die werklikheid is dat almal in die land moet besef dat as hulle nie self begin om na hulle kragbehoeftes te kyk nie, gaan hulle binnekort sonder krag sit.

Eskom kan nie gered word nie!

Die probleem het begin voor die 1994-verkiesing. Die ANC het die massas belowe hulle gaan krag, water en behuising verniet kry. Hoe gaan of kan die ANC nou teruggaan op sy woord?

Doen hy dit dan gaan die EFF net aangaan met dié belofte wat almal weet, nie haalbaar is nie.

Hoe kan Eskom, of enige ander maatskappy, hoop om nie onder te gaan nie as jy miljarde geskuld word deur munisipaliteite wat basies gedwing word deur ANC-beleid om krag verniet weg te gee aan die armes.

Jy kan as jy met die N12 Johannesburg toe ry sien hoeveel onwettige aansluitings oor die snelweg is. En dit is maar net ʼn druppel in die emmer. Daar word niks aan die mense gedoen wat die wet oortree nie.

Maar ons wil ʼn ramptoestand instel.

Hoe kan ʼn mens nog enigsins glo dat die ANC ernstig is om die probleem aan te spreek? Solank die regering nie bereid is om op te tree teen die mense nie, is daar geen manier wat Eskom gered kan word nie.

Die ironie is dat die probleem nou al vir lank aan die kom is en dat die opposisiepartye niks daaraan gedoen het nie, maar nou wil hulle ʼn groot lawaai maak.

Die volgende probleem wat ook al ʼn hele ruk aan die kom is, is die waterprobleem. Weereens doen die ANC, of enige van die opposisiepartye, nou niks daaraan nie. ʼn Mens kan nog sonder krag leef, maar as die water opraak gaan dit te laat wees vir enige van die partye om die situasie te gebruik om stemme te wen.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Andrew ·

Geen krag+geen water = plunder soos in KZN. Hoop die in Gauteng is reg vir daai dag.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die land kan nie meer gered word nie. Krag en water probleme is ‘n vulletjie teen wat vir ons wag.

Groen Ghoen ·

Verander ESKOM se naam na WEGKOM! Want Eskom sal nooit weer Regkom nie. Verander Suid-Afrika se naam na ESKROM…. want alles hy die es krom en skeef.

david ·

Dit help nie om die opposisiepartye te blameer nie .. Hulle kan net die oortredings uitwys maar kan self niks doen nie, as gevolg van die getalle mag van die ANC.
Miskien hof toe gaan ? Wie gaan daarvoor betaal ? (en dan ook in ‘n “gelaaide ” hof jou vas loop ?)

Solank as die ANC oor die getalle by die stembus beskik, kan ons maar net kla, en kla…..!

Lillian ·

Hierdie gemors lê ek vierkantig voor die deur van die anc en hul lëe beloftes sedert 1994! En ek stem saam, Eskom kan nie gered word nie, maar intussen hakkel die regering steeds oor die pad vorentoe. Hul het dekades gehad om die infrastruktuur van ons land in stand te hou maar het gefaal. Dis lankal tyd vir hulle om verwyder te word as regerende party aangesien hul onvermoë om die land te regeer op elke vlak duidelik sigbaar is.

annie ·

Ons het in die verlede geglimlag oor ou Siener van Rensburg, wie destyds hooggeag is, se voorspooksels tydens die Anglo-Boereoorloë oa dat ‘n swart regering ‘n eeu later sou heers. In ‘n gesig sien hy die land word donker met rye voertye wat doodstil teen die bulte staan… En nog baie erger.

Amelia ·

Dankie Annie stem 100% saam maar gelukkig vir die wat weet sal dit nie so erg wees nie (seker bedoel ons sal voorbereid wees) Hy ook fesien die stampmielies is koud op tafel toe kom koue pap op tafel sker bedoel daar nie krag maar die lee beloftes (stampmielies maar tog kom kou pap op wat dan sker is dat niks van lee beloft4s gaan kom nie en die huise wat leeg staan en veld swart ek dink is koeberg wat seker omplof of so iets

Matmiet ·

Ons pluk nou die vrugte van die de-kolonisering van Suid Afrika wat sekere leiers so voorgestaan het. Miskien is dit wat hulle wil hê. Miskien sal hulle slegs gelukkig wees as daar geen tegnologie oor is nie, en hulle hulle dae kan slyt deur agter bokke en beeste aan te loop in die as van ‘n eens trotste land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.