Lesersbrief: Genoeg is genoeg

Anri Basson (Foto: Verskaf)

Anri Basson van Jeffreysbaai skryf:

Ek was nog altyd daarteen om oor politieke onderwerpe te skryf. Ek weet te min daarvan. En terselfdertyd is ek ook soms bang vir al die mense se wrede kommentaar na die tyd. Maar vandag kan ek nie meer stilbly nie, en as iemand ʼn eier wil lê, is dit ook maar reg!

Ons het in ʼn samelewing geword waar geweld en misdaad genormaliseer word. Iewers langs die pad het ons sin vir reg en verkeerd verdwyn. Word ʼn vrou verkrag, is die vraag gewoonlik: Watter klere het sy gedra? Word daar ingebreek by ʼn huis, is die vraag: Is daar ʼn alarm? So kan die lys aangaan.

Ek is briesend oor die onlangse gebeure in ons land. Ons almal probeer elke dag oorleef, veral die mense wat deur plaasaanvalle geraak word.

Wanneer is genoeg nou eintlik genoeg? Gaan dit eers wees wanneer die laaste boer vermoor is, en hulle uiteindelik besef dat melk nie van ʼn boks afkomstig is nie?

Dit gaan my verstand te bowe dat daar mense is wat nie ontsteld is oor die plaasmoorde en die manier waarop die boeregemeenskappe en hul werkers hanteer word nie. Die onskuldiges wat passievol en hardwerkend is, word daagliks gemartel en vermoor en niks word daar omtrent gedoen nie. Dit moet stop!

Plaasmoorde raak ons almal, ongeag die boer, die werkers en jou velkleur. Dit gaan nie oor ras nie, dit gaan oor mense se lewens, mense wat meer as 12 ure ʼn dag werk om seker te maak dat ons land vleis, groente en vrugte en nog meer kan hê. Dat elkeen van ons kos op ons borde kan hê elke dag.

Sjoe, en dan wil ek nie eens praat oor die sogenaamde sosialemedia-beïnvloeders nie (wat besluit het om stil te bly daaroor); ek is so teleurgesteld. Julle sal letterlik oor enige gebeure in ons land en in die wêreld plasings maak behalwe oor julle medelandsgenote? Is julle bang julle verloor volgelinge? Of daardie grimeringborge? Ek weet nie wat die rede is hoekom julle dit nie doen nie, maar dis ons land se mense. Dit is lewens wat saak maak.

Sonder boere in ons niks nie. Boere kyk na ons land wanneer dit moeilik gaan. Hoekom kan ons nie na die boere kyk wanneer hulle swaarkry nie?

As dit is hoe dinge nou gaan lyk, hoe gaan dit nie vir ons nageslagte wees nie? Deesdae voel dit asof daar soveel vryheid rondom ons is.

Vryheid om te steel.

Vryheid om te verkrag.

Vryheid om te vermoor.

Vryheid om haat en jaloesie te versprei.

Ons moet almal saamstaan om Suid-Afrika en ons gemeenskappe ʼn beter en veilige plek te maak om in te bly.

Boere en plaaswerkers se lewens maak almal saak. Ek bid vir ons boere. Ek staan 100% saam met almal wat geregtigheid soek vir al die gruwels wat elke dag in ons land gebeur. Dit is die minste wat ons vir ons hardwerkende boere kan doen.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Jy woon in ‘n mislukte staat, nie feëtjie land nie.

Willem Johannes Jacobus ·

Sjoe tien uit tien vir jou skrywe. In van dag se tyd lyk dit vir my dit makliker en geriefliker om stil te bly
uit vrees vir wat kan/gaan gebeur as jy jou opinie gee of mening lug oor stand van sake.

Kokkie ·

Anri, op wie doen jy nou eintlik hierdie beroep: op bekeerdes of onbekeerdes ?

OW ·

Goeie skrywe my meisie.Daar is natuurlik al baie geskryf oor die onderwerpe wat jy noem.Ten spyte van goeie dinge wat in SA gebeur en hier verwys ek na Solidariteit en Afriforum,kan mens nie anders as om terug te verwys na ‘n wanfunksionele,mislukte,onbevoegte,noem maar op regering nie.In baie gevalle het die leuen die waarheid geword.Selfverryking vind plaas ten koste van die land en sy mense.So kan mens aangaan.Daar is verseker nie ‘n kits oplossing vir SA sê probleme nie.As ons net ‘n regering kan kry wat sy verantwoordelikheid,doel,en plig kan besef en nastreef,sal dit al ‘n goeie vertrekpunt wees.Groetnis.

H.A. ·

Moet die blankes altyd iets skryf oor die land. Die miljoene ander kleuriges skryf nooit iets oor die land nie. Lyk my hulle is tevrede hoe sleg dit hier gaan.

Goldy ·

ANC stemmers het geen morele probleme met moord en misdaad nie, ook nie wangunksionele hospitale nie, dus noe respek vir lewe nie, ook korrupsie is normaal vir hulle. In kort, daars geen versoenbaarheid tussen ons kulture nie en dit moet nou besef en bestuur word. Kan nie saam regeer nie, so eenvoudig soos dit.

Republikein in die Wes Kaap ·

“Hulle” is nie noodwendig tevrede nie, maar “hulle” mense is wel in beheer. Dit maak dinge makliker.

Sterling ·

Ek wil ‘n eier lê maar ek is nie ‘n hoender nie. Wrede kommentaar wil ek glad nie maak nie, maar soms is dit nie wat jy sê nie maar hoe jy dit sê. Ek sal dit voorafgaan deur te sê ek bedoel hierdie opreg en sonder aanval:

Wat is die praktiese stappe voorentoe?

Ek glo meeste mense stem saam jou. Dit is ‘n gruwel en nie reg nie.

Gestel ons kry dit reg om almal saam te staan. Al 4.5 miljoen geskatte wit Afrikaners. Wat dan?
Bid is ‘n goeie begin, maar wat van as jy ‘n disipel is met vis en brood in jou hande? Slegs as jy begin die brood breek, so as jy begin doen, kan die wonderwerk plaasvind en kan jy 5000 mense voer.

Ek stem. Genoeg is genoeg. So wat gaan ons nou doen?

Ek sou sê, begin deur aan te sluit by gemeenskapsstruktuur en bou die verandering wat jy wil sien in jou eie gemeenskap op grondvlak. Koop by die boer direk, nie by Woolies / Checkers of PnP nie. Verseker veiligheid deur samewerking met bure. Laat geloof oorgaan in dade. Breek die brood in jou hande

Republikein in die Wes Kaap ·

Regstelling. StatsSA reken nou daar is 4.3 miljoen wittes in die land. Afriforum skat daar is 2.6 miljoen Afrikaners in SA.

Goldy ·

Boere sal moet saamstaan met die gemeenskap en grense vir nuwe staat trek en internasionale wetgewing en grondwet gebruik om onafhanklik te word. Nuwe state ontstaan en breek op regdeur die geskiedenis, vir oorlewing sal dit hier nou moet gebeur anders verloor die boere inelggeval hulle plase.

skurweberg ·

Terwyl ek die stuk gelees het, het die emosie waarmee ons geskape is sy werk gedoen. Die waarheid behoort geen grense te hê nie en om dit te probeer onderdruk terwille van die leuen, is oneties. Wel deurdagte artikel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.