Lesersbrief: Jy is die probleem!

Johan Smit van Bellville skryf:

universiteit-stellenbosch

Universiteit Stellenbosch. (Foto: Facebook)

Rapport het Sondag ʼn insiggewende onderhoud met prof. Deresh Ramjugernath, visekanselier van leer en onderrig aan die Universiteit Stellenbosch, gepubliseer na aanleiding van die sogenaamde “urineerskandaal”.

Die feit dat geen interne dissiplinêre verhoor nog plaasgevind het nie, is irrelevant want daar is skynbaar geen twyfel by die US dat die voorval rassisties was nie (alhoewel Babalwo Ndwayano dit blykbaar ontken het aan die media). Net soos Babalwo was Ramjugernath ook eens ʼn slagoffer aangesien daar blykbaar op hom gespoeg is. Bewyse is skynbaar nie nodig om hierdie narratief te staaf nie, want die media hardloop voluit daarmee as deel van die fyn beplande totale aanslag teen wit Afrikaanse (blykbaar konserwatiewe, aldus Ramjugernath) studente en die koshuiskultuur.

As deel van die narratief is almal skuldig en die professor sê onomwonde “die reputasieskade vir Stellenbosch Universiteit is enorm”.

Maar hoe gemaak? Die professor laat egter nie op hom wag nie en verklaar insiggewend; “die urine-voorval gaan Maties se Reitz-oomblik wees”. Let wel nie net Huis Marais nie, maar inderdaad Maties!

Laasgenoemde verwys na die bekende urine-voorval by die Universiteit van die Vrystaat na aanleiding waarvan Reitz-kamerwonings in ongeveer 2010 gesluit is. Twee jaar gelede al wou die US Huis Marais “toemaak”, maar na ʼn verbete terugvegpoging, wat die US se oneerlikheid oor die aangeleentheid aan die kaak gestel het, is dit laat vaar.

Hierdie keer is die US egter skynbaar beter voorbereid en beman. Dr. Choice Makhetha wat nou betrokke was by die transformasie van die Universiteit van die Vrystaat en die sluiting van Reitz-wonings is tans die senior direkteur vir studentesake by die US en haar taak is uitgeknip.

Want sien, jy hoef nie op ʼn rekenaar te piepie nie, jy kan maar net wees wie jy is. Aldus Ramjugernath is “die hele streek tradisioneel en konserwatief en onwillig om te verander”. Ons moet dus net verander soos wat Ramjugernath wil hê, dan is die probleem opgelos en ons moet seker aanvaar Ramjugernath is ʼn kenner op die gebied van verandering en dit wat ons moet word om aanvaarbaar te wees.

Indien jy egter nie wil verander nie, moet jy dit nou maar erken: JY IS DIE PROBLEEM.

Dis die US-bestuur se morele plig om die probleem aan te spreek, al beteken dit hulle vertrap jou regte en gun jou niks nie.

En dit alles onder die vaandel van inklusiwiteit!

Terloops en vir die wat nie weet nie, die US Raad sal waarskynlik in hulle vergadering van 20 Junie 2022 die nuwe voorgestelde koshuisplasingsbeleid goedkeur, in wat beskou word as die finale spyker in die kis van wit (eintlik konserwatiewe) koshuiskultuur.

  • Smit is deel van die drukgroep, Stellenbosch Staan Op.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

casper ·

Sluit hierdie universiteit en die probleem is weg !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

annie ·

Ons lewe in die paradigma van ‘human rights’. ‘If I am right I can’t be wrong?’ Dit wat die oorsaak is/was, is nie ter sake nie. Die Bybel sê meermale: Weë hom wat… ook tov mense wat tot ander se aksies aanleiding gee. Die hele US het nou ‘n sekere opset en ideologie en dit sal bloot net uitgebou word. Die rektor wil soos BoJo bly regeer en hy sal oorloë ontketen as dit moet. Die US is reeds verflard en… wagtend op die booby-prys. Van Donk se pyp rook steeds, sal die US sy pyp kan bly rook.

Sobymykoolkop ·

Waarom nog sukkel? Al OOIT van Akademia gehoor. Daar waar graadkry met lekkerkry klaarkry ÉN dit in Afrikaans?

melaney ·

Stem! Ek bevrees sodra die ‘ander’ sien hoe goed dit gaan, dat hulle daar sal begin inskryf. Dan is die ‘lekker in Akademia’ se dae ook getel.

Stephen ·

So dankbaar my kind kon darem nog US ervaar soos ons dit geken het voor die woke snert begin posvat het

Piet Snot ·

My kind is tans daar, maar hy oorleef goed. Moet sê, ek het hom grootgemaak om op eie twee voete te staan en die woke snert teen te staan, tsv die rassistiese US bestuur se pogings.

Nierkie ·

Ramjugernath en Makhetha. Ja nee dit klink soos die regte mense om besluite oor US te maak.

Robert Sydney ·

Ek het 12 jr op Stellenbosch studeer en 30 jr daar gewerk. In 1999 is ek daar weg ( onder ‘n wolk!) omdat ek toe al kon sien hoe die wind waai . My voorspellings vir wat later, en nou nog, gebeur het was heeltemal korrek . Dit was en is vir my ‘n baie hartseer saak. Ek is egter bevrees dat daar op hierdie laat stadium niks meer aan Slim Wim en sy trawante te doen is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.