Lesersbrief: Leer ons kinders om deel van die oplossing te wees

Wilhelm Lutjeharms skryf:

Argieffoto (Foto: Unsplash)

“Pappa, hoekom gaan die krag af?”, kom die vraag twee jaar gelede van ons vyf jaar oue seuntjie.

Ek antwoord nie dadelik nie, want die antwoorde wat deur my kop gaan weet ek kan ek nie vir hom gee nie. Dit is frases en woorde wat ek nog dalk met my vriende sou deel – nie heeltemal geskik vir ʼn vyfjarige nie. Dit het ongepoetste woorde in wat ek nie wil hê hy op sy ouderdom moet hoor of aanleer nie!

Ek dink nog ʼn bietjie en sê toe: “My seun, dom mense het dom besluite gemaak”.

Drie jaar later en ek staan steeds by my woorde. Ek is reg as enigiemand my persoonlik, of vir hom by die skool, daaroor wil aanvat – want dit is die feite, en so baie mense is vandag bang vir feite. Hulle verdraai of verpolitiseer alles.

Sedertdien het ek aanhou vir hom verduidelik hoekom ek dit so gestel het, en gesê dat ons nooit deel van die probleem moet wees nie, maar deel van die oplossing.

Of dit nou is om jou huiswerk noukeurig en korrek te doen, jou bed op te maak of om te luister en met insig aandag te gee as iemand praat. Doen die regte ding – wees deel van die oplossing.

Ek weet regtig nie hoe ek dit anders kon stel nie. Om te sag te wees en met ʼn twak sprokiesverhaal te verduidelik, sal tydmors wees – vir my en vir hom. Die waarheid moet gespreek word – iets wat so weinig deesdae gebeur!

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.