Lesersbrief: Maak dit sin, mnr. die president?

Hennie Hugo van Brackenfell skryf:

Hennie Hugo.

Geagte pres. Ramaphosa,

Ek vermoed dat u in hierdie dae onder baie kritiek gebuk gaan, maar dat u ondersteuning benodig, is ook gewis.

Ná u toespraak verlede week verkeer ek so halfpad tussen kritiek en ondersteuning. Kom laat ek verduidelik.

U kondig aan dat restaurante weer oopgestel gaan word vir aansitetes waaroor baie burgers sekerlik bly is.

Nou kom die onsinnigheid. Ek kan saam met my familie en vriende gaan feesvier in die restaurant, maar ek mag nie vir hulle aan huis gaan kuier nie. Ag nee regtig, President, dit maak mos geen sin nie?

Ek gaan nog een voorbeeld noem. Die nasionale parke se verblyfplekke gaan heel moontlik geopen word, maar ek mag nie soontoe ry nie, want dit is heel moontlik in ‘n ander provinsie.

Hier is my raad, President. Vergeet van die howe en die Grondwet wanneer dit kom by die maak van reëls of die verslapping daarvan. Vra uself net, “Maak dit sin?”. Dit is die toets.

Ek beloof my volle ondersteuning aan alle reëls wat sin maak, President. As die reëls nie sin maak nie, gaan u my en miljoene ander billike mense se ondersteuning verloor.

Sterkte vir u taak.

Groete,
Hennie Hugo

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Danie ·

Ai Hennie, so graag soos ek jou gedagte wil ondersteun, dink jy regtig ramaphosa lees MM se artikels?
Of enige artikel in die pers.

JohanR ·

President Nkosazana Dlamini-Zuma maak die reels deur haar duim te suig, en Onder President Cyril Ramaphosa volg maar net, en kondig aan. Wed jou hy het nooit gedink een dag sal hy daai Afrikaanse woorde soe baie moet gebruik nie – JA BAAS!

Baardman ·

Hy gaan ongelukkig nie my steun verloor…..want hyt dit nooit gehad nie

Mariska ·

Hallo Hennie. Jy skryf ‘n weldeurdagde brief en ek stem met jou saam. ‘n Oudkollega het een maal gesê: “Ons probeer ons Eurosentriese denkwyse in Afrika toepas. Ons mors ons tyd.” Die ANC maak soos die ANC wil, het nog altyd. En nou is daar ‘n aspris en blantante element by wat net gaan vererger. Niks wat hierdie mense doen maak sin nie. Dit is asof hulle Suid-Afrika WIL vernietig. Ek hoop dat jy jou familie baie gou weer kan besoek.

Jack ·

Stem saam. Nog niks wat die ANC die afgelope 25 jaar gedoen het het sin gemaak nie, want dis op ‘n mislukte uitgedien ideologie gebaseer wat nog nerens ter wereld waar dit toegepas is tot ekonomiese groei en verhoging van lewensstandaarde gelei het nie.

Michael ·

My ervaring is dat die regulasies wat in die staatskoerant verskyn meestal vaag en verwarrend is en dat dit op verskillende vlakke deur verskillende entiteite verskillend toegepas word. Dit wil ook voorkom dat die gesagsfigure (soos die SAPD en munisipaliteite bv) nie behoorlik ingelig is nie. Daar is dus geen eenvormigheid in die toepassing daarvan nie. Dit is nou afgesien van die regering se besluite soos hier genoem. Ek was 20 jaar lank ‘n polisie beampte. Daar was nog nooit so ‘n deurmekaarspul met die toepassing van wette/regulasies soos juis nou met die rakende die grendelstatus nie. Ek is huidig ‘n Pastoor verbonde aan ‘n plaaslike kerk. Ek moes die afgelope maand 4 begrafnisse doen. Dit het tot ontsaglike frustrasiw gelei omdat nie die SAPD of selfs die hof (insluitende ‘n landdros) weet presies wat die regulasie rondom begrafnisse bapaal en hoe dit toegepas moet word nie. Die regulasies rondom begrafnisse en kerkdienste is baie vaag en word veskillend geïnterpreteer. Erg!

Sandra ·

Ja, en ook nog ‘n reel wat nie sin maak nie. Jy mag nie klere en skoene aanpas in die winkel nie, maar jy mag dit huistoe vat en daar gaan aanpas en dan terugbring as jy nie gelukkig is nie. My vraag is, het hulle nie meer beheer oor die hantering en toestand van hulle aanpashokkies as wat hulle by mense se wonings het nie? Ek neem die klere huistoe, maar daar is iemand by die huis wat Covid het en die persoon vat en hoes op die klere. Watse beheer is dit. Want nou vat ek die klere terug, die volgende persoon wat daaraan vat, gaan nou aan die kieme vat wat ek so pas op die klere teruggebring het. Dis maar my teorie.

Linda ·

Ja en in die ou dae het mense goed op “Appro” geneem, dit die Saterfag na ‘n troue aangetrek, of Maandag gou n begrafnis bygewoon, en dit mooitjies net weer teruggeneem, en verklaar dit is ongeskik vir hulle behoeftes… So wat nou/ En nog erger jy staan in n ry om die winkel in te gaan, en dan weer in ‘n elle lange ry om die goed terug te neem.. Dit in 2020, en mense spandeer 75% van hul tyd in rye en wag en wag…

Pierreli ·

Daar is geen redenasie vermoë vir die regering nie. Soos die huiswerker kan kom werk maar ons mag nie ons familie sien nie. Nee wat, dis so goed jy praat met ‘n muur.

Karel Kobus Kruger ·

Hennie, jy maak net jou eie lewe moeilik as jy elke wet en reël slaafs navolg. As n wet belaglik is, en die kans om gevang te word, is skraal, waarom dit gehoorsaam? Dit geld selfs vir skoolreëls ook. Om n “goody two shoes” te wees, gaan jou nêrens bring nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.