Hennie Hugo van Brackenfell skryf:
Geagte pres. Ramaphosa,
Ek vermoed dat u in hierdie dae onder baie kritiek gebuk gaan, maar dat u ondersteuning benodig, is ook gewis.
Ná u toespraak verlede week verkeer ek so halfpad tussen kritiek en ondersteuning. Kom laat ek verduidelik.
U kondig aan dat restaurante weer oopgestel gaan word vir aansitetes waaroor baie burgers sekerlik bly is.
Nou kom die onsinnigheid. Ek kan saam met my familie en vriende gaan feesvier in die restaurant, maar ek mag nie vir hulle aan huis gaan kuier nie. Ag nee regtig, President, dit maak mos geen sin nie?
Ek gaan nog een voorbeeld noem. Die nasionale parke se verblyfplekke gaan heel moontlik geopen word, maar ek mag nie soontoe ry nie, want dit is heel moontlik in ‘n ander provinsie.
Hier is my raad, President. Vergeet van die howe en die Grondwet wanneer dit kom by die maak van reëls of die verslapping daarvan. Vra uself net, “Maak dit sin?”. Dit is die toets.
Ek beloof my volle ondersteuning aan alle reëls wat sin maak, President. As die reëls nie sin maak nie, gaan u my en miljoene ander billike mense se ondersteuning verloor.
Sterkte vir u taak.
Groete,
Hennie Hugo
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
Ai Hennie, so graag soos ek jou gedagte wil ondersteun, dink jy regtig ramaphosa lees MM se artikels?
Of enige artikel in die pers.
President Nkosazana Dlamini-Zuma maak die reels deur haar duim te suig, en Onder President Cyril Ramaphosa volg maar net, en kondig aan. Wed jou hy het nooit gedink een dag sal hy daai Afrikaanse woorde soe baie moet gebruik nie – JA BAAS!
Hy gaan ongelukkig nie my steun verloor…..want hyt dit nooit gehad nie
Hallo Hennie. Jy skryf ‘n weldeurdagde brief en ek stem met jou saam. ‘n Oudkollega het een maal gesê: “Ons probeer ons Eurosentriese denkwyse in Afrika toepas. Ons mors ons tyd.” Die ANC maak soos die ANC wil, het nog altyd. En nou is daar ‘n aspris en blantante element by wat net gaan vererger. Niks wat hierdie mense doen maak sin nie. Dit is asof hulle Suid-Afrika WIL vernietig. Ek hoop dat jy jou familie baie gou weer kan besoek.
Ja, en ook nog ‘n reel wat nie sin maak nie. Jy mag nie klere en skoene aanpas in die winkel nie, maar jy mag dit huistoe vat en daar gaan aanpas en dan terugbring as jy nie gelukkig is nie. My vraag is, het hulle nie meer beheer oor die hantering en toestand van hulle aanpashokkies as wat hulle by mense se wonings het nie? Ek neem die klere huistoe, maar daar is iemand by die huis wat Covid het en die persoon vat en hoes op die klere. Watse beheer is dit. Want nou vat ek die klere… Lees meer »