Lesersbrief: ‘Pa, ek is nie meer bang vir jou nie’

Argieffoto

Argieffoto

Pa

’n Paar jaar gelede moes ek ’n boom in my tuin afsaag. Soms, wanneer ek dit vir mense vertel, sien ek eers die tikkie verwyt in hulle oë. ’n Mens raak mos nie van bome ontslae nie. Hulle help ons dan deur suurstof vry te stel. Maar sien, daar was ’n probleem met hierdie boom. Baie vroeg in sy lewe moes sy stam ernstig seergekry het. Dit het veroorsaak dat hy heeltemal skeef gegroei het, en namate hy groter geword het, het hy al verder uit sy plek gegroei totdat sy stam teen die heining begin druk het. Die skade wat hy veroorsaak het, het my genoodsaak om hom af te saag.

Dis vir my nogal ironies dat ek as kind gereeld gehoor het hoe jy die term “buig die boompie terwyl hy jonk is” gebruik het. Net jammer dat jy, in plaas van om die boompie te buig, sy stam geknak het, en veroorsaak het dat ek in ’n rigting groei wat vir my en die mense om my ernstige probleme veroorsaak het.

Jy sien, ek het nog altyd gedink dat ek maar net ’n introvert is, en dat my persoonlikheidstipe verkies om so min moontlik wisselwerking met mense te hê. Eers toe my vrou my oorreed het om ’n sielkundige te raadpleeg, het my oë oopgegaan vir die feit dat jy my selfbeeld vernietig het, en dat ek sosiale wisselwerking vermy omdat ek aan ’n angsversteuring ly. Volgens haar is dit grootliks veroorsaak deur die feit dat ek as kind die persoon wat my standvastigheid moes gee, gevrees het en enige tyd, sonder waarskuwing, vernedering of ’n paar warm klappe kon verwag.

Toemaar, die behandeling help baie, en ek begin die regte “ek” leer ken. Ek hou nogal van hierdie nuwe ou, en my vrou en kinders dink ook hy’s baie beter as die minderwaardige ou dikbek met wie hulle vroeër moes saamleef.

Vanoggend het my seuntjie vir my ’n prentjie gewys wat hy geteken het, en ek kon eerlik vir hom sê dat dit vir my verskriklik mooi is. Ongelukkig het dit my laat terugdink aan ’n keer (ek was seker 10 of 11 jaar oud) toe ek vir jou ’n prentjie gewys het. Ek was nogal opgewonde daaroor, want ek het gedink dat dit regtig goed was. In plaas van om my te prys het jy met my geraas omdat ek dit in ’n hardebandboek, wat na jou mening te duur was om so op te mors, geteken het. Ek hou nie van teken nie. Dalk kon dit anders gewees het.

Ek het myself belowe dat ek nooit ’n pa soos jy sal wees nie, en meestal kry ek dit reg. Ongelukkig betrap ek myself soms dat ek wel ’n paar van jou foute herhaal, maar ek doen my bes, en ek dink ek raak beter soos die tyd aanstap.

Miskien is daar in die toekoms vir ons ’n geleentheid om dinge uit te praat en selfs vriende te word, maar vir eers hou ek jou op ’n afstand, en probeer seker maak dat my kinders veilig voel by my en weet dat ek hulle grootste ondersteuner is.

Groete
Jou seun

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Ouerskap, Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Bjorn ·

Jammer om te hoor oor jou angs aanvalle en so. Ek het groot geword in die jare van sommer geklap word en lyfstraf. Ek was baie stout. Ek het deurgeloop onder ‘n stiefpa wat my gehaat het, deur die kinderhuis vir my Laerskool dae en toe Verbetering skool toe waar ek my Hoerskool volkome voltooi en geslaag het. Vandag is ek getroud met ‘n pragtige vrou en het drie kinders wat vir my innig lief is. Ja, ek is kwaai en vat niemand se nonsens. Dit het my goed gedoen en van my ‘n beter mens gemaak. Dankie vir die “sisteem” en al die pakslae. Die Woord van God se tog ons moet die lat buig terwyl hy jonk is.

Jammer dat dit anders vir jou uitgedraai het en sterkte op jou pad na versoening met jou Pa. Onthou net, God vra dat ons ons Vader en Moeder moet eer ten alle tye. Moet nie die fout maak wat ek gemaak het en dan is dit te laat en jy kan nooit die geleentheid kry om reg te maak nie.

Hanna ·

Haai Bjorn! Waar lees jy dat die man “angsaanvalle en so” (ge)kry het? Al wat ek lees is dat hy ‘n angsversteuring het! Jy sê dat jy “kwaai” is en “niemand se nonsens vat nie” en dit sal my bekommerd maak as ek jy is! Kan jy dalk ook asseblief vir my sê waar in “Die Woord van God” jy dit lees dat “ons die lat moet buig terwyl hy jonk is”?
Sjoe, ek dink jy is ver van die spoor af as jy meen dat die “sisteem” en “al die pakke slae” van jou ‘n beter mens gemaak het!
Dit is tyd vir dringende introspeksie vir jou! Sterkte daarmee!

Anita Steyn ·

Ek kom ook uit so huis my pa was wreed het my eendag met vuis in die gesig geslaan en my wangbeen gekraak en baie dinge nog hy was baie onregverdig in baie opsigte en ek gli dis hoekom ek nie n goeie verhouding met my dogter het nie baie van my pa kom in my uit

Bruno Stef ·

Terwyl ek die artikel gelees het ivm die somtydse misverstande en wrywing tussen ouers en kinders in die verlede bly die pragtige liedtjie ” In the living Years” met sy lirieke wat se dat begrip vir mekaar somtyds net te laat kom.

Jannes ·

As jou pa nog lewe, stuur die brief vir hom. Dis die eerste stap om dinge te probeer regmaak.

eralda ·

My hart het ineengekrimp terwyl ek hierdie brief lees……dis so hartseer en soms dink mens jy doen goed om jou kind dissipliene te leer,maar elke kind verskil…..sommige het n sagte woord nodig,ander weer n paar loesings……en die belangrikste hier le in:om te kan onderskei hoe om met watter kind op te tree en ons as ouers kry mos nie n “handleiding” saam met ons kinders nie.
Die feit dat jy vir hulp gegaan het is n bewys dat jy as persoon besef dit het jou geknak en dat jy daaraan moes werk…..n baie goeie positiewe van jou kant af. Mag dinge vir jou net beter en beter raak en mag die dag aanbreek dat jy jou pa sal kan in die gesig kyk en se: al het dit wat jy gedoen het,my op n manier gebreek,kan ek vandag voor jou staan en se:ek vergewe jou….al sal mens sulke dinge nooit kan vergeet nie. Sterkte vir jou en jou gesin vorentoe en net as n “onthou asb” hoe dierbare vrou jy het wat deur jou optrede die dieper seer kon sien en nogsteeds al die tyd by jou gestaan het…..sy is n vrou duisend!

Alaska1 ·

Ek het ‘n wonderlike verhouding met my pa gehad. My seer was en is, my ma.

Elgeraine ·

Ek het nooit eintlik my pa geken nie, maar my seer is ook my ma!

Pietskiet ·

Ek moet se ek het n n huis soos julle sin groot geword my moeder het meer met blou oë en stukkende mond lrond geloop ek het slae gekry en soos min ander kinders
Ek is n agrisiewe mens en almal was altyd bang om met my te praat so saal mens n mal perd op eks amper 50 en sukkel vandag nog met my agressie daarom meng ek met niemand nie iis bang die duiwel kom weer uit ek doen my werk en hou my totaal een kant vandag is vadersdag en ek dink terug aan my moster pa en kan niks goeds onthou van ons verhouding nie was op 13 n straat kind en op 18 n alkolis vandag bedit ek my eie besigheid maar soms moet n man seker mans genoeg wees om hulpnte gaan soek

Lizette ·

Gaan vir hulp Jy verdien geluk en vrede Jou pa het nie van beter geweet God wil he jy moet n lewe v vryheid en oorvloed geniet Die duiwel kom steel Laat toe dat God jou genees Hy gebruik sielkundiges en beraders om mense met diep seer te help Go for it!

Pietskiet ·

Ek moet se ek het n n huis soos julle sin groot geword my moeder het meer met blou oë en stukkende mond lrond geloop ek het slae gekry en soos min ander kinders
Ek is n agrisiewe mens en almal was altyd bang om met my te praat so saal mens n mal perd op eks amper 50 en sukkel vandag nog met my agressie daarom meng ek met niemand nie iis bang die duiwel kom weer uit ek doen my werk en hou my totaal een kant vandag is vadersdag en ek dink terug aan my moster pa en kan niks goeds onthou van ons verhouding nie was op 13 n straat kind en op 18 n alkolis vandag bedit ek my eie besigheid maar soms moet n man seker mans genoeg wees om hulp te gaan soek

Hannie Pelser ·

Jys is n goeie pa…..dis die belangrikste. Mooi so!

Hannie Pelser ·

Jys is n goeie pa…..dis die belangrikste. Mooi so!

Poplap ·

Waar in die Bybel se dit slaan ‘n kind of wees ‘n boelie. Hoekom kruip mense agter die Bybel weg om hulle laghartige dade te regverdig. Die Here se dan laat die kindertjies na my toe kom wat laat jou dink dat hy dit sal goedkeer as jy jou kind foeter. Big die boompie verwys nie na slaan jou kind reg nie dit verwys na big hom in die rigting van God maar jy kan dit doen sonder die plakkie if belt

DMC de Koker ·

Spr 23:13-14 Hou die tug nie terug van die seun nie; as jy hom met die roede slaan, sal hy nie sterwe nie. Jy sal hom wel met die roede slaan, maar sy lewe van die doderyk red. (1933/53 vertaling)

Poplap ek stem saam daar is perke en daar is ‘n ding soos regverdig wees in pakslae gee. Maar jy haal buite konteks aan en interpreteer skrif liberaal en post-modernisties. Net omdat sosiaal onaanvaarbaar raak vir mense beteken dit nie dis noodwendig verkeerd nie. En nee, ek bedoel nie om soos in die genoemde geval aanstoot te gee nie. Dis waar daar dalk te ver gegaan is. Maar dis ook net een deel van die storie.

CommentQueeb ·

Spreuke 22:15
Astrandheid is eie aan n seun; pakslae haal dit uit hom uit

Eliza-beth ·

Sterkte aan almal hier wat wonde oorhet van hul kleintyd. Mens kan jou nie so-iets indink as jy in ‘n “gewone” huis grootgeword het nie. Mag julle almal eerstens julself begin liefhê en daarna die wêreld vierkantig in die gesig kyk. Net ‘n dapper mens kon deurgegaan het wat julle het en dit oorleef en probeer om ‘n beter mens te wees as die wat jul afgebreek het. Baie sterkte wereens!

Eugene ·

Klink soos my storie…..dankie vir brief. Vreemd vandag glad nie eers aan “hom” gedink nie….

Dirk T ·

Het ‘n soortgelyke kleintyd gehad. Gelukkig verskeie rolmodelle gehad. Het ook geleer dat jy self moet beheer neem van jou lewe, vergewe en aan beweeg. Dit is so maklik om blaam elders te plaas, veral as jy onverantwoordelike besluite maak of selfs besluite in onkunde neem.

rudolph ·

Dirk jy slaan die spyker op die kop neem verantwoordelikheid oor jou eie lewe..ook moeilike kinderdae gehad maar moes besef niemand anders gaan my toekoms bepaal nie.Ek moet self die keuse neem om met die verlede te deel en met Sy genade is daar hoop en genesing..Die bly maar n sensitiewe onderwerp sterkte aan almal wat met father wounds deel..

Flippie ·

Die Bybel leer dat die boompie gebuig ( gevorm) moet word. Nie gebreek moet word nie. Dit leer ook dat die roede nie gespaar moet word nie. Nie aangerand nie.

Sommige mense ken nie die verskil nie.

Andrea van Vuren ·

Dis nie net gewelddadige ouers wat ‘n kind kan knak nie. My naaldwerkjuffrou in grd. 5 het my onder my bo-arm op die sagte velletjie pimpel en pers geknyp met haar lang naels. Die rede? Ek het net een stekie in die lappie se soom skeef gewerk. Die gevolge? Doen vandag nog nie naaldwerk nie!

Amanda ·

My ouma was n giftige mens hoor ek. My pa het my erg afgebreek. Die dag toe my kinders vir sy verjaarsdag cupcakes wou bak en ek teen my sin dit doen het ek die haat laat gaan. Hy het soos n kind gesmile toe hulle opgewonde vir hom sing.

Vergewe

Hy kon nie sy ma vergewe nie. Ek gaan nie die sondes van my voorvaders laat voortleef nie.

Antie ·

Efesiërs 6 vers 1 tot 4 Gister die mooiste preek oor die verse, veral vers 4. Moenie kinders so tugtig dat hul ‘n vrees vir jou as pa opbou nie, kinders moet leer uit hul foute, en ek praat glad nie kriminele aktiwiteite goed nie, daar vat jy vas, maar gewone alledaagse klein goed wat hul verkeerd doen by die huis, sodat hul kan leer, jy maak nie weer die fout nie. Baie pa,s moet nog leer om drukkies uit te deel en vas te hou, beteken baie vir ‘n kind. My probleem is ongelukkig my ma, ons as kinders het nooit gehoor dat sy lief is vir ons nie, tot vandag toe nog speel sy ons kinders teen mekaar af en sy begin nou die kleinkinders teen hul eie ouers afspeel, maar ongelukkig werk dit toe nou nie vir haar nie. Al die jare het sy my naam aan stories gekoppel waarvan ek niks weet nie, en as my broers en susters my aanvat daaroor, dan kom hul agter ek weet van niks!!! En sy ontken tot vandag toe nog dat sy die stories versprei het, selfs al het ek haar uitgevang! Vers 4 moet beide kante toe werk.

Lizette ·

Dissipline is goed maar om ‘n kind se selfbeeld af te breek en kinders te verneder is BOOS. Jesus het kinders liefgehad en met respek behandel Ek is bly jy het ‘n sielkundige gaan spreek Jy verdien geluk en ek is seker jou vrou en kids waardeer dit dat jy iets aan d saak gedoen het Ek bid v jou Grootmense kan n kind maak of breek ‘n Mens leer uit jou ouers se foute Net soos kinders grootmense moet respekteer moet grootmense ook kinders met respek behandel Sterkte God dra jou en jou gesin Vergewe jou pa Moenie d las v bitterheid ook dra nie Wees VRY

Burger ·

Vaderwonde is seker van die moeilikste seerkry om te genees . Dit raak alles . Jy dink jy het dit uitsorteer en dan dop daar nog goed uit. Dis nogal n ding in ons Afrikaner omgewing . Ek dink ware pa wees het iewers in een of ander generasie n knou gekry . Oorlog trek baie keer dinge skeef .

Maak vrede met jou pa , dit gaan die laaste stukkie wees van jou oorwinning . Dit gaan dalk die moeilikste wees . As jy dit nie doen nie ,genees daardie wond nie . Sterke ou maat .

Lone Stranger ·

Ek kan onthou dat my pa my altyd verneder het voor my friende en my laat verkleineer. Ek was ook van kleins af geleer om bang te wees vir die man. Hy het my altyd Deerik genoem (kort vir “Deur die k*k”). Ek het hom gehaad as kind.

A.g.v dit was ek maar ‘n introvert by die skool en het niemand vertrou nie. A.g.v die vrees wat ek vir my pa gehad het, kon ek ook nie konfrontasie hanteer nie. Ek het leterlik gevries van vrees as iemand my gedreig het, want hy het my aan my pa herhinder. Dit het my selfbeeld vernietig. 10 jaar later, sukkel ek nogsteeds om dit reg te maak.

Dis eers toe ek Hoërskool klaar gemaak het, dat hy wou soortvan my vriend wou begin word het, maar ek kon net nie oor my vrees vir hom kom nie. Hy verkwalik my hoekom ek nie saam hom wil kuier nie, maar ek kan hom nie sien as ‘n vriend nie. Hy het ‘n hart van goud, maar sy humeer laat my vinnig weer terug dink aan die monster wat hy vir my was. Ek het uit getrek so gou as wat ek kon, want ek kon nie meer sy humeer meer hanteer nie. Hy vra gereeld wanner kom kuier ek, maar ek wil so vêr weg bly van hom af as wat ek kan.

Ek het hom vergewe, maar dis onmoontlik vir my om dit te vergeet.

sjoe ·

Sjoe Lone stranger, wens jul kan ‘n bemiddelaar vind, hy het beslis aan ‘n minderwaardigheids ding gelei, dit is dalk hoe hy groot geword het. Wens jy kan vir terapie gaan en dat hulle hom ook kan takel, soos dit vir my klink is dit ‘n baie goeie dierbare hart wat verkeerde tye verkeerde dinge sê en doen en dit kan reggestel word as hy attent gemaak en geleer word. Al vinnige raad is, as jul dalk saamkuier, jy genoeg moed het, kuier met hom & as sy lelike kop uitsteek, staan op klim in jou voertuig en ry, hy sal leer, my seun soek net ‘n goeie man, nie een wat homself verloor nie, dit is moontlik, ek het ‘n paar harde koppe al sien lammetjies raak!

Sê maar net ·

Ek en my ap het die wonderlikste verhouding. my ma is en was die probleem. En nee, ek het nie middelkind sindroom nie. My sussie was die mooiste, my boeties was die beste. Hulle kry duur goed, ek kry goedkoop goed. Gelukkig het ek ‘n tannie gehad wat my ma se plek gevul het. Vandag jare later, het ek en my ma nie “n ma en dogter verhouding nie, ons is bleefd en ek het respek vir haar, kuier by haar, gesels met haar, maar my gevoelens is myne, en sy sal dit nooit sien of beleef nie. Het ook nie vriende nie. het , my man en my kinders, en dis al wat ek nodig het. En nee, ek behandel nie een van my kinders soos ek behandel was nie. Ek dink altyd hoe ek gevoel het, en wil nie hê hulle moet ook so voel nie.

Burger ·

Lone Ranger , ek wil nou wragtag nie soos n sielkundige klink nie . Praat maar net uit bietjie ervaring. Die grootste probleem wat die wereld vandag het is vaderloosheid.

Ek self het n seun wat al n jongman is en ek moet keer om vaderfoute te herhaal en des ondanks glip daar maar n paar deur . Dink jou pa moet weet wat hy aan jou gedoen het . Tyd dat jy hom vertel . Hy soek dalk geleenheid om jou vergifnis te vra . Pride is lelike ding . Om jou seun verskoning te vra is moeilik , maar daar is krag daarin. Dink hy loop self met n berg van n las . Liefde is regtig die oorwinning , ons wese stry daarteen …

Lone Stranger ·

Dankie vir die advies Burger. Ek het my pa al baie gesê dat hy die oorsaak is van wat ek vandag is, in goed en in sleg. Ek het vir hom gesê dat ek nooit aan my kind sal doen wat hy aan my gedoen het nie en nooit soos hy wil of sal wees nie. Ek kuier so nou en dan by my ouers, maar dis ook maar net vir my ma se onthalwe. Ek kuier maar saam, maar ongelukkig my pa het maar ‘n probleem met sy trots. Hy sal nooit herken wat hy aan my gedoen het was verkeerd nie. Hy dink dit was maar net dissipline. Ek het wel vir hom ook al gesê dat hy my grootste boelie was en dat ek hom nog nooit hom kon sien as ‘n vader op wie ek troosting kon vind nie.

Lone Stranger ·

Kyk, my pa het my nie regtig geslaan nie. My ma het dit gedoen, maar sy het deminste dit gedoen wanner ek ek stout was.

Maar die woorde van dat ‘n mense se tong party keer seerder kan sny as enige mes, is 100% waar. Dis ook die wonde wat die langste vat om te genees.

DMC de Koker ·

Na aanleiding van die brief die volgende.

Dit is so, baie maal in die Afrikaner/Boere huisgesin is goeie verhoudings tussen pa en seun afwesig. Dit moet beslis nie so wees nie. Wat ek wel vir jou kan sê is die volgende:

1. Vergewe jou pa. Dit sal dinge baie makliker maak vir jou.
2. Die Bybel is baie duidelik oor waar vrees vandaaan kom: 2 Tim 1:07 Want God het ons nie ’n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing. (1933/53). Jou vrees kom nie van jou pa direk af nie. Ons almal weet wat is die oorsprong as iets nie van God af is nie.
3. Jy het nie ‘n sielkundige nodig as jy die Bybel het nie. Die boonste stappe gee ‘n goeie riglyn vir jou. (as regsman het ek ook ‘n probleem met silekundiges; sielkundige getuienis kan dikwels klomp verskillende weergawes tot gevolg hê in een saak en is maklik om uitmekaar uit te trek in kruisondervraging).

Nietemin baie sterkte vir jou en ek hoop jy beskou nie my kommentaar as negatief nie.

sjoe ·

Sjoe insiggewend, elkeen hier se storie wys die impak van jou ouers se rol in jou kinderlewe en ek ja ek ook kom ook uit ‘n blou oe huis, my afleiding en opinie was om my kinders op te voed met liefde, daar wees en sekuriteit en die nodige roede om van hul eerlike standvastige mense wat hulself en ander respekteer, dit kan die bose kringloop stop, as jou kind disrespekvol is en los kom daarmee, gaan dit net erger raak, ja so te veel roede is verkeerd en te min ook, probeer balans kry en jou ja moet ja bly en nee moet nee bly. Baie geluk aan elkeen wat kon opstaan en vir sy of haar kinders ‘n beter lewe toekoms skep.

Mariesia Ninow ·

My liewe seun…my hart bloei vir jou. Veral oor die feit dat ek twee stukkende seuns moet grootmaak en heelmaak met genade van Bo. Hulle pa het gelukkig besluit om te “verdwyn” en tel ons die stukke stadig maar seker op. Ek het onlangs lief geword vir ‘n man wat deur dieselfde seer is. Dit het hom drie huwelike gekos wat nog meer seer veroorsaak het. Hy is gelukkig ‘n ongelooflike pa. Ons is nie “saam” nie, want hy glo niemeer in liefde nie. Wat my weer alleen laat bly, want ek sien nie kans vir “iemand anders nie”. Aan al die pappas daar buite – wees LIEF vir julle kinders. Hulle is die Pa’s en Manne van die toekoms. Jy kan met jou voorbeeld en woorde ‘n verskil in ‘n stukkende wereld maak.

Net nog ‘n mamma

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.