Lesersbrief: Rugby-ondersteuners moet hul misnoeë wys

Lukas Boshoff van Pretoria het die onderstaande brief aan die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) gerig na aanleiding van Nathi Mthethwa, minister van sport, se uitlatings rakende rugbyspelers wat nie die knie vir die Black Lives Matter-veldtog wil buig nie.

Lukas Boshoff.

Goeiedag,

Ek stuur hierdie boodskap met diep bekommernis.

Die minister van sport soek blykbaar kommentaar van Saru aangaande die Suid-Afrikaanse spelers wat in Engeland nie die knie wou buig voor die kultus van die Black Livers Matter (BLM) nie.

Hy sou dit nie gedoen het as hy spelers se reg tot eie oortuiging gerespekteer het nie. Dus lei ek en duisende ander af dat hy dit nie goedkeur nie. Ons ken ook die minister vir sy uiters beledigende opmerkings teenoor wit mense.

Indien die minister van elke speler verwag om die knie te buig met gebalde vuis in die lug, is daar mos geen waarborg dat hy dit nie ook van elke toeskouer sal verwag nie.

Dus, die publiek kan goedsmoeds honderde rande vir kaartjies vir die komende Britse Leeus-toer betaal net om ingang geweier te word by hekke of van pawiljoene afgegooi word indien hulle nie voor die BLM wil kniel nie.

Dit mag absurd klink, maar die minister se houding hierteenoor is alreeds absurd. Dit weerspieël ook die magshebsug van die regering.

Dit is geen wonder dat daar nou verskillende veldtogte op sosiale media ontstaan wat ondersteuners maan om nie vanaf 2 September kaartjies vir die Britse Leeus-toer te koop nie.

Wat gaan gebeur as die minister spelers wat nie voor die kultus wil kniel nie, verbied om in die toetse te speel?

Ek rig hiermee ʼn ernstige beroep op Saru om bogenoemde aan die minister oor te dra. Die tyd het aangebreek dat rugbyondersteuners hul misnoeë met die regering se inmenging in sport gaan straf deur finansiële maatreëls. Indien daar nie toeskouers gaan wees nie, gaan borge ook stelselmatig onttrek.

Groete,

Lukas Boshoff

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

AndréS ·

Dit gaan geen verskil maak nie. Die meeste van ons ondersteun nie meer SA sport nie

Andries ·

Andre ek wens ek kon se almal. Die een proebleem wat ons het is die vry kaartjies wat die mense kry. Ek weet van 10 kaartjies wat so weggegee word. En die ander mense wat gaan weet ek nie wat hulle makkeer nie

JohanR ·

Ek wag gretig Lukas vir die Springbokke se eerste toets na Covid-19. Baie van daai span lede het beginsels en geloof , en ek verwag soos met iemand wat nie sport op ‘n Sondag wil speel nie, dat as hulle gedwing word deur die ANC en SARU om die knie te buig, dat baie sal uit die span ontrek. Kan sien daar le ‘n groot tamaletjie nog voorentoe.

Chris dupreez ·

Ek ondersteun jou Lukas, maar ek is een wat glad nie meer sport op tv kyk nie, nie na wat die regering op ons afdwing met die kies van spanne nie. Ek het ook my dstv pakket afgradeer na compact plus, die een sonder sport en betaal amper R400 n maand minder. So as een miljoen suid afrikaners dit doen dan verminder die rassistiese dstv mense se geld met R400 miljoen rand per maand. Dit is ter ondersteuning van afrikaanse kunstenaars wat nie meer op dstv toegelaat word oor hulle verskil van opinie

Riaan ·

Nogal ironies – In die 80’s het ons die wêreld gesoebat en gesmeek om toegelaat te word om internasionaal te mag deelneem maar hulle het geweier as gevolg van politiek. Nou soebat en smeek ons hulle om ons weer te straf omdat die ANC die hele tyd polities inmeng, maar daaraan word niks gedoen nie. Die wêreld is siek.

Anoniem ·

Die manne se dat hule SA sport gaan boikot maar ek weet dat die manne tou gaan staan om van volgende week kaartjies te koop vir die Britse en Ierse Leeustoer. Sal maar sien of die mense van SA die “guts” gaan he om wel hierdie toer te boikot.

herman ·

Ek kan jou verseker ek is klaar met SA RUGBY EN CHOCKER CRICKET

Hendrik Marthinus ·

Ek luister en lees die afgelope week of twee na lesers se kommentaar oor die minister se opmerkings rakende die BLM beweging.
Ons rugby publiek is gou om ons ontevredenheid rakende die kwessie uit te spreek.
Ek stem saam met seker 90% van maroela lesers om Dan vir die minister en die regering te wys Wie eintlik die geld in hul koffers sit Jan Publiek.
Die vraag is ons is unhappy maar gaan kyk Saterdag bok rugby en jy sien duisende van ons op die paviljoene.
Ons is so uitgehonger vir die min kere dat ons die bokke Kan sien speel in ons verskeie provinsies dat ons vergeet van wat ons n Paar maande terug gese het van BLM.
No matter the price of tickets ons is world champions en ons Wil ons bokke sien speel.
Ons sal nooit Kan wegbly nie, kyk Spur staan Steeds en ons gese no more spur. Hulle self covid 19 gewen.

marius ·

Sal weer rugby vurig ondersteun as Spiekeries homself kommentaar lewer.

Michael ·

Is daar nog regdenkende mense in die land wat rugby wil ondersteun? Wat het van mense se beginsels geword? Hierdie kommuniste is openlik besig om ons regte weg te neem en ons aanvaar dit maar net gelate. Dir wil voorkom of rugby en ander sport die god is wat die meeste aanbid word

Maroela Burger ·

Hoekom het hy nie ‘n verslag van die sokker aangevra na Mark Fisch se weiering om te voldoen aan die BLF se belaglike voorstel nie?
Dit is hoekom Suid Afrika bekend is daarvoor dat die wette hier net vir blankes geld.

Eragrostis ·

‘n Uitstekende brief en goed gestel. As die minister hierdie spelers en ondersteuners met sulke absurditeit gaan straf, moet die regslui ‘n goeie advokaat aanstel en eens en vir altyd so ń minister voor die hof daag en krimineel aankla aangesien hy sy eie party en land se grondwet doelbewus verontagsaam. Dis al. Maar dit moet ń goeie advokaat wees wat sy wette goed ken en hom nie laat voorskryf nie. Daar moet ook gesorg word dat daardie minister dan uit sy eie sak sy eie regskoste betaal, en indien hy die saak verloor, ook sommer die advokaat s’n ook.

koos10 ·

My eerste reaksie is om met jou geld te stem, maar dan tref dit my dat dit die minister se doel kan wees om sy rassekaart te versterk. As ons spelers onttrek ens. dan kan hy mos vra om die hele span te transformeer en dan fondse vanaf die staat na die sport oordra (met sy “kommissie” natuurlik). Dit kan beteken dat ons d.m.v ons belasting geld aanhou betaal vir sy mal idees.

Corne123 ·

Geagte minister.Ek sal nie buig voor n mens nie maar kom ons skets n ander prentjie vir jou. Elke sokker speller moet voor n wedstryd n wit kruis dra en omhoog hou ter ondersteuning van plaasmoorde kom ons kyk hoe ver sal dit kom

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.