Lesersbrief: Vakbonde se plan met SAL

Gerrit Erasmus van Bellville skryf:

Gerrit Erasmus.

Dit is nou al ʼn geruime tyd dat vakbonde poog om voorskriftelik te wees ten opsigte van die redding van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL).

Cosatu was eerste om voor te stel dat die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) helfte van die SAL se skuld oorneem met PFSA-geld (Pensioenfonds vir Staatsamptenare) waaroor die OBK slegs ʼn beleggingsmandaat het. Hierdie plan is tot stilstand gedwing deur eksterne druk op die OBK en die PFSA.

Nou is die vakbonde weer aan die gang met hul eie voorstel oor hoe die SAL gered moet word, ongeag die werk wat deur die sakereddingsgroep gedoen word. Die voorstel oor hoe hulle beoog om die SAL te omvorm, of ʼn nuwe lugdiens te stig wat die oue inneem, of oorneem, blyk ʼn raaisel te wees. Hoe hulle die nuwe struktuur wil finansier, word met groot verwagting afgewag om te sien watter fonds geroof sal moet word vir finansiering

Die staat se finansiële bronne is reeds uitgeput en boonop plaas die huidige pandemie en swak ekonomiese uitsigte verdere druk op die normale finansieringsbronne. Die vakbonde plaas nou verder druk op die sakeredders deur ʼn stel voorwaardes te vereis waaraan die sakeredders moet voldoen voordat hulle hul opdrag mag voltooi. Terwyl die vakbonde met al hierdie voorstelle en voorwaardes besig is, is hulle doodstil oor waar die geld vir al hierdie manewales vandaan moet kom. Al hierdie planne is duidelik gerig om hul eie beul te blaas deur druk op hul alliansievennoot, die regering, toe te pas

Die vakbonde is, soos altyd, doodstil oor hul eie verskuilde, opgehoopte kapitaal wat veilig belê is en wat nog nooit in enige voorstel of voorwaarde genoem of aangebied is as bykomende of alternatiewe finansieringsbron nie.

Dis tyd dat die arrogansie van die vakbonde belig en aan die kaak gestel word en dat hul voorstelle gesien word vir wat dit is. Dis tyd dat hulle hul eie kapitaal aanbied en self aandele opneem in die bankrot organisasies wat so gereeld vir ander aanbeveel word. Dis tyd dat hulle sê watter finansiële bydrae hulle kan lewer, in plaas daarvan om altyd vir ander te probeer voorskryf oor wat en hoe dinge gedoen moet word en so hul eie vals beul te blaas.

Vakbonde moet ook kennis neem dat die tradisionele bronne wat so gerieflik in die verlede getap was, nou uitgeput is, terwyl ander (volgens wet) nie toeganklik vir hul selfreddingsplanne is nie.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pieter ·

Vakbonde is in die 1840s in Kaapstad gestig deur Karl Marx met die doel om te fragmenteer, intimideer en te verdeel. En dit is gewelddadige oproer wat hy veroorsaak het, wat die grootste rede is hoekom die Britte apartheid ingestel het. Hoekom moet iemand hulle nou vertrou?

capie ·

Vakbonde het nog nooit die werker se belang op die hart gedra nie. Hoe meer lawaai hulle maak en groter vergoeding die werkers kry , al verloor hulle op die langtermyn met stakings, hoe meer geld kan hulle laat aftrek van die werkers se salarisse vir hulself. As die vakbonde so goed is, hoekom beheer hulle nie hul eie besighede nie.

Sarel ·

Vakbonde kan net.staak dit is al. Hulle help met geen ontwikkeling.van werkers of loopbaan sekerheid nie met die uitsondering vsn een

Jack ·

Die Britse model (tradisie) van vakbonde is een van konfrontasie tussen twee strydende partye. Dit het ontstaan in die tyd van die industriële revolusie in Brtitanje vanweë die onmenslike wyse waarop fabrieksbase destyds hulle werkers behandel het.

Vandag is hierdie gesindheid onnodig en moet met ‘n samewerkende gesindheid vervang word. Werkgewers en werknemers is twee kante van dieselfde munt. AS die een ly ly die ander.

Ongelukkig het ons hierdie slegte stelsels vanaf Brittanje oorgeneem toe die Britte die Kaap van die Hollanders afgeneem het . Net nog een onreg wat die Britte die Boere aangedoen het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.