Lesersbrief: Vir wie om te stem?

Frik Lotz van Sasolburg skryf:

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: RODGER BOSCH / AFP)

Met die verkiesing op hande is die vraag natuurlik vir wie moet ʼn mens stem en vir wie nie?

Die meeste mense sal saamstem die ANC, EFF en MK moet liefs vermy word en dat daar nie vir hulle gestem moet word nie. Watter ander partye moet daar dan voor gestem word?

Kyk na watter waardes van ʼn party die meeste ooreenstem met jou eie waardes en dit sal dan ʼn beginpunt wees.

Watter party het oplossings en werkbare planne om dinge aan te spreek soos ekonomiese groei, werkskepping, misdaad, korrupsie, swak dienslewering, waterprobleme, beurtkrag en dies meer?

Kyk ook of ʼn party veg vir jou taal, kultuur, erfenis, geskiedenis en of daardie party sterk staan vir groepsregte en selfbeskikking?

Dis dinge wat uiters belangrik is en nie geïgnoreer kan word nie. Gaan bestudeer ʼn party se manifes en maak ʼn ingeligte besluit. Moenie net blindelings gaan stem vir ʼn party wat allerhande onhaalbare beloftes maak net om stemme te kry nie.

Hierdie verkiesing is baie belangrik en mense moenie by die huis bly op stemdag nie. Elke stem tel en gaan beslis ʼn groot verskil maak.

Dis tyd om van die ANC-regering ontslae te raak en ʼn nuwe regering te kry, ʼn koalisieregering.

Ons moet dinge herstel en die land weer herbou sodat Suid-Afrika weer vooruitstrewend kan word, wat tot voordeel sal strek van elke inwoner. Staan dus op en gaan stem op 29 Mei vir ʼn beter toekoms.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Hier in die Wes-Kaap is onafhanklikheid ook nog deel van die keuses. Julle kan maar elders herbou. Nugter weet wat en hoe. En hoeveel dit sal kos. Maar julle sal seker nog geld êrens leen.

Nommer 7 ·

Dis als waar, maar, indien jy die regerende party wil uitstem, stem dan vir die sterkste oposissie, of jy van hulle hou of nie.

Michael ·

Die stem gaan met die hart en nie die verstand en ongelukkig ook oor velkleur, dit is jammer maar die werklikheid.

Amelia ·

Dit is ‘n mite dat jy vir die sterkste opposisieparty moet stem om ‘n verskil te maak. Jy kan vir enige party stem wat nog in die sg. Moonshot Pact is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.