Mag die Union Jack maar wapper?

Foto: James Giddins/Unsplash.com

Dr. Koos van der Merwe, voormalige lid van die parlement, skryf:

Die ou vlag is nou haatspraak en kan nie meer ongestoord wapper nie. Ek vra: Mag die Union Jack maar oral en ongestoord wapper al het daardie vlag ’n afgryslike bloedspoor in ons land agtergelaat?

Die Britte het in 1806 die Kaap met geweld ingeneem en daarna nie minder nie as 16 oorloë teen die inheemse mense gemaak. Twee oorloë teen die Transvaal en Vrystaat (1881 en 1999-1902), ses teen die Xhosas (1811, 1819, 1834, 1846, 1851 en 1877), vier teen die Bapedi (1852, 1876, 1878, 1879), twee teen die Zoeloes (1879, 1879) en twee teen die Batlapeng (1878 en 1896).

Die aaklige menseregteskendings en misdade teen die mensdom wat die Britte tydens die  Anglo-Boereoorlog gepleeg het, het die dood van byna 50 000 wit en swart vroue en kinders in die konsentrasiekampe ingesluit, asook die vernietiging van 30 000 plase en 35 dorpe. Verskeie kerke is opgeblaas, kinders van so jonk as sewe jaar en bejaardes so oud soos 80 jaar is as krygsgevangenis na oorsese kampe gestuur, talle Boere is sonder verhoor tereggestel en honderdduisende diere is doodgemaak.

Brittanje se geskiedenis toon aan dat die misdadige Britse menseregteskendings tydens die ABO geen uitsondering was nie. Volgens Farwell (1973: 364-371) en Judd (1973: 174-176) was Brittanje tydens die regering van koningin Victoria van 1837 tot 1901 (64 jaar) in nie minder nie as 230 oorloë, strafekspedisies en ander militêre veldtogte betrokke.

Trouens, daar was in dié tydperk van 64 jaar nie ’n enkele konflikvrye jaar nie.

Die bestuurshoof van die Waarheid-en-versoeningskommissie (WVK) bereken op sterkte van getuienis voor die WVK, dat daar sowat 10 000 mense tydens die struggle dood is. Generaal Johan van der Merwe, voormalige Kommissaris van die Polisie, sê volgens polisieverslae is sowat 11 103 mense in die struggle dood.

Tragies, maar totaal onvergelykbaar met die Britte se misdade teen die mensdom in ons land en andersins wêreldwyd.

Nou sê ek, as Afrikaner en nasaat van die mense wat oneindige smart onder die Union Jack gely het, dat die Union Jack wat vandag nog flink wapper, my aanstoot gee, my verneder en my pyn verskaf.

Ek vra gevolglik aan die Nelson Mandela-stigting en regter Mojapelo wat die uitspraak gelewer het: As die ou vlag dan nie meer mag wapper nie, kan die bloedige Union Jack, wat oneindig meer pyn en lyding as apartheid meegebring het, maar ongestoord bly wapper?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

46 Kommentare

jongste oudste gewildste
uncanny

En die huidige vlag wapper nog!! Tans is dit nie regtig ‘n vlag wat enigsins iets beters simboliseer nie!!

Erik

Goeie argument en goeie vraag.

Len

Die Union Jack het sedert 1928 tot 1994 as deel van die Unie- en Republiekvlag ongestoord in SA gewapper. Dis nou werklikwaar mostert na die maal om oor die Union Jack gebegld te wil voel.

Jerry

Die ou mense het altyd gese om nie ou koeie uit die sloot te haal nie. Die ou mense was reg, want die vlag stories sweep net emosies op wat mense teen mekaar afspeel en mense in die moeilikheid kan laat beland, wat hulle vryheid verder gaan inperk! Doen eerder iets daadwerkliks vir die toekoms en gaan le n klag plaaslik en internasionaal teen die ANC as n kollektief vir verraad teen die Suid Afrikaanse belastingbetalers vir staatskaping en vir die verlangsaming van die ekonomie met die herstel van die staatskapingskade wat ook ten koste van die belastingbetalers geskied! Die… Lees meer »

Wielspore

My kommentaar is uit respek teenoor Afrikaanse en Engelse mense. My ouers se ouers sou nie maklik vriende gemaak het met Engels sprekende mense juis oor die Suid Afrikaners wat dood is in die konsentrasie kampe. Selfs op laerskool is daar verwys na die rooinekke en die boere. Al was hierdie ‘n tragedie teenoor die boere, het dit ons nie daarvan weerhou om ons self op te bou en ‘n puik land te skep. Geen een van ons het op ‘n hoop gaan sit en na 25 jaar enige skuld op die engelse geplaas en rasse haat aangeblaas. Ek is… Lees meer »