Lesersbrief: Meld hondevergiftiging by polisie aan

hond-siek-slaperig-le

Foto ter illustrasie. Foto: Mark Hessling/Unsplash.com

Christo en Sonja Lauterbach van Kilnerpark, Pretoria skryf:

Ons moet dit ongelukkig onder die lesers se aandag bring dat ons honde Saterdag omstreeks 02:40 vergiftig is.

Ek het wakker geword toe die honde begin blaf het en het ná vyf minute onraad vermoed toe dit skielik stil raak. Kort daarna het een van die honde begin opgooi. By nadere ondersoek blyk dit toe dat die hond vergiftig is. Ek het probeer om hom melk in te gee, maar hy is binne 10 minute dood. Ek en my vrou het onmiddellik Kilnerpark Sekuriteit in kennis gestel van die voorval. Hulle was binne vyf minute met twee voertuie en vier personeellede op die toneel.

In hierdie stadium het die ander groter hond ook begin opgooi en tekens van vergiftiging getoon. Ook sy wou nie melk drink nie. Die hoofbeampte het voorgestel dat ons die hond na die dierehospitaal in Faerie Glen neem. Een van hul voertuie het voor ons uitgery en die hospitaal verwittig dat ons op pad was. Weens hul vinnige reaksie kon die hond se lewe gered word.

Ons is nie eens lede van Kilnerpark Sekuriteit nie, maar oorweeg dit nou ernstig om aan te sluit. Ons salueer die onbaatsugtige en flinke diens en empatie wat die lede getoon het. Ons is hulle ewig dankbaar.

‘Ons wag op die kaptein’

Met ons terugkeer by die huis het ons die Villieria-polisiestasie geskakel aangesien dit ʼn strafregtelike misdaad was. Dit was egter vir die konstabel aan diens ’n “groot stryd” om ons behulpsaam te wees aangesien sy eers bewys wou gehad het van die vergiftiging. Sy het met een oog na ’n sepie op die TV gekyk, selfs met tye gelag oor iets wat gesê was. Ons was nie die enigste mense wat nie gehelp is deur die betrokke konstabel nie. Daar was 3 ander persone teenoor wie sy dieselfde houding openbaar het. Die gevoel wat mens gekry het, is dat sy enige iets sou uitdink om nie te help nie.

Ons hondjie was reeds by Onderstepoort saam met die vergiftigde stuk wors wat ons in die braaksel uitgekrap het. Die patoloog het ons meegedeel dat, aangesien dit ’n kriminele saak is, hulle dit nie kan hanteer nie, en ons verwys na die K9 honde-eenheid by Roodeplaat wat blykbaar dié soort sake hanteer.

By K9 is ons meegedeel dat ons eers ’n saaknommer by ons plaaslike polisiestasie moet kry, waarna hulle die hondjie by Onderstepoort moet gaan haal en aan K9 moet oorhandig vir ʼn nadoodse ondersoek. Daarna moet die saak verder deur die polisie ondersoek word. (’n Privaat persoon mag nie die honde-eenheid self besoek en die hondjie se oorskot soontoe neem nie. Dit moet deur ’n polisiebeampte gedoen word.)
Bogenoemde feite is deur die kaptein aan diens in twyfel getrek.

Nadat ons probeer verduidelik het, was sy vreeslik ongeskik en ongeneë om ’n saak aanhangig te maak. Nadat ons ’n bohaai opgeskop het, het die konstabel ons meegedeel dat kapt. Motsweni op pad was en die saak verder sal neem.

Ons was aangenaam verras deur kapt. Motsweni se professionele hulpvaardigheid. Hy het eerstens na die feite geluister, bevestig dat hy self by K9 gewerk het in die verlede, dat die prosedures moontlik verander het, maar het onmiddellik begin om ’n dossier aan te lê .

Ons het laatmiddag SMS’e met die saaknommer ontvang en bevestig dat die saak deur kaptein Strydom ondersoek word, asook ’n oproep om te hoor of ons wel die SMS ontvang het.

Danksy kapt. Motsweni het die houding van die polisie ’n ommekeer gehad wat bevestig dat die prosedure wat ons aanvanklik aan hulle probeer deurgee het, wel korrek was.

Die doel van hierdie skrywe is eerstens om die publiek bedag te maak op die wrede aanslag wat daar nou weer op onskuldige diere gemaak word en ook die prosedure wat gevolg moet word indien daar so ’n voorval is.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Skuus ·

En hoe gemaak as ons wat in n klein dorpie ver weg van die Rand af bly?

Pieter du plessis ·

Die polisie ondersoek nie eers sake van moord op plaas bewoners nie wat nog van honde wat vergiftig is . En nou verstaan ek die belasting vermorsers het tv in die polisie kantoor wat n grap.Kilner park is regtig paraat en hou die moot veilig vandat ons nie meer eerbare polisie het nie.

Johan ·

Kan ook nie met sekerheid sê nie maar ons een hond ook vergiftig so paar maande terug. Die hond het ook erg begin braak ens. Ons het dit nie verder gevat nie maar moes deur die dag gebeur het. Ons ook in die Moot area. Seker maar daai tyd van die jaar of vingertjies wat begin jeuk!

Halsband wat eienaar waarsku ·

Ontwikkel n halsband wat die eienaar bel of alarm laat afgaan as hond vergiftig is, dit sal hondelewens en baie menselewens spaar want dan word die eienaar nie in hulle slaap betrap nie.

Lizelda ·

Ja nee sekere kultuurgroepe dink mos minder v diere as v n klip…om dt sagkuns te stel. 2 v my katte is oom in 2015 vergiftig dt was baie hartseer. My hond slaap saam met ons in d huis met d hoop dat hy vd gruwelike daad gespaar sal wees.

Netso ·

Hierdie is seker die tragieste manier om jou diere op so ñ manier te verloor.

Lizelda ·

@Netso, dit is en ek wens dt vir geen troeteldier eienaar toe nie.

Andre ·

Vir wat, hulle worrie nie eers oor crime nie?
Nee wat geen rede om die tragedie oor te leef nie.

Callie ·

dit is hardseer om so iets oor te kom……… maar nou vra mens? hoe kan so n beampte haar / hom werk doen as daar n tv is???????? is this how you serve the public????????????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.