Lesersbrief: Minder brakke laat my hond se gedagte kry

kallie-du-plessis

Kallie du Plessis. Foto: Verskaf.

Kallie du Plessis van Vanderbijlpark skryf:

Onlangs kry ons kennisgewing in ons plaaslike media dat die stadsraad van voorneme is om die aantal honde per eiendom te beperk na slegs twee. Nooit in die verlede was meer as twee honde per eiendom ’n probleem nie. Nou kom daar uit die bloute klagtes, want afleweraars en amptenare wat die persele moet besoek, word kwansuis deur “te veel honde” verhinder om hul werk te doen.

En saam met die klagtes oor te veel brakke, word daar beweer die honde blaf te veel en stoot die geraasvlak op. Lank terug moes ons ons wapens – wat ons effe veilig laat voel het – gedwee ingee, en toe maar honde aangeskaf. Nou het elke Jan Rap en sy maat toegang tot wapenkluise en opslagplekke en ons wetstoepassers weet nie eens aldag waar hul eie wapens is nie.

Nou moet ons van ons ekstra honde ontslae raak? Wat is die plan agter dié plan? Die ekstra honde is dan juis vir ekstra veiligheid (natuurlik as troeteldiere ook).

Munisipaliteite skaal op alle vlakke af wat dienslewering betref (sodat daar meer geld in hul eie sakke kan verdwyn?). Vullis staan en vrot op sypaadjies en lok rotte, muise en kakkerlakke en skep só ’n gesondheidsrisiko. Pleks dat die amptenare aandag skenk aan die talle rondloperdiere in townships en veldtogte van stapel stuur om hulle gesteriliseer en ingeënt te kry – maar soos gewoonlik is die antwoord dat daar nie fondse beskikbaar is nie. Dit is om van kranksinnig te word. Ons betaal deur ons nekke vir talle dienste, maar ontvang geen. So het/moes ek die afgelope paar weke iemand privaat betaal om ons vullis te verwyder.

Dit is tog van groter belang om diere te laat steriliseer en inent as om hulle maar net na diereskuilings en die DBV te neem. Dit sou mos veel beter wees indien die regering hierdie instansies subsidieer om noodsaaklike dienste te lewer.

Maar nee. Nou word ons gedreig met boetes en allerlei regulasies om ons diere te verminder sodat boosdoeners nóg makliker toegang tot eiendomme kan kry. Ons sorg vir ons diere, steriliseer hulle terwyl dit glad nie die geval in die townships rondom ons is nie. Die staat het nóg die fondse nóg die middele om ’n skielike rampspoedige uitbreek van, byvoorbeeld, hondsdolheid of die parvovirus te keer of te beheer.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers, Troeteldiere

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Petro ·

Die saak le my na aan die hart. So 3 jaar terug moes ek van my hondekinders ontslae raak want die bure het gaan kla. My diere het nie in die straat rondgeloop nie, was versorg, gereeld veearts besoeke gehad en hulle was geliefd. Nou my vraag is as jy nou huidiglik 4 honed op die erf het en 2 moet gaan waarheen gaan hulle? Die skuilings is oorvol. Hulle word nie gehelp deur die staat nie. Die Lotto het hulle ook afgesny van enige fondse. So wat bly oor? Die reenboog brug na die hemel. Hoekom moet mense daardie ongelooflik hartseer aangedoen word omdat ander mense nie verdraagsaam is nie? Hoe gaan dit geimplimenteer word? Gaan die polisie van huis tot huis ry en eienaars dwing om dadelik die oortollige hondekinders te oorhandig of gaan dit stelsematig ingebring word as een hondekind oor die reenboog brug loop dat die eienaars nie die hondekind vevang nie? Dis maklik om in ‘n konferensie saal te sit en besluite te neem maar nie daaraan dink hoe dit geimplimenteer word nie. Dis ‘n teer saak wat met baie empatieen simpatie behandel moet word.

Bollie ·

Nee hulle gaan jou huis kom besoek en al jou honde doodmaak wat meer as 2 is, jy gaan nie eers kan kies nie hulle gaan net gryp en doodmaak. GLO VIR MY .. wonder net hoe gaan hulle in die townships maak. Ek ken die AW hoor .. hulle het geen genade met ‘n dier nie. Nou is mense blootgestel aan net NOG aanvalle .. soos die skrywer se, eers die wapens, toe die honde, binnekort gaan ons beboet word as ons alarms afgaan.

nico k ·

Ek dink nie dit is ‘n nuwe SA wet nie. Ek wou jare terug ‘n hond deur die DBV koop en hulle het gesê ek mag nie as ek alreeds 2 honde het nie. In die ou SA moes ‘n mens nog permitte vir honde hê, so die beheer oor honde was baie strenger gewees.

AG asb tog ·

DIT IS ‘n NUWE REGULASIE Wat die MUNISIPALITEITE wil instel .. jy is onkundig op die onderwerp . soms beperk hulle wel gesinne tot 2 honde agv die GROOTTE van hulle erf bv .. maar dit WAS NOG NIE ‘N WET of REGULASIE NIE, dit is een wat nou vrygestel word. So wat se jy nou eintlik? STRENGER BEHEER omdat jy 4 honde met permitte kan aanhou of strenger beheer omdat jy net 2 SONDER PERMITTE mag aanhou? Waar kom jy tog aan al die goed. ONS Is 100% vir die instel van permitte, dit is glad nie STRENG NIE MAAR VOORKOM abuse wat nou oral plaasvind . mense slaan hulle honde dood en se net dit is nie hulle honde nie . .. so ja .. STEL PERMITTE weer in dat ons weet wie se hond loop in die straat rond maar as ek 5 yorkies wil het het dit NIKS MET JOU OF DIE MUNISPALITEIT te doen nie!

Peet ·

Stem saam. Dis ‘n baie ou munisipale regulasie. Twee honde per erf. Tewe moet gsteriliseer wees.
Jonger mense vandag weet nie daarvan nie omdat dit nooit toegepas was nie. Jy was ook verplig om ‘n jaarlikse hondelisensie te he.

Connie ·

Wat van die doef doef musiek van jou bure waaraan hulle niks doen nie (is dit nie erger geraasbesoedeling nie?), Of die feit dat mense in residentiele areas (wat geen besigheidsregte het nie) vleis bewerk, karwas/restaurant bedryf? Hulle kan in elke geval nie in ons erf inkom nie want dit is privaat eiendom en ten volle omhein, as hulle my wil sien kan hulle ‘n afspraak maak en dan sal my honde in die huis gesit word dat hulle kan doen wat hulle moet. Indien hulle net twee honde toelaat, sal ek dan twee honde in die huis hou – en die “wetgewende beamptes” sal dan maar verantwoordelikheid moet neem as iemand my erf onregmatig betree en dalk in een van die vele “traps” beswyk wat ek dan sal moet instel om my gesin veilig te hou teen booswigte wat in elke geval nie daar hoort nie…

Pitbul ·

Kry baie en ekstra kwaai honde, binne en buite, on julle op te pas. Honde is uitstekende bewaarders van mense en eiendom.

Hermann ·

Die honde se geblaf is om van kranksinnig te word.

Die mees selfsugtigste mense is honde eienaars en rokers. Die twee gaan gewoontlik hand aan hand.

Kannaland ·

Ons moet hondegeblaf maar hanteer tot misdaad weer onder beheer is.

Casper Labuschagne ·

Ja, ongelukkig is daar wel ‘n “plan” agter die plan en dit is basies die volgende, ‘n groot getal honde beperk die vrye toegang van die inheemse bevolking tot jou grond.

Toe ek destyds nog op ‘n plaas gewoon het, was daar op ‘n stadium 53 Boerboele op die werf – nee dit is nie ‘n tikfout nie, daar was letterlik soveel honde. ‘n Tiental was in hokke, maar die res het in ‘n groot boel rondgeloop. Die polisie het ons kom sien omdat ons die enigste plaas was sonder ‘n sekuriteitsheining en waar al die deure oopstaan en nooit gesluit is nie. Toe ek sê dat ek honde het, antwoord die polisievrou dat ‘n hond nie ‘n plaasaanval keer nie. Ek fluit toe, en toe die polisie die trop honde sien wat aankom, sê hulle ons het geen probleem met veiligheid nie.

Deon ·

Hoog tyd dat honde hoeveelheid beheer word. Belaglik dat party mense nie weet waar om die streep te trek nie en ‘n irritasie vir die hele buurt word met hulle swetterjoel keffers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.