Moenie jou stem op die DA mors nie, sê dié leser

Demokratiese Alliansie

Demokratiese Alliansie

Deur Carel de Jager

Na aanleiding van ʼn onlangse SMS van die DA dat ek my stem mors deur vir ʼn kleiner party te stem, het ek besluit om ook my mening te lug.

Suid Afrika se grootste opposisie-party is lief daarvoor om vals propaganda te versprei dat ʼn stem vir ʼn klein party niks werd is nie. Die probleem met hierdie boodskap is nie net dat dit vals is nie, maar ook dat soveel mense dit glo. Ek hoor gereeld by my vriende, familie en werkskollegas dat hulle maar vir die DA sal stem ten spyte van die feit dat hulle nie die DA se mandaat ken of daarmee saamstem nie, want “dis die enigste party wat ʼn verskil kan maak”.

Hierdie is ʼn diep-gewortelde vals persepsie onder veral Afrikaners en moet soos pes uitgeroei word. Dit veroorsaak dat baie mense glad nie stem nie, of vir ʼn party stem met wie hul hoegenaamd nie kan vereenselwig nie.

Laat ek verduidelik waarom dit ʼn vals persepsie is, deur twee standpunte te maak.

My eerste standpunt berus op ʼn eenvoudige wiskundesom. As tien mense hul kruisie trek, waarvan vyf vir die ANC stem, drie vir die DA, en twee vir ʼn kleiner party, dan het die ANC mos 50% van die stemme verwerf, die DA 30% en die kleiner party 20%. As die twee mense wat vir die kleiner party sou stem besluit om op 3 Augustus eerder die huis te verf, omdat “my stem geen verskil gaan maak nie”, dan sou die totale stemgetal slegs 8 gewees het, en die ANC sou eindig met 63% van die stemme, die DA met 37% en die kleiner party met geen. Die beginsel wys dat, al kry die kleiner party nie eens ʼn setel nie, bring daardie stem steeds die ANC se totale stempersentasie af en so ook die invloed wat hulle op die ou end op my en jou lewens gaan uitoefen.

Vir my tweede standpunt moet ons gaan kyk wat regtig gebeur het die dag in 2006 toe die DA beheer oor die stad Kaapstad verkry het. In dié verkiesing het die DA nié met ʼn volstrekte meerderheid gewen nie, en moes hul 16 setels bedel by partye soos die VF+, ACDP en UDM. Hierdie kleiner partye het egter nie hul setels verniet weggegee nie, en in ruil daarvoor moes die DA ʼn gedeelte van hul mandaat prysgee en die mandate van die kleiner partye implementeer. Die VF+ het byvoorbeeld geëis dat daar vir Afrikaans en Christenwaardes opgestaan word en dat die DA regstellende aksie teenstaan. So het die ander partye ook hul vereistes gestel.

Die uiteinde van die saak was dat die DA sy mandaat opsy moes skuif en ʼn mengsel van al die kleiner partye se bepalings aanvaar. Op hierdie manier het dit die beste uit elke party gebring en was ʼn groot persentasie stemgeregtigdes se belange verteenwoordig. Dit is ʼn duidelike bewys dat die beste opposisie ʼn veelparty-opposisie is.

My gevolgtrekking is dat ʼn stem vir ʼn kleiner party nie ʼn mors is nie. Ek voel jy mors eerder jou stem deur dit vir ʼn party te gee met wie jy jou nie kan vereenselwig nie, of wat nie vir jou regte veg nie. Dink mooi voor jy jou kruisie trek.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

120 Kommentare

Arno ·

Baie goed gestel. Ek het egter gemengde gevoelens en is nogal verward oor hoe ek uiteindelik moet stem. Ek woon in Kaapstad en kan duidelik sien hoe relatief suksesvol die DA hier regeer (baie, baie beter as elders). Maar as ek werklik met my hart moet stem, sal ek vir ‘n baie klein party stem (en dis nie die VF+nie). Op die ou einde, sal ek dan eerder my verstand gebruik en stem vir ‘n party wat homself bewys het — en eerder op ander maniere (bv. saam met burgerregte-organisasies) tot my hartsake bydra.

Stan ·

Arno, die enigste rede waarom Kaapstad goed doen is die feit dat daar nie buurstate om hom is nie! Die DA vat te veel krediet.

Desiree v d Wslt ·

Hierdie Verkiesing gaan net oor Munisipale bestuur en dienslewering aan alle gemeenskappe. Die ANC is die enigste Partye wat tans munisipaliteite regeer met die DA die enigste Party wat goed regeer. DA us die enigste opposisie Party met verteenwoordiging op al die vlakke van Regering: Munisipale (Wyke dn OR raadslede en ook in Fistriks munis), Provinsiale Wetgewers en beide Huise van die Parlement (Nas Vergadering en NRVP). Ons verteenwoordig publiek in elke komitee. Stem so: wil jy ‘n Munisipaliteit kry wat skoon Regering, beter dienslewering en werkskepping met ‘n bewese rekord het, of die ANC? Net die DA!

Anton ·

as jy DA stem kan jy netsowel ANC stem, hul beleid is presies die selfde, die uitvoering kan dalk verskil. As jy DA stem mag jy nie kla oor regstellende aksie en BEE nie want jy ondersteun dit dan,

Anton ·

Arno jy se jy wil eerder DA stem, wat die selfde beleid het as die ANC, en na die verkiesing Burgerregte organisasies gebruik om vir jou regte te veg, Soos reeds gese, jy ondersteun RA , maar jy wil dit dan in die hof beveg as daar teen jou gediskrimineer word

Christien Scheepers ·

In enige land op aarde kan jy maar vir die Engel Gabriël ook stem. Sodra hy mag het gryp hy eerste die geldsak en lieg en bedrieg en steel en die skape wat stem hou hom daar vir baie jare !

Barbaar ·

As hierdie stelling die waarheid is – Wil ek graag weet vir watter party om te stem sodat Suid-Afrika gered kan word oor die afdraende pad van die afgelope 22 jaar .Die tyd loop uit .

Lida ·

Barbaar, ek stem 100% saam met jou. Kan die man nie dink nie? Die DA is die ENIGSTE party wat ‘n 98% kans het om die ANC uit te kry. Ons hoef nie noodwendig saam met hulle te stem nie, maar ‘n goeie manier om van die ANC skelms ontslae te raak. Hoe redeneer die mense vra ek jou.

Stan ·

Die DA gaan na die verkiesing kleiner as die eff wees. Die DA sal altyd alliansies moet vorm om mee te kan dwing. Jou stem vir VF+ is ‘n morele stem wat nog in konserwatiewe waardes glo

Tiaan ·

Lida, gaan lees gou weer,, die skrywer stel dat dit propaganda is om te glo dat jy jou stem kan mors op ‘n kleiner party. Die waarheid is dat GEEN stem gemors word nie, al stem jy vir ‘n kleiner party. Die skrywer het ook die voorbeeld genoem van Kaapstad waar die kleiner partye ‘n groot impak gemaak het. Gaan lees gou weer.

Jaco Kotze ·

Barbaar inaggenome dat hierdie n plaaslike verkiesing is en nie n Nasioanle en Provinsiale verkiesing nie bepaal dat jy eenvoudig vir die beste persoon vir jou,jou familie,jou straat,jou dorp en jou wyk moet stem.Dis so eenvoudig soos dit. Party politiek het sedert 2000 plaaslike regering begin besmet en die resultaat daarvan is oral in ons land te sien. Kiesers verwar die twee verskillende verkiesings en baie van ons woon in munisipaliteite waar groot handelsmerk politiek met Nasionale beleid eenvoudig oorbodig en onnodig is. Die situasie mag dalk anders wees in Metro’s ,maar baie woon in gewone C- Munisipaleite en daar is handelsmerk politiek oorbodig.

Ben van de Venter ·

Gaan dink oor jou beginsels.. Skryf hulle neer. Besluit nou watter party het dieselfde beginsels .! Ben

Gert ·

Stan, jy droom van kiewiet eiers in die maanlig. Wakker word ou Grootte, dis mense soos jy wat vir die ANC baie beteken. Wha!!!!

Paul ·

Carel, jy vergeet van die manier waarop die helfte van die plaaslike verkiesing werk. Die helfte van die setels is wyk-setels wat op ‘n “first past the post”-basis toegeken word. Die kiesstelsel maak baie saak, maar dis verbasend hoe min mense weet hoe dit werk.

So vat dan hierdie voorbeeld. As daar 100 kiesers in ‘n wyk is, en 45 stem vir die ANC, 40 stem vir die DA en 15 stem vir die VF+, dan wen die ANC die setel, want dis hoe “first past the post” werk – die party/kandidaat met die meeste stemme, wen – daar hoef nie ‘n volstrekte meerderheid te wees nie.
Nou goed, indien die 15 VF+ kiesers net tuis bly en nie stem nie, dan is daar steeds 45 stemme vir die ANC en 40 vir die DA, so die ANC wen steeds die setel. Maar as 6 van die 15 VF+ kiesers wel besluit om vir die DA te stem, dan het die ANC 45 stemme en die DA 46, so dan wen die DA die setel.

Ek swaai nie ‘n vlag vir die DA nie, ek toon maar net aan hoe die wiskunde eintlik werk wanneer dit by wyksraadslede kom.

Tania C Swart ·

Prys die Here daar is nog mense soos Paul wat basiese wiskunde verstaan.

Loeis ·

Johan, jy vertel net die helfde van die storie. Mens kry twee stembriefies vir jou stadsraad. Een met kandidate in jou wyk, een met partye. Lg verkies die proporsionele setels waarvan rade verskeie het.

Veronderstel tien mense bring proporsionle stemme uit, vier vir die ANC, vier vir die DA, twee vir VF+, dan is dit VF+ se steun wat die skaal swaai. Dit is graad een wiskunde om dit in te sien, Tania.

Terloops, nasionale verkiesings is SUIWER proporsioneel, maar die leuen waarvan hier gepraat word is in 2014 op baie groot skaal verkondig.

Mens kan jou aan die neus laat lei, of jy kan vir jou belange stem.

Paul ·

Dit werk anders by die nasionale en provinsiale verskiesings, en ook vir helfte van die setels op plaaslike rade.
In daardie verkiesings is die stelsel “proporsionele verteenwoordiging”. As daar 22 setels op ‘n raad is, dan word 11 van die setels in 11 wyke gekies met ‘n “first past the post” stelsel, en die ander 11 setels word met ‘n ander stembrief proporsioneel gekies in die hele munisipaliteit.
As daar 11 000 kiesers in ‘n munisipaliteit is, en daar is 11 proporsionele setels, dan kry elke party wat 1 000 stemme kry, 1 setel. Daar word afgerond om te bepaal wie moet setels kry as daar partye is wat fraksies van die 1000 stemme het. In die geval dat ‘n party, selfs ná afronding, nie ‘n setel kry nie, dan is daardie “ekstra” stemme in ‘n sekere sin “vermors”. As die ANC byvoorbeeld 5230 stemme kry, die DA 4650 en die VF+ kry 1120, dan is die setels soos volg: elke volle 1000 stemme kry 1 setel, so dis 5 vir ANC, 4 vir DA en 1 vir VF+, dit maak 10. Die orige setel kort dus nog ‘n baas. Dan word afgerond – die DA se 4650 is die naaste aan ‘n volle 1000, so die DA kry die setel. Die 120 stemme meer as ‘n 1000 vir die VF+ is “vermors”, maar ook die 230 “ekstra” stemme vir die ANC, ‘n “groot party”.
Met ander voorbeeld kan dit ander kant toe loop. As die ANC 5230 stemme kry, die DA 4120 en die VF+ 1650, dan kry die ANC 5, die DA 4 en die VF+ kry 2, dan is die 120 “ekstra” stemme vir die DA “vermors”.

Johann ·

Paul, volgens ons kiesstelsel, word die vyftien stemme vir die wyksraadslid, sáám met die proporsionele stemme getel. Die helfte van die stadsraad word bepaal deur ‘first past the post’, die ánder helfte word persentasiegewys bepaal. My kandidaat mag dalk sleg doen in my wyk, maar die party kan proporsioneel goed genoeg doen om in ‘n koalisie (Kaapstad 2006) die ANC uit die kussings te lig.

Paul ·

Ah ja, jy is reg Johann – ek het daardie stap vergeet. Die stemme op die proporsionele stembrief (vir partye) en die stemme vir kandidate van daardie partye in elke wyk in die munisipaliteit word bymekaargetel om die proporsionele raadslede te verkies.

Die beginsel van “vermorsde” stemme vir die proporsionele deel geld egter steeds. So ook dat daardie “vermorsing” enige kant toe kan gaan – as een van die “groot” partye soos die DA ‘n kleiner oorblywende fraksie het as ‘n “klein” party, dan is daardie DA-stemme ook “vermors”.

esme ·

Ek stem saam da het I beter kans om te wen aal sou ek eerder graag vir I ander part wou stem sou ek skuldig voel as anc dalk net met een stem wen en ek weet ek kon help I verskil maak laat sa uit anc se kloue kan kom

Dankietog ·

Dankie vir jou, Paul! Ander bewese feit is, soos reeds bo genoem ook, dat ek die DA-kandidaat van my wyk ken sedert kindsbeen. Sy was nog altyd die een wat swak dienslewering dadelik aangespreek het, ten spyte van die ANC se swak oorkoepelende beleide en regering. NIE die (en geen direkte mik op VF+ oor die algemeen hier nie) 21-jarige onervare (met nie eers ‘n kwalifikasie wat die denkprosesse stimuleer) VF+ – kandidaat in my wyk nie. Mens is met ‘n brein gebore, en vrye keuse of jy hom wil gebruik, al dan nie.

Wian ·

Dit gaan nie daaroor om die ANC se “totale stempersentasie af te bring ” nie. Sien dit so: Daar is drie maatskappye wat navorsing doen oor die bekamping van globale verwarming. Die eerste een kry al die fondse, maar sy navorsing beteken niks. Die tweede een kry minder fondse, maar nie genoeg nie, maar sy navorsing kan iets beteken. Die derde een kry die minste fondse, maar hy het groot ideale vir navorsing. Jou redenasie is dus om vir die derde maatskappy jou bydrae te gee, sodat die eerste maatskappy minder fondse het. Oor 30 jaar sit ons met drie maatskappye wat elkeen 33% van die fondse het, maar globale verwarming is steeds ‘n probleem.

Piet Pompies ·

Ek stem nie saam met die stellings, 2/3 meerderheid word nie genome in enige van die stellings. As die groter party ‘n 2/3 meerderheid het kan hy wette verander sonder die ander partye se insette en goedkeuring. Samewerkings ooreenkomste tussen partye voorkom reeds hierdie probleem. So dit gaan nie net oor wiskunde getalle nie, dit gaan oor meerderheid en hoeveel setels die opposisie kan kry. Ek glo dat PE, PTA en selfs Gauteng deur die DA oorgeneem gaan word en dit is in hierdie plekke waar ekonomiese besluite geneem word. So, gaan trek gerus jou kruis agter die DA, ek gaan dit doen.

Loeis ·

Piet Pompies, as jy ‘n blanke is of ‘n kleurling is, werk die DA se beleid van swart bemagtiging teen jou. As hulle egter met ‘n party soos VF+ in koalisie moet gaan om te kan regeer, sal VF+ sy eie reels afdwing en word jou stem vir jou belange gebruik, nie teen jou nie. Trek gerus jou kruisie agter die VF+, dit is wat enigeen wie bietjie kan dink, gaan doen.

Paul ·

Niks van wat jy hier sê, het betrekking op die plaaslike verkiesing nie, Piet Pompies.
Gaan lees bietjie oor hoe die kiesstelsel en die regeringstelsel werk in Suid-Afrika.

Gert ·

Allemagtig julle vestaan verkeerd. Waar is julle wiskunde vaardighede?

Dit is ANC x 3 + Korrupsie= DA + (kragtige regstellende aksie) – 4 ( EFF – morele waardes)+ Satan kwadraad = Jou toekoms vir jou jong kinders wat deur hulle stelsel gevorm gaan word as minderwaardige en land rower waaroor jy nie moet huil wanneer jy sien hoe hulle gebreek word nie

Of

VF+ jou standaarde waarmee jy grootgemaak was + Jou God wat jy aanbid wat die laaste segenskap het + vooruitgang vir jou taal en nasie + morele waardes = Jou en jou kinders se kinders se toekoms

Maak dit sin?

Of jy is warm vir jou volk of jy is koud vir jou kinders se toekoms deur op te gee en oor te gee aan die DA en ANC

Die EFF is slegs i waarskuwing en spraakbuis vir beide die ANC en DA vir die dinge wat hulle nou huidiglik nie sal waag om te openbaar nie.

Minx ·

Julle wat die VF+ so afskiet moet maar vir julle kry ek weet dis ‘n klein groupie maar ek stem vir wat hulle bied. So stem maar vir die ANC,DA,EFF of wie ook al. my kruisie trek ek en slaap beter omdat ek weet hoe ek voel. (julle voel dalk ook so maar word deur druk GeForce om te glo al die bollie wat almal beloof ten minste weet ek die VF+ is nie ‘n klomp diewe moordenaars en onder drukkers nie.

Tjarie ·

Dankie Minx. My stem gaan beslis nie vermors word vir VF+ nie. Ek weet waarvoor hul staan en ek staan agter hulle. Die Demoniese Alliansie staan in my oë dwars in die pad van die Afrikaner.

Nel ·

Daar is ‘n groot verskil in hoe ‘n munisipale verkiesing teenoor ‘n nasionale verkiesing werk, lees Paul se verduideliking mooi. Dan, enige stem wat NIE uitgebring word nie is ‘n mors want as daar tydens hierdie verkiesing meer munisipaliteite gewen word vir ander partye kan ‘n nasionale referndum uitgeroep word. Hierdie verkiesing is die belangrikste verkiesing nog! Daarom moet kiesers hulleself bemagtig met kennis en daardie dag in oorgroote meerderheid stem. Nou is NIE die tyd om ‘n draadsitter te wees nie!

Herman Goosen ·

Ons dilemma is dat die DA noodgedwonge net soos al die ander “groot” partye die meerderheid moet tevrede stel om aan bewind te kom, en te bly.

Om dit eenvoudig te stel beteken dit dat jou stem dus ‘n nuwe party aan bewind gaan bring wat bykans dieselfde beginsels sal moet toepas as die vorige regerende party omrede die meerderheid tvrede gestel moet word vir stemme. Al verskil is hulle sal meer geld he om aan die meerderheid te spandeer omdat minder gesteel gaan word. So ek en jy gaan sien hoe floreer almal behalwe ons rondom ons terwyl ons stemme op vreemdelinge gemors word.

Stem vir die organisasie wat jou belange beskerm – Dit is so eenvoudig soos dit.

Karma ·

Hallelujah, @Carel de Jager – uiteindelik iemand wat sy kop gebruik. Ek kan nie dink hoe my stem, wat nòg vir die ANC, nóg vir die DA, of die VF+, of die EFF, of die ACDP, of UDM of … of … of … wieookal sou gaan, enigsins ‘n verskil kan maak nie. As ek nie stem nie, dan stem ek nie. Geen party HET my stem nie, daarom kan geen party my stem VERLOOR nie. Jy kan nie iets wat jy nie HET nie VERLOOR nie!!! Ek gaan nie stem nie, want die ANC is te korrup en bevoordeel net die massa Afrikane in die land, die DA kruip gat by die massa Afrikane in die land en vergeet hul herkoms, die VF+ is vir die meer-regsgesinde Afrikaanssprekende landbouers, oftewel Boere (en ek is nie ‘n landbouer nie). Die EFF is ‘n spul kommuniste en die ACDP is ‘n godsdienstige spul dwepers. Daarom gaan ek komende Woensdag heerlik laat slaap en die dag net rustig deurbring, terwyl die ander malles die besneeude berge trotseer om ‘n kruisie te gaan trek, wat in elk geval nie tel nie. Ek vertrou ook nie die sogenaamde OVK nie; hulle is die ANC se “hand-puppets” en ek is seker baie van die uitslae word gekook, met dié dat die ANC nou so baie Afrikane ingevoer het en orals huise, werk, krag, water en sanitasie (alles GRATIS) beloof.

Nel ·

Moet net nie vergeet as jy so lekker laat slaap om sommer die kombers oor jou kop te trek en jou oogklappe ook aan te sit nie!

RITA ·

Stem saam Nel. Sulke negatiewe mense laat my bloed kook. Sit sommer pluisies in jou ore ook. Hoop net nie Karma maak al die mense om haar ook so negatief nie!!!!!

Manie Stoltz ·

As jy so lekker laat slaap en later honger word en jou yskas oopmaak en jy het iets om te eet, wees dankbaar vir die Afrikaanssprekende landbouers, oftewel Boere, wat hard genoeg werk sodat jy nie self een te wees nie. Maar vra jouself ook die vraag, hoe lank gaan hulle nog daar wees om ons land van voedsel te voorsien as hulle geen ondersteuning WEN nie? Dan is dit eintlik jy, liewe Karma, wat gaan VERLOOR.

Ruby ·

Spreuke 6:10
Nog ‘n bietjie slaap nog ‘n bietjie sluimer nog ‘n bietjie hande vou en bly lê.

Manie ek stem 100% saam.

DMC de Koker ·

Ja as dit nie vir ons sogenaamde “regs gesinde” landbouers was nie het jy ook nie kos op jou bord gehad nie. Hou eerder jou mond as jy die mense wat hard swoeg en sweet in hierdie land om kos aan die land voorsien wil beledig. En jy kan net sowel jou mond hou oor die mense wat Christelike waardes navolg. As jy dan so groot probleem het met die Boere of Christene gaan sluit dan aan by ‘n organisasie soos die ACLU. Maar los jou snedige kommentaar oor die kosverskaffers en Christene in hierdie land vir jouself. (vir ‘n oomblik van die tema af).

Essie ·

Dit is jammer ja, maar ek stem saam Paul en Piet Pompies, sal maar DA ondersteun.

Paul ·

As dit jou gevolgtrekking is, dan verstaan jy nie wat ek geskryf het nie, Essie. Gaan lees asseblief weer.

Dit is korrek dat dit nie sin maak om vir die VF+ in ‘n spesifieke WYK te stem waar die VF+ geen kans het nie, maar in sommige wyke het VF+ raadslede wel ‘n goeie kans – dit verskil van wyk tot wyk.
En dan, wat die ander stembrief betref (onthou, jy kry TWEE stembriewe) word dit proporsioneel oor die hele munisipaliteit uitgewerk. So as die munisipaliteit byvoorbeeld 20 000 kiesers het, en daar is 10 proporsionele setels, dan kort die VF+ sowat 2000 stemme in die hele munisipaliteit op die tweede stembrief om een setel te kry. Indien dit onrealisties is om te dink dat die VF+ eers naastenby 2000 stemme sal haal in daardie munisipaliteit, maak dit dan ook nie sin om vir die VF+ te stem nie, maar as dit wel realisties is om te verwag, dan maak dit weer heeltemal sin om vir die VF+ (of ander “klein” partye) te stem op die tweede stembrief.
Klink my mense moet regtig bietjie opswot oor hoe die verskiesingstelsels werk… Mense dink die verkiesings is so belangrik, maar neem nie 5 minute om die kiesstelsel te verstaan nie…

ig ·

Op my vraag aan iemand hoekom hy as Afrikaner en witman vir die DA staan as raadslid terwyl die DA regstellende aksie ens voorstaan was sy kommentaar ‘Maar die geld is goed’.. Ja die Kaap word goed bestuur want die mense wat in die bestuur is,is bekwaam- En die geld is goed.

Kerneels ·

Ek dink nie die geld wat raadslid verdien kan rede wees nie dis te min vir al daardie werk.

arizona ·

Waarom sal ek nou enigsins my stem mors op die DA wat absoluut niks vir die wit man voel nie. Dit pla hulle nie of hulle nie jou stem kry nie want jy is die minderheid. Hulle soek die swart stem want dis hulle waar die massas is. Nee dankie ek stem VF. Hulle mag dalk klein wees maar een ding is seker. Al kry hulle net twee sit plekke in die parliament, is dit ook reg. Wie staan op vir die wit man. Wie baklei vir die wit man se regte, die DA? Nie in hierdie leeftyd nie. Ek het my hele familie gekry om VF te stem. Ons wit mense moet saam staan. Dink net as alle wit mense vir die VF stem waste sterk party kan hulle wees. En nee ek werk nie vir die VF of Solidariteit nie ek is net gatvol vir partye wat voor gee jy beteken iets omdat jy wit is.

suzette ·

Arizona ek lees hier maar stem absoluut met jou kommentaar. Dit is ons enigste hoop!!!!!!!

Petro ·

Aan Karma, moet asseblief nie kla oor swak diens nie bly dan ook hier stil en slaap rustig voort. Ek stem vir die DA – kyk net na Kaapstad en jy weet hoekom.

Loeis ·

Gaan lees gerus weer wie die DA gehelp het om Kaapstad in die eerste plek af te vat.

Ook, Kaapstad se demografie verskil nogal van bv Pretoria s’n en mens wonder of dit die party wat regeer, of dalk die mense van die omgewing is wie die werklike verskil maak.

Hein ·

Omdat ons dorp geklassifiseer is deur die Metro as informele nedersetting en ontvang geen dienste vanaf Pretoria Metro (Ons is koop net krag vanaf Eskom en 10% van die dorp is as krag onafhanklik. Nog geen politieke party het ons guns nog probeer wen nie en die DA het al by ons hek getoi toi. Die ANC het ons dorp se lof besing oor ons goeie infrastruktuur gevestig deur ons eie dienstegeld. Ons kon dalk die skaal laat swaai het ten gunste van ‘n politieke party se uitslag deur onderhandelinge. Politieke partye is kortsigtig om nie met gemeenskappe te onderhandel voor verkiesing nie. Dit is belangrik om nie ‘n politieke party te stem wat niks doen vir jou gemeenskap nie of wat ‘n vyand vir jou gemeenskap is nie.

Lewies ·

Wat ek al so baie gese het. Elke persoon wat in die politiek is, is daar vir sy eie belang. Soos wat ek opstaan en werk vir my geld is dit wat hy doen om sy geld te verdien. Al is hy wie hy sal jou alles belowe tot hy verkies is dan sien jy hom of haar weer net voor die volgende verkiesing.
Die ou storie as jy n sak oor twee nag emmers trek en jy skryf op die ANC en die ander DP dan is hulle twee partye, as jy die sakke afhaal is hulle maar net nog twee nag emmers

MDJ ·

Arizona, ek stem met jou 100% saam… Ek stem ook VF+. Hulle dink realisties, tree op, maak ‘n verskil….Die DA praat glad nie oor plaasmoorde nie. Kyk hoe reageer Maine teenoor Zuma. Emosionele twak.

Paul Bergh ·

Kommentaar 1 – Kom ons kyk na die feite van Kouga in 2011. Die ANC het ‘n total van 33791 stemme in Kouga gekry. Die DA het 32932 stemme gekry. Die VF Plus 526. Die kwotas per setel was 2339. Setels toegeken as volg: ANC:14 en DA:14

Paul Bergh ·

Komentaar-2. A.Kom ons veronderstel dat al die VF Plus kiesers DA sou stem,indien die VF Plus nie deelgeneem het nie. Die Uirtslag sou as volg lyk: ANC:33791stemme-dit beteken 14.4468 setels(33791/2339) en DA:33458 stemme-dit beteken 14.3044 setels (33458/2339). Die setels sou dus toegeken gewees het as: ANC=14 en DA=14 Tweede rondte: Grootste breukdeel-ANC=0.4468 en ANC 1 dus ANC(15);DA(14). Geen verskil inuitkoms tussen hierdie veronderstelling en die werklike gebeure van 2011 nie.

Paul ·

Paul Bergh, dit maak nie sin nie, aangesien die getal raadslede steeds dieselfde sou wees. Jou som wys in voorbeeld 1 dat daar 24 PR raadslede sou wees, en in voorbeeld 2 sou daar 25 wees. Dis tog nie hoe dit werk nie?

Paul Bergh ·

Kommentaar3-B.Kom ons veronderstel egter dat die VF Plus 520 meer stemme gekry het. Ons kan dit op twee maniere doen – 1. Kiesers wat nie gestem het nie, stem VF Plus: Slegs 25000 van die 51000 geregistreerde kiesers in Kouga het in 2011 gestem. Dit is dus nie vergesog dat 260 van daardie 16000 kiesers VF Plus op albei stembriewe sou stem nie. Die uitslag dan as volg: Nuwe kwota per setel:2356- ANC:33792;14.3425 en DA:32932;13.9779 en VF Plus:1046;0.4439. Eerste rondte: ANC:14, DA13, VF Plus 0. Tweede rondte (2 setels nog nie toegeken) ANC 0, DA Grootste breukdeel, dus 1 setel en VF Plus tweede grootste breukdeel, dus 1 setel. Dus ANC:14, DA14, VF Plus 1. Nou het die DA en die VF saam 15 setels en sie ANC slehs 14.

Paul Bergh ·

Komentaar4-2.Die ander manier is om 520 stemme vanaf die DA te ‘bekeer’ na die VF Plus. Die uitslag dan as volg: Kwota (dieselfde as in 2011):2339
-ANC:33791;14.4467 en DA:32412;13.8573 en VF Plus:1046;0.4471. Eerste rondte: ANC:14 en DA:13 en VF Plus 0. Tweede rondte(2setels oor)ANC:0 en DA:Grootste breukdeel:1 en VF Plus:2de grootste breukdeel:1 Dus ANC:14 en DA:14 en VFPlus:1 Nou het die DA en die VF Plus saam 15 setels en die ANC 14.

Paul Bergh ·

Kommentaar5- Met ander woorde. Die stelsel is nie so simplisties nie. Indien 2260 DA kiesers in 2011 VF Plus gestem het, het die ANC nie regeer nie !!!
Daarom is ons feitelik, wiskundig en tegnies korrek as ons sê dat die DA propaganda kiesers mislei. Die bg.scenarios bewys die punt. Indien al die VF Plus kiesers DA in Kouga gestem het, sou die ANC steeds regeer het. Indien 260 DA-kiesers egter op albei stembriewe eerder VF Plus gestem het, het die ANC nie regeer nie. Om ‘n volwasse demokrasie te bekom, moet die stelsel verstaan word.

Paul Bergh ·

Jammer dit is 260 DA kiesers en nie 2260. Tikfout en u kan maar die berekenings gaan maak volgens hoe die kiesstelsel werk en u sal vinf dat dit korrek is. Kwota Formule is stemme vir alle politieke partye (Wyks plus Proporsioneel) gedeel deur ( Setels beskikbaar minus onafhanklike kanidaat setels) en die antwoord plus 1.

DewaldS ·

Dankie – en welgedaan. Ongelukkig moet ek vir jou sê ek dink jy werp jou pêrels hier voor die swyne….

Tiaan ·

As die IEC die verkiesing as vry en regverdig gaan verklaar met sensuur by die nasionale uitsaaier in die aanloop tot die verkiesing is die hele spul in ieder geval ‘n klug.

Pieter ·

Carel , moet ek dan die sms van die anc glo?
The TRUTH is, the ANC fought for your right to vote! Stay FREE, vote ANC! #stayfreevoteanc

Amanda Wait ·

Ek gaan ACDP stem. Hulle skaam hulle nie vir die Here en die kruis nie. Hulle is opreg, nie soos ander wat pastoor is en dan praat van “mr president, we will never forgive you” nie. Daai is nie van die Here nie. Klein dingetjies wat my oë oopgemaak het om eerder ACDP te stem.

Amanda ·

My kop nou heel deurmekaar met al die nr’s maar ek glo maar soos dai ander vrou almal wat ministers word is net daar vir die geld en verder niks werd. Almal belowe altyd maar wie het al ooit sy beloftes na gekom

Zakkie ·

Gee ek nou regtig nie om vir al die wiskundige verduidelikings nie. Ek stem NIE vir n party wat teen my (as witte) diskrimineer nie. Die is net soos die Ja stemmers gestem het nou wil ons weer vir DA ( ANC Light stem) Hulle mandaat is dieselfde as die ANC ……. ons sal steeds BEE ens ens he en aan die agterspeen suig en weet ek die kleiner partye sal NOOIT wen nie ten minste het ek dan nie vir my eie en kinders en kleinkinders se ondergang gestem nie

Veritas ·

Enige party wat belowe om belasting op akoholiese dranke en sigarette op te hef, kan my stem kry. Dop sal dan goedkoop genoeg wees om heeltyd geswael te bly en dan worry ek nie oor landsake nie.

Magda ·

Zakkie ek stem saam met jou. Ek het altyd vir die DA gestem, maar ek sal nie meer nie.. ek hou van DA se nuwe naam. DA Light. goed gesê.

MyNaamIsShaun ·

Ja die DA verteenwoordig nie spesifiek die Afrikaner of die Boer nie, maar ook nie die Zulu of die Xhosa nie. Die DA verteenwoordig demokrasie.

In ons demokratiese land is wit mense ‘n minderhied wat soos ‘n meerderheid wil behandel word en ons weier om op te offer anders sal ons vergaan. Daar is ‘n groter prentjie. Jou stem word werklik gemors as jy volgens taal of vel stem want daarin is daar nie ‘n toekoms nie. Ons almal wil graag in ‘n land bly waarin almal werk, leer en leef. So ‘n land betsaan slegs onder goeie leierskap en in ons land bepaal die “meerderheid” die leierskap.
Gebruik dus jou stem om beter leierskap te kies.

Wil jy deel wees van die minderheid wat die meerderheid teen staan en eenvoudig nooit sal wen nie, of deel wees van die (nuwe) meerderheid wat die land verbeter? Ek kan nie anders as om te glo dat ‘n goeie meerderheids leier die beste kaans is om die minderheid te beskerm nie.

Sarie ·

Ek stem nie vir kleur nie maar vir die party wat vir my beginsels staan en dit is geen aborsie wat nie op mediese aanvraag gedoen word nie, geen BEE nie want niemand behoort n pos op velkleur te kry nie behalwe op meriete, alle tale en kulture gelykstel, regte van veral minderheidsgroepe erken (ons baie bestaan uit verskillende groepe en nie een grys massa soos Buthelezi gesê het nie) Meerderheidsgroepe mag nie oorheers nie dan is dit n diktatorskap.

Dr Boet ·

Die skrywer is heeltemal korrek. Daar is nie n ding soos ‘n gemorsde stem in ‘n demokrasie nie. Mens stem vir ‘n party wat die naaste aan jou waardestelsel is. As jy byvoorbeeld weens geloofsoortuiging verwag dat die party wat jou verteenwoordig hom moet beywer om aborsie op aanvraag teen te staan, kan jy tog vir geen party stem wat die teenoorgestelde doen of wat doodeenvoudig geen opinie oor die saak het nie. As jy dan vind dat die party wat na aan jou waardestelsel is ‘n klein party is – stem jy vir hulle. Ek sien dit glad nie as ‘n mors van my stem nie. Ek sien dit eerder as my plig!

leon ·

Baie waar . Ek wens ons afrikaners will besef dat ons sal moet begin deel neem aan die nuwe suid afrika. Daar is geen toekoms afgesonder in die VF.

Dr S ·

Ek stem volkome saam. Almal moet saamstaan om die land te verbeter en almal ‘n bietjie gee om ‘n middelpunt te bereik. As mens kyk na cost/benefit (sowel as logika), is die DA die beste opsie. Kleiner groepies polariseer mens. Ek sal ook nie vir die VF+ stem nie; ek hou nie daarvan as iemand mens in ‘n blik druk en jou uithaal omdat jy nie ‘conform’ by iets so oppervlakig soos velkleur nie.

vermeende ·

Indien ek sou gestem het sou ek stem vir dit wat vir my saak maak, die voordbestaan van my velkleur, kultuur, geloof, alles wat ons uniek maak en n volk.
So sleg soos dit klink gee ek nie n vlenter om vir ander kulture se welvaard nie, hulle kan self baklei vir hulle voortbestaan.
Demokrasie werk net in n homogene samelewing en SA is nie een nie, die gaping op alle vlake is net te groot.

Paul ·

Vermeende,
Ek stem 100% saam met jou. Die ander groepe kan doen wat hulle wil met hulle eie mense in hulle eie gebiede solank my mense hulself kan regeer in ons eie gebied en nie vermoor word deur die ander groepe uit haat en jaloesie nie, die enigste resep vir vrede in hierdie droewige land. Ons gaan nooit ons doelwitte bereik deur vir die huidige stelsel te stem nie.

Kerneels ·

Dis ‘n plaaslike verkiesing. Kies iemand wat vir jou dorp of jou wyk iets gaan beteken. As jy vir klein partytjie stem is daar iemand op PR lys wat iets vir jou dorp gaan doen as ANC weer wen oor jy nie DA gestem het nie. Ek woon in ANC wyk. Ons het kans dat DA dalk hierdie keer gaan wen. Enige iets is beter as ANC. En toevallig weet ek die DA kandidaat sal iets vir ons doen want hy is reeds ‘n PR raadslid wat hard vir ons werk.

Verbaas ·

Ek is nogal verbaas dat meeste, wat hier kommentaar lewer, een kardinale punt mis. Dit gaan oor die feit dat die enigste rede waarop julle reageer om vir die DA te wil stem is dat hulle die ANC ‘miskien’ gaan wen. Nou wet ek julle, dat julle nie sien wat ek vir julle uitlig nie! Kyk asb baie mooi!

Elke een praat oor die ANC en nie wat die DA vir hulle sal doen nie! Julle almal praat wel dat julle nie saam stem met hulle nie? Huh? Hoe stupid is dit nou nie!

Ok, so as elke een in my wyk dan VF+ stem, dan het ons mos ‘n raadslid uit die wyk – dan is selfs Paul hierbo se wiskunde in ons guns. Ek kan julle waarborg, in my wyk is ons genoeg om dit reg te kry. Maar raai wie wen! DA??? Hoe de swernoot! Niemand stem saam met DA nie, maar glo dit wat meeste hierbo glo wat DA stem! Elke ou glo dit en stem teen himself.

So die DA het waaragtig reg gekry om ons te mislei!!! Kan julle dit glo!

So gaan staan eerder saam in julle wyke, en praat met jou bure, en besluit saam, dat in jou wyk dat julle eerder ‘n DA of VF+ of watookal daar wil he. Dan sorg dat julle daarvoor stem. O jammer ek het vergeet, ons kan mos nie saam staan nie. Ten minste staan ons saam om vir die DA te stem.

Antona ·

Leon en Dr S , so julle gee nie om wat is die beginsels van die DA nie, jul wil soos n trop skape agter die massa stem, om te wen, So as jul DA stem mag jul nie kla as voorbeeld daar teen jou gediskrimineer word of grond onteien word nie ,

Ontskaping ·

Terloops, die afronding, werk ook met opronding. In ons geval sou dit in 2011 gewees het: 22.6 vir DA, en 0.6 vir VF+. Toe rond hulle af, en daar is toe 23 DA raadslede, en 1 VF+ raadslid. Sou ons almal DA gestem het, sou ons: 23.2 gehad het, en dus 23 DA raadslede gehad het en 0 VF+ raadslede. So julle afrondingsommetjies werk nie altyd nie! Dis beter om maar nie jou siel vir ‘n pot lensiesop te verkoop nie, en by jou regte te staan en eerder dit te stem. Want om agter skape aan te stem (DA) is wat die probleem in ons land is. Almal Bler net!

Ons moet ons mense ontskaap!

Alete Muller ·

Doen julself ‘n guns en gaan lees die manifes van die CAPE PARTY.

Freek ·

Die eerste man op die VF+ (met ‘n ander perspektief) se invloed op ‘n raad sal aansienlik meer wees as nommer 23 op die DA of ANC se lys wat maar net napraters is.

Ben Botes ·

Karel de Jadeg

Ja ja ja ja —- jy stem seker ANC want n klein “Party” smeld gewoonlik saam met n groot “Party” om n indruk te maak en dit is gewoonlik die verkeerde een dit is hoekom ons sit waat ons sit deur mense soos jy wat nie eers weet wat is Propaganda nie — so ja stem vir wie jy wil maar dit is waar dat — DIE STAAT IS NET SO STERK AS SY GROOTSTE “OPPOSITION” so ja di DA is reg om te se a Vote for a small party is a wast of time —- thanks

John ·

In die referendum moes ons ja stem anders gaan ‘n oorlog uitbreek, elke algemene verkiesing moet ons stem vir die opposisie om ‘n 2/3 meerderheid vir die ANC te keer en nou moet ons stem sodat die ANC weer eens nie stemme wen wanneer die kiesers tuis bly nie. Wanneer kan mens stem omdat jy oortuig is, jou kandidaat gaan sy of haar werk behoorlik doen? Ek gaan nie stem nie, want dit gaan nie ‘n regverdige verkiesing wees nie. Die DA irriteer mens ook grensloos, die VF+ stel net in Kaapse kiesers belang en die ander partye is ook elders aktief. My afwesige stem gaan geen verskil maak aan die ANC se besluit om nog te stemme by te toor nie.

Lance ·

Die Kaap werk en dit is genoeg rede vir n DA stem …punt !

Oom Kalahari ·

My hart is maar by my ou klein partytjie soos vele sal stel, maar ek weet hoe hierdie klein party al vele groot aangeleenthede aangepak en ‘n verskil gemaak het. Die DA staan nie op vir my regte nie, maar die VF+ wel.

Louwrens ·

Jitte mense, kom ons wees bietjie realisties. Hierdie is n verkiesing vir jou plaaslike munisipaliteit en distrik. Nasionale kwessies soos BEE, Aborsie, RAS, Geloof en ander beleidsrigtings is kwessies wat op nasionale vlak beheer en bestuur word. Ons kan in die volgende verkiesing daaroor debatteer. Vir nou moet dit gaan oor dienslewering op plaaslike vlak en watter party jou en jou swart buurman se belange en die beste sal beskerm en uitbou. Ek is self n oortuigde Christen en is polities konserwatief maar in hierdie verkiesing sal ek DA stem en ek sal geen gewetensbeswaar daaroor he nie. Kom ons maak eerder die die sterkste opposisie nog sterker en kry hulle aan bewind waar moontlik. As dit nie gebeur nie is n volskaalse revolusie ons voorland en ons as blankes gaan in die middel hiervan vasgevang word. (Maar net my 2 c bydrae tot die debat.)

magda ·

Jy is heeltemal reg. Ek is baie bly ek het diè debat gevolg. Ek is dom wat verkiesings betref en dit het my n beter perspektief gegee.

Lance ·

Proof is in the pudding ….die Kaap werk en dit se alles !

Max ·

Die Kaap (DA) kom nie naby Orania nie ! Gaan beleef self die vrede en veiligheid in Orania !

Nick ·

Ek mors nie my stem op die DA nie.
1.) Die DA = die ANC light
2.) ANC = medium
3.) EFF = ANC Heavy
Kies maar op watter party jou stem moes as jy vir die DA stem

Bill Rundle ·

Platkop redenasie. As jou koffie te warm is gooi jy nog meer kookwater by om dit drinkbaar te maak? As die reels se die meerderheid regeer hoe dink jy jy kan die meerderheid verminder word deur die minderheid the verminder of konstant te hou? Hierdie soort redenaise raakgeloop by die plataarde val van die wereld af vereniging. Dit is soos medisyne, partykeer baie sleg maar jy drink dit maar want die eind resultaat is meestal tot jou voordeel. So stem DA as jy bereid is om saam met jou medemense van alle kleure die land te deel. Die toekoms andersins lyk baie bleek.

Gerrie ·

Ons stem nie nou vir ‘n politieke party nie. Ons stem vir die beste kandidaat om vir jou n jou munisipaliteit te werk. Ons foeter ook maar aan soos ons pas en oupas wat geblinddoek Nasionaal gestem het, nie vir die party wat die beste leier gehad het nie. MAW vir die beste kandidaat nie. As dit vir my kom by kandidate, dan kan ek nie sien dat die Mulderbroers die beste kandidate kan wees nie, alhoewel hulle partybeleid dalk meer aanvaarbaar is vir my. Af en toe sien jy vir Pieter so effe kou aan sy onderlip en sy nek rek en kopspeel soos ‘n skouperd wat se teuls bietjie te styf gehou word. Hulle doen of sê nooit juis iets wat mens kan op staat maak nie. As dit kom by jou mond oopmaak dan is Malema los voor, nie dat ek ooit vir hom sal stem nie.
Dink net Eugene Terreblanch as die FV+ se kandidaat. Gene ander party sal naby gekom het nie en die ANC sou dalk dan net die opposisie gewees het op die beste. Hoekom? Want hy KON praat!!!!!
Dink weer voor julle op ‘n ondeurdenkte draf gaan.

Lance ·

Al wat ek se is dat die kaap BAIE beter werk as die res …ons almal weet dit !

Lance ·

Al wat ek se is dat die mees suidelike provinsie is SA net BAIE beter werk as die res …ons almal weet dit !

Danie Duvenage ·

Hierdie argumente wys presies hoe verdeeld ons mense is. Die ANC se mag is gegrond daarop dat die massas vir hulle stem, met die verstandhouding dat hulle binne die party die verskille sal uitstryk en die foute sal korrigeer. En met hierdie boodskap wen hulle keer op keer terwyl die res van die partye se ondersteuners eerder verskille uitwys en wil argumenteer waarom hulle nie vir die DA sal stem nie. Dit lyk my ons wil maar net onsself isoleer.

Anton ·

Danie wie dink jy verdeel? die DA se beleid is dieselfde as die ANC beleid. Die DA is nie n Christelike party nie, wat God die Almagtige nie erken nie, Die DA ondersteun BEE, RA, grondhervorming en andere. So jy wil he almal moet hul siele verkoop om DA te stem, Dink voor dat jy stem of waardes vir jou belangrik is

Susan ·

Ek het nou al hierdie kommentaar gelees en elkeen het sy eie mening. Sterkte aan die wat nie gaan stem nie, Onthou net dat jy dan agterna ook nie moet kla nie. Elkeen is geregtig op sy eie siening. Ek dink net ons voorvaders draai almal in hul grafte om as hulle sien wat se slap mense hulle nagelaat het. Ons as Afrikaners moet saamstaan, maar die een gun nie dat die son op ‘n ander moet skyn nie. As elkeen sy deel doen, hoe gering ookal, kan daar ‘n verskil gemaak word.

Lida ·

Genade maar ek wens hierdie verduiwelse verkiesing is al verby sodat ons die stukke kan optel en aangaan waar ons opgehou het. Hoop maar die DA wen want hulle doen goeie werk in die Kaap. Dit is oor en oor bewys.

Patrys ·

Ek het nou n vraag vi al die slim mense… gerugte doen die rondte dat as 35% van ons nie stem nie die verkiesing nie meer demokraties is nie en alle stemme dan uitgegooi word. Met geen party dan aan bewind. Hoe waar en moontlik is dit?

Santie ·

Susan dankie vir jou skrywe . Dit is ongelukkig ook waar dat die wat nie stem nie die meeste te se het oor swak diens. Pateties dat jy nie eers die moeite sal doen om te gaan stem nie.

Dirk T ·

Natuurlik het ek die reg om te kla. Ek betaal immers belasting en vir diens wat nie gelewer word nie. Wat ek ook al met my stem doen is my keuse. DA ondersteuners tree nou op soos daardie mense van ‘n sekere referendum waar jy subtiel geboelie was en probeer het om skuldgevoelens op te wek indien die “ja” stem nie uitgebring word nie. Tye verander maar die mens nie.

Moegviraldiebeloftes ·

Louwrens: Jy is reg as jy sê die stemmery is vir plaaslike regering en dienslewering. Partye het vergeet om dit vir die mense te sê. Ek is al erg omgekrap want dinge en redes word genoem met betrekking vir ‘n nasioenale en provinsiale regering bv BEE, EE ens word nou soos wors voor ‘n honger roofdier se neus getrek en dit het NIKS MET HIERDIE VERKIESING TE DOENE HET NIE!! Mense kom by en stem vir jou munisipale regering – sou die ANC daar wen en jy het nie vir ‘n party gestem wat bewys het hulle kan die wa deur die drif trek nie – MOET DAN OOK NIE NA DIE VERKIESING KOM KLA OOR VROT DIENSLEWERING ENS NIE!!. Ook die rede hoekom ek nie VF+ nou gaan stem nie want waar ek woon het die DA BEWYS hulle kan die wa regdeur die drif, bergop en afdraend trek – dus my stem is vir hulle. In elk geval gaan Biznews toe en gaan lees ‘n bietjie die verskille tussen die verskillende partye se manifeste en word wys – want hier is baie mense want teen sekere dinge vaskyk en nie hulle huiswerk doen nie loop agter taal, klas, kleur en geur aan en glo alles wat daar vir hulle vertel word vir die waarheid – SA is vir ons almal – ons soek ‘n sonplekkie vir almal – ek wil defnitief in a blik gedruk word met ‘n naampie op nie.

Rina Kotze ·

Op die ou einde is dit elkeen se eie besluit.

My beskeie mening: Partypolitiek hoort nie in ‘n munisipale gebied nie.
Die mense wat die belasting betaal het die meeste sê.
So wanneer raadslede asook munisipale amptenare nie hul werk doen nie, wys hulle die deur. Daar is baie wat gekwalifiseerd is en wat WIL werk, maar nie KAN nie weens “baantjies vir boeties” nie!
Belastingbetalers verengigings behoort die septers te swaai in munisiapliteite en die inwoners se belange behoort eerste te kom.

Waarom betaal ons dan belastings????

Frik Lotz ·

DA ondersteun regstellende aksie, BEE en grondhervormig. VF Plus veg teen regstellende aksie, BEE en grondhervorming. Hul dra minderhede se belange op die hart. As jy DA stem dan stem jy teen jou eie toekoms en wat help dit? Jy mors beslis jou stem op die DA. Stem eerder VF Plus.

Anton ·

Frik jy is so reg, die mense weet nie waarvoor hul stem nie, en dit is baie gevaarlik, As hul n kar of huis koop doen hul navorsing maar by n verkiesing wat baie belangrik is gaan stem hul sommer net sonder om te weet waarvoor hul gestem het

Koos ·

Stem DA om die ANC uit te hou? Hou outyds en dom. Lees jul koerante .
Die ANC en DA is amper dieselfde. Dan kan jy netsowel ANC stem om die DA uit te hou.
Ons is in die laaste loopgraaf.
Stem vir die party wat vir almal wat hier kommunikeer in Afrikaans, omgee.
Die VF+ baklei hul hande af vir JOU, ja vir JOU en jou kinders se regte om werk te kry en jou taal en kultuur te behou.
Dit wil voorkom dat bruines meer vir VF gaan stem as wittes.

Koos ·

Stem DA om die ANC uit te hou? Hou outyds en dom. Lees jul koerante .
Die ANC en DA is amper dieselfde. Dan kan jy netsowel ANC stem om die DA uit te hou.
Ons is in die laaste loopgraaf.
Die DA lok mense in kampe in die Weskaap vanoor die hele Afrika , maar veral uit Ooskaap, met beloftes en gratis als.
Die weskaap is oor n paar jaar in n groot gemors as die DA se mense saam die EFF die strate invaar.
Stem vir die party wat vir almal wat hier kommunikeer in Afrikaans, omgee.
Die VF+ baklei hul hande af vir JOU, ja vir JOU en jou kinders se regte om werk te kry en jou taal en kultuur te behou.
Dit wil voorkom dat bruines meer vir VF gaan stem as wittes.

Louwrens ·

Argumente soos “outyds en dom om vir die DA te stem” is nie regtig gepas in hierdie debat nie daarom weerhou ek my van soortgelyke opmerkings.

As ek beter munisipale dienste kan ontvang en my belasting geld word beter aangewend tot ALMAL se voordeel, sal daar meer finansiele investering in my dorp wees, minder misdaad, minder werkloosheid, ens. As ek vir n party stem wat net my as minderheid se belange gaan beskerm & bevorder laat ek die deur groot oop vir nog geweld en misdaad.

Dus, om jou doel m.b.t. jou taal en kultuur en selfs geloof te bereik sal die eerste les wees om nie altyd vir alles te wil baklei of net aan jouself te wil toe eien nie. In ons land is dit eenvoudig net nie prakties uitvoerbaar of selfs volhoubaar nie. Begin eerder klein deur eers jou plaaslike munisipaliteit onder gesonde bestuur (DA) te plaas dan sal jy sien jou groter doel word dalk sonder enige geveg bereik. (Nog n 2 c bydrae)

chrisp ·

Die DA en ANC dra grootliks dieselfde beleide .
Die DA kan dus die ANC beleid net beter deurvoer as die ANC selfs. Daarom stem eerder ANC hulle gaan meer sukkel om teen jou en jou kinders te diskrimineer.
Verder is hulle leier ook meer onbevoegd as die Musi mannetjie.

Gemsbok ·

Om vir die DA te stem bloot omdat hulle die naasgrootste party is (in daarom die leidende party sal wees in ‘n koalisie wat benodig sal word om die ANC te verslaan), is soos om vir die All Blacks tydens die wêreldbeker te skreeu bloot omdat hulle die grootste kans het om te wen.

Dit is tog ‘n belagrike redenasie vanuit ‘n belange-oogpunt.

Wat help dit ons die DA neem oor indien hulle net baie beter is as die ANC om ons kinders van ekonomiese en onderysgeleenthede te weerhou? Dis mos nie ‘n keuse wat julle aan julle kinders kan regverdig nie!

Chris Potgieter ·

So laat ek sien of ek die storie verstaan dat ‘n stem vir ‘n 1% party nie ‘n verlore stem is nie. Kom ons sê, vir debat onthalwes nê, dat net die ANC, DA, ACDP en VF+ die keuses is voor stemmers. Laat ons ook aanvaar dat die ANC die land in die afgrond in afdwing. As jou stem kan beteken dat die ANC sal verloor, gaan jy dit nog vir ‘n 1% party gee? Onthou hoe nader die groter politieke partye aan mekaar is hoe makliker is dit om hul uit die kussings te lig. Dus dan, dit is feitlik korrek dat ‘n stem vir ‘n kleiner party ‘n griewelike vermorsing van ‘n stem is.

Frik Lotz ·

n Party bly mos nie klein nie. Hoe meer mense VF Plus stem, hoe groter en sterker sal die party raak en nog meer vir ons kan doen. Hoekom het opposisiekiesers dan in 1999 vir Tony Leon se klein DP gestem? Stem VF Plus sodat die party kan groei!

e ·

Ai tog nou is ek so deurmekaar……. Liewer nie stem nie want waar is die VF en D A in die klein dorpie van ons op die N12? Het hul dan geen sê in die raad om die Munisipale Raad aan te spreek oor die pad nie??

Rower ·

Dis hoogtyd dat die oningeligtes hul oogklappe afhaal asook hul oormowwe !!!!
Kyk na die leiers van die spesifieke party , wat sien jy ?
Luister of lees hul verkiesings manifes of kyk na hul plakate en slagspreuke , wat sien of hoor jy ?
Weet jy wat beteken onteiening ?
Weet jy wat is diskriminasie of is jou nou al te gewoond daaraan ?

Soos God die Israeliete die vyand laat verslaan het en wel vir 40 jaar laat rond swerf het maar nogsteeds Sy belofte behou het, dit was wel n siftings proses om die ongelowiges te sif maar al God se beloftes is vervul om die land Kanaan in te gaan.
Kyk wat het met die Boere oorlog van 1899-1902 gebeur het ,
Kyk wat het die Engelse verskroeide aarde beleid gedoen !
Kyk wat het die Zoeloes met die Voortrekkers gedoen , kinders teen die ossewaens se wiele doodgeslaan !
Die mens vergeet te gou.
Het jou party Christen waardes ?
Veg hul vir jou toekoms , jou kinders se toekoms ?
Ja die DA werk in die kaap maar dankie VF+ !!!
Ek hoef nie uit te brei oor waarvoor die DA staan of wie hul leier is nie , mense skrik wakker !!
VF+ veg vir jou voortbestaan en jou kinders se toekoms !

Claudie ·

Vir my is dit eenvoudig – die is ‘n verkiesing wat bepaal wie my Raadslid gaan wees. Die persoon wat die verskil hier gaan kan maak as iets verkeerd gaan in my buurt. In my persoonlike omstandighede (dit mag van joune verskil) van al die posters op die lamp pale, wie is bekend, wie het my gehelp en die BELANGRIKSTE het al resultate vir my gelewer op my probleme?

Eldred ·

Julle verwys in julle studie populasie na n getal van 10 mense waarvan 5 vir ANC stem, 3 vir DA en 2 vir “kleiner party” so ek neem aan julle praat van die VF+. Volgens nasionale en provinsiale resultate 2014 het julle n hele 1% van totale stemme gewerf. In julle 100 populasie sou julle n hele 1 stem gekry het. So hou op om mense te mislei met fals statistiek wat maak of julle enigsins ‘n kans staan. Julle spog met julle “Christen party” met julle goeie waardes. Tien gebooie: nr 9 sê “Jy mag een valse getuienis teen jou naaste spreek nie” Mat 7:1-6. Moenie oordeel nie want soos jy oordeel so jy sal beoordeel word. ens. BEE is ‘n werklikheid aangesien swartes in meerderheid is. Daaraan kan niemand iets doen nie. Die DA sal ten minste verseker te word op ‘n grondwetlike manier gedoen word. Dis ‘n baie simpel redenasie om te se die DA en ANC se visie is dieselfde want dit is blantante leuens. Om vir mense te lieg en te mislei is GLAD nie ‘n Christen beginsel nie Wat se dit van wat julle dink van julle stemmers nie deurdat julle duidelik hulle inteligense onderskat om julle leuens te glo. Julle dryf vir stemme is regtig gegrond om julle leiers in die parlement te kry sodat hulle ‘n R100 000 plus n maand kan verdien want julle dra GEENSINS by in die parlement nie en sit tjoepstil in die sirkus. So is dit hoe julle julle stemmers beskerm en vir hulle opstaan?

Antona ·

Eldred, waar verskil die DA en ANC in beleid? As meer mense vir die kleiner partye stem dan sal hul groter raak. Die DA in Tswane metro was saam met die ANC sodat die straatname verander kan word, Die VF+ was die enigste party wat daarteen gestem het. So jy gee nie om as die DA, wat die Blanke Afrikaner se stem wil he, en dan dit teen hul gebruik nie. Moet ons net terug sit en dit verdra?

Ralph ·

Die belangrikste is dat julle almal en almal om julle Woensdag julle kruisies gaan trek. Die detail maak nie regtig verskil nie.

John ·

‘Die detail maak nie ‘n verskil nie…’ Sjoe! Hoekom was die DA tevore so suksesvol in die Kaap? President Zuma het die antwoord gegee. Die DA is ‘n party met witmense agter die gordyne… of was. Dis hoekom dit goed gegaan het daar. Dit sal vinnig verander as Maimane groot skrik en alle witmense (almal mos rassiste) uitfaseer. Geld en status korrupteer vinnig, ook DA-ners. Die mooie Kaap is ‘n ‘has been’ en almal glo nou Maimane kan toor… orals oor. Die VF+ se kiesers in moedverlore se vlakte val soos slap patatte vir komplemente vanuit die Kaapse Vlakte ea. Oe! Die ooms se pruike val af van opgewondenheid… Hou vas, Woensdag gaan die wind waai…

Fanie ·

Die verkiesing s nou verby.
As jy vir die VF+ gestem het dan het jy nou ‘n baie sterk stem !
Die ander grotes gaan nou met jou praat oor ‘n koalisie.
Stem met jou hart in dir volgende verkiesing.
Sluit aan by die VF+
Die stemme het verdubbel sedert die vorige verkiesing.
Sluit ook aan by Afriforum, en as jy so gelukkig is om ‘n werk, sluit ook aan by Slidariteit.
Dit is ONS mense daai

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.