Moenie ons veralgemeen nie

Terblanche Delport was een van die sprekers tydens die . Foto: De Wet Potgieter

Terblanche Delport was een van die sprekers tydens die dinkskrum waar Afrikaner-identiteit herbesin is . Foto: De Wet Potgieter

Deur Annesta Botes

Die algemene uitlatings en stellings wat onlangs gemaak is by die dinkskrum waar Afrikaner-identiteit herbesin is, lei geensins tot bevordering van huidige rasse- en taalkwessies nie.

Mevrou die uwe Verwoerd, byvoorbeeld, het duidelik haar verstand iewers in die diep blou see tussen Ierland en Suid-Afrika verloor – dieselfde geld vir Penny Sparrow. Dit is vermetel van haar om dié tipe uitsprake te maak, om die minste te sê, en beskaaf te bly.

Goeie genade, die meeste mense probeer bou en sy breek af. Wat is haar doel met sulke veralgemenings?

Ek is nie ʼn rassis nie. Ek het op ʼn plaas grootgeword en is steeds woonagtig en werksaam op ʼn plaas. Ook nie my twee kinders wat onderskeidelik by UP en Potchefstroom studeer nie. Ons hou oop gesprekke oor politiek en godsdiens onder meer. Ons identifiseer probleme en nie kleur of ras nie; ons probeer rasioneel dink hoe ons as individue ʼn positiewe bydrae kan maak.

Dit is vir my van kardinale belang dat “ons” (verwysend na diegene wat hulleself nie by Hofmeyr en Orania Afrikaners skaar nie) se stemme iewers in hierdie donker put, waar die vermetele Mevrou die uwe Verwoerd en ander ons plaas, gehoor word. Ek is nie seker wat sy bedoel met ANC Afrikaners nie. Nóg sy nóg enige persoon behoort ʼn platform gegee te word om namens alle Afrikaners te praat; sy maak duidelik dieselfde foute wat Hendrik Verwoerd gemaak het. Sjoe, ek moet regtig alles inspan om beskaaf te bly.

Mevrou die uwe Verwoerd, na my mening blaas jy ʼn vuur aan wat “ons” probeer blus.

Ek werk my lewe deur nog hard, het nog nooit iets gratis ontvang nie, ek worstel om universiteitsfooie te betaal en alles wat daarmee saamgaan, ek hou nie vakansie nie, ek kan nie medies bekostig nie, ek ry ʼn ou bakkie, ek plant my eie groente en hou hoenders aan waarvan ek die gebruik deel en ek dink die “God” aan wie mense beweer hulle glo, is hartseer oor dit wat mense aan mekaar doen in sy naam. Jy ken my “ons” nie, so moenie ons in jou kategorieë plaas nie – jy maak ʼn hengse oordeelsfout.

Ek het ʼn tyd terug op my Facebook-blad hierdie slagspreuk geplaas: “acta non verba” – dis Latyn vir “dade, nie woorde nie”.

  • Hierdie brief is verkort om by Maroela Media se woordbeperking van 500 woorde vir lesersbriewe te hou.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Flippie ·

Mevrou die uwe Verwoerd sal nie verstaan nie – nog nie ‘n dag se werk in haar lewe verrig nie. Sy was ook nog nooit as ‘n Afrikaner bekend nie.

Sy is wel bekend vir haar algemene slordigheid en anti- afrikaner tirades.

anna ·

Moenie ‘n klomp nonsens kwytraak nie. Veg eerder vir ons lewens wat verwoes word en vir die families wat uitgemoor word.

Ciska ·

hahahahahah, onnosel en stapel gek soos my ouma altyd gesê het! Dit gaan oor vel-kleur, PUNT. Nie oor wat ons gedoen het of waar jy groot geword het en hoe ver-westers jy is nie of jy goete en dinge het nie, dis jou velkleur, PUNT. As julle dit nou nog nie besef het nie leef julle almal in la-la land! Daaroor word ons geslag soos diere, nie net die plaas oom en tannie in die wes Transvaal nie, maar ook later jy wat dink dit sal nie met jou gebeur nie! Jou witvel is jou oordeel en jou lot!

Victor ·

Net soos apartheid, ne? Dit het net oor velkleur gegaan – soveel so dat hulle wette soos die ontug wet geskep het. Nou sit ons met die gebakte pere

Oupa D ·

Niks van die sogenaamde ‘gesprek’ maak sin nie. Wie wat saak maak was nou eintlik daar? Dit was so min ‘n dinkskrum soos wat die ‘ANC-logatla’s ‘n dinkskrum is. Dis net nog ‘n gebrabbel en gevretery. Annesta, laat iemand wat aan beide kante van die spektrum vir baie jare gewerk het jou inlig – as jy werklik glo wat jy geskryf het, gaan jy later in jou lewe nog baie teleurgestel word.

Bytjie ·

Mooi gesê, Ciska. Dink hy vir een oomblik dat hy ‘gespaar’ gaan bly? hoop as hy skrik, hy sal ‘wakker skrik’; of dink hy, hy sal tyd hê as ‘hulle’ op hom afstorm, sal kan sê: hokaai, ek het nie saam met die Uwe, mev Verwoerd gestem nie? wakey-wakey!!

Trolle ·

Ja dis verskriklik hoe ons afrikaaners alles afbreek wat malema vir ons op bou in die land,en dan wil kla dat ons wil graag ons taal praat?Hoe durf ons op kom vir ons taal ,engels is tog so wonderlikke taal wat nog net goed gedoen het vir almal in die wereld en nog nooit ander mense onderdruk het of oorlog gemaak het teen ander nasies nie.
Bla bla bla

david ras ·

Hulle beweer dit was ‘n dinkskrum ? Vir my meer gelyk na ‘n losgemaal met ‘n hengse klomp onkant spel–en ‘n ref met oogklappe aan !

Alete Muller ·

Terblanche Delport…….because I’m so high…….

Frik Lotz ·

Die Afrikaner is n inheemse blanke Afrikaanssprekende volk van Suid Afrika met sy eie unieke kultuur, tradisies, geskiedenis, erfenis en ja, sy Gelofte. Nie almal wat Afrikaans praat is Afrikaners nie en netso is nie alle blankes Afrikaners nie. Al daai groepe mense het ook onderskeidelik hul eie kultuur, geskiedenis en tradisies. Die Afrikaner kan wel met daardie minderheidsgroepe saamwerk oor gemeenskaplike sake soos bv. die Afrikaanse taal of dalk oor selfbeskikking,ens. Die Afrikaner is hier om te bly en gaan nie verdwyn nie. Terloops, hoekom betrek die skrywer vd artikel vir dr. Hendrik Verwoerd by die storie? Dis mos nie nodig nie.

Victor ·

“sy Gelofte”

Dus, by implikasie, as jy nie ‘n christen is nie, is jy nie ‘n Afrikaner nie – volgens jou?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.