Lesersbrief: Museum se taalbeleid verbaas

dr-conrad-steenkamp-afrikaanse-taalraad

Dr. Conrad Steenkamp van die Afrikaanse Taalraad. (Foto: Twitter)

Dr. Conrad Steenkamp, uitvoerende hoof van die ATR, skryf:

Die Afrikaanse Taalraad (ATR) vind dit moeilik om te verstaan hoekom die Nasionale Museum in Bloemfontein die gebruik van Afrikaans en Sotho in amptelike dokumente en publikasies wil uitskakel. In die lig van die enorme geesdrif vir die Internasionale Jaar vir Inheemse Tale, verwag mens die museum sou meertaligheid wou uitbrei pleks van dit te verminder.

Die museum se bestaande taalbeleid plaas Engels heeltemal te sterk op die voorgrond en skep terselfdertyd struikelblokke en voorwaardes vir die gebruik van Afrikaans en Sotho. Hierdie sentraalstelling van Engels sluit uit. Dit ondermyn die inheemse tale van die land en moet geproblematiseer word.

Die slegs-Engels-besluit kom egter al ʼn lang pad en die Taalraad stel voor dat die museum se bestaande taalbeleid met die medewerking van professionele taalkundiges hersien word. ʼn Hersiening wat steun op ʼn deeglike taaloudit en op ʼn deelnemende wyse plaasvind, sal help om die museum in die plaaslike gemeenskappe te veranker sonder om wyer nasionale of internasionale toegang te verhinder.

Die Taalraad vra dus graag of die museum bereid sal wees om ʼn meertalige delegasie te ontvang om oor hierdie kwessie te vergader.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Therese van Schalkwyk ·

Die Taalraad mag dit “moeilik vind om te verstaan”, maar die feit dat die Nasionale Museum Afrikaans sienderoë uitwerk, is heeltemal te begrype.
Dit word toegelaat, dís hoekom. Die geleerde mense in gesagsposisies wat moet sorg dat Afrikaans floreer en voortbestaan, faal.
Let op die versigtig bewoorde versoek in die laaste paragraaf:
“Die Taalraad vra dus graag of die museum bereid sal wees … ”
Liewe Taalraad, soms is dit allernoodsaaklik dat stem dik gemaak word!

Net so, was daar aanvanklik ook geen daadwerklike opposisie teen verengelsing by die histories Afrikaanse universiteite tot dit te laat was nie.
Die Afrikaanssprekende gemeenskap se prysenswaardige, maar oordrewe, versoening en uitreiking sedert 1994 het getransformeer in totale boedel oorgee. Die resultate is duidelik vir almal om te sien.

Zettie ·

As oud-Bloemfonteiner vind ek dit regtig ‘n laagte punt dat die een museum wat ons geredelik besoek het as Afrikaanssprekendes, nou van die taal wil “ontslae” raak……..dit moes seker een of ander tyd gebeur het. Die museum was ‘n sukses met die “Night in the Museum” geleenthede wat baie leersaam was en ook groot aanklank onder die jonger garde gevind het en nou wil hul als verander deur Afrikaans weg te laat…. dis jammer…….

HEVW ·

Therese, baie dankie. Jy praat my taal. Die groot tragedie is, ons eie mense ondergrawe ons taal en ook allae pogings om dit behoue te laat bly. Kan n mens so n pragtige Godgegewe volksskat so gering ag. Ook waar, hierdie sg “geleerde mense i n gesagsposiesies”( in sekere gevalle self aangestel) word gekenmerk deur n toegewende papsakkigheid.

Jerry ·

Dit sou n bietjie kras wees om die aanname te maak dat die geleerdes in gesagsposisies afrikaans faal, omdat hulle toelaat dat afrikaans uitgewerk word uit die breer Suid Afrikaanse samelewing. Die voor die hand liggende rede, dat as dit sou wees dat hulle wel toelaat dat afrikaans uitgesluit word, is dat dit dan is om afrikaans toe te eien vir korporatiewe Solidariteit as enigste heenkome van afrikaans. Dit blyk tog Solidariteit/Afriforum se hele bestaansreg te verseker, al dan nie?

Henning ·

Jery, wil jy dit nie maar oorweeg om sinvol te reageer nie?

koos ·

Ek het laas maand die Sammy Marks huis besoek. Ek en my gesin het die toer gedoen en is in Afrikaas gelei. Baie Dankie aan die museum, bestuur en sy personeel!
Wat ‘n lekker twee ure was dit nie!

Plattelander ·

Tragies!!! Maar wanneer laas was julle in die stad Bloemfontein? Gaan kyk gerus hoe lyk die eilande en sypaadjies. Party plekke groei die gras al in die teerstrate in. Ons wil nie meer daar enige besigheid doen nie.

Liendempers ·

Die munisipaliteit het kwansuis nie meer trekkers om die gras te sny nie. Een staan al maande, helfte van die parte is soek, een het verdrink naby Maselspoort en die laaste is ge-“reposess ” so ruk terug om skuld te probeer delg. Die inwoners in sekere buurte spring nou maar self in en sny en maak skoon.

Stem saam ·

Bloemfontein het agteruit gegaan en ek blameer vir Ace. Hopelik gaan dinge binnekort weer beter lyk. Was onlangs in Pretoria en met lied in my hart teruggekeer na Bloem… Dit lyk rof daar, baie rof! Was onlangs in die museum en dis baie netjies en interessant en verseker die moeite werd om te gaan inloer.

JohanR ·

Waaneer het ou Lefusi by die museum gaan kuier, en ‘n word gefluister?

aj ·

Wie is die “gesiglose” taalterroris?

Wys ons die individu se gesig … sodat ons ‘regtstellende optrede’ teenoor hom/haar kan neem.

In geval een van ons hom/haar “raakloop” in die straat!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.