My bloed is rooi, net soos joune

bloedoortapping

Argieffoto (Foto: docbuzz.fr)

Deur ʼn wit, negentienjarige, Afrikaanse meisie

Liefste Suid-Afrika,

My bloed is rooi, net soos joune. Ek het suurstof nodig om te lewe, net soos jy. As jy my oopsny lyk ons eenders aan die binnekant.

Vroeër vandag was ek baie optimisties oor die week wat voorlê. Totdat ek uitgevind het ek sal nie my klasse kan bywoon nie, omdat mense in opstand is teen ʼn vorm van kommunikasie.

Ek het verlede jaar geleer dat jy nie op enige manier beter as die persoon langs jou is nie. Of hy nou lank of kort, vet of maer, oud of jonk, pienk of pers is. Niks maak jou beter as hy of sy nie, want as jy seerkry bloei julle dieselfde bloed, en as julle hartseer is huil julle dieselfde trane.

Bouwer Bosch het in sy gedig “Kleurblind” gesê: “My hart is seer, want ons mis die punt. My hart is seer, want ek dink jy’s blind.”

Afrikaans was meer as twee dekades terug die taal van die onderdrukker. En die stories wat ek hoor van gebeure voor my tyd laat my oë vol trane en my hart vol seer. G’n wonder ons liefste Suid-Afrika is in die toestand wat sy is nie. Maar tye het verander en ons lewe in ʼn veronderstelde tyd van “gelykheid”. Ek mag dalk verkeerd wees, maar soos ek nóú voel is Afrikaans die taal van die onderdruktes.

Liefste Suid-Afrika, gaan ons toelaat dat taal en velkleur en geloof en ouderdom die oorsaak wees van ons eie ondergang? Ons almal is mense.

My liefde vir elke Suid-Afrikaner is dieselfde. Velkleur is net ʼn pigment en taal is net ʼn vorm van kommunikasie.

“Morena boloka setjhaba sa heso,
O fedise dintwa le matshwenyeho,
O se boloke, O se boloke setjhaba sa heso,
Setjhaba sa, South Afrika, South Afrika.

Min van ons weet wat hierdie pragtige deel van ons volkslied beteken.

“Lord bless our nation,
Stop wars and sufferings,
Save it, save our nation,
The nation of South Africa, South Africa.”

Niemand kan alleen blameer word vir ons land se situasie nie. Wanneer jy weer wil vinger wys, gaan staan voor die spieël.

Elke nuwe asem wat jy vat, is ʼn tweede kans. Benut dit.
Daar is net een Suid-Afrika. Waardeer haar.
Donkerte kan nie donkerte uitdryf nie. Memoriseer dit.

“Sounds the call to come together, and united we shall stand. Let us live and strive for freedom, in South Africa our land.”

Hierdie rubriek is ʼn lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

14 Kommentare

MCS ·

Die toekoms behoort aan sulke mense soos die meisie! Dit is soos leiers lyk van more! Toevalig is wit ! Maar dit verbaas my nie! Kan duidelik lees sy is met normes en waardes groot gemaak, sy het inbors, goeie maniere en integriteit en weet duidelik mens werk vir wat jy wil he in die lewe. Ons bou op en breek nie af nie!

Ruby ·

Liewe wit, negentienjarige, Afrikaanse meisie,

Ek is trots op jou en wens ek het jou positiwiteit gehad. Ek het nie van rassisme in my ouerhuis geleer nie, inteendeel.

Ek is grootgemaak om respek vir ander te hê, om regverdig te wees, om nie te steel nie, om nie doodsdreigement liedjies te sing, en so kan ek aangaan.

Die bogenoemde MAAK my dan anders as die meerderheid, sommige verkies die woordjie “rassis”. Ek verskil, want sien “if you don’t walk the talk, you’re not the real deal”.

Ek is dan maar van ‘n ander stukkie lap gesny, soos my ouma sou sê. Dit maak my nie meerwaardig nie, maar ‘n beter mens……beslis, en dit is wat sommige nie kan of wil verstaan nie.

Ek gun almal in ons pragtige land dieselfde as wat ek wil hê, maar respek kom van twee kante af.

Trolle ·

Dis goed en wel maar,maar die belangsikste deel van n mens sit bo in jou kop en dit wil vir my voorkom of daar tog n verskil is.Ek sien nie meer kans vir die nuwe SA wat my wil doodmaak net omdat ek wit is nie,want ek het nog nooit n begeerte gehad om swart mense dood te maak nie nie eens in apartheid tyd nie.Rassisme is 10 keer erger vandag as in apartheid tyd so is dit ook die witmense se skuld?
Ek het regtig geglo ons kan in vrede saamleef dit lyk onmoonlik vandag of daar ooit so iets kan gebeur.

sarie van heerden ·

Ons is NIE almal dieselfde nie. Ons velkleur is nie die enigste verskil nie maar ook kulture. Kyk na die misdaad en besluit wie sommer in ‘n huis sal ingaan en onskuldige mense vermoor en verniel of kyk wie verkrag hul ouma’s. Nie EK wat so se nie, maar ek lees koerante en kyk na nuusuitsendings.

Reguit Rob ·

Absolute bog. Dit is dalk bietjie ‘n oordrewe reaksie maar voor Mej. Student ‘n regte opinie kan lewer moet sy bietjie in die regte wêreld kom leef. Gelykheid en die konsep dat mense dieselfde is, is sommer onsin en hoe vinniger mense dit besef hoe beter. ‘n Baas of leier, wat u waarskynlik gaan wees, is beter as sy werknemers of volgelinge. Die feit dat jy kan gaan studeer is klaar bewys dat jy beter en harder gewerk het as jou skoolvriende wat nie universiteits vrystelling gekry het nie. Ek sê nie mens ‘n houding van verhewendheid hê nie maar ‘n dokter bly meer werd as ‘n arbeider. En daar is niks fout daarmee nie. Elkeen moet sy plek ken. Onthou gelykheid is ‘n tweesnydende swaar. As ander kan studeer moet ek ook studeer. As ander ‘n mooi huis het moet ek ook ‘n mooi huis hê. En daar begin die mentaliteit van aanspraak (“entitlement”) en die gevolge wat u ervaar. Die rede hoekom jy nie vandag klas kon bywoon nie.

Dr Pieter ·

Mooi so Bob. Niks is verniet nie. As jy nie werk nie mag jy nie eet nie. Ons is nie almal gelyk nie. Almal begin met gelyke geleenthede – wat jy daarmee maak, is jou saak. As jy dan agter raak – moenie kla en begin “demand”nie. Jy het dielfde kans gehad.

chrisp ·

Mooie meisie.(1)
Ek verstaan waar jy vandaan kom,ek verstaan regtig.Jy hoor net eenkant van die saak.
Die probleem is dat jy die ou bedeling net as sleg sien wat dit verseker nie was nie,sleg wel net sleg,geensins nie.As bewys sal ek vir jou se dat by verre die meerderheid witmense wat onder apartheid geleef het dit net so omgekeerd met beide arms sal aangryp(ek se juis hulle want hulle ken die stelsel en nie die propaganda wat tans in die skole opgedis word nie).Dws gee ons, ons eie tuisland (die ou wereld erkende Boere republieke)met ons eie regering laat RSA ons miljoene rande betaal jaarliks en ek dra met liefde ‘n pasboek(eintlik maar paspoort) om in die res van Suiderlike Afrika te reis of te werk.Ja ek sal self sover gaan om die slegte dele van apartheid ook te ervaar in Azanie(of wat sy naam ook al mag wees).Wees verseker as ek die land sleg ervaar gaan ek bloot nie soontoe nie.Hoekom het die res van Afrika hierheen gestroom om “onderdruk”te word deur apartheid ?Dis dan so ‘n geweldige drakoniese beleid? Ek weet waarvan ek praat ek het met die mense vir lank gepraat.Dit was vir ‘n lang tyd my werk om hulle uit die rassistiese alles is sleg RSA te hou.Ek was toe nie baie ouer as jy nie. Hoe kan dit sin maak?

chrisp ·

Mooie meisie.(2)

Dieselfde gebeur in Europa die meeste vlugtelinge haat Europeers, hul lande,kultuur en godsdiens maar hulle stroom soontoe?Waarom nie na die ander Moslemlande net langsaan nie?
Is hierdie mense dan ook masogiste soos die swartman van Afrika was om juis na sy onderdrukker te stroom met groot gevaar en lewens verlies in die pad daarheen?

Verklaar dit, wie kan?

tamboti ·

Crisp ek stem saam, die ou apartheid regering het meer gedoen vir anderskleuriges (met beskikbare fondse) as vandag se regering, uitgesluit sosiale pensioene. En tog is hul die genot van hul eie grondgebied en eie geriewe gegee. Daar was meer orde en minder groeps-spanning as vandag.
Meisie: die volkslied is mooi woorde, net so is die geboue, stratename, beelde, kunswerke institusie en tradisies van ons land, en tog word dit vertrap! Ons land gaan onder want daar is nie respek, wet en orde nie.

Elbie ·

Ons kulture en ‘oeroue’ gewoontes verskil hemelsbreed! Ons KAN NIE dieselfde wees nie, dis my opinie.

Oom Boer ·

Liewe wit, negentienjarige, Afrikaanse meisie : Joue Ouers en opleiding het ‘n goeie opbrengs en fondament in jou geplaas met Christelike waardes en respek. Ons almal sal graag so positief wil bly en optree, maar helaas kan of sal almal nie hierdie strewe kan volg of na uitsien nie, want dit is deurentyd nou al bewys dat daar werklik groot verskille is en altyd sal wees. Ek het Afrikaner bloed in wese en so sal ‘n leeu en ‘n jakkals se bloed dalk ook verskil van mekaar alhoewel sou enige mens of dier ‘n besering opdoen, hy wel sal bloei, maar nie te sê dit dit is van dieselfde gehaltes nie. Tog wil ek jou graag steun in jou denke en die waardige uitkyk na die toekoms, maar dit gesê verwys ek ook na die “Hemelse Vader” en Sy werke wat hy vir ons as mens bepaal. Sterkte meisie, bly positief en die tyd sal leer.

HEVW ·

n Slang se bloed is ook rooi. Die feit dat ons bloed eenders van kleur is maak ons nie eenders nie Verskeidenheid van volkere is Goddelik verorden en daarvoor moet daar agting en respek wees. Wat wel sonde is, is die minagting en disrespek jeens hierdie verskeidenheid. Wat ons Skepper van ons verwag is wedersydse respek en agting en om in ons onderlinge verhoudinge die ruimte te gun om Sy koninkryk gestalte te gee. Allermins is dit Sy wil dat die eiendomlike binne hierdie verskeidenheid vertrap word en dat ons gereduseer word tot kleurblindheid, n gryse wereldmassa.

HEVW ·

Om by te voeg. Om aan Sy koninkryk n ryke gestalte te gee wat die grootheid van ons Skepper en Verlosser bevestig. Die gebod van die liefde is nie alleen op idiwidue van toepassing nie maar is ook vir die verskeidenheid van volkere geldend. Selfs geldend t. o. s. v. jou vyand.

Flippie ·

Liewe meisie. So sag, so onskuldig soet ek hoop jy bly jou lewe lank so vol moed.
Nie soos my meisiekind en seunskinders arme goed. Want sien hul was net soos jy gemaak net van goed. Dit opgehou die dag toe hul pa in die tronk gegooi is op vals aanklagte van ‘n onwettige grondbesetter.

Hul pa is deur ‘n swart selmaat seksueel geteister soos gereël deur die swart polisie.Later is nog n boetie wat op die plaas kom uithelp ook in hegtenis genoem en on die selle gegooi. Hulle het mekssr die res van die tyd beskerm. Die saak sleur voort na twee en ‘ n half jaar en R200,000 aan regskoste.

Die trauma van die pa het hom verander en daarmee saam almal se verhoudinge teenoormekaar. My families het op die harde manier geleer dat daar geen gemeenskaplikheid tussen ons en swartmense bestaan nie.

Dit is jammer maar dit is waar. Ek persoonlik sal nooit weer ’n swartman kan vertou of gemoedelik teenoor hom kan optree nie. En ek was voorheen nooit so nie.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.