Lesersbrief: My ondervinding met Unisa

Unisa (Foto: Gauteng-toerisme)

Lyzanne Roux van Kanada skryf: 

Graag wil ek my Unisa-ondervinding met julle deel. Dit is ’n baie persoonlike en baie hartseer verhaal vir my, want my drome om ’n graad te ontvang, lê nou in skerwe.

In 2013 (ek was 24 jaar oud) het ek by die Universiteit van Suid Afrika (Unisa) geregistreer omdat ek voltyds werk. Ek was baie opgewonde vir wat voorlê en ook omdat dit my ma se ou alma mater was.

Die afgelope vyf en ’n half jaar was ongelooflik stresvol, frustrerend en byna onmoontlik. Ná jare se trane, as gevolg van Unisa se nalatigheid, sal ek nie meer my graad kan voltooi nie.

My ondervinding het die volgende behels:

Dit was baiekeer ’n gespook om betyds geregistreer te kom omdat my punte nog uitstaande was teen die afsnydatum van registrasie. Ná ’n magdom nood-e-posse aan Unisa, waarop: (1) niemand gereageer het nie; (2) ek kennisgewings ontvang het dat my e-pos uitgewis is sonder dat dit gelees is; of (3) ek ’n e-pos ontvang om my mee te deel dat ek die verkeerde persoon gekontak het, was ek telkens verheug indien ek uiteindelik en wel my uitslae een of twee dae voor die registrasiesperdatum ontvang het.

Ek was ’n paar keer “begroet” met ’n 0%-uitslag omdat ek “afwesig was vir die eksamen”. Gelukkig kon ek telkens my bewyse indien – wat op sy beurt ʼn verdere uitmergeling was. Sulke gevalle laat enige mens na aan senu-ineenstortings en in trane… die onbeantwoorde e-posse; die vra van vriende en familie om Unisa namens my te kontak; die verandering van my selfoonplan om internasionale oproepe na Suid-Afrika te kon maak, met meestal niemand wat die telefoon by Unisa (wil) optel nie. Soms, uit die bloute, was ek gelukkig, en kon ek weer registreer.

Ná ’n suksesvolle registrasie, en die oopmaak van jou studentportaal, word jy met ʼn skok begroet deur opdragte wat oor ’n week of minder ingehandig moet word (oor, byvoorbeeld, bewysindiening dat ek wel eksamen afgelê het). Teen dié tyd het my studiemateriaal nog nie eens opgedaag nie, en al is dit wel aanlyn beskikbaar, moet voorgeskrewe boeke ten duurste bestel word omdat dit Suid-Afrikaanse boeke is, en boonop ’n ewigheid duur om in Kanada aan te kom.

Ek sou nog net drie jaar swot om te gradueer. Nou het my hele lewe egter verander! Toe ek in 2018 vir die tweede semester wou registreer, kon ek weer eens nie registreer nie omdat my punte nog uitstaande was. Toe ek uiteindelik my punte ontvang, was die registrasietyd reeds verby. Ná ʼn kwinteljoen e-posse wat nooit beantwoord is nie, het ek maar aanvaar dat ek eers weer vir die eerste semester van 2019 kan registreer.

Groot was my onsteltenis toe ek ’n brief van Unisa ontvang waarin ek meegedeel is dat ek nie aan die kredietvereistes van 2018 voldoen het nie, en as gevolg daarvan nie verder deur Unisa kan swot nie.

Hierdie hele situasie het my hart gebreek. Die laaste vyf en ’n half jaar van tyd, harde werk, toewyding, geld en opofferings, is by die deur uit.

Hier sit ek in Kanada en probeer nou om my krediete na universiteite hier oor te plaas, maar nêrens  word my Unisa-krediete erken nie. Dus, al die jare was geld- en tydmors.

Vir dié wat dit oorweeg om deur Unisa te swot, moenie jou geld of jou tyd mors nie. Daar is absoluut geen kommunikasie en/of korrespondensie nie! Noudat ek alles verloor het, wil ek my storie met ander deel. Ek weet Unisa was al in die media as gevolg van hul swak diens, maar hier is mense se toekoms en lewe op die spel!

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

111 Kommentare

Joan Strydoms ·

Ek het al uit baie monde hierdie hartseer relaas gehoor. Wat nuut is, is dat Unisa se krediete nie deur oorsese universiteite aanvaar word nie. Rerig?

gelukkige een ·

Dan is ekke die gelukkig e een, want Unisa se credits was aanvaar in Australia. Ekke het nou in November aansoek gedoen en my credits het getel.
sterkte

Beslis NIE ·

Nee, UNiSA se grade en krediete word beslis nie wêreldwyd aanvaar nie. Doen jou navorsing oor ‘n spesifieke land se vereistes en kriteria. Doen navraag.

Sommige lande erken glad nie ‘n graad wat deur afstandsonderrig verkry is nie.

Mienks ·

Ek het ook deur UNISA probeer swot maar na duisende rande in die water en geen terugvoering of enige iets nie het ek dit laat vaar,want hulle kantore is ook nrt so behulpsaam soos hulle eposse

Ook gepootjie ·

Ek kan jou hartseer begryp. Ek het jare gelede die Sertifikaat in die Teorie van Rekeningkunde aan Unisa studeer met die oog op die verkryging van die CA – kwalifikasie Ek moes nog net my twee hoofvakke skryf. Twee dae voor die aanvang van die eksamen, is my pa oorlede. Ek en my pa was baie na aanmekaar. Ek kon eenvoudig nie leer nie en het eksamenuitstel gevra. UNISA was so harteloos om dit te weier. Hul redenasie: “As jou pa die dag voor die eksamen gesterf het, sou ons dit kon oorweeg.” Met ander woorde jy mag ‘n paar ure rou. Ek word nou nog naar as ek UNISA se naam hoor. My vrou spoeg in hul rigting wanneer ons by die gebou moet verbyry. Baie sterkte! Probeer ‘n ander universiteit in ‘n ander land. Bly liewer weg van SA universiteite wat geen status meer in die buiteland het nie.

Jeandre ·

Ek is besig met die selfde padjie met Damelin! Ekt in 2017 my laaste eksamen geskryf en wag nou nog vir my Diploma.

Eposse word nie beantwoord nie, die call centre eskaleer net my versoeke.

Moedeloos verby!!!

Renèe Potgieter ·

My dogter het dieselfde ondervinding met Damelin gehad. Geregistreer vir haar laaste eksamen. Opgedaag en is meegedeel daar is geen registrasie nie. Na ‘n nagmerrie gesukkel (gelukkig het sy haar dokumente byderhand gehad) laat hulle haar toe, ‘n halfuur nadat die res reeds begin het. Dink jou die stress in, en dan moet jy koelkop begin skryf.
Toe begin die ellelange gewag vir die diploma. Navrae het behels ‘n persoonlike besoek aan die kantore in Port Elizabeth en Kaapstad, na talle oproepe ons nêrens gebring het nie. Kennis wat daar werk het probeer help, no joy.
Uiteindelik die volgende “geen bewys van betaling vir die kursus”.
Einde ten laaste ‘n prokureur gaan sien met die nodige bewyse. Hy het ‘n advokaat in Kaapstad(weens die feit dat die hoofkantoor blykbaar daar is) aangestel. Gesamentlike onkoste vir die twee was R12 000.
Twee jaar later die vergalste diploma ontvang. Damelin is pateties verby.

Marinda ·

Ai dit is al te bekend. My seun het self 3 jaar met Damelin gestoei. Studie materiaal word nie gestuur nie. Eksamen uitslae word telkens verloor maar word wonderbaarlik gevind nadat ons as ouers weier om verskonings te aanvaar. Swak swak swak….

Charms ·

@Juandre….dieselfde hier. Sukkel ook nog om 2017 diploma te kry.

Tylene ·

Ek sit met dieselfde probleem. Ek is nou wel nie in die buiteland nie, maar ek raai ook almal af daarvan om deur UNISA te studeer. Ons kry geen ondersteuning van hulle nie. Antwoord geen eposse nie en antwoord nie eers oproepe nie. Maar sodra daar R1 uitstaande is dan wórd alles van ons weg gehou want ons skuld hulle geld. Ek maak die jaar klaar met my studies by hulle en ek het myself belowe om NOOIT weer deur hulle iets te studeer nie.

Manda Martins ·

Dit is ongelukkig hoe dit nou hier gaan, as jy dreig om die plek af te brand is ek seker sal na jou klagtes gekyk word, ek deel jou simpatie ek het ook met UNISA eindelose dramas gehad met die kinders wat gestudeer het, al wat ek kan se dit is goed dat jy nie meer in SA is nie, terwyl ek hier tik antwoord ek ‘n oproep van een van my groot kliente wat oppad is Australia toe, want vanoggend se nuus maak dit nie meer moonltik om ‘n besigheid te kan begin in SA nie.

MONIQUE ·

Laasjaar dieselfde probleem gehad. Ek het my registrasie gedoen en betaal.September toe ek my assignment wil indien vir Biology toe sien ek my vak is gestaak due to financial. Toe ek hulle bel na n hele paar probeerslae vertel die mense van Unisa dat ek nog R180 uitstaande het toe kanseleer hulle my vak. Geen epos ontvang niks nie . Toe ek hulle vra of hulle my net kan akkomodeer en dat ek die geld dadelik sal betaal toe word die persoon se stem hard en skree dat hulle nie vir my kan help nie want dan moet huulle dit vir almal doen (ten spyte van 2 uitgestelde eksamens as gevolg van stakings om die stakende studente toe te aat om te skryf). Ek is nou halfpad deur en gaan deur n ander instansie my meesters doen. Gatvol verby.

Zanelle du Toit ·

Ek stem absoluut saam met die bogaande, altans het ek na my Bcom Regte graad besluit om my L.LB dwwltyds deur UNISA tesame my artikels gelyktydig voltooi. Ons was bloot geregistreer op aanvaarding van ons matriek reeultate en was as eerste jaars geag totdat ons krediete aan ons verleen was. Ek het immers eers na ‘n jaar en ‘n half, na duisende e-posse en uiteindelik die 150km versoek aan die kampus self my krediete ontvang. Ek kon ook nie registreer vir my tweede semester nie en moes ook sukkel om al my take in kort tydperke te voltooi en ek moes handboeke dwars leen met ander studente omrede myne eers laat bestel kon word. Ek was belowe dat ek met twee addisionele vakke my graad kan voltooi. Tot op datum en nog 100 eposse later het ek ook steeds geen terugvoering welke ek graad vang definitief of nie. Registrasie het ook al lankal gesluit. Besoeke aan die verskillende instellings is van geen nut ten aansien daar ook maar net eposse van hul kant af versend word. Mens moet altyd afvat en gaan baklei as student om enige iets daar reg te kry. Op dag bekommer ons as studente in my posisie ons dood omrede die kurrikulum verander het en die vereistes om graad te vang het weer verander. Ons doen egter op die einde van die dag baie meer vakke en betaal uit ons ore vir ons studies omdat ons veronregverdig word mbt ons graad.

Mariette ·

Aai mens, Ek kan net dink hoe veeleisend al hierdie gebeure moes wees asook hoe hartseer en gebroke Jy tans moet voel, weet al verskeie jare dat Unisa se punte nie meer in die buiteland geakkrediteer word nie. Het Jy geweet dat self sou Jy jou graad kry by Unisa dit ook nie geken of aanvaar word nie. Troos jouself daaraan dat jy ten minste Jouself dáárdie hartseer en frustrasies spaar.
Graag wil Ek net vra, waarom het Jy nie eerder daar in Kanada van die begin af eerder studeer het nie?

Elna ·

Selfde bootjie met Technisa en die Dept van Hoer Onderwys en Opleiding. Wag nou al 5j vir my N4, N5 en N6 sertifikate, kan dan eers aansoek doen vir die Nasionale Diploma. Ek het Meganiese Engineurswese Diploma probeer bekom….het als geslaag….maar ja…dit beteken nie jy kry nie. Die Department het elke keer n verskoning en niemand weet wat aangaan nie. Ek het opgegee……

Charne ·

Jy kan appelleer teen die feit dat jy nie meer kan leer agv kredietvereistes wat nie behaal is nie. Jy email net n form wat jy op unisa se website kry, waarin jy jou redes gee hoekom jy nie jou kredietvereistes gehaal het nie en dan meeste van die tyd keer hulle dit goed en kan jy weer registreer.

Louie-marie ·

Dieselfde ervaring met Lyceum gehad……. op die dag dat ek my studie materiaal ontvang het (nadat dit omtrent 3 maande laat was en ek ook talle e-posse en etlike 100e oproepe gemaak het) skakel ek my studente adviseur om haar 1) te bedank dat ek uiteindelik my studiemateriaal ontvang het en 2) dat ek wil hoor of dit moontlik sal wees om my indien datum vir my 1e taak uit te stel, want die datum sou binne 2 dae wees en ek het pas my boeke ontvang. Waarna sy my toe andwoord dat ek al 9 take moet inhe teen einde Mei van daardie jaar (ek het my boeke die 1e week in Mei ontvang) sodat ek eksamen toelating kan kry. Nou kyk, ek kan vinnig werk, vrek vinnig as ek moet, maar 9 take in 3 weke??? Wel om n lang storie kort te maak ek kon netsowel met my broodblik of yskas gepraat het inteendeel, ek sou dalk ‘n meer suksesvolle gesprek gehad het…..nodeloos om te sé, het ek toe ook maar my 2e jaar van studie gestaak, want geen mens kan 9 take indien in 3 weke en studeer om Junie (2 maande na jy jou JAAR) se boeke gekry het, eksamen ook nog te skryf oor dai einste 9 vakke nie!!!

Sybrand Swart ·

Ek het my graad deur Unisa gedoen en is besig met Honeurs, ek moet se nie almal het dieselfde ondervinding met Unisa nie, en ek het n 90% positiewe ondervinding. Maar daar is die 10% negatief. Om een of ander rede het ek ondervind om in te gaan en dinge by Unisa uit te sorteer baie vinniger gaan as om te email, so ek bly in Pretoria dit is baie maklik vir my dit is ongelooflik moeilik om deur die email proses te gaan iets wat my 5 minute vat om uit te sorteer as ek fisies ingaan vat soms weke met epos. Die persoon is ook nie sonder skuld nie daar is dinge waar aan jy moet vol doen, soos n sekere hoeveelheid vakke wat geslaag moet word om aan te kan gaan en ek het nie n probleem daar mee nie en as n student moes hy daarvan geweet het. Ek dink nie alles is verlore vir hom nie, hy behoort n vertoe te kan rug dat hulle sy situasie kan bekyk. Soms is daar ander kreteria wat jy net moet aan vol doen om aan te gaan. Moet nie net handboek ingooi nie. Sterkte

Carolin ·

Ek is al ‘n UNISA student van 2002 af en het nog altyd verskriklike goeie diens by hulle gekry. Ek het eers BA Kommunikasiekunde geswot en nooit enigsins gesukkel om handboeke in die hande te kry nie. In 2015 het ek ingeskryf vir BA met Argeologie as hoofvak en het niks minder as uitstekende diens gekry nie. Om die waarheid te se, minder as ‘n week nadat ek geregistreer het, het ek my studiemateriaal ontvang. Semester na semester.

Die enigste keer dat ek bietjie ongemaklikheid ervaar het is toe ek verlede jaar aansoek gedoen het om goedkeuring vir Honneurs, en nou nog nie my goedkeuring gekry nie. Maar ek is ook nie seker of dit ongewoon is nie omrede registrasie eers in Maart sluit. Ek moet darem se ek het al korrespondensie ontvang dat dit aandag geniet.

Ek is regtig jammer vir diegene wat soveel probleme ervaar met UNISA want my ondervinding is net positief. Al my navorsingsmateraal is aanlyn beskikbaar en die biblioteekaresses is uiters behulpsaam.

Probeer alles in julle vermoe om deur te dring tot die administratiewe afdelings. Ongelukkig is nie almal van ons in staat om by buitelandse institute te studeer nie maar as ek kon, sou ek ook. Dus, as jy daar bly, probeer by ‘n universiteit in jou omgewing registreer. Dit maak alles net makliker. Ek bly ook in PTA dus kan ek ook gou uithol en probleme gaan uitstryk.

Alles van die beste.

Shanike ·

Ek is bly om te sien hier is mense wat wel opkom vir UNISA. Elke jaar wat ek deur UNISA gestudeer het was sover ‘n reuse sukses. Al die redes wat in die bogenoemde artikel verskyn, het oplossings. Meeste van die tyd moet jy net jou UNISA gids en jou tutorial brief lees om al die antwoorde te kry. Hulle kan soms stadig wees met uitslae en studiemateriaal, maar alles is aanlyn beskikbaar na jy jou registrasie gelde betaal het. Mens kan ook registreer self voor jy jou uitslae het. UNISA vat baie lees werk, maar ek kan ook sê dat hulle wel voorsiening maak vir mense wat werk. Ek is baie gelukkig met UNISA.

Adri ·

Oor die erkenning van UNISA se kwalifikasies ken ek ook ‘n stuiwer in die armbeurs gooi. Ek het in die 90’s Kommunikasiekunde III NGD) daar voltooi en toe ek Honneurs by PU vir CHO wou doen, moes ek ook hoor dat ek eers Kommunikasiekunde III by die PUK sal moet herhaal, al het ek vroeër ‘n BA-graad (PU vir CHO) en ‘n B.Th-graad (US) behaal.

Leon ·

Geen probleem met Unisa nie. Beste is egter om self in te gaan en dinge daar uit te sorteer. Ek weet nie almal kan dit doen nie maar ja dit is die beste. Ek het nog altyd geholpe geraak en daar is ‘n mense wat hard werk by Unisa. Moenie veralgemeen nie. Dit is soos enige besigheid of instansie. Jy kry of ‘n goeie of slegte ervaring. Dit is hoe dit werk in die lewe.

Gaitsigubib ·

As ek so na die kommentare kry is jy die enigste ou met n positiewe ervaring. Outhou mense swot juis deur die pos omdat hulle nie kan ingaan nie. As jy die hele tyd kon ingaan waarom het jy nie by Tuks geswot nie?

Marianne ·

My dogter is ook nou so moedeloos….hulle se sy het nie genoeg krediete nie…maar volgens haar staan dit op hulle website dat dit wat sy het genoeg is….nou Moet sy appelleer….en dit neem tyd …tyd wat sy al kon leer….sy is lus en skop op…..en ek as ma moet haar moed inpraat….sy het hard gewerk om self haar studies te betaal en iets van haar lewe te maak….

Léneace ·

Unisa is n SKANDE VIR SA!!!!
Ek het 2018 n kwalifikasie voltooi en kan in 2019 nie my graad doen nie.
Ek het in 2018 tydens die applications period aansoek gedoen en terugvoer ontvang op 7 Dec dat hulle vir my finale eksamen punte wag.
Ek het op 15 Dec my laaste punte gekry en verneem hulle sal my aansoek weer na gaan.
Toe registrasie oopmaak in 2019 kon ons eers nie die kampus besoek nie weens betoging, 22 Januarie het ek Unisa toe gegaan van 14h40 tot 17h35 in n ry gesit net om voor te kom en by die man te hoor “ai someone didn’t do their job, they had to reapply you, I applied you now you need to wait and see if they have space left” die registrasie sou 25 Januarie gesluit het, hulle het dit na 31 Januarie verleng en op 28 Januarie het ek n email ontvang wat se daar is nie plek vir my die jaar nie.
Danksy iemand wat nie hulle werk gedoen het nie.
Dit was my 5e keer wat ek onsuksessvol by Unisa was ek het in 2018 die kwalifikasie gedoen wat Unisa voorgestel het ek moet sodat ek my Onderwys graad kan swot en nou is daar skielik nie plek nie.

AdB ·

Dis tragies. Het gedink ek was die enigste victim. Ek het ook 6 jaar se swot verloor, het nou niks om daarvoor te wys. En dit alles oor ek geen kommunikasie kon kry uit Unisa nie. En daar bestaan nie internasionale support nie!! Wat nog van nasionaal!!!

Mel ·

Niemand wil jou aanstel as jy deur UNISA geswot het nie. My vriende se seun sukkel al vir 3 jaar om werk net as klerk te kry na hy LLB geswot het. Jy mors jou geld en tyd.. jy kan nie pieangs met pawpaws vergelyk nie . Dis v UNISA net geldmaak en verder beteken die graad net mooi niks vir jou nie.

Linda L ·

Jammer om te lees van jou frustrasie met Unisa. Ek sou egter aanbeveel dat jy nie al d geld en moeite in d water gooi nie. Probeer jou graad voltooi. Jy moet net by d regte persoon by Unisa uitkom. Stuur epos aan Riekert Liebenberg – hy is in beheer van internasionale studente, soos jy. Alle probleme sal dadelik opgelos word.
Ek het in 2017 my LLB graad voltooi deur Unisa, en is tans 2de jaar in my LLM, steeds by Unisa. Ek het in d meer as 5 jaar geen probleme gehad wat Riekert nie dadelik kon uitsorteer nie. Jy kan sy epos adres kry op Google.
Baie sterkte, en druk deur met jou studies!

Miskien was ek lucky ·

Ek het my Bcom Honneurs, LLB asook ‘n nagraadse sertifikaat by UNISA voltooi. Ek het regtig nog nie ‘n dag se moeilikheid gehad nie. Miskien was ek lucky, weet nie. Maar ja, sterkte aan ander wat dalk nie so lucky was nie.

Vinoliah ·

Ek voel nes jy hier…. Ek kan ook nie my graad klaar maak nie, omrede deur “limited space”. Maar al het ek die eerste dag vandat die aansoek oop is, aansoek gedoen. Ek was woedend! Dis nou my 2de jaar wat ek nie kan inkom by Unisa nie. SWAK VERBY! Nou moet ek maar by ander universiteite aansoek doen.

Nicolene ·

Vandag deel ek so in die persoon se frustrasie en teleurstelling. Moes vanoggend weer so baklei om net te hoor waaroom hul steeds nie my akademiese rekort verander het na completed – wag nou langer as 8 weke vd audit en agv dit kon ek nie registreer vd semester nie :-(

Meneer Arrogansie was weer baie slim wat my oproep geneem het na omtrent 25 minute se aanhou en my vertel ek moet geduldig wees… regtig? Hoeveel meer kere moet ek gesuldig wees??

Patetiese diens en onnidige frustrasie van UNISA. Dis onaanvaarbaar!

Jacqueline ·

My dogter het nou ook ‘n stel afgetrap. Sy het haar studies voltooi. Gewag dat dit geoudit moet word. Sy het nou email ontvang wat sê sy het 4 vakke in die verkeerde stroom geneem – terwyl sy toegelaat was om dit te doen – en nou het sy nie meer haar 30 vakke voltooi nie. 4 vakke nou non degree purpose en sy moet nou 4 vakke oorneem. Sy kry die uitslag nou eers nadat sy Oktober haar laaste vak geskryf het en nou te laat om te registreer. Ek dink dit is bitter onregverdig. Unisa breek die moed en deursettingsvermoë van studente. Dit is nie maklik om voltyds te werk, deeltyds te studeer, jou alles te gee, uitsien na ‘n werk in jou rigting nie en dan maak UNISA dit onmoontlik. Kan iemand nie hierdie jong mense help om dit uit te sorteer nie? Plaaslik kan Unisa personnel nie help. Jy kom nie deur as jy skakel nie. Onaanvaarbaar!

Gerhardus Visser ·

Vat jou saak na Argiforum toe , hulle het ook hulle eie privaat Kolleges.

Estie ·

Ons het dieselfde probleem gehad met my seun. Hy het LLB deur Unisa gedoen en middel 2018 het Unisa skriftelik bevestig dat hy voldoen aan al die kriteria om sy LLB graad te behaal – net om ‘n week of wat later ‘n e-pos van hulle te ontvang wat sê dat hy nog een vak kort. Nodeloos om te sê, hy moes maar weer registreer vir die vak. Die dame wat vir hom laat weet het dat hy aan al die vereistes vir sy LLB graad voldoen, het skynbaar ‘n “fout” gemaak en is glo oor die kole gehaal – vir wat dit werd was – my seun het maar net nog ‘n semester verloor.

Carla ·

ek het by Unisa studeer, my graad in 2011 gerky. My graad word oorsee erken, ek moes wel deur n proses van erkenning gaan. Ek werk tans in Duitsland

Charles ·

Geagte Lyzanne, ek is baie jammer vir jou, en DEEL jou hartseer, EN IS OOK JAMMER DAT DIE EENS SPOGGERIGE TERSIERE INSTANSIE WAT EENS UNISA WAS; BESIG IS OM DIE GEBRUIKLIKE S.A. KREEFTEGANG VAN VERVAL EN VERWOESTING TE ONDERGAAN – MENS SOU DINK DIE STREWE NA KENNIS SOU VRY WEES VAN POLITIEKERY EN VERVAL -HELAAS NIE. Dit is die pad wat ALLE STAATSINSTANSIES GAAN VOLG- MET PUKKE WAARSKYNLIK DIE ENIGSTE LIGGIE VAN HOOP IN DIE WOESTENY!!!

Wessel ·

Agteruitgang van Unisa is n bitter pil vir baie oud-studente, ek inkluis.

Mia in Taiwan ·

Jis ek voel jou pyn – oorwegend laat Unisa se admin maar min te wênse oor. Ek het my BA graad en PGCE albei deur hulle gedoen vanaf Taiwan. Ek spot altyd en sê mens het ‘n graad nodig om met Unisa te kan registreer!
Maar noudat mý 5 jaar van studeer deur Unisa verby is, het daardie einste kwalifikasies my in Australia ingekry. So ja, adminisrasie is nie Unisa se sterkpunt nie, maar die kwalifikasie is wel die geld en tyd werd in die buiteland.

Tobie Klarens ·

Moenie julleself bluf nie. Unisa is maar aanduidend van hoe dit in die land gaan, en die ander universiteite, is nie veel beter nie. Inteendeel, daar is nog erger.

WJ ·

As mens dan nie by Unisa na ure kan studeer nie, waar kan mens in SA?

Edrick ·

Al gehoor van Akademia? Dit is nou my derdejaar by hulle en ek is ongelooflik tevrede met alles wat hulle bied. Vinnige en behoorlike tegnologie, klas in Afrikaans, blits vinnige admin en vriendelike dosente en personeel!

Barend ·

Ek stel voor jy skyf in deur Potch as hulle die kurses aanbied oor die pos. Hulle besigheid is baie beter en is die 2de grootste universiteit in SA. Hulle sal jou alk krediete gee vir die Unisa vakke as jy dit kan kry. Sterkte en moet nie dat hulle jou spoed breek nie

Charmain ·

Ek is nie so Seker dat die person krediet Vir Al die vakke Gaan kry nie, ek wou so twee jaar terug skuif na Vaal Pukke en is meegedeel dat die kurrikulums verskil van sekere vakke en dat ek sit so moes oordoen. Ek het maar by UniSA gebly.

Maretha Spangenberg ·

Al wat sy moet doen is om weer aansoek te doen? Sy gaan aan asof dit die einde van die wêreld is! Ja die diens was power, maar sy kan nogsteeds swot. Ek het vir ‘n jaar nie geswot nie so ek het ook nie aan die krediet vereistes voldoen nie. Ek het weer aansoek gedoen om te registreer. Toe laat weet hulle my aansoek is goedgekeur en toe registreer ek. Ek swot tans sonder geen probleme.

Therese ·

Maretha Spangenberg

As jy noukeurig lees, sal jy opmerk dat sy wél probeer het om weer te registreer, maar na vele pogings steeds geen reaksie gekry het nie.
Haar ondervinding, asook die res van die kommentare hier, is geneog om my te oortuig dat Unisa se kommunikasie met studente veel te wense oorlaat, baie soos jou gebrek aan empatie.

Gerhard ·

Persoonlik dink ek jy kan jouself ‘n guns doen en van dag een af by ‘n oorsese universiteit aansoek doen. Vergeet van Derdewêreld opleiding.

Anoniem ·

Dit is hartseer, ek het in dieselfde bootjie gesit…..hulle het geweier om te help.

Carla ·

Ek het geen ooghare vir UNISA nie.
Hulle hou ‘n pos as Afrikaans-lektor waarvoor my (hoogs gekwalifiseerde) swaer aansoek gedoen het, ongevul omdat hulle ‘n “transformasie-kandidaat” soek. Die pos is tot vandag toe nog beskikbaar, maar hulle weier om die werk vir hom te gee omdat sy velkleur verkeerd is.
As hulle poste gevul het op grond van meriete, is ek seker die administratiewe sy van die universiteit sou ook gladder loop.
Hoe jammer!

Andréas ·

Dis vreeslik om hieroor te verneem. Dis mense se drome hiér aan skerwe. Geld is een ding maar die verlore tyd om net ordentelike werk te kry, heel ‘n ander saak. Kan Akademia nie asb hierdie persone help met erkenning en voortsetting by hul nie? (Besef enkele hoofstroom studierigtings kan dalk nie versoenbaar wees nie maar ons weet dié wil om te help en akademiese voortreflikheid gaan beslis professioneel wees). Moed hou en vertrou jul kan waarskynlik elders gehelp word! Soli Deo Gloria

Marius ·

Lyzanne. Ek lees wat jy skryf en dit is werklik nie goed nie.Ek weet nie wat jy gestudeer het nie, maar jy moet asb nie toelaat dat dit jou drome verbrokkel nie!

Ek het ‘n B.Sc[Ed.]-Honneurs in Rekenaarstudie aan Tukkies gedoen in die 80’s. Ek kan nie my tyd met joune vergelyk nie, ons praat van 2 verskillende tydgleuwe. Gaan na ‘n ander Amerikaanse of Kanadese universiteit en al moet jy gedeeltes oordoen, doen dit. Ek gaan vir jou iets aanhaal:-

” Leaders Don’t Fix Problems, They Turn Them Into Opportunities. There’s a difference between fixing a problem and refashioning the problem into something that reaps rewards later on.”

Jy is ‘n leier en jy het die vermoens om wel te presteer en jou lewensdroom te bereik. Kyk vorentoe en dit wat agter jou is water onder die brug. Jou toekoms is baie meer werd as jou verlede!
Sterkte en alle voorspoed met jou nuwe lewe in Kanada.
Aussie Marius

ilse janse van vuuren ·

Net so slegte ervaring met die van die Vrystaat gehad. Hulle het sommer my kind se kursus verander aan die begin van haar tweede jaar. Nou moet sy ‘n ander graad klaar maak as die een waarvoor sy ingeskryf het. Absoluut belaglik. Hul verweer…. dit is haar eie verantwoordelikheid om seker te m/
aak sy het die regte vakke. Dit word dan voorgeskryf!!!! Wie is jy om te stry

suez ·

WAT ‘N PATETIESE SPUL!! My dogter ook omtrent moes wag tot paar dae voor registrasie die jaar vir haar uitslae van vakke geskryf vl jaar November en dosent nie punte deurgegee het nie.My dogter net so gesukkel om te registreer fisies self in BLOEMFONTEIN BY KANTOOR SELF,van bakoord na suurooed hen n weer gestuur gewees net omdat hulle te lui is om te werk.

John ·

Ek wil jou bedank vir jou ope brief :::

Ons probeer om my Dogter in te kry by Unisa, ons het reeds “probleme” ondervind ::: Die beaam wat ons vermoed … Unisa is nou heeeeltemal useless :::

Bly weg ·

As jou dogter onderwys wil swot oorweeg Embury, goeie mense hoe kwaliteit en veilige kampusse!

Beth ·

Skryf met gemoedsrus by PUKKE in. Ek is in my 4de jaar en kan net met lof van hulle praat. Hulle UODL departement gaan uit hul pad om mens te help. Nog nooit ñ probleem met registrasie of puntestate gehad nie. Hulle het fanstastiese administratiewe personeel. Jy doen ñ graad wat jy weet jy gaan kry!

Marinda ·

Ai Lyzanne, dis regtig jammer dat jy deur dis moet gaan. Dankie vir jou brief (en die soveel ander mense wie ook hulle ervaringe deel via die kommentaar). Moenie dat hierdie slegte ervaring jou van studeer afsit nie. Kyk na universiteite in Kanada of goeie, geakrediteerde afstandsonderrig universiteite in Amerika. Sterkte!!!

Weergawe ·

Hoe kan ek die dame in die hande kry?
Ek was in dieselfde situasie, kan haar help om
weer aan te gaan.
Groete

Antonio Sonelli ·

Ons het soortgelyke ondervinding gehad met totale onbevoegde swart personeel. In gesprekke met hierdie mense het dit voorgekom asof dit bloot mense wat van die straat af aangestel was. Hopeloos onbevoeg. Ek raai al vir jare mense af om by unisa te registreer. Dit het n regte bos universiteit geword. Wat n gemors. Ek moet sê terwyl Jansen by kovsies was het dit ook nie veel beter gegaan nie.

Jana ·

Jy vat die woorde uit my mond uit! Ek het meer ure by Unisa spandeer in die rye as my lewe op aarde! En dit net om hulle foute uit te sorteer. Ek was talle kere beskuldig daarvan dat ek die bewyse nagemaak het, nadat hulle my vraestel verloor het (wat is die punt van hulle eksamen-bewyse dan as hulle net eenvoudig kan sê “you falsified it”?). UNISA se kliëntediens is non-existing en daar is GEEN empatie met hulle studente nie.

Yvonne Venter ·

Ek het einde verlede my graad aan Unisa verwerf. Ek het nie een keer in die vyf jaar die probleme ervaar waarvan die skrywer of ander oor kla nie.

Vorige lektor by Unisa ·

Als wat jy hier se is waar! Unisa het n kriminele instansie geword, mag die Here geregtigheid laat geskiet!

Engela de Klerk ·

My man het deur UNISA geswot, maar baie jare terug en daarna in Amerika, by ‘n baie goeie universiteit. Hy het nie probleme in Kanada gehad nie, maar ek sou voorstel jy doen onmiddellik aansoek om van voor te begin in Kanada en jy kan geholpe raak deur ‘n hele paar Regerings hulpfondse, as nuweling in die land. Moet NIE gaan lê en jouself bejammer nie.

Rosari Sales ·

Ai ai.
Carte Blanche – hier is nog n storie vir julle, want ek dink nie jy is die enigste een nie. Dis omdat ons net dinge los en dink daar gaan niks gebeur nie dat als is waar dit is in ons land. Baklei met als wat in jou is en nog meer – jy kan dit nie net daar los nie. Sterkte en ek hoop regtig jy kan als uitsorteer.

Reinet ·

My presiese ondervinding met Unisa. Ek het jare gelede graad gevang by Tukkies maar wou graag iets anders deeltyds studeer. Na maande se gesukkel en geen kommunikasie van Unisa se kant af, het ek gelukkig moed opgegee. Ek sal geensins aanbeveel dat enigiemand probeer studeer deur Unisa nie.

Antoinette ·

UNISA se kwalifikasie B.Ed (Hons) word nie meer aanvaar in sommige lande nie. Menige mense het hul onderwys poste verloor in die midde ooste wat UNISA kwalifikasies het, selfs na jare se diens. My broer is aangeraai om nie eens melding te maak dat hy sy Hons graad deur UNISA verwerf het nie. Bly weg.

Deon ·

Lande in die Midde Ooste is oor die algemeen baie skepties indien mense met SA kwalifikasies aansoek doen vir werk.

Annalise Nieuwoudt ·

Unisa is pateties. My seun het ook n bloutjie geloop nadat hy eksamen geskryf het en toehy navrae doen, het hul geen punte nie. Duisende rande daarmee heen!!!

Mariska ·

Dan ag ek myself een van die gelukkiges! Ek het 4 jaar LLB geswot deur Unisa en nie eenkeer n probleem gehad nie. Punte altyd betyds en reg en registrasies sonder enige hick ups. Na my gradeplegtigheid het ek ook sommer vinnig my reference letter gekry om my klerkskap te registreer. Ek het in 4 jaar nie een keer nodig gehad om in te gaan of te bel nie. Ek is jammer om van jou aaklige experience te hoor! Dis nie aanvaarbaar nie!

Louis ·

Ek het ook n lelike stel afgetrap met UNISA met musiekstudente wie se musiek teorie vraestelle deur hulle ontvang is en die kinders net nooit hul uitslae gekry het nie. Na vele navrae is die kinders versoek om hul eksamen maar oor te skryf want die antwoordstelle is verloor. Wat n traumatiese ervaring vir hulle. Harde werk net so weg en hulle moet maar oorskryf. Ek is diep teleurgesteld in die sisteem.

Tania ·

Dit is hartseer as mense sulke slegte diens ervaar. Ongelukkig het Unisa te veel studente en nie genoeg personeel nie. Met die call centre diens wat weggeneem was laat dit egter ‘n groot leemte want studente weet nie meer waar om te bel vir hulp. Onthou daar is ‘n ombudsman wat studente klagtes hanteer

SouthAfri-CAN ·

Jammer Lyzanne- moenie opgee nie! Ek is ook in Kanada en studeer online by ITSligo – ek het al ‘n paar Suid-Afrikaanse name op die klaslyste gesien. Hulle is goedkoper as Kanadese inrigtings en word wel in Kanada erken. Studentediens is puik, alhoewel ek al 5:30 am moes eksamen skryf omdat hulle nie baie buigbaar is met die tydsone verskil nie.

Miekie ·

Vergeet van Unisa. Skryf in by Akademia. Dis unisa in Afrikaans, internasionaal aanvaarbaar en absoluut puik. Het Saterdag aand aansoek elektronies voltooi en Maandag oggend 10:00 het ek my studentenommer, klasrooster, handboeke lys, uitnodiging na orientering en n email van my SK ontvang. Onverbeterlik.

Leone ·

Ek het so gesukkel om n “amptelike” kwotasie by hulle te kry op hulle briefhoof, aangesien my werkgewer die rekening nie sou betaal het daarsonder nie. Na etlike eposse en besoeke aan hulle tak in Potchefstroom, kon ek nie reg kom nie. Ek het toe besluit om nie verder met hulle te sukkel nie en my studies te kanselleer. Wel, surprise surprise, ek kry n epos van hulle om te sê ek kan nog registreer, dat hulle die keerdatum vir deposito uitgestel het! Hulle kry eenvoudig nie die boodskap nie. Die ergste van alles, ek het reeds 2 kwalifikasies deur hulle voltooi. Hulle diens het so erg agteruit gegaan. Hulle sien my nooit weer nie!!!

Lulu ·

Ek is besig om dieselfde pad met Unisa te loop. Ekt regestreer om die jaar te swot. Eers kon ek niemand in hande kry oor kostes ens, geen telefoon word beantwoord, geen epos word beantwoord. As jy perongeluk deurkom, is dit sekuriteit wat antw. Eerste assignments moet begin Maart in wees. Daaf is nog geen studiemateriaal gelaai op webtuiste….niks! Weereens….kry ek geen antw. Ek hou vir omtrent 1 en half aan per keer vir call centre, net om te hoor hul kan nie help. Belaglik. Pateties. Ek weet nie eens watter boeke om te koop.

Thes ·

Ek het een kind met onderwys graad deur Unisa. Moet bysit n hele paar jaar terug. Daarna wou my man verder studeer. Maar het moed opgegee. Koni kla oor diens want daar was geen diens

Shannon ·

Doen `n search op FACEBOOK vir “complaints about unisa” en hoor die smart.

Spikes ·

Ek het ‘n tyd terug op tv gesien jy kry grade te koop vir so min as R1500-00.
Vind uit by van die ministers.

Banie Smit ·

Ek het my studie aan Unisa voltooi aan die einde van 1977. Na 4 jaar. Toe was Unisa nog een van die top universiteite in die wereld. En nou> Kyk net wat het gebeur. Ek het selfs nog ‘n Unisa-baadjie maar sal nie waag om hom nog in die openbaar te dra nie. Maar sterkte Lysanne. Ek hoop jy sal iewers elders regkom.

Johannes ·

Tot dusver het ons goeie diens van UNISA gekry, maar my kind is nog in die begin van haar studies. Sy het gelukkig reeds haar studiemateriaal ontvang. Tog is al hierdie kommentaar meestal erg verontrustend…

George van Bloem ·

Veilig om te se die instansies is,soos baie ander in die piesangrepubliek,suksesvol getransformeer.Viva transformation.Thank you ANC. Elke ding wat suksesvol is en werk MOET mos afgebring word na die algemeen aanvaarde patetiese Afrika derdewereldse standaarde.

Anti Unisa ·

Het nog een vak gekort om my Bth graad te voltooi . . . skielik word die hele graad kurses se vakke verander, ek moet nog 2-3 jaar studeer voor ek graad kon kry, afgeskryf as ‘n duur lewensles!

Kuhgirl ·

Jy is veronderstel om onder die reglement wat jy aanvanklik geregistreer het (insluitend graadvereistes), te kan afstudeer. Dit is hoe dit gewerk het toe ek 10 jaar terug by UP doseer het. Maar dinge het seker intussen daar oor verander.

JohanL ·

My seun wou deur Unisa sy Nagraadse Onderwys Sertifikaat studeer in 2014. Fisies ingegaan om te registreer. Toe hy begroet word deur ‘n beampte wat op sy 10de nekwerwel agteroor rus in sy stoel met ‘n nors gesig wat duidelik die boodskap uitstuur “ek wil jou nie eintlik help nie”, het my seun eenvoudig omgedraai en geloop.

Ons het toe deur e-posse die NWU genader en hy het uiteindelik deur NWU se afstandonderrig sy NGOS voltooi sonder enige probleme. Inteendeel die e-posse was altyd vriendelik en vinnig beantwoord en die mense by NWU wou help.

Bly weg van Unisa asb mense. Dit is seker ongelukkig nie altyd so dat jy ‘n ander opsie het nie. Maar kyk gerus eers na ander opsies.

EX-Unisa werker ·

Ek kan 100% beaam wat Lyzanne hierbo skryf. Ek het vir 12jr vir Unisa gewerk. Sedert BBBEE ingestel is, het alles verander. Voete word gesleep, ons blankes moet werk dat dit klap; tee en etenstye word NIE oorgeslaan nie, ook nie selfoontye nie. Die unies storm in en dan los almal hul werkstasies om te gaan hoor wat weereens die probleem is . Alles word uit verband geruk en word as rassisties gesien. Punte word toegeken aan die minder bevoorregtes vir ‘netjiese’ werk!! veral as dit getik was. ‘Siekverlof’ word geneem asof dit hul ‘reg’ is. Jammer maar dit is die waarheid. Dan ‘hoor’ ons die volgende dag hoe kollegas gaan fliek het. Ag dis te lekker, ek moes daar gebly het. If you can’t beat them, join in!

Student ·

My vrou het ‘n paar jaar gelede haar Post Graduate Certificate in Onderwys deur UNISA geswot. Ek kon agterkom dat die een dosent (van midde-Afrika?) geen woord Afrikaans magtig was nie, en punte uit sy duim gesuig het. Andersins geen probleme nie.

VanAfrika ·

Ek het ook verlede jaar deur Unisa geswot. Toe die universiteit op het hull vir twee maande gestrike. Ons het minimum tyd gehad om projekte in te gee. Jy kon nie een tutor op hul webtuiste in die hand kry nie as jy n vraag gehad het nie. Ek dop toe een vak. Tweede semester het ek geen inligting wat op my studente nommer gewoonlik vir my gegee word gekry nie. Met die gevolg het ek nie geweet wanneer die projekte se afsluitings datum is nie. Ek kanselleer toe the module waarvoor ek laat is en toe ek nou uiteindelik toegang tot my student nommer het, was daar n uitstel datum. So dis nou twee vakke wat ek nie krediete voor gekry het nie net deur Unisa se agterlosigheid. Teen die einde van die jaar toe ek vir my uitslag wag, moet ek hoor ek het nie genoeg krediete en nie voor ek my krediet opbou kan hulle my nie deursit nie. Dit na laat aande by die werk om my rekenaar te werk, weke se voorbereiding, heeltyd met my neus in die boeke net om te hoor ek het dit nie gemaak nie. Skande dat n mens so met sukkel met n universiteit.

Joey ·

Ek het nog nooit n probleem met Unisa gehad nie, nog altyd goed geloop! Ek raai hulle weer aan.

Douglas ·

My wife has been trying to register, Unisa has lost supporting documentation, and now lost the assessment results. No one answers their phone, and no responses from emails.

I am beyond sad at the destruction of another previously brilliant institution.

Susan ·

Ek stem 100% saam met jou Linda, Mnr Liebenberg is wonderlik, hy het my dadelik te hulp gesnel met my navrae , hy het my verwys na die regte skakelpersoon wat my dadelik gehelp het. My oudit was afgehandel binne 14 dae en ek het bevestiging ontvang van my gradeplegtigheid wat in April 2019 gaan plaasvind. Ek dink die grootste uitdaging met Unisa is kommunikasie !

Lynette ·

Dankie tog ek het nie n graad deur Unisa probeer doen nie, slegs kort-kursusse! Dit was presies dieselfde storie…studiemateriaal wat eenvoudig wegraak in die pos (en dit was in die jare toe die posdienste nog effens gefunksioneer het), take wat ingehandig moet word voordat die studiemateriaal beskikbaar is en die webwerf wat meer “af” as “aan” is. Ek moes soms nagte wakker bly in n poging om my take elektronies te kon indien, want by Unisa se afsetpunte raak dit eenvoudig ook weg. Nie die moeite werd nie.

Beslis NIE ·

Nee, UNiSA se grade en krediete word beslis nie wêreldwyd aanvaar nie. Doen jou navorsing oor ‘n spesifieke land se vereistes en kriteria. Doen navraag.

Sommige lande erken glad nie ‘n graad wat deur afstandsonderrig verkry is nie.

Herman G ·

Ek is regtig jammer om te hoor van jou probleme met Unisa. Ek het van 1998 – 2003 dear Unisa geswot en geen van jou probleme gekry nie. Maar soos alles in SA, moes dinge daarso ook agteruitgaan.
Ek vermoed jou krediete wat nie in Kanada aanvaar word nie, is ‘n Kanadese ding, nie ‘n Unisa ding nie. Toe ek in Kanada op vakansie was, het ‘n voormalige Suid Afrikaner my vertel dat hulle omtrent geen oorsese kwalifikasies aanvaar nie.

Pieter ·

My dogter het ook deur Unisa studeer. Sy het haar graad as rekenmeester voltooi. Toe sy uitvind wanneer die gradeplegtigheid is toe word sy meegedeel daar het intussen ‘n nuwe vak bygekom wat hulle nie aan haar meegedeel het nie en nou moet sy dit eers voltooi. Sy het deurgedruk en na 2 jaar en vreeslik baie drama het sy darem nou klaargemaak.

John Ferreira ·

Ek wil graag die lesers ook inlig dat Intec net so ‘n groot ellende is. My dogter het seker 3 jaar gespook om ‘n sertifikaat te bekom nadat sy haar kursus suksesvol voltooi het…..

Sone ·

Liewe Lyzanne. Ek voel jou pyn. Ek is deur presies dieselfde. Ek het in 2015 begin leer deur UNISA. Al soveel tyd en geld ingesit. 2018 Tweede semeester was my uitslae ook nie betyds om te kon registeer vir volgende vakke nie. Ek kon dus nie die twee semeerster enige vakke neem nie. Na oproepe is ek gesê om te wag tot hierdie jaar om registreer. Desember het ek ook die mooi briefie gekry om te sê: “Jammer jy kan nie voortgaan voor jy nie ‘n oorbruggens kurses doen nie” E dié kurses kos ‘n plaas se prys. Die studie materiaal is gedurig laat, dan moet jy dit maar op jou eie onkoste laat druk, want take moet teen sperdatums in wees. Dis onaanvaarbaar.

Errol ·

Ai, dis jammer dat Unisa, wat vroeëre jare so ‘n wonderlike instellling was, nou so vrot is. Ek en my vrou het al ons grade deur Unisa gedoen en dit baie gewaardeer omdat ons heeltyd gewerk het – maar dit was in die goeie ou dae. Dis vreeslik jammer om te hoor oor jou slegte ondervinding, en dié van al die ander wat geantwoord het. Die enigste troos vir jou is dat jy darem nou in ‘n ordentlike land soos Kanada is. Jy moet die probleem maar met albei hande gryp en daar waar jy is weer begin. Dink daaraan dat die res van ons nog hier in SA sit met die verergerende probleem – en onthou dat jou vorige studie-ondervinding vir jou sal help met verdere studies. Sterkte!

Mundus Uys ·

Lyzanne Roux, jy moet dalk oorweeg om verder te baklei oor jou toelating om klaar te maak. Die Universiteit maak voorsiening vir oorweging van spesiale omstandighede.

Andre ·

Ek wil net se, ek het my LLB deur hulle gedoen en tans besig met my M, ek het geen probleme ondervind nie. In my laaste semester het ek 6 vakke uitstaande gehad en hulle het sover gegaan as om die laaste vak my toe te laat om n mondeling te doen sodat ek nie nog n semester hoef te wag om vir slegs een vak te registreer nie.

Cliff ·

Ek het self by UNISA studeer en dit was vantasties maar was 30 jaar gelee. UNISA was van die beste universiteite, ook internasionaal. Opdragte en uitslae en enige kommunikasie was profesioneel. Dit is uiters hartseer om te hoor dat eens Suid-Afrika se trots so versleg het. Dankie vir die deel al is dit hartseer sal dit baie mense help om twee keer te dink voor hulle enige Universiteit kiese. Ek wil jou sterkte toe wens met jou studies en al moet jy nog baie doen om te te bereik moet nie opgee nie.

Fanie Kemp ·

As ek so lees en luister van die verswakkende situasie by die eens Internasionaal gerekende instelling UNISA, moet almal help bou aan ons eie Afrikaans instellings AKADEMIA en SOLTEK.
Ek hoor en lees net goeie terugvoering van afgestudeerdes.
AKADEMIA en SOLTEK word Internasionaal erken.

Dafer ·

Nou dink julle almal dat Maroela Media enigiets aan julle saak gaan doen?
Voorspoed!

Iemandwatweet ·

Min mense besef die slegte toestand waarin UNISA haarself bevind. Die toestande op die kampusse is beroerd. Geboue word nie herstel nie. Toilette is laas in Desember 2018 skoon gemaak. Stukkende rekenaars word nie vervang nie. Die IT stelsel breek daagliks. Indiër, gemengde en blanke personeel word met ope rassisme en indimidasie begroet. Die korrupsie is skrikwekkend. Daar is n klein groepie mense wat UNISA met n skrikbewind gyselaar hou. Die groep word gelei deur ‘n man wat witmense ‘pink cockroaches’ noem. Die bestuur staan hande gevou en toekyk hoe hierdie eens pragskip van akademie baie vinnig sink. Die enkele mense wat hul fone antwoord en wat graag hul werk doen word met geweld gedreig en geïntimideer op ongekende vlakke. Dit is nie verbasend dat UNISA personeel handoek ingooi nie. Top akademici van verskeie rasse bedank een na die ander.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.