My reaksie op die optog van 27 Augustus 2015 op die Potch-kampus

Die NWU se Potchefstroomkampus. Foto: NWU Pukke/Facebook

Die NWU se Potchefstroomkampus. Foto: NWU Pukke/Facebook

‘n Student se ervaring van die protesaksie wat Donderdag by die institusionele kantoor van die Noordwes-Universiteit (NWU) buite die Puk-kampus in Potchefstroom plaasgevind het.

Ek het op 27 Augustus rustig van Minjonet se eetsaal gestap na my koshuis toe. Ek is ’n trotse inwoner van Hombré Manskoshuis.

Ek het gesien dat daar ’n optog by die hekke van die institusionele kantoor was en het nader gestaan om te gaan luister aangesien ek deel van ’n belangegroep van die Universiteit is en belangstel in wat elke party op die kampus te sê het en die mening van alle belangegroepe wil aanhoor. Ek het by die hoek gaan staan, geskei deur pallisadeheinings en ’n hoë hek. Ek het gesien dat daar klomp afgevaardigdes van die Universiteit was om die optoggangers toe te spreek en die Visekanselier, prof Dan Kwgadi, was ook teenwoordig. Daar was ook ’n wit afgevaardigde daar gewees, maar sodra hy en prof Kwgadi deur die hekke gestap het, is hy uitgejou deur die protesskare en daar is aan hom geskree, “We don’t want you here, white man”.

Ek was nogal geskok om so ’n vyandige en aggressiewe reaksie van die protesgangers waar te neem omrede die afgevaardigde duidelik ʼn senior personeellid van die Universiteit is en om hom so uit te jou omdat hy wit is, was vir my absoluut skreiend. Die personeellid het daarna omgedraai en teruggestap na die institusionele kantoor. Dit was vir my duidelik gewees dat die man ontsteld was deur die optrede van die protesgangers.

Daar is baie gepraat, maar ek kon nie verstaan wat gesê word nie aangesien ek nie Tswana verstaan nie, al sou ek dit graag wou verstaan om te bewys dat ek ’n voorstander van gesonde transformasie is. Ek het toe maar na die plakkate gekyk en op die een plakkaat was die woorde, “NWU is racist”, en op ʼn ander een, “Set Lerato Phoofolo free”. Ek het aangeneem dat die plakkaat verwys na die student van Over de Voor wat glo ʼn Huiskomiteelid met ʼn skêr gesteek het.

Op sekere plakkate het ek gelees van transformasie, maar dit het vir my oorhoofs gevoel asof dit gaan oor meer as transformasie. Ek het haat en aggressie van die protesgangers ervaar wat nie hoort by studente van enige kampus op die Noordwes-Universiteit nie.

Die skare het later begin sing en ek en van my wit koshuisvriende het selfs saamgesing omdat ons die liedjies ken en voor ons sokkerwedstryde gesing het.

Die liedjies het egter dinamika verander en in een van die liedjies het die skare hulle hande in die vorm van ’n geweer gemaak en gesing en hipoteties op al die wit mense geskiet terwyl hulle die liedjie sing. Daarna het een van die lede wat aan die skare na die vriend regs van my gewys het hom aggressief begin vloek. Ons as wit studente wat die optog gade geslaan het, is ook verskeie kere met die dood gedreig en gevloek. Miskien het die optoggangers nie bedoel om ons te vloek nie en wou hulle net gehad het dat ons moet reageer sodat ons as rassiste uitgemaak kan word?

Daarna het protesgangers aan die hekke van die institusionele hek begin ruk en daar is deur hulle gedreig dat hulle die hekke gaan afbreek om op die perseel van die Universiteit te kom. Die protesgangers was baie aggressief gewees en die SAPD het twee skokgranate geskiet wat die skare en dreigende geweld ontlont het. Oomblikke hierna is die hekke van die institusionele kantoor egter oopgegooi wat die protesgangers vrylik toegang tot die perseel van die Universiteit gegee het. Een oomblik word al die hekke toegemaak en toe ʼn skare dreig met geweld en dat hulle die Universiteit gaan afbrand, toe word die hekke oopgemaak. Dit maak net nie vir my sin nie. Dieselfde studente wat ons met die dood gedreig het, word toe toegelaat om langs ons verby te stap om ons net weer met die dood te dreig en een student het selfs met ʼn baksteen gemik om ons te gooi. Hoekom word daar skokgranate geskiet deur die polisie om protesgangers te verhinder om ʼn hek af te breek en dan word die protesgangers toegelaat om deur die hek te stap? Twee boodskappe wat nie sin maak nie?

Indien die hekke dan oop moes wees soos wat deur die Universiteit na die optog gekommunikeer is, hoekom het afgevaardigdes van die institusionele kantoor dan eerstens buite met die protesgangers gepraat? Die oomblik toe die protesgangers gewelddadig begin raak, toe word daar deur die afgevaardigdes agter die hekke geskuil? Die protesgangers het na die voordeure van die IK-kantoor gestap en daar verder gepraat en onder andere weer ’n liedjie gesing wat gesê het dat wit mense moet voertsek. Dit het my onwelkom op my eie Universiteit laat voel. Ek het eers na die tyd verneem dat hierdie studente nie eers van ons kampus was nie, maar dat hulle van ander kampusse af gekom het om hier protes te kom hou.

Hierdie hele gebeurtenis het ’n bitter smaak in my mond gelos ten opsigte van transformasie.

Was hierdie protesaksie positief vir transformasie? Ek dink nie so nie. Ons as wit en swart studente van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit is deur die protesgangers (klaarblyklik van dieselfde Universiteit) gedreig en gevloek en gevra om te voertsek. Volgens my vriende is selfs die swart werkers van die Puk-kampus gevloek en gedreig.

Ek en al my broers in die koshuis en ook in ander koshuise doen baie moeite om te integreer en te transformeer. Nie omdat iemand dit op ons afdwing of omdat dit dalk “vereis” word omdat ons klaarblyklik ʼn te wit kampus is nie, maar ons doen dit omdat ons wil. Ons glo in mekaar en leer van mekaar. Ons speel saam sport en kuier saam. Ons gee om vir mekaar.

Die NWU se Raad het ’n groot taak op hande om hierdie sogenaamde “brand” van die Noordwes-Universiteit te bou en om as akademiese instelling te strewe na ʼn positiewe akademiese milieu vir alle studente sodat ons onsself kan kwalifiseer om in die toekoms van ʼn reënboognasie te belê. Hulle sal bitterlik vinnig hierdie taak by die horings moet pak as hulle dit wil regkry. Om so ’n protesaksie soos gister op die perseel van die Universiteit toe te laat help nie hierdie proses aan nie. Ek kritiseer nie die Raad of die persone wat besluit het om die protesgangers toe te laat op die kampus nie, ek vra net vrae.

Ons as studente van hierdie Universiteit kry verskillende boodskappe. Hierdie kampus moet transformeer maar ander nie. Hierdie groep word op die perseel toegelaat maar nie die ander groepe nie. Hierdie studente mag gedreig word maar ander studente nie.

Hierdie is maar net my ervaring gister gewees en meneer met die baksteen, kom kuier bietjie saam in ons klubhuis en kom speel saam met ons ALMAL sokker voordat jy dreig en oordeel.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Gerdus ·

Iets word van ons as PUK studente weggesteek. Erens was daar meer dreigemente. Hoe verduidelik mens die 10+ sekuriteitsbeamptes wat by die koshuisrugby finale om die veld gestaan het? Ek het nie by een van die vorige wedstryde ‘n enkele sekuriteitsbeampte gesien nie.

Henk nienaber ·

Daar was so baie sekuriteit omdat die koshuise wat in die finaal was bekend daarvoor is vir hulle swak sportmanskap langs die veld, d.w.s Overs en Villagers wat heel seisoen deur spelers, afrigters, toeskouers, skeidsregters en selfs huisouers gevloek het.
Selfs de Wilgers wou baklei na hul verloor in die eindstryd. daar is baie meer op die spel tydens ‘n finaal en daar is ook baie meer toeskouers. So om die spel so veilig en regverdig as moontlik te hou, was daar so baie sekuriteit.

Wiltrud ·

Die eindstryd was tussen Overs & Patria, nie Villagers nie, Henk.

HEVW ·

Boetman tenspyte van selfs jou universiteitsopleiding. Die hoeveelste jaar weet ek nie, en al jou eerstehandse belewenisse op die kampus plaas jy jou hoop nog op n reenboognasie. Oogklappe is nie die woord nie, miskien blindheid vanwee indroktinasie en kondisionering. (Pavlov) Ek beveel gaan na die bib en kry die handboek van die destydse Interfakultere wysbegeerte. Bestudeer dit en plaas dit inverband met dit wat jy direk rondom jou waarneem en ook die breere konteks van die huidige staat en al sy departemente. Hierdie mense stel nie belang om saam met jou bal te skop en jou universiteit te deel nie. Die blanke se teenwoordigheid moet weg. Dit het jy mos duidelik gehoor. Al oplossing vir die blanke is sy selfbeskikkingsreg en afsonderlike ontwikkeling wat ek sterk twyfel of dit haalbaar is.
Maar nouja ons werk daarvoor so asof ons die onsienlike sien. Gebruik gerus al jou vermoens in hiedie opsig!!!!!

PDS ·

Daar is een Afrikaanse Universiteit oor. Nie ‘n wit-Universiteit nie. Ek draf klas saam met klomp swart mense, en baie van hul is afrikaans. Dis hoekom hul hier is. Omdat dit afrikaans is. Los dit tog so.

Bruno Stef ·

Die oproeriges is aangery van hoofsaaklik die Vaaldriehoek se v,d,Bijlpark se kampus waar hulle swak maniere n tyd gelede op laasgenoemde kampus goed tentoon gestel was,Die handvol blanke studente was daar geintemideer en kon kwalik met hulle klasse aangaan daarom wil hulle die Potch Kampus ook onregeerbaar maak om hulle politieke agenda te bevorder en die blankes aan hulle wil te onderwerp.

Willie ·

Jammer om jou “bubble”te bars, hulle wil nie transformeer nie , hulle wil jou totale wese vernietig! Wanneer gaan julle dit begin verstaan!begin jou eie beskerm en hou op om die ander nasies terwille te wees.

Johann Marx ·

My Pa het altyd gesê: “Ontnugtering is die wreedste leermeester!” Ons word aanhoudend geflous met ‘n sogenaamde “konstitusie”. Gaan lees die ANC se “Freedom Charter”, en besef wat vir ons voorlê….

Johannes Froneman, woordvoerder van prof. Dan Kgwadi ·

Ek het groot waardering vir hierdie student se gesindheid en eerlike vrae oor die gebeure van die NWU. Hy het gelyk: alles klop nie. Maar hy moet nie moed opgee nie. Sy positiewe gesindheid is wat ons nodig het, nie afbrekende sinisme nie.
Ek wil hom toegee dit het gelyk of die betogers toegelaat word om in te kom nadat hulle aan die hekke geruk het, maar prof. Kgwadi wou uit die staanspoor dat hulle inkom. Ons sal hierdie insident deeglik deurtrap en enige misverstande oor ons beleid jeens protesoptogte uitklaar. Dit moet vir almal geld.
Intussen wil ek die groot middelgroep wat saam sokker (en rugby) kyk, saam sing en saam studeer (afgesien van kleur) aanmoedig om daarmee voort te gaan. Die radikale elemente aan die linker- en regterkant se stemme moet wel gehoor word, maar rassisme vanuit watter oord moet deur beskaafde, beginselvaste optrede geneutraliseer word. So sal ons die NWU vorentoe neem.

Monique ·

Ek raak so bietjie moeg vir Johannes Froneman, woordvoerder van Kgwadi, se kommentaar op elke berig. Hierdie hele optog was a.g.v. Kgwadi, hoekom kan hy nie vir homself praat nie?? Seker omdat hy onskuldig is in hierdie hele “aanval”‘op die Afrikaanse Wit Universiteit…

Johannes Froneman, woordvoerder van prof. Dan Kgwadi ·

Geagte Monique,
Jy sal ongelukkig maar gewoond daaraan moet raak dat ek hier en op ander platforms foute regstel en ‘n mening lug namens die vise-kanselier van die NWU. Ek reageer regtig nie op alles nie, maar waar ek meen dit is nodig. Dit is my werk.
Wat jou eie aannames aanbetref: die optog was nie deur prof. Kgwadi se toedoen nie, en die betoging was onder meer gemik teen diegene wat die Potchefstroomkampus as ‘n eksklusiewe Afrikaanse universiteit wil behou. Dit is waaroor die hele debat gaan en waaroor die NWU-raad spoedig ‘n standpunt sal moet inneem.

Gwen ·

Monique, Johannes word gebruik om aan Kgwadi ’n Afrikaanse gesig te gee om met diegene wat nie soos hulle dink nie, te kommunikeer en hulle te vertel dat hulle regs, verkeerd en rassisties is omdat hulle “vooruitgang” teenstaan.
Die punt is egter dat Kgwadi, Johannes en al die res wat Kgwadi se agenda dryf, die universiteit groot skade berokken. Hulle kies transformasie (lees asb. hier verswarting) bo akademiese uitnemendheid.
Johannes is ’n DA-raadslid en die niksseggende reaksie hierbo as beeldpoetser van Kgwadi, kon hy net so goed uit sy DA-mond geuiter het.

Monique ·

Johannes, soos jy se: “dit is jou werk”, daarom sal jy nou enige iets se.

Henry Hall (Snr) ·

Beste Prof Kgwadi, dit is vir my ontstellend as betalende ouer van NWU Potch Kampus dat julle oproerige rasistiese groepie toelaat op die kampus. As nie rasisitiese wit blanke man, waarop ek baie trots is, dink ek dat julle nie hierdie klein groepie swart studente kan toelaat op kampus nie. As ek vir my kind kom kuier moet ek inteken by die hekke en dit is vir my ‘n riem onder die hart dat my kind se veiligheid vir u so belangrik is. Nou laat u egter toe dat hieride ongedissiplineerde mense die kampus betree. Ek wil aandring dat u hulle as studente van ‘n ander kampus ten sterkste moet aanspreek deur skriftelike waarskuwings sodat hulle die erns van die saak verstaan. Indien hulle weer op so ‘n wyse optree moet geskors word. U kan nie toelaat dat hierdie minderheidsgroepe u intimideer nie. U is tog veronderstel om die betalende groot middelgroep te ondersteun. Kan u asseblief vir my ‘n e-pos stuur in hierdie verband na [email protected]. Mnr. Froneman – ek meld dit ook by van die raadslede by Potch aan. Julle kan nie van die DA se kant toelaat dat die minderheidsgroepe julle intimideer nie.

Johanna Basson ·

Ek stem 100% met jou saam Henry. Ek het self 2 kinders wat by NWU Potch Kampus studeer. Die nuus was glad nie vir my aangenaam en baie onrusbarend. Die seun en sy vriende was gedreig ten spyte van hul positiewe houding en volgens hom selfs die werkers op die kampus. Dit het dus duidelik NIE oor reformasie gegaan nie. Wat gaan Prof Kgwadi vir ‘n ouer se as hul langs ‘n hospitaalbed (of selfs ‘n oop graf) staan? Ek dink dit raak tyd dat ons ouers van die NWU Potch Kampus ook met mekaar raadpleeg en aan die Kampus ons bekommernisse en gadagtes oordra. Of het ons geen sê – moet ons maar net betaal en verder sit en kyk wat gebeur?

Magda ·

Ek het nogal simpatie met almal betrokke maar se ook ons moet nou almal ons oogklappe afhaal, dit geld vir alle ras groepe. Ons kan nie meer op die kantlyn staan en praat met mekaar nie. Geweld sal nog minder die oplossing wees. Ek is wit en ken baie swart mense wat nie rassisties is nie dan is daar weer die wat is. Dit geld vir ons witted ook. Al hierdie probleme vol gens myself le aan die voete van die nasionale party wat nooit maar nooit voor siening gemaak het vir enige anderskleurige nasie in ons land nie. Nou moet die huidige party alles reggeruk het en glo my ek stem vir geen party nie. Daarom die haat teen ons wittes. Die wetteloosheid alles het daar al begin. Ons generasie se kinders pluk nou die slegte vrugte. Miskien sal ons kleinkinders se kleinkinders dalk in vrede kan saam leef en speel. Ons moet nou maar almal saam die wa deur die drif dra en as verenigde volk saam staan. Dit is maar net my opinie vat dit vir wat dit werd is vir jou.

Theo ·

Dit is 21 jaar later. Die swart studente van hierdie tyd weet nie van die NP party, die chaos in die land ,by universeteite, by staatsdepartemente kan voor die anc se deur gele word. Afrikaans is nie die probleem nie. Die onbevoegtheid van hierdie betogers om te presteer, word afrikaans as die probleem voorgehou. My swart kolega se seun is in n swart skool met swart onderwysers, op sy raport druip hy engels, 30%, sy moedertaal slaag hy met 42% en hy is bokant die klas gemideld. Hy is nou in graat 12.
Hy sal seker toegelaat word in n universiteit van tegnologie en omdat hy nie kan slaag sal hy ook betoog

Sarah Bronkhorst ·

Ek wie entlik engels is het PUK toe gekom vir n rede … vir die kultuur van Afrikaans en die mense wat vir mekaar omgee. Maar lyk my mense wil dit breek, hulle wil ons kampus breek na dood gewone kampus toe. Ek se nie hulle moet nie welkom wees nie maar almal weet die PUK is Afrikaans maar tog het almal gekom so hoekom is dit nou n probleem.

Gwen ·

Johannes is regtig moedswillig as hy dink dat met die huidige rigting waarin die Puk beweeg, Afrikaans as voertaal sal aanbly in welke hoedanigheid ookal. Johannes, kyk wat het by RAU, Kovsies, Stellenbosch, UWK, UPE en Tuks gebeur.
Jy gooi die grondwetlike reg van Afrikaanssprekendes om in hul moedertaal onderrig te ontvang, vir die wolwe. By watter instelling, wat deur die belastingbetaler (waaronder miljoene Afrikaanssprekendes) gefinansier word, moet mense oor 20-30 jaar in Afrikaans studeer?

Willie ·

Dit is n Afrikaanse Universiteit wat bereid was om ander taal studente ook te akkomodeer , nou eis hulle die hele Universiteit vir hulle op,. Dis n skande dat daar nie n duidelike standpunt ingeneem kan word daaroor nie. Die regering kan mos hulle eie Universiteit oprig wat engels is , dis dieselfde met ons skole .Dit gaan om Afrikaans te vernietig ,begin bietjie rugraat wys. Wat n skande!!

Dup du Plessis ·

En NWU moet verbeter word, vorentoe beweeg……en as ek reg verstaan is die plan van Kgwadi dat juis Puk oopgemaak moet word vir al die studente van die ander 2 kampusse (as ons teoreties redeneer dan is dit nou die klomp wat voor die hekke kom kuier het) vorentoe beweeg? sien statistieke vir feitlik elke plaaslike munisipaliteit, SAL, ESKOM, PRASA ens,……….akademiese instellings…….sien statistieke vir TUT, die ou RAU (UJ), KOVSIES ens. By die akademiese instellings het die verwysing spesifiek te doen met die afskaling en totale verwydering van Afrikaans oor tyd, terwyl dit by die ander instellings gaan oor ekonomiese volhoubare bestuur. Nou mnr Froneman, as akademikus, sienende die genoemde feite hierbo – is dit dalk enigsins vir jou moontlik om te probeer verstaan dat die suksesstorie wat jy namens Kgwadi probeer verkoop by die meeste van ons ouers en studente nie aanklank vind nie. Onthou, vir die hoeveelste keer moet dit gese word – ons dring aan op die behoud van Afrikaans by Puk. Weereens, as akademikus behoort julle tog die optelsom te kan maak dat 2 kampusse van NWU reeds Engels is………in meeste van ons se boeke is 2 meer as een en derhalwe is NWU meer Engels as Afrikaans . Kom ons beweeg na die ekonomiese gedeelte….Puk se somme klop, ouers betaal dus hul gelde, jy en jou maatjie kry jul salaris en dinge werk soos dit veronderstel is om te wees. As daar leemtes of gebreke by die ander 2 kampusse is, spreek dit aan, verbeter daar en bied aan hulle dieselfde standaard. Niemand van ons gun dit nie vir die ander kampusse nie. Dis egter sinneloos as jy 3 voertuie het en net een is in lopende toestand, jy van sy werkende parte uithaal om in die ander 2 te sit. Kry vir die ander 2 hul eie parte anders sit jy dalk met 3 stukkende voertuie. Ons gun elke ou sy bord pap, maar jy moet darem werk daarvoor. As daar nou geen na-skoolse instelling oor is wat in Afrikaans funksioneer nie hoe belaglik sou dit dan wees om nog Afrikaanse skole te handhaaf.

tina ·

Dup du Plessis..is jou kommentaar ook my gevoel.
Niks maar niks moet werk ( in die oe van hulle wat alles ten gronde wil rig )waar daar ‘n doelwit en sukses is. Net sodat oproere weer aan die einde van die dag die oorsaak is vir swak prestasies, van ‘n kultuur wat ander studente saam met hul ophits, wil aftrek en ten gronde rig. ‘Geleerdheid’ op papier wil wys maar NIE DAARVOOR WIL WERK nie.
Weer die ou ‘lame’, holrug geryde storie van haat en rassime en om alles wat herinner aan AFRIKAANS EN WIT te elimineer.
Hierdie agenda moet maar gesoek word by die onverdraagsaamheid oor ‘n innerlike minderwaardigheids kompleks, wat uitkring na sosiale onaanpasbaarheid in die individue, WAT EERDER – is my persoonlike mening -aangespreek moet word.
Die slotsom om te aanvaar vir wie jy is,vrede met jouself te maak en hoe God elkeen UNIEK gemaak het en elk mens ‘n bestaansreg te gun.

chris ·

Jongman.

Ek weet jy wil dit nie hoor nie want dit pas nie in by jou reenboog lalaland droom nie.
Ek gaan dit egter vir jou se.Dit wat jy daar beleef het is juis hierdie reenboog wat jy so graag wil maak werk.Besef egter dat jy nie water en olie kan meng nie.As die verhouding se maar 1 druppel petrol by 10 liter olie is of 1 druppel olie by 10 liter petrol ,is daar geen invloed nie en kan jy die olie en petrol nog gebruik. Sodra die verhouding egter te groot word sien jy dit en word die olie en petrol onbruikbaar. Dit is wat jy hier beleef.
Dit is tyd dat ons eerlik omgaan met die dinge en ophou probeer voorgee. Ek het hierdie les met dankbaarheid geleer by ‘n Zambiese swartman waarvoor ek ongelooflike respek het .Ons het lekker ge-eet en agteroorgesit ,elk met ‘n Mosi(dit is ‘n plaaslike bier daar) en gesels oor alles en nog wat ,toe die gesprek na ras gewentel het.Dit is eintlik ‘n lang storie maar ek verkort dit geweldig.Na ‘n lang tyd en baie gelag oor die verskille en hoe ons mekaar beleef se hy die volgende” let’s cut the bullsh#t ,we can sit here and enjoy each other company but only for a certain amount of time then I want to be with my own people and I don’t say this negatively but is it not true?”
Dit het my wakker gemaak uit hierdie pk(politieke korekte) leuns wat deur meeste mense voorgehou word, jy inkluis.Ons moet almal saamwerk in die land maar die gedwonge integrasie is die grootste rede dat daar rassehaat hier en in die res van die wereld is.
Dit is eintlik maklik, maak so, elke taalgroep kry sy eie Universiteit en laat sommer 3 oop vir die renboog droomers en kyk dan waar steek die probleme (ras,taal veral) sy kop uit.As jy die voor die hand liggende raaksien dws probleem by die 3 getransformeerde universiteit hoekom prober ons dit nog maak werk alhoewel ons groter konflik hierdeer kweek.Dis mos waansinnig.

En dit jongman is die land se grootste probleem.

susan meintje ·

Weier kon di NWU seker ni om toestemming te gee vi ‘n “Vreedsame optog “ni,maar wat my ongelukkig maak is dat di raad weet dat di vorige kere di mense hulle ook ni kon gedra ni,maa Onthou asb volgende keer as hulle weer wil toestemming gee!!!!!hanteer hulle maar soos kinders wat maa mut leer uit hulle foute!!”Ons sal daaroor besluit omdat julle ni by di reels hou ni”!!!ja weet di regering sal selke dan weer groot bohaai daaroor opskop ma Dissipline bly mos ma aan di besluit van elke kampus-bestuur!wat my meeste ongelukkig gemaak het oor di 27 ste veral is di feit. Dat ek 3 verskillende kantore opo kampus gebel het om te hoor of dit veilig is vi ‘n damesstudent om klas by te woon.hulle my versekering gegee het als is reg + dan ‘n verboureerde kind te he wat klas mut gaan bywoon waa belhamels hekke afbreek + hekke oopgegooi word vi ongeregmatige pu liek op di kampus.danki vi di wat probeer het ons kinders veilig hou,maa hoop ons as ouers in di vevolg deeglik vooraf bepalings gestel + voorwaardes gestel word voo protes-optogte magtiging kry!!

chris ·

Liewe genade Susan

H d jy i d mt o t vst w j skr?
Hoe dink jy is dit moontlik om te verstaan wat jy skryf?

Ons tik almal vinnig en maak foute maar oor die algemeen kan dit redelik maklik gelees word.

Bruno Stef ·

Die groot middelgroep se jy wat Froneman is .Man jy probeer nou bluf taktiek voorhou maar in jou binneste weet jy goed wat die gevoel is onder die studente na aanleiding van die sker aanval op n mede leerling vergewis jou van die feite en onthou die betalende ouers het kennis geneem van die onlangse gebeure.

Dup du Plessis ·

Bruno, mens kan nie met die vent redeneer nie, hoeveel keer is daar al gevra dat die behoud van Afrikaans op Puk deur ‘n eenvoudige stemming van al die ingeskrewe studente op Puk getoets word (dit behoort die betalende ouers ook te verteenwoordig). Dus, vir die duisendste maal mnr Froneman…. dit gaan oor die behoud van Afrikaans op die Puk kampus ongeag RAS of KLEUR. Indien ‘n student bereid is om onderrig in Afrikaans te ontvang en hy/sy aan dieselfde toelatings vereistes as die ander studente voldoen, is en behoort daar nie ‘n probleem te wees nie. Inteendeel… die meeste handboeke is alreeds in Engels en daar kan ook van die tolkdienste gebruik gemaak word wat dit vir ‘n Engelstalige net so moontlik ma.ak om ook op Puk te studeer….Gaan kyk hoeveel het dit suksesvol oor die laaste 10 jaar gedoen.
Ons as Afrikaanssprekendes voel dat daar vir ons ook voorsiening gemaak moet word in die land. Ons dring nie aan vir Afrikaans op die hele NWU nie maar slegs op een van die 3 kampusse. So hou tog op om die hele tyd perdedrolle as vye voor te hou. Julle onderskat die gewone Afrikaanssprekendes se intelligensie.

Dup du Plessis ·

Bruno, mens kan nie met die vent redeneer nie. Daar is al duisend keer voorgestel dat die behoud van Afrikaans op Puk met ‘n eenvoudige stemming onder die ingeskrewe Puk studente getoets word.( dit behoort die betalende ouers ook te verteenwoordig). Ons dring nie aan vir Afrikaans op NWU nie, maar slegs vir die behoud daarvan op een enkele kampus. Nou vir die duisendste en een maal……dit gaan nie oor RAS of KLEUR nie, maar oor die behoud van Afrikaans op Puk. Enige student wat bereid is om in Afrikaans te kom leer en aan dieselfde toelatingsvereistes voldoen, is en was nog altyd welkom. Inteendeel….die meeste handboeke is in Engels en daar is nog die tolkdienste wat ook gebruik kan word. Kyk maar na al die suksesse van Engelstalige studente wat by Puk was die afgelope 10 jaar. So asseblief tog mnr Froneman – hou op om perdebolle as vye voor te hou. Julle onderskat die gemiddelde man op straat se intelligensievlak

Danie ·

Hulle is nog altyd die rassiste en menseregte skenders. Waar is die selfoon videos van die voorval? Ons moet dit die wêreld instuur. Alles wat hulle doen is agterbaks en is daar verskuilde agendas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.