Lesersbrief: My stuiwer oor Angus Buchan se 1 miljoen

ds-marnix-boersema-graaff-reinet

Ds. Marnix Boersema. Foto: Verskaf.

Ds. Marnix Boersema van Graaff-Reinet skryf:

Oor Angus Buchan as persoon wil ek nie veel sê nie. Ek het heelwat positiewe en negatiewe reaksies oor hom en MMC raakgelees.

Ek dink die wysheid van Gamaliël in Handelinge 5:38, 39 is hier van toepassing: “Bly weg van hierdie manne en laat hulle staan; want as hierdie voorneme of hierdie werk uit mense is, sal dit vernietig word; maar as dit uit God is, kan julle dit nie vernietig nie – dat dit nie miskien bevind word dat julle selfs teen God stry nie.”

So, as dit God self is wat hierdie dinge in mense se harte bewerk – laat ek dan die laaste een wees wat in sy pad staan.

En as dit uit mense is en nie van God nie; as Angus ʼn valse profeet is, dan berus ek my by die seker feit dat sy werk “vernietig sal word”.

Almal gons oor Saterdag 22 April, maar wat van Sondag die 23ste?

Dít is waaroor dit vir my gaan.

Gaan jy ook 23 April in die kerk vir die erediens wees?

In Hosea 6:6 sê die Here Hy “het ʼn behae in liefde en nie in offerande nie, en in kennis van God meer as in brandoffers”.

Gebed en bekering gaan saam soos vinkel en koljander – die een kan nie sonder die ander nie. Ons kan nie vra en pleit vir ʼn mooi toekoms, maar ons weier om God te leer ken en in liefde vir Hom te groei nie (2 Kronieke 7:14).

As die Here ʼn wonder in hierdie land bewerk, dan sal dit die wonder van bekering wees. Bid vir bekering!

Is die kennis en liefde van God vir jou belangriker as ʼn rooskleurige toekoms?

Die Here het ʼn behae in liefde en nie noodwendig in massagebedsdae nie, en in kennis van God meer as in MMC.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

152 Kommentare

Johann ·

Ek het met ‘n wrede ontnugtering besef dat baie van die kerke gedryf word deur geld.

Dewildt ·

Ek het ‘n soortgelykke observering. Kerke soek lede en om lede in hulle kerke te kry het hulle ‘n “sales pitch” om lede in hulle kerke te kry. Ons noem daai “sales pitch” die “boodskap” van die kerk of altans die beginsels waarop daardie spesifieke kerk staan, maar soveel keer het ek al ervaar dat die kerk meer hulle beginsels (Sales pitch) in mense se kele probeer af dwing as wat hulle die boodskap van Jesus Christus probeer verkondig. Ek teiken nie nou nie, maar net as ‘n voorbeeld die Ou Apostolie wat aandring NG kerk aanbid ‘n natuurlike God en nie ‘n geestelike God nie, die 7de Dag Adventiste wat aandring Saterdag is die sabat en nie Sondag nie. Al die kerke wil met mekaar bakly oor die beginsels, maar hulle wil nie saam staan om God se boodskap te verkondig nie en dis omdat hulle weet deur hulle “sales pitch” reg te “pitch” kan hulle lede oortuig om by hulle kerk aan te sluit of eerder te skuif na hulle kerk van ‘n ander een.

Dit moet minder gaan oor lede hoeveealhede en meer oor die verkondiging van die woord en die Here sal die lede vanself stuur.

Piet Pompies ·

Ek het self van die MMC byeenkomste bygewoon en vind dit persoonlik as baie goed vir jou as mens en jou geloof. Angus se boodskap of medium wat hy skep gedurende sy byeenkomste is uitsluitlik tot eer van God.

Dimpels ·

Amen!

Dankie Piet Pompies.
Jy praat ware woorde oor oom Angus.
Ek kyk elke Sondag sy program Koringaar op kanaal 144. Mag ons Drie Enige God met oom Angus wees met hierdie groot taak wat hy op sy skouers geneem het, omdat God hom tot die taak opdrag gegee het.

david ras ·

Aag dominee–laat die man bid….en so ook diegene wat daardie dag saam met hom is…!
Ek sien geen beswaar van die kerke se kant af as ons soos soveel maal in die verlede saam gekom het om te bid vir reen……!
Soos dinge nou aangaan kan ons ook maar net Bid—-as Angus Buchan duistere motiewe het, is dit op sy kop….en sal hy verantwoording moet doen.
Mens kan iemand oortuig om anders te stem in die politiek–maar wil ons nou mense afraai om te bid ?
Laat die man Bid. Ek sal liewers nie in sy pad staan nie. Ek moet ook eendag veraantwoording doen

Beatrix ·

Ek stem saam. Angus maak nie geld uit die samekomste nie. Hy dien die Here met opregtheid. Hy woon in ‘n nederige huis , ry ‘n gemiddelde voertuig en lewe soos ‘n nederige mens. Hy ploeg ongelooflik baie terug in gemeenskappe en mense. Die mense wat hulle monde so vol het – hoekom doen julle nie iets positiefs aan die situasie nie? Of bid ten minste vir die mense wat wel IETS doen! Angus het miskien nie ‘n formele kwalifikasie nie maar as God jou geroep het vir ‘n saak beter jy luister. En dis wat Angus doen. Hy is gehoorsaam, of hy nou geliefd gaan wees daaroor of nie. Angus, ons gebede is met wat jy doen.

Konrad T ·

David, lees weer wat die Ds se.
Ek wil net byvoeg, Nee, ons kan nie nou maarnet bid nie- God vra van ONS iets en dit is BREEK met sonde kom terug na die GELOFTE.
Onthou, Angus Buchan is n uitlander hy is nie n kind van die Gelofte nie, hy eer ook gladnie die Gelofte- hy ken nie ons land se lydens geskiedenis nie en is nie die persoon wat ons volk so n idol moet van maak nie. Hy behoort self uit sy eie uit die manne te vermaan, julle het n gelofte met God, gaan kom dit na.
Verder, die Here haat een ding en dis HOOGMOED(geestelike hoogmoed)
Dit is my gebed dat daar n geestelike leier uit ons volk sal opstaan. Dat ons mense se oe oopgaan en hulle kniee buig. 16 Desember 1838 het die Here ALLES reeds gedoen en die vyand aan ons oorgegee.
TOE, gaan lewer ons ons aan die vyand oor, verswaer, en vergeet van die Gelofte.
Ons moet gaan reg DOEN.nie net bid nie.
Angus hou al baie lank byeenkomste waarheen mense STROOM, EN – is daar enige verandering in land???? NEE. Inteendeel die situasie in SA is erger as ooit.Daars die antwoord,sy werke bly nie staan nie.
Tyd datons mense begin besef, ons loop agter idols aan, die vlees en die wereld, dien die sportgod en mammon- dan in nood, gaan bid ons- asb vir reen of red ons land?

Belowed ·

Waar 2 of 3 in My Naam vergader, daar sal Ek wees! Dwarstrekerige, kleingelowige Suid -Afrikaners …. word wakker! Hou op om kerk-kerk te speel. Soek Jesus, hoor Sy stem! Julle baklei oor nietighede en julle mis die punt!

George Hayes ·

Dit is so jamer dat julle n man soos Angus wil afbreek omdat hy God se woord versprei en skaam daaroor is nie, vir die wat dit slegpraat, wie is jy om te oordeel as jy dan nou so n groot christen is, en hoekom het jy dan nou n probleem oor die 22 ste en wil weet van die 23 st, het jy al gedink dat wat jy verkondig nie dalk die rede is dat jou kerk leeg is nie, hoekom dan nou afgunstig wees oor n man soos Angus wat op groot skaal mense kan trek om God se woord te hoor en saam te bid, ek dink dit gaan nie oor waar jy aanbid nie maar wel hoe en vir wie jy aanbid, as dit die mense van SA en oor die wereld in aanbidding kan saambring is dit in my opinie n goeie ding of hulle teenwoordig is op 22 April of die wat dit nie kan maak en oor die radio of tv meemaak sal dit n goeie ding wees

Sharon ·

Sjoe! Ek glo nou regtig nie wat ek hierbo lees nie!! En dit van ‘n Ds.! Wat van die res van die bybel Ds. M.a.w. die HELE Waarheid! Kondisionering is ‘n lelike ding.

Thuunda ·

Goed gese, Ds….en met Gamaliel se wysheid!

Wie gaan almal daar wees en aanbid hulle almal die ware God of is dit ‘n mengsel tussen die “health & wealth”, katolieke, protestante en wie wat wat nog.

Ek sal maar ook se soos Gamaliel gese het….

Dries Theunissen ·

Ek stem ook vokome saam met Ds. Ek het al heelwat oor hierdie Skotmannetjie gelees en het selfs sy film gekyk ” Faith like Patatoes”. Dit beeld nie die prentjie van ‘n gelowige uit nie.

Witblitz ·

Ek stem, daar is verseker iets nie pluis aan Angus Buchan en dié saamtrek nie.

Renier van Vuuren ·

Ek sal eerder die moeite doen om myself te gaan verneder voor God, saam met manne wat eerbaar is in hul aanbidding, voordat ek in n gebou gaan sit onder n hoenderhaan, saam met mense wat mekaar nie ken nie en meeste nie weet wat hul daar doen of kan verwag nie. Afgewaterde godsdiens bedryf en luister na iemand wat mense ondermyn en Domineer, agter die Woord van God, wat meestal stories lees wat hy van n Rekenaar afgetrek het. Domineerders wat self nooit n Ontmoeting met God deur Jesus Christus beleef het nie, nog nie Bekering ondervind het nie, maar slegs 4 jaar opleiding ontvang het om n Gemeente te bedryf. Met ander woorde, vervulling van n Werk, nie n Roeping nie. Dit is die verskil tussen manne soos Buchan en n gewone Prediker. God is aan die kant van die Nederige, Opregte, Aanbiddende persone. As jy nie In God deur Jesus Christus is nie, is jy Uit, al is jy hoe diep en hoog in jou kerk.

Mari ·

Ek stem saam jou Renier, ek het al persoonlik ondervinding gehad van kerke waar dit nie gaan oor ons liewe Vadertjie en die woord nie. Daar word gekyk hoeveel en of iemand kollekte in die bussie gooi en of hulle bereid is om geld in te samel vir die kerk ( nie God) se behoud. Ek weet ons moet n tiende gee maar ek glo dit gaan oor n tiende en meer wat jy saam God spandeer. Ek mag verkeerd wees?

Amanda Wait ·

Mari, nêrens word die kerk beveel om tiendes te gee nie. Moenie laat predikers vir jou lieg nie!

Louis ·

Renier stem 100% saam , 10000000 likes vir jou komentaar , sekere dominees verkondig net dat jy hoef net te glo dan gaan jy hemel toe , praat niks van bekering nie , hulle plaas mense op ‘n dwaalspoor

gatiep ·

100% Renier en wie se nie God het hom gestuur om ons Afrikaner te red nie want hy het gesien ons sal dit nie kan doen nie.

JJ ·

Renier, stem 100% saam. Hoeveel mans sien jy Sondag op Sondag en huil in die kerk, NIE EEN NIE, maar op die MMC ervaar die manne werklik die heilige gees wat met hulle is. Ek doen alles in my vermoë om Oom Angus te ondersteun in die taak wat God aan hom opgelê het

Adriaan Hattingh ·

Ds Boersema, is u dus van mening dat die kennis en liefde van God slegs op Sondag in ‘n kerk tydens ‘n erediens gekweek en gegroei kan word? Dat bekering slegs dan / daar plaasvind? U skaar uself aan die kant van ‘n ou testamentiese fariseer maar ignoreer Jesus, hoë priester van die nuwe verbond, wat opdrag gegee het om met Sy verlossingsboodskap na die al die nasies te gaan? Dat hierdie opdrag slegs op sondae in kerkgeboue, wat nog nie bestaan het nie, uitgevoer is?
Is dit nie tyd dat ons met ‘n oop gemoed erken dat liefde, kennis van God en bekering (terugdraai na Hom) enige tyd, dag en plek moontlik is nie? Selfs by ‘n MMC saamtrek? Dat bekering nie net antwoord op gebed op Sondag in ‘n gebou is nie maar deur die uitleef van Jesus se opdrag en dit deur elke gelowige?

Trudie ·

Regtig?? Ek is so dankbaar dat Jesus my eendag gaan oordeel, en nie mense nie. God alleen ken mense se harte en hul motiewe. Los die oordeel oor aan Hom.

… en buitendien is Sondag nie eers die ware Sabbat nie. Sondag is van heidense afkoms en was ‘n dag van son-aanbidding. Doen jou huiswerk Dominee.

Oudste ·

Kennis van die Woord van Jahweh Elohim is duidelik: Genesis 1 vers 31 asook Genesis 2 vanaf vers 1 tot 4 verwys. Dag 7 is Shabat (soos die wereld dit ken as Saterdag) en nie dag 1 (soos die wereld dit ken as Sondag) nie. Verwys gerus na die in diepte studies van Michael Rood, A Rood Awakening en Ds Ernie se Gee my die Bybel en net die Bybel reeks. Beide hierdie manne se studies is NET BYBEL gebasseerd met geen dogmas daarin verwerk nie. Dan wil ek net vir Ds Marnix Boersema vra: Wat het die kerke, alle denominasies, al gedoen om die vlaag geweld (lees duisternis) wat dreig om ons land te verwoes, aan te spreek? Ek praat nie van lippetaal wat rondgegooi word nie, ek praat van DOEN om die Bruid (die Kerk) van Jeshua Ha Mashiach tot eenheid te mobiliseer? Hier is ‘n poging om duisende mense saam te trek vir gebed, vir verootmoediging, vir vergifnis asook lofprysing, op Shabat. Dit word, in hierdie artikel egter as verkeerd voorgehou as gevolg van die skrywer se persepsies oor dit wat hy van Angus raakgelees het?

Oudste ·

Hallo Witblitz, daar was nog meer wat ek wou se aangaande Jesus Christus en vir seker is die fokus op Hom, wat Sy lewe vir ons aan die vloekhout afgele het, triomfantlik die dood oorwin het en aan ABBA se regterhand sit, as inspraak vir ons sondaars, die LIG en die LEWE. Ek het ongelukkig nie genoeg skryf spasie gehad nie. Die Ou Testament en Nuwe Testament is egter onlosmaaklik met mekaar verweef. Shalom.

John ·

My gevoel is dat die heerlike samehorigheid van ‘n klomp Afrikaners/boere en hul diepe angs en frustrasie en die volgehoue bedreiging van die plattelandse gemeenskap die dryfveer is vir die groot belangstelling. Die Engelse oom, reken hierop. Waarom Buchan? Hy is ‘n boer en hy lewer ‘n orasie oor ellende met die Bybel oop. Hoekom met ‘n cowboy hoed? Waarom op Saterdag, vra ek ook, en Sondag kan die ander kerke maar leeg staan want dan reis die feesgangers tuiswaarts, lekker opgeklits. Wat glo die kwasi-eerwaarde tov die Woord?
‘n Eie ideologie? Hoekom preek die oom nie in Afrikaans nie?

Christine ·

Shame John en jy kan natuurlik glad nie preek nie nê hou jou smoel man

Jopie ·

“As dit nie van God is nie, sal dit nie bly staan nie” is gedeeltelik korrek, maar uit konteks. MMC skei nie af van Christenskap soos lg van die Joodse Godsdiens afgeskei het en Gamaliel se woorde op betrekking het nie.

Paulus het ook gese^ dat al predik sommige die Evangelie vir finansiele gewin, die feit bly staan die Evangellie word gepredik. Mense kom tot bekering en hul lewens word verander.

Die MMC is ook in lyn met Petrus wat se^ dat mans oral hul hande moet oplig en bid vir die wat in regering is.

Conrad ·

By God is niks op die draad of gedeeltelik nie,dit is of dit is nie, punt.
Buchan se “werke”staan al van die begin van sy talle optredes in SA NIE, kyk na die land!
Die man loop met geestelike hoogmoed. Hyt niks te se in SA nie- behoort terug te gaan na Scotland waar hy en die vrymesselaars vandaan kom.Wanneer gaan ons tog dieper insig kry?

kobus4e ·

Conrad, en jy het dieper insig??? Hy kom eintlik van Zambia af. Dink jy omdat hy preek en vermaan, alles moet nou reg wees? Die res van die land kan goddeloos lewe, maar alles sal mooi wees, as Angus Buchan “werke staan.” Dit is juis die kruks my vriend, bekeer jou, luister na die boodskap, keer terug tot Yaweh, nie tot Buchan nie. Luister wat hy sê, en doen wat Yaweh van jou verwag. Angus wil jou inlig en lei, nie god speel nie

SkarrelKind ·

Nou wat van Sondag? Wat is u punt dominee? As die man wel ‘n man van god is, en mense maak nie Sondag die diens nie, is hulle verkeerd om die Saterdag by te woon? Ek is nie gelowig nie en ek is verheug ek is nie, want om hierdie dwarstrekkery aan te hoor, oor ‘n oom wat nog steeds veekondig dat die geslagte (asof al die swaarkry van vroue op die planeet nie genoeg is nie?!) nie gelyk is nie. Gaan julle maar, ek gaan Weskus toe die 22ste April.

MariG ·

Ek hoop nie ons word as “Slegs-op-n-Sondag-christene” geklasifiseer nie… want dan is daar fout! Volgelinge van Jesus is nie net ‘n volgeling op ‘n Sondag nie, maar dis ‘n leefstyl wat elke dag van die week gevolg word. Nie om vir ander te wys “kyk ek sit voor in die kerk” nie, maar omdat jy Jesus in jou hart het en jou begeerte is om Hom te dien. Dit word definitief op ‘n Saterdag gehou, sodat mense nog steeds hul eie gemeentebyeenkoms kan bywoon op die Sondag (in Bloemfontein, asook ander plekke) en vir mense wat van ver kom, om terug te keer na hulle eie wonings. Is dit nou soooo moeilik om dit te verstaan? Moet dit asb nie uit verband uit ruk nie Ds. Ai…..

Stefaans ·

Ek was nog nooit op ‘n saamtrek van Angus nie, maar dit is nie vir my om hom te oordeel nie. Die agbare Ds, met die wysheid van sy jare, het blykbaar die voorreg om dit te doen. Ek hoop Angus bid vir hom ook.

Liezl ·

Als wat goed is als wat mooi is het iemand iets oor te sê. “Psalm 19:14 Let the words of my mouth and the meditation of my heart be acceptable in your sight, oh Lord, my Rock and my Redeemer” Oor iets wat iemand probeer doen om God te verheerlik. Oor iets wat ons nederig moet doen. Dis nie ‘n staking nie, dis nie geweld nie. Ons moet almal eendag aan een Tafel sit saam met die Allerhoogste. Kom ons kyk of ons almal uit ons ‘comfort zone’ kan saamkom en kan saam bid. Matthew 18:20 For when two or three are gather in my Name, there am I with them” Wie is ons om oor enigiemand iets te sê? Psalm 46:10 He says “be still and know that I am God, I will be exalted amongst the Nations, I will be exalted in the earth” En so kan ons aangaan en aangaan. Erken Hom en als anders sal in plek val.

Sanet ·

Dit gaan nie oor wie waar is die 23 ste April nie. Die Here se ” waar 2 of 3 bymekaar is, daar SAL EK wees.” En as boere gemeenskap op plase het ons dringend nodig om met God te praat!!

SI ·

Goed …. as Angus B dan ‘n valse profeet is … wat presies kry hy dan hieruit? Ek kan net positiewe sien van hom, ‘n opregte dienaar van God met opregte intensies. Ek is lankal verby die punt van kerk-kerk speel. Wat daarvan as daar nie mense op ‘n Sondag in die kerk is nie, jy kan by jou eie huis saam ander gelowiges ook bymekaar kom om Hom te dien. Regtig Ds? Miskien moet die kerke juis die inisiatief neem en ‘n biddag maak vir vrede in hierdie land.

Delien ·

Wat kry hy daaruit? Jou antwoord: roem en eer vir homself. Die gees van HOOGMOED.
Sy werke bly nie staan nie, bly dit? Van hy begin preek en praat in SA word meer en meer boere vermoor. Wat se hy vir die manne van die GELOFTE?

Frans C ·

Daar is goeie rede waarom kerke leegloop en dit is omdat talle predikante klei trap as dit kom by die skeppingsverhale in Genesis.Daar is min wat jou sal vertel dat hierdie verhale nie uit die pen van Moses kom nie,maar dat die eerste skeppingsverhaal geskryf is deur die Jode in ballingskap,tussen 586 -539 vC.

Hierdie verhaal is geskryf as teenvoeter vir die baie Babiloniese skeppingsverhale met baie skeppergode.Die Jode het daarop gereageer en daarop gewys dat dat net EEN OORSAAK is waardeur die heelal en alles wat daarin is tot stand gekom het.EEN OORSAAK-en een gevolg en nie baie oorsake (gode) en baie gevolge nie.

Die 2de skeppingsverhaal, vul eintlik die eerste een aan en kom uit ‘n landbougemeenskap
uit die tyd van die konings.Dit gaan nooit in die verhale oor die hoe nie maar wel om die WIE.

Dus as ekwil weet WIE die Skepper van hemel en aarde en die Verlosser is,lees ek my Bybel.As ek wil weet hoe alles inmekaar steek lees ek wetenskaplike handboeke en is daar
toepaslike wetenskappe.

Daarom moet ‘n mens nie die twee teenmekaar afspeel nie om die een of die ander as onwaar te bewys nie.So sal baie mense sê Jupiter het nie mane nie wat dan regstreeks indruis met ontdekkings in die verband.

Moet dus nie dat die wetenskap wat ontdek wat bestaan,maar verborge was,ongelowig word nie.

Amanda Smit ·

Die kerke is seker bekommerd oor Sondag se kollekte wat nie opgeneem sal word nie.
Ek stem saam Sanet waar 2 of drie bymekaar is, DAAR SAL EK WEES.

Thuunda ·

Amanda, “waar 2 of drie bymekaar is” gaan oor kerk dissipline…lees die bybel in konteks (wat voor en na die versies staan).

Amanda Wait ·

Amen Amanda! Ek, my man en my Ma en JESUS belowe Hy is daar in ons midde, want Sy Gees woon immers IN ONS. God seën jou.

Hennie Visser ·

Dominee Marnix Boersema, jou bydrae is goed en neutraal geskryf of so het ek gedink, tot ek die laaste paragraaf gelees het. Daar vernietig jy al die neutraliteit en sê saambid en MMC is verkeerd. Op grond waarvan? Jy kan nie so ‘n stelling maak nie. Dan praat jy oor Sondag 23 April.is vir jou.belangrikker en gaan die mense in die kerk wees. Hoe klink dit dan vir my.jy is bang jy verloor lidmate. Die Here het in die Bybel opdrag gegee dat die volk moet saamkom en hom moet aanroep. Daar is niks verkeerd met Angus se saamkoms nie. Kom ons bid eerder vir God se seën op die dag.

Christa 2 ·

Geagte Ds. ek stem saam met die wat met die wysheid van die Heilige Gees na die saak kyk. Die Woord leer ons “aan hulle vrugte sal hulle geken word” wat is die vrug wat u dra? dalk suur druiwe? Ek kan met ‘n absolute oortuiging in my hart se dat oom Angus wel die vrugte dra waarvan die Woord praat. Miskien hoekom die Here oom Angus vir hierdie soort werk gebruik, hy het nog nooit die eer vir sulke byeenkomste gevat nie. Moenie twyfel in mense se harte saai nie, gaan woon dit self by en besluit dan waaroor en oor wie dit werklik gaan. Ja ek gaan beslis ook die Sondag in die kerk wees as dit in God se Wil is. U is nie dalk bekommerd oor die mense wat nie in die dienste gaan wees oor die offerandes wat dan gaan skade ly nie, nê?

Christo ·

Laaste wat ek gekyk het is die mense die kerk nie n gebou nie

Christa 2 ·

Geagte Ds. ek is baie dankbaar vir die mense wat wel met die wysheid van die Heilige Gees op die berig gereageer het. Die Woord leer ons “aan hulle vrugte sal hulle geken word” ek kan nie help om te wonder of die vrug wat u dra dalk suurdruiwe is nie? Ek kan met alle oortuiging sê oom Angus dra die vrugte waarvan die Woord ons leer. Hy het nog nooit aanspraak op die eer vir sulke byeenkomste gemaak nie, seker daarom dat die Here hom gebruik. Ek stel voor u woon self die byeenkoms by en besluit daarna of u stellings geldig was of nie… Ja ek gaan die Sondag ook in die kerk wees as dit God se Wil is, ek kan nie anders as om te wonder of u bekommerd is oor diegene wat nie in die kerk gaan wees nie, of oor die offerandes wat gaan skade ly? Ek dink die voorbeeld van oordeel van u stel, sou gemaak het dat ek ‘n ander kerk soek indien ek een van u gemeentelede was. Sterkte met u soektog na die waarheid.

Blienkie ·

Ds. is bang die kerk is leeg Sondag. Ds – kan jy jou voorstel duisende mense reis selfs duisend kilometer, met busse, treine, taxi’s, ens – nie om Oom Angus te sien nie maar om saam te bid vir dit wat vir ons almal uitsonderlik belangrik is – ons land, ons mense, ons toekoms. Oom Angus is God se spreekbuis. Duisende mense wat bid vir dieselfde doel!! Selfs die anti-chris sal nie kan sterk staan hierteen nie. So chill Ds, gaan saam want dalk is jou gebed no. 1000 0001!

Diensbaar ·

Hierdie is maar net weereens ‘n hartseer dag in ons as mens se lewens. Soos in die politiek is daar ook diegene wat Godsdiens gebruik om ander te vertrap. Ek self as lid van ddie NG Kerk is nou reeds vir ‘n paar jaar Kerkloos omdat dit juis die groot geeste in die voorste gestoeltes is wat jou die seerste maak met onbewysde beskuldigings, maar loop hy voor met sy vroomheid in die Kerk. Ons baseer ons Mega Kerke op “ONS (Die mens) moet iets reg gedoen het om dit te kon vermag, want hoe dan nou anders. Indien Angus ‘n vals profeet is hoekom het niemand nog ooit opgestaan en hom uitgewys nie, hoekom het daar nog geen van sy byeenkomste misluk nie, sou GOD dan nie daadwerklik ingetree het nie. Het enige van ons leeraars al ooit opgestaan en met gesag die Satan en sy trawante aangevat oor dit wat in hierdie land gebeur. Waar is die bid dae vir vrede, veiligheid en harmonie. Sommer so terloops, waar is die kerke met die uitroep van ‘n dankdag vir al die reen wat dmv ‘n WONDERWERK damme laat oorloop het wat volgens alle aanduidings (menslik) nie moontlik was nie. Dalk is dit tyd dat ons herbesin oor Sondag, ek werk in ‘n omgewing waar elke dag vir my Moslem kollegas ‘n dankdag is, gaan kyk maar hulle skroom nie om hulle uur van gebed te neem nie. So wat maak dit saak, kry jouself terug by GOD.

Bekommerd ·

Diensbaar, baie goed gestel. Die satan lag as ons so onder mekaar twis. Dit behoort nie nou so te wees nie. Kom ons gaan eerder almal op in smeking tot onse God om vir satan te wys dat God ons sal red. Amen

marius kleingeld ·

ANGUS BUCHAM IS N VALS PROFEET EN KATOLIEK.Hy is besig om sa in n donker put in te trek.marius

Werner ·

AMEN,Marius! jys 100% korrek. Dankie.
Mag ons mense wat so n idol van liberale predikers maak se oe oopgaan.
lees asb Hand. 5:38,39(en die hele Bybel ook)
As hy die manne maar vermaan het oor die Gelofte- sou dinge anders gewees het in die land.

Op soek ·

Is u seker hys n katoliek, ken hom ni rerig nie, as hy is, ja dan is hy beslis nie van Yahweh nie

Gerbrandt ·

kan mens net ophou glo dat as jy bid die Here die land gan help? dit gaan nie begin op jou eie voete staan doen dinge jouself in die bybel se die Here self as jy n verskil wil maak bakly vir dit! mense hou op agter n deur wegkruip hou op heeltyd verskonings soek begin iets self doen

jacques ·

Sjoe manne stadig oor die klippe. Ek dink ons soek teveel van die oplossings in die vlees en dalk te min in die Gees. Dink die Vader stel meer in ons Geestelike vernuwing belang as noodwendig beter landsomstandighede. Ek glo elke inbouwing in die Gees is net goed. Bygese om die Gees dinge te verstaan moet jou eie Gees al vernuwe wees anders bly ons redeneer in die vlees. As ons niks doen nie het ons alles om te verloor. As ons IETS doen dalk alles om te wen.

George Hayes ·

Dit is so jamer dat julle n man soos Angus wil afbreek omdat hy God se woord versprei en skaam daaroor is nie, vir die wat dit slegpraat, wie is jy om te oordeel as jy dan nou so n groot christen is, en hoekom het jy dan nou n probleem oor die 22 ste en wil weet van die 23 st, het jy al gedink dat wat jy verkondig nie dalk die rede is dat jou kerk leeg is nie, hoekom dan nou afgunstig wees oor n man soos Angus wat op groot skaal mense kan trek om God se woord te hoor en saam te bid, ek dink dit gaan nie oor waar jy aanbid nie maar wel hoe en vir wie jy aanbid, as dit die mense van SA en oor die wereld in aanbidding kan saambring is dit in my opinie n goeie ding of hulle teenwoordig is op 22 April of die wat dit nie kan maak en oor die radio of tv meemaak sal dit n goeie ding wees

gatiep ·

Maruis hy is nie n katoliek nie hy het net gaan bid vir hulle,daar is n verskil.
Sou hy regtig n cowboy hoed gedra het as hy katoliek was?

Leon ·

Whatever Marius, as jy al ooit na Oom Angus geluister het sou jy gehoor het hy het nog nooit deur die holy mother gebid nie, hy bid altyd deur Jesus, hy glo duidelik in die Drie enige God.

Ek wonder maar net wat het jy en al die mense wat Oom Angus so afbreek al gedoen om die Here se naam te versprei.

Ek kan jou verseker ek en my vrou sal die 22ste in Bloemfontein wees om saam met al die ander duisende mense bid vir die toekoms van ons land.

Leonard van der Dussen ·

Is daar ‘n soort oproer van gebed en getalle bymekaar te sit, of is daar ‘n bekering, deurlopende bekering en deurlopende aanbidding van die God wat hemel en aarde gemaak het en aan wie alles behoort, sodat Hy Sy redding kan gee? Ds Boersema stel die regte saak, naamlik toewyding aan God, en laat terselfdertyd ruimte vir waar ons as mense nie alles dadelik kan reg insien nie; van die reaksies hier doen die teenoorgestelde in lelike onverdraagsaamheid.

Sam ·

Ja-nee gal braak sal die mense mos nou want die dywel stook sy kole. Ek het die grootste respek vir oom Angus. Hy stap sy pad in NEDERIGHEID, saam met ons Skepper. Wie gee om as hy in Engels preek, dis sy moedertaal, hou op om Afrikaans te skree as daar meer mense is wat na God gelei kan word omdat soveel meer mense net Engels verstaan. Julle staan alewig in die pad van mense in plaas van om saam te staan. RSA ners julle is ‘n dwarstrekkerige volk en elkeen wil tog so vrek belangrik klink en wees. Dit gaan oor God, NIE oor jou nie. Kom daaroor asb. En ja, staan saam vir ‘n slag. As jy negatief wil wees, zip jou lippe

Disselboom ·

Soveel ongegronde en bewyslose venyn teen kerk en gelowiges as wat in hierdie kommentare voorkom, sien mens nie aldag op een bladsy nie. Ds Boersema se rustige en netjiese skrywe, met sy mening, staan uit as bewys van deurleefde geloof, anders as die geskel in die kommentare. Sy oproep op bekering is waarskynlik die oorsaak van die venyn, want dit verg seerkry van die mens na binne om sy eie ellende te moet erken. Baie makliker om net uiterlik tot God te gaan saambid in ‘n massa-byeenkoms vol vertoon – maar dit gaan nie help as daar nie bekering, verootmoediging is nie.

Cecilia. Tjaden ·

Ai Disselboom, hoe waar is dit nie?
Ek sien ook die Ds. se rustige vermaning, liefde en nederigheid waarmee hy skryf.
Dit is baie hartseer dat ons eie mense hom so kruisig en nie verstaan wat hy se nie. Niemand is so blind soos hy wat
nie WIL sien nie.
Kom, ons lees weer, en dink weer.
Kom ons los ons eie hoogmoed.
Moenie alles afmaak nie, dit kan wees dat die Here met ons praat. En ons waarsku.
Ek hoor in my hart dat dit God bedroef dat Sy kinders mekaar so aanval. Kom ons luister na ons Vader en besef ons is op die afgrond en ons moet met Hom regmaak.
Die Ds is n gesalfde van die Here. Hy vermaan ons om nie net na saamtrekke te gaan nie maar OOK deurentyd die Here te dien. Moetnie die Kerke aanval nie,dis die Liggaam van Jesus. Die duiwel val hulle genoeg aan. satan weet sy dae is getel daarom gaan hy so erg aan. hy val ons direk aan.
Kom ons bid vir Angus, die Ds en mekaar! dit sal vuurkole wees op die bose. Dit is wat die Here se: Bid saam in eenstemmigheid. Vergewe mekaar!
Kom ons dink: wat is dit wat vir God saakmaak?Ware diepe bekering en teruggaan na Hom toe? Die Gelofe met die Afrikanervolk?Wat vra Hy van ons. Dalk van my?
Ek gaan luister.

Geskok ·

Ek sien afguns, jaloesie en borderline Godslastering. Dié eerbare “Ds” is nie die vrug van die gees nie. Dit is vir my duidelik dat jy geen insig het oor die werk wat Jesus gedoen het nie. Sy disipels was mos almal “Ds” en Hy het mos net in kerke gepreek. En dit ook net op Sondae. Eerbare “Ds”. Miskien moet jy ook nie Sondag die 23ste in jou swart jas op ñ kansel staan nie. Kom jy ook bietjie uit in die oop lug en kom ervaar wat die HEILIGE GEES is. Hy kies nie ñ dag, ñ gebou en ñ “graad” om te werk nie. As Hy vloeie soos wat Hy SAL op daardie Saterdag, sou dit in elk geval jou kerk se mure plat geslaan het. Ek nooi jou. Nie Angus of ñ kerk groep of as ñ geleerde nie, maar as ñ nederige Christen om jouself voor jou eie oortuiging in die vlees te sterf, jou verontmoedig voor God, en die soet smaak van die Ware Lewende Heilige Gees te kom proe en beleef. Gaan dan terug en skryf ñ brief vir die media, maar ek vermaan jou in liefde dat dit wat jy nou doen en die skeuring wat jy nou saai tussen geleerdheid en gewone disipels en tussen kerke en Christene nie tot eer van God is nie, en dat jy mooi moet besin oor die skade wat jy as ñ geleerde man aan God homself hiermee kan veroorsaak.

latie ·

nou vra ek wil net hom toets wie het gese dat sondag moes kerk diens kyk in ou geskiedenis wie het geskuif kom nie in suid afrika nie en ek soek anwt want niemand doen wat GOD se nie en almal doen sy eie dinge soos jul pas en waar se die TYD is 12uur middernag wys vir my die BYBEL versie ek soek antw nie wat hul dink nie soek bewyse in BYBEL ….

Petrus ·

Latie gaan lees artikels of gaan kyk debatte wat Kent Hovind oor “creation vs evolution”. Jy sal baie antwoorde kry. Hy verpletter en ontbloot al die evolusie outjies.

balao ·

Ek sal versigtig wees om agter die glasdeur te staan en klip te gooi.

Is Sondag as rusdag dan nie deur die katolieke ingebring nie?
Wys die kalenders dan nie dat Sondag die eerste dag van die week is nie?
Moet ALMAL dan nie op Saterdag bid nie?
Of jy daar is of nie, bid elke dag, maar veral op n Saterdag, want DIT is die laaste dag van die week, die sewende dag, die rusdag, soos deur Hom ingestel.

Nou gaan vele my oordeel en se “wat maak dit saak wanneer jy jou Sabbat hou”, maar Hy het gese onderhou my insettinge en regtig, as ek deur n BBP genooi word vir ete op die Sabbat, en ek kom daar aan op die verkeerde dag . . . . . . . .

dan mis ek die bus mense!!!!

Ingewikkeld ·

Ek is bevrees dit raak baie meer ingewikkeld as dit. Ons is op die verkeerde kalender. Die wereld is op die sonkalender en ons is veronderstel om op die maankalender te wees. Sonkalender kom van Baal aanbidding af. So as jy n maan kalender “lunar calendar” sou volg dan is die sabat nie noodwendig altyd op n Saterdag nie, maar word volgens die volmaan bepaal. Gaan lees gerus daaroor op. Jy sal baie verras wees.

Sarel Strydom ·

Of my bydrae verlore sal gaan in die massa weet ek nie, maar ek persoonlik het die vraag gevra: Wat doen die Kerk. Wat is die relevansie van die Kerk in die soeke na ‘n oplossing en vrede in hierdie land van ons anders as praat, briewe skryf en in raadsale vergader. Die Volk soek leiding en die kerk,is wat my betref, doodstil.

chrisp ·

Ds vertel ons asb wie het Sondag as die rusdag ingestel?
Katolieke Kerk of God?

‘n Kort antwoord sal doen.
Baie dankie.

Anoniem ·

Sondag is ons feesdag/rusdag, want Christus het op ‘n Sondag opgestaan uit die dood.

chrisp ·

Dit antwoord nie die vraag nie.Wie het die rusdag ingestel? Katoelieke kerk of God?
Kom ek stel dit beter watter dag is die sabbat en as dit saterdag is hoekom en wie het dit verander na sondag?

Pendoring ·

Het nounet op Google gaan kyk om te sien hoeveel suksesvolle geloofsbyeenkomste Ds. Boersema al gereël het. Nul. 76 Hits op sy naam. Meeste is dienuusbrief.
Dominee, dis moeilik om jou kop oop te kry en te besef dat daar wel vandag nog werklike Godsmanne is. Oom Angus is een. Aanvaar dit. Ondersteun hom. Waarvoor is jy bang? Soms is ‘n massa biddag net dit, ‘n massa biddag.

Leonard van der Dussen ·

Kom ons maak ‘n skatting dat ds Boersema nog net drie jaar in die bediening staan, en vier Sondae in die jaar verlof het maar vir die res eredienste Sondag vir Sondag getrou waarneem. Selfs as dit net oggenddienste is, het hy al 48 x 3 = 144 “gebedsbyeenkomste” gehou, en as aanddienste bygereken word, dan 288. Maatstaf van sukses? Hy staan voor God, doen sy werk getrou en verkondig die Woord, gereeld, is herder van sy gemeente, werk stap vir stap, deurlopend. Moenie God se diensknegte wat in nederigheid ‘n volle werk doen, beledig nie.

MTSteyn ·

Goeie skrywe, Marnix!

Jy sal natuurlik hiervoor (spreekwoordelik) gekruisig word, bloot omdat die nuwerwetse christen in Suid-Afrika so volledig ingekoop het by die Amerikaanse vertolking van Godsdiens; jy weet die amperse ‘show business’ Hollywood weergawe van ‘groter is beter’, en met baie mooi liggies en plastiek en kleur en geur.

Duisende christene sal vir jou met die mooiste argumente probeer oortuig waarom tradisionele maniere van aanbidding – soos om Kerk op 23 April by te woon – nie meer so effektief is om God te aanbid nie.

Dis die Ware Bekeerdes wat die huisvestinging wat Jesus voorberei het in die Hemel, aan die einde gaan opneem.

Bly ware bekering preek Ds Boersema, en jy sal jou kroon by God ontvang

Thuunda ·

Goed gese MTSteyn…dis nogal skokkend dat mense so ingekoop het by die godslasterlike TBN/GodTV manier van “godsdiens” bedryf.

Frans C ·

Met alle respek aan die geagte dominee.Gamaliël was ‘n Fariseër, wat die Joodse Raad wat die Apostels wat baie mense gesond gemaak het wou doodmaak.Die Joodse Raad was jaloers,want hul invloed was op die spel en nog meer verward toe die Apostels uit die tronk uitstap omdat ‘n engel van die Here die tronkdeure kom oopsluit het.

Die Joodse Raad was woedend oor die apostels se leerstellinge en dat hul ‘n opgestane Jesus verkondig het,wat deur God met groot eer beklee is,en die belangrikste plek in die hemel gegee is en aangestel is as die Heerser en Verlosser van die hele Israel.

Gamaliël noem toe ‘n aantal voorbeelde van mislukte mense wat ook hul volgelinge gehad het en wie se pogings en leerstellings misluk het.Die vraag is dus verkondig Buchan die evangelie in lyn met die Apostels.As dit so is sal die poorte van die hel en skrywe van my of enige dominee of enigiemand anders dit tot niet maak nie.

Adele ·

Hoekom is ek nie verbaas dat so iets uit die stal van die NG Kerk kom nie? Geagte jong Ds. net ‘n paar opmerkings:
1. Ek het nie ‘n teologiegraad nodig om te weet dat ‘n valse profeet se vrug verseker nie ‘n oproep tot eenheid in gebed is vir ‘n saak wat tot eer van God strek nie.
2. Verder blyk dit dat die vrug van jou skrywe eerder “disunity” en agterdog kan bewerkstellig en bevraagteken ek eerder jou “validity” as ‘n geestelike leier!
3. Kerkaffiliasie en kerkbesoek is verseker nie ‘n voorvereiste vir redding nie, maar vir geestelike groei. Hoekom nie eerder die inisiatief vir die samekoms tot gebed ondersteun, as om ‘n saad van agterdog te saai nie?

God ondersoek ons harte, ek vertrou u, het ook u s’n mooi ondersoek voordat u ‘n mede-ledemaat in die liggaam van Christus se motiewe en egtheid met suggestie van ‘n vals profeet bevraagteken het.

Andre ·

Nogal snaaks hoeveel mense n probleem met die kerk het,seker omdat hulle n geestelike leier of profeet soek .Ons soek op die verkeerde plek en sonder om te veralgemeen is dit tog so dat baie mense agter oom Angus aangaan en nie verootmoediging by hulleselfself begin nie.Ons mag nie geleendhieds Christene wees nie maar n mens beleef nie dieselfde agresiewe verdedeginde deelname in gemeentes en gemeenskape nie, Kom ons aanvaar almal wat gaan doen dit vir die regte rede maar wat die ds betref moet nie net sy bekommernis afskiet as afguns nie. dit is verseker nie die geval nie. Ek ken die ds nie en weet ook nie water kerk hy is nie maar as ek rustig die artikel lees lees ek waarheid daarin

Vanessa Els ·

Ek gaan beslis hier agter Agus staan. Die man is bereid om iets te doen en as hy ons geestelike leier gaan wees, dan is dit ook goed en gedaan. Mense moet ook dalk nie bekommerd wees oor hulle gemeentelede nie, kyk na julle skape. En as n skaap afdwaal gaan haal hom. Plaas alle kerk leiers staan op en vat hande oor die dinge in ons land, miskien sal ons dan n kans he. Maar waak teen verdeeldheid as dit hierby kom. Die kerk is nie die gebou nie…ons is almal een liggaam. Ds Marnix nooi jou gemeente Bloemfontein toe en sluit jou deure Sondag. Kom in die veld bymekaar ek bid saam as gemeente vir ons land.

Sjoe! ·

Dis hartseer dat die goeie bedoelings van beide Oom Angus en Ds Boersema nou soveel bakleiery afgee.

‘n Sagte antwoord keer die grimmigheid af, maar ‘n kwetsende woord laat die woede opvlam.

Dis goed om saam met Oom Angus te bid dat die Here ons bewaar teen die aanvalle van die duiwel, en dis goed om die Sondag daarna te bid vir dieselfde. Dis goed om dit ELKE dag te bid, alleen in jou binnekamer en/of saam met medegelowiges!

Dis ook goed om elke dag te bid vir die bekering van alle kleure en geure. Dan sal die getal van die uitverkorenes vol word, en sal die Here op die wolke kom en ons red van alles wat verkeerd en sleg is in hierdie gebroke wêreld.

Dis ook goed om daadwerklik iets doen om mee te werk vir dit waarvoor jy bid.

Mense, kan ons liewers ons tyd gebruik om te bid en te bou in plaas daarvan om te baklei?

My2cents ·

Ek stem saam met sjoe – en ek lees ds Boersma se skrywe en dis redelik neutraal. Waar is die liefde van Christus as daar met soveel venyn gekritiseer word? Daar is baie groot verskille tussen indiwiduele kerke – mens kan nie die kerk vandag as sulks of so stereotipeer nie. Kan ons nie maar ruimte laat vir ander se anderse behoeftes en sienswyses nie? Kan ons nie in verdraagsaamheid sake debatteer sonder om dit in persoonlike aanvalle te laat ontaard? Ons groei juis in insig as ons na ander standpunte kan luister en ons eie moet verdedig. Maar dit voorveronderstel dat mens die saak rasioneel en nie emosioneel nie, sal benader. Ons is nie dieselfde nie, dink nie en voel nie dieselfde nie. En daar is genoeg ruimte vir almal – gun ‘n ander ou syne.

Amanda Wait ·

Is dit reg om Angus, ‘n man van God so in die openbaar aan te val? Die man wil ‘en masse’ BID! Wat is fout daarmee? Ek hoop almal wat so vingerwys na ander en hulle onder ‘n vergrootglas dissekteer, doen self introspeksie en haal daai groot balk uit hulle eie oë.
As mense wil bid waar ookal, moenie hulle kritiseer en teen God gaan nie, want God sê ons moet ALTYD BID!
Here Jesus sê die wêreld sal weet ons is Sy dissipels deur ons LIEFDE VIR MEKAAR.
Ek sien maar min van dit onder die broeders en susters in Christus.

Sarie ·

Wat maak alles saak wie wat waar en hoekom. Belangrikste is – ons moet bid. Of ons dit nou doen en of ons ‘n massa bid dag gaan hê die 22’e April. Ons Almagtige Hemelse Vader weet wat in ons elkeen se harte gaan. So as jy gaan of nie, vir God is belangrik wat in jou hart is. En as Angus op wil staan en mense wil lei om tot God te bid, om ons land te red, so be it. God het vir Moses ook gesê om te wag voor Hy die Israelite uit Egipte gelei het, net soos wat Hy ook eers op die 7’e dag die mure van Jerigo laat val het. Ek kan honderde voorbeelde opnoem wat God dinge op Sy tyd laat gebeur. Kom ons pas eerder die vrug van die Gees toe en rig ons oë op na God en hou op mekaar af te breek en te oordeel. Ons is immers ALMAL kinders van God en Hy het vir ALMAL gesterf aan die Houtkruis – Hy het nie toe geoordeel nie.

Joe Hall ·

‘n Beter advertensie waarom mens jou nie aan klipchristene moet steur nie, blyk uit die meerderheid kommentare wat hierbo verskyn.

Skaapboer ·

Stem Joe. Die klomp skapies mê -mê al agter die verskillende herders aan wat almal net een ding dieselfde doen- die skapies se gelde te vat!

Andre ·

Ek glo elkeen is opreg met sy kommentaar en wil nie noodwendig mekaar afkraak nie .Moet net nie die bekommernis wat die ds het veroordeel net omdat hy n ds is nie.Maak ook seker wat sy bedoeling is voordat jy die kerk wat God se kerk as gierig beledig ,As jy wil bid moet nie wag vir die 22ste nie en begin by persoonlike verootmoediging ,Jy het elke dag die geleentheid en ook elke sondag die voorreg om gaam met jou gemeente in nederige afhanklikheid te bid dat HY ons sal ly behoed en bewaar en die berusting te he dat sy wil sal geskiet. Die boom word aan sy vrugte geken . Ek veralgemeen nie maar dit is tog so dat ons baie keer eerder geestelik werkloos wil wees en as dit my pas na n geleentheid wil gaan waar n persoon dan voorgaan en daarna is ek weer werkloos.Terwyl dit gladnie so werk nie en dit is wat die ds probeer se.By so n geleendheid mag n voorganger nie so bid of preek asof hy God onder verpligting wil plaas om mense nou te red,gesond te maak of voorspoedig maak te maak nie. Die basis moet ons afhanklikheid en tot God se eer alleen wees.Dit moet sonder brawade,nederig rustig en sonder opsweping en dwaalleer wees.Wie voorgaan mag gladnie die rede wees hoekom ek gaan nie.

Jakoba ·

As jy Israel toe gaan sal jy gou uitvind dat Saterdag die Sabbat is en Sondag ‘n gewone werksdag, by ons is Saterdag ‘n gewone dag en Sondag die Sabbat, nou wat is die probleem dan. By God is daar nie net een dag wat jy hom kan loof en prys nie. Jy as ‘n Dominee behoort dit mos te weet. Elke dag is ‘n dag om God te loof en prys. As Oom Angus Saterdag gekies het sien ek niks daarmee verkeerd nie. Mens sal in elke geval nooit almal tevrede kan stel nie, daar is altyd ‘n negatiewe dwarsktrekker in alles wat fout vind met alles wat leuns dra. God jou ons dop, wees maar verseker hy ken jou gedagtes.

Ben Niemand ·

Ek kry die gevoel albei kante van hierdie debat verstaan die Ds. dalk verkeerd. Dit wat ek lees, lei my om te glo hy het nie noodwendig ‘n probleem met die samekoms nie(Mits dit natuurlik binne God se wil is). Wat hom wel kwel, is hoeveel mense gaan na hierdie samekoms van aanbidding en lofprysing werklik hulle lewe op God rig en nie net die volgende dag weer terug val op hulle lewenswandel wat God nie behaag nie. Dis maar net ‘n ope vraag wat hy gevra het, en hy wil die gedagte tuis bring dat volharding in jou bekering en verhouding met Vader die enigste manier is om Hom te verheerlik.

Hennie ·

So dominie jy sê gebed en beskering gaan hand aan hand?? Sê my dan hoeveel mense kom tot beskering in die kerk waar jy preek? En word daar in die dienste waar jy preek vir mense die geleentheid gegee om dan die besluit te neem om Jesus Christus aan te neem as verlosser en saligmaker? Mattheus 10.32 whoever confess Me (Jesus) before men, I will also confess him before my father in heaven.. So as ‘n man van God (agnus) ‘n volk bymekaar roep om hulle voor God te verootmoedig dan Is hy ‘n valse profeet? So verklaar dan hoe is dit moontlik dat mense tot beskering kom in sy manne gebeds naweke ? Nog nooit gehoor dat ‘n “valse profeet” dit kan regkry nie!!! So hier is die ding!! Passop julle wat vingers wys en uit julle onkunde praat!! 1 Chronicles 16.22 .. Touch not My annoited ones do My prophets no harm. God saying!!! So wil julle regtig teen God spreek? En dan dominee…. Jy is die herder van jou kudde… Jy is verantwoordelik vir hulle so bepaal jou by jou kudde en sorg dat kudde in jou ere dienste is.

Johanna Botha ·

Almal wat n eier lê reel julle dan iets as julle kan… ons verneem graag van julle reelings en sal dit ook dan graag bywoon want enige hulp nou is nodig asb !

Santie ·

Ai presies wat die vyand soek. Kwaad tussen broeders en landsgenote
Moenie in die hande van die vyand speel nie. Stem saam benut die tyd in gebed en intree vir ons land en mense en boere. Vreeslik is dit om kwaad te praat van dienaars van God. Behou die vređe en werk saam en staan saam en bid ook saam. Asb julle gee die vyand n lieflike speelveld!!!!

johanvdK ·

Ds Marnix is 100% korrek.
Almal wat sy artikel wil kritiseer doen dit omdat julle aan jul self wil gehoorsaam wil wees en nie aan die Here nie. Maak oop julle bybels ( Verkieslik 1953 vertaling) en begin lees.My volk gaan ten gronde weens gebrek aan kennis(Hosea 4:6).
Niemand van ons kan eendag met die oordeels dag die verweer gebruik van “ons het nie geweet nie”. ( Lukas 16:20-31 )
Daar is ‘n Afrkaanse bybel tot ons almal se beskikking. As jy die Kerk op Sondae met sakramente met opset begin ignoreer is jy nie meer deel van die liggaam van Christus nie.
Heb.10:25 vermaan ons om nie onderlinge byeenkomste te vermy nie. Onderlinge byeenkomste (Kerk) waar daar suiwer woord verkondiging gedoen word en die sakramente onderhou word.As jy dan voel dat die gemeente waarin jy was nie meer suiwer die woord verkondig nie en dat dit oor mense verheerliking en geld gaan, wat sekerlik kan gebeur, is dit jou verantwoordelikheid om ‘n ware kerk te soek en daar by aan te sluit. Weereens : Maak oop jou bybel en lees sodat jy die valse profete,kerke en byeenkomste kan uitken.
Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie,maar teen elke mag en gesag,teen elke gees wat heers oor die sondige wereld,teen elke bose gees in die lug.
Sterkte Ds. Marnix . Onthou net altyd dat die Satan die hardste werk waar Sy woord suiwer verkondig word.

chrisp ·

Jy word gered deur Jesus Christus aan te neem as jou persoonlike verlosser en sodoende die ou mens agter te laat en dit is dit.
Hoeveel sakramente het die gekruisigde langs Jesus onderhou?Daar is vele voorbeelde ek vertrou jy is bekend met hulle. Jy is korrek “my volk gaan ten gronde weens ‘n gebrek aan kennis”.

pieter ·

AS JESUS KON ANTWOORD SOU HY SE, LAAT HULLE STAAN WIE NIE TEEN ONS IS NIE IS VIR ONS.

Bekommerd ·

Ek het nie al die kommentaar klaar gelees nie, maar Angus verteenwoordig geen enkele kerk nie, maar as verteenwoordiger van Jesus het hy die guts gehad om ons saam te bring in gebed tot ons Hemelse Vader om in gebed en smeeking tot Hom te roep om hulp. Nou wil almal Angus steenig. Hoekom het die ander dit dan nog nooit opgebring nie. Laat ons asn nie in hierdie tyd mekaar vernietig nie. Kom ons gaan op en vra God se hulp om ons land te red van die bose. Maak nie saak wie of wat jy is nie. As jy n kind van Jesus Christus is, kom dan.

Frieda Summers ·

Ag tog hier gaan die tipiese Afrikaner volk alweer!!! Laat mense gaan bid saam Angus dit is hulle keuse…ja die kerke mag dalk leeg wees die dag maar meer mense bymekaar om een ding te doen bid vir vrede in die land van moord en doodslag. WAAROM KAN AFRIKANERS NIE SAAM STAAN AL IS DIT NET BID VIR VREDE. Ek ondervind tweespalt daagliks tussen ons Afrikaner mense word net wakker asb!!!!!

Stellie ·

Groot verskil tussen gelowige en Christen… Ek persoonlike het nie baie tyd vir die ou oompie nie. Sy uitlatings oor sekere dinge is totaal en al teenstrydig met die Bybel.

soera Lötter ·

Kan ons nie eenmaal soos ‘n volk in nood voor Onse Vader buig en Sy naam aanroep nie …. was dit nie ook wat die volk op Gelofte dag gedoen het nie…… Ons land en Sy mense het God nodig…. Hier gaan dit nie oor JOU nie hier gaan dit oor GOD se GENADE vir ons…. Jesus self het mense bymekaar laat kom…. ek wil net sê ons kerk bid vir ons land …. baie gereeld

Paul ·

Ek dink hierdie is great want daar is soveel mense met sterk opienies oor n oom met n leer hoed en n Veld fokus hemp n bid dag vir die Here reël om ons land na hom te draai.
Sover ek weet word niemand gedwing om te gaan nie elke persoon kan mos vir homself of haarself besliut of dit reg of verkeerd is.
Dit is net moeilik vir my om te dink dat daar bose werke gaan wees waar 500 000+ mense in die Here se naam bymekaar kom.
Dit is nou n tiepiese voorbeeld van ons Siud Afrikaaner gesindheid oor die kerk voorbeeld (ek gaan nie na daai kerk toe nie want daai persoon sit voor in die kerk)
Ek is nie n skrif geleerde ou nie ek is maar net n boerseun van die Vrystaat wat in my hart en gees voel dat dit n wonderlike geleentheid is om ons land weer bymekaar te bring.
Hierdie is net my siening.
Ek was by die laaste MMC en enige een wat daar was sal jou se dat die Here se teenwoordigheid daar was en ek wil weer daai gevoel kry as n paar diusend mans amen sê dit is n belewenis

Poppie ·

Ek het net een ding om te sê, God sê dat waar twee of meer in Sy naam vergader, daar is Hy. Elkeen glo soos hy of sy geleer het. Niemand hier kan klippe gooi nie en niemand kan sê dat n ander een verkeerd is nie. Ons mag nie oordeel nie. Ek glo soos ek glo en as ek verkeerd is dan moes dit so gewees het. God het my nog nooit verlaat nie, Hy het my nog altyd bygestaan en gehelp en ek glo so met elkeen van julle ook. Bly glo en hou aan bid. Dank Hom vir wat Hy vir jou gedoen het en loof Hom elke dag. Bly lief vir God, dis al wat belangrik is. Bly op jou knieë.

Wille Willemien ·

Ds hoekom probeer jy of enige van al die mense wat sooooo galaf gaan oor iemand wat vir ons volk wil bid, nie dieselfde doen nie!!!!!!! Los ons wat wil bid uit en gaan jou gang! Ek is 70 jaar oud en niemand van ons kerk het ooit aangebied om vir my te bid nie en ek is bang vir die paar jaar wat oorbly van my lewe!!!! Al wat julle doen is fout soek! Julle maak my woedend!

Marietjie ·

Sover ek my Bybel verstaan…….Die persoon gaan almal probeer oortuig en hy gaan se hy is die Messias……Het Oom Angus al ooit so iets gese…..As hy het dan is daar n probleem….Ek het ook al na van sy preke geluister….en nog niks van die aard gehoor nie…Hy is n kind van God….Dankie Oom Angus dat oom bereid is om ons terug na God toe te lei in die Naam van JESUS CHRISTUS…my SALIGMAKER EN my VERLOSSER…AMEN

Gideon ·

Ek was al n hele paar keer in verskillende kerke agv troues of begrafnisse ens ens en het maar gesukkel om Die Vader daar te vind….gaan eerder oor kleredrag en geld of politiek wat van die preekstoel af gepraat word…..let op die woord PREEK in preekstoel…..dit kan enige plek wees…..of dit nou in die veld tussen duisende is of in die kerk…..punt is mens gaan om te probeer verstaan en sin te maak van jou geestelike lewe…..meestal word jy beskuldig dat jy dit of dat doen. Angus kan dalk goed wees met woorde en nederig wees maar so is die ou wat in die tuin werk ook en glo my ek leer meer by hom as in die kerk…..kom ons se maar net die Vader werk in Mysterious Ways.

Johan Wasaenaar ·

Ja. Ons kan mekaar lekker met klippe gooi terwyl ons land brand en die bloed vloei. Geen wonder dat dit so gaan in ons land nie. Hoekom sal God wil luister? Laat hom wat sonder sonde is die eerste klip gooi maar moenie hierdie inisiatief afskiet nie. God verwag van ons om te bid. Die oproep is vir almal om te bid. Almal wat die Here in opregtheid wil aanbid. Hier gaan dit nie oor kerk of kleur nie maar ‘n verootmoediging voor God waar ons vra dat God ons Koning sal wees en die werke van satan sal verbreek. Kerkbywoning is nie gelyk aan die uitleef van christenskap en pad na die hemel toe nie. Net soos mense 22 April kan bywoon met verkeerde motiewe, net so kan dit ook wees met Sondag kerkbywoning as hierdie net ‘n ritueel geword het om God se arm te probeer draai.

Grewar Oosthuizen ·

Johan Wasaenaar…ek stem met jou saam. Kom laat ons nie mekaar oordeel nie. Geloof in Jesus as ons Verlosser is in die eerste plek n saak tussen jou en God. Ja, dade moet en sal daaruit volg….maar ons mag nooit iemand anders se geloof oordeel nie. Natuurlik as dit (die dade/predeking) direk indruis met wat in die bybel staan of blatant nie reg is nie, moet ons in liefde die persoon en dade aanspreek. Waarom gaan ek? Ek kan nie rerig sê nie, ek het ook nog nooit voorheen enige groot saamtrekke bygewoon nie, behalwe toe ek n student was (wie onthou nog Louis Britz se konserte?) . Hoekom gaan mense op pelgrimstogte? Hoekom staan sekere mense 5 uur die oggend op om te bid? Hoekom woon mense Sondag eredienste by en in die week bidure? Ek weet nie vir n feit nie…ek glo egter dit is omdat hulle so nader aan die Here beweeg/voel/leef…..net so voel ek dat dit goed is om te gaan….in my hart. Maar dit bly ons elkeen se besluit….ons elkeen se verhouding met God…wat ons elkeen op ons eie manier beleef/uitleef. Groete!!

Rina Kotze ·

Johan Wasenaar,

Ek kan nie meer met jou saamstem nie! Dis wraggies nou tyd om eerder saam te bid as om te kririsieer. Mense wat opreg is, se harte sien God raak, mense wat se harte hard en verrot is, sien Hy ook raak.

Dis tyd SA om jou nonsens te los, jou rug op die wêreld te draai en terug te keer na God Drie-eenheid terug te draai en Sy pad te stap. Die Gees self sal harte verander. Ons moet ons elkeen verootmoeding voor God en self introspeksie doen, bely en dan begin vir ander te bid.

Mag daar sommer op 22 April 3 miljoen mense wees!

En Terloops, Jesus het nie net in die sinagoges gepreek nie, Hy was tussen die mense en is ook as wynsuiper en vraat genoem.

Andre ·

Daai laaste sin is die ds. Se opinie. Niemand kan sê wat God wil hê nie. As die bid dag jou nie prikkel nie, ignoreer dit. Maar los die res wat wel voel dis wat God van hulle verwag.

GPC ·

“Less is more” partykeer het mens plat op die aarde boodskap nodig, teologiese boodskappe werk vir die “sterk” Christinne. Baie van ons wyk af, en dan is eenvoudige opregte boodskap soos oom Angus dit doen net wat mens nodig het. As hy “vals profeet” is, is ek seker al sy preke sou lekker “price tags” gehad het, en in elk geval, as hy mense vir Jesus wen ongeag “vals profeet” dan is hulle gewen, hy sal egter rekenskap moet gee eendag as hy verkeerd was/is, maar ek twyfel sterk. Hoe sê die woord: “Oordeel, en jy sal veroordeel word.”

Daan vd Heever ·

Wat almal vergeet is dan Angus nie die insiatief agter dit is nie, maar ‘n boer wat hom gevra het om dit te doen.

Lorette ·

Sjoe mense, ek staan verstom oor al die kommentaar. Vir my gaan dit nie oor Saterdag of Sondag nie, vir my gaan dit oor Jesus Christus wat my as Sy kind aangeneem het, met my foute en al. Kom ons hou op “baklei” en gaan op ons knieë en BID vir ons land, dat God sal ingryp en ons genadig sal wees. Elke dag is ‘n biddag, nie net sekere dae nie – ons geloof is mos nie net vir Saterdag of Sondag nie – ons moet mos elke dag glo en bid en gelowig leef. My persoonlike gebed is vir eenheid en vrede in ons dierbare land, dat ons mekaar in liefde sal aanvaar, ten spyte van ons verskille! Diegene wat na die saamtrek gaan, mag julle reis veilig wees. Mag ons Hemelse Vader ons almal in liefde omvou en ons genadig wees, waar ons ookal op 22 April mag wees.

Etienne ·

Gerbrandt, tussen al hierdie gesanik, lewer jou bydrae die enigste resep wat alle probleme oplos.

Willie ·

Dominee, speel oop kaarte met ons – hoeveel jongmense kom na jou diens op ‘n Sondag.

Danie ·

Loof God elke dag.. nie net Sondae nie. Het ons so ver agteruit gegaan in ons geloof dat ons dink net n “geleerde mens” mag God se woord spreek? Of dat n gewone mens, God se roep aangehoor het om tot Sy eer te dien en Sy woord te verkondig. Ek sal nie weet of die oom n valse profeet is nie. Maar is ons as mens nou om God se oordeel te spreek namens Hom. As die oom dit nou regkry dat n miljoen mense saam, op een ou plasie, in die Vrystaat bymekaar kom tot die eer van God en die verbetering van die land te bid , sal dit mou nie iets wees om oor te praat nie. Sommige kerk groepe sukkel om n miljoen mense landwyd in al hul gemeentes te kry op n sondag ere diens. Ek glo dat alle kerke die volgende in gemeen het, en dit is God en die bybel. Hoe hulle dit lees, aanwend in hulle daaglikse lewe, vestaan en interpiteer is n ander saak. Maar tot ons nie as geloweges, Suid afrikaansers en n nasie saam kan staan en klein word voor God nie sal daar nooit enigheid en vrede wees nie. Laat die son skyn op ander, gun hulle dit….. En werk harder aan jouself, of dit is om n beter christen te wees, of om gemeente lede te werf vir jou sondag oggend erediens, doen dit op rwg sonder oor deel of om ander af te breek.

elmarie ·

ONTHOU GOD SE WAAR DAAREEN ENMEER IN MY NAAM VEGADER DAAR SAL HY WEES ONS HET NET MEKAAR NODIG OM IT TE OEN RAAI TERUG NAGOD

Pieter ·

Die kerk waarvan die Bybel praat is die NG of AGS of PPK nie of watter kerk ookal… Die kerk waarvan die Bybel praat is Zion… ons is die kerk ons mede christene, as jy jou hart vir die Here gegee het is jy deel van Zion. niks wat jy doen of se kan jou ooit van die Here af skei nie maak nie saak watter denominasie jy aan behoort nie. Soos wat om in n garage te slaap jou nie n kar gaan maak nie gaan dit om elke sondag in die kerk te sit jou ook nie n christen maak nie. Dit gaan oor jou verhouding wat jy met God het en hoe ingesteld jy met die Heilige Gees is. Oom Angus is nie n predikant of dominie of pastoor nie oom angus is net n normale aartappel boer van Empangeni af wat die Here gehoorsaam en die opdrag wat aan ons gegee is:”Gaan dan na al die nasies en maak die mense My dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees”(matteus 28:19).Al wat ek weet is die 22ste April gaan die Heilige Gees oorneem, demone sal vlug in vrees en angs.die duiwel se werke sal gebind word, bose geeste sal uitgedryf word. Die Heilige Gees se vuur sal oor hierdie land uitgestort word en alles wat boos is skoon brand. I SEE A NEAR REVIVAL COMING! Suid-Afrika maak julle gereed! Amen

Daan ·

Angus het die geloofsbelydenis van Nicea aangehaal en dit gebid.Dit kom uit die 2de eeu NC voor die Katolieke Kerk ontaard het,soos baie kerke vandag.Dit beklemtoon dat God se kerk universeel is.Kom ons hou op baklei onder mekaar en roep God aan en gaan soek die wat verlore gaan.

Maria Van Dieweeck ·

Sjoe ds, ek kan my nie indink dat Jesus hierdie artikel sou skryf nie. Ek is geskok, maar oordeel jou nie. Jesus het vissermanne en rowwe ouens gebruik om te preek en bid. Nie ouens met grade nie. Ken u vir mnr Buchan? Jesus het hom gemaak.

Daan D. ·

In ons hele wye en droewe land is dit nèt oom Angus wat die moed, oortuiging en organisasie-vermoë het om so ‘n massiewe byeenkoms te hou. Hoe hy lyk en wat hy aantrek en op sy kop sit, het niks met sy sterk bediening te doen nie! Dis alombekend dat die NG Kerk hom nie gun om op te tree soos hy doen nie. Ek het geluister na die getuienis van geharde, rowwe manne wat nooit ooit ‘n voet in ds Boersema en Kie se stywe, formele kerke sal sit nie . Hulle het hul lewens ten goede verander. Evangeliste bestaan nie meer in die NG Kerk nie. Hulle preek net oor die Liefde (om nie lidmate te verloor nie?). Sondag na Sondag hoor jy NIKS meer van die 10 gebooie of God se hartseer oor sonde nie! Dis opmerklik dat die foto van ons agbare ds “self verskaf” is – ai, tog die ydelheid … ‘n Cowboy-hoed hoort hom nogal goed te pas. Kom slimme ds, reël so saamtrek – die Vallei van Verlatenheid daar by jou sal simbolies ‘n goeie saamkomplek wees. Ons bid die manmoedige Eerw Angus ‘n geseënde saamtrek toe – gaan “stut die arms van Aaron” manne èn vroue!

#oomangusfan ·

Dit is nie ‘n voorvereiste vir jou redding om lid van ‘n gemeente te wees nie. Jy staan nie in ‘n motorhuis en is ‘n kar nie. Jy sit ook nie in ‘n kerk en is ‘n Christen nie.

Wil almal van ons die ewigheid in die hemel deurbring? Natuurlik ja! Miskien het van ons predikers vergeet dat daardie ewigheid in die teenwoordigheid van ander Christene gaan wees – dieselfde Christene met wie hulle nie tyd op aarde wou deel nie en selfs oordeel.

Wanneer ons ander mense se eer soek is dit maar net ‘n subtiele manier van selfverheerliking. Ons werk is om God se eer te soek en ons moet alles doen tot Sy eer al beteken dit dat ons die wêreld se eer verloor, en dit is presies wat oom Angus doen en hoe hy homself tot God se verheerliking uitleef.

Dominee, moet nooit die wet gebruik in ‘n poging om die vlees te oorwin nie, dit sal net tot mislukkings lei.

Ek haal graag vir Hettie Brittz aan: “Die Israeliete wat so gekla het, het nooit Kanaän gesien nie. So tel liefs jou woorde en begin soek vir ‘n saamrygeleentheid.”

Disselboom ·

Diegene wat Angus Buchan in dieselfde asem wil noem as ‘n buitengewone geroepene van God, naamlik Moses, ken nie die Bybel nie. Vrees God in eerbiedige ootmoed. Lees die Bybel met erns, dan sal daar minder oneerbiedige snert kwytgeraak word. Let eerder daarop hoe God eiewilligheid straf, onder andere in die tyd van Moses, bv oor die goue kalf, wat deur Aaron op aandrang van die massas en met hulle goud wat hulle gegee het, daargestel is.

ANDRIES OLIVIER ·

Sjoe, maar dis bitsig! Ek sê los Angus Buchan – ek self was nog nooit by sy byeenkomste nie, maar dit wat ek hoor, is die Evangelie volgens die Bybel. Wat die toehoorders daarna doen, bid, kerk toe gaan, of nog in sonde bly lewe, is hulle saak. Selfs ons dominees verkondig die Boodskap en ons as gemeentelede ploeter soms nog voort in ons sondes afgesien van die dominee se preek. Kom ons bid eerder vir al ons geestelike leiers, dominees, priesters, profete, evangeliste, enige iemand wat die Woord versprei, vir ‘n suiwer Bybel boodskap EN vir die toehoorders.

Nita ·

Mis ons nie alweer die bus nie. Mense hierdie dag is gebedsdag vir ieder en elke gelowige. As ons nie eers saam op aarde kan bid tot God, ongeag ons kerkaffiliasie nie, hoe kan ons verwag dat God vir ons en ons egos moet plek maak in die hemel? Groot gaan die ontnugtering wees as ons moet besef die hemel is eintlik vir alle gelowiges en nie n geklasifiseerde hemel waar elke kerk sy eie hoekie gaan he nie. Hoekom is dit so moeilik om in liefde saam jou medegelowiges saam tot God te bid? Dis tipies van ons suid afrikaner volk, kon nog nooit saamstaan en uit een stem praat nie. Moet altyd kleiner groepies form en eie egos najaag. IT IS TIME!!!!

John ·

Al bogenoemde uiteenlopende menings se hoekom die geagte Engelse boer soveel aftrek kry. Vrye geloof… ‘n potpourri van lekkergelowers wat saam lekker voel in hul swaarkry en verontregting. Hoeveel Engelse naaste is navolgers van die oom? Verontregte Afrikaners wat rebelleer teen hulself en hul naaste en hul kerk en selfs hul hond skop omdat hul vryheid in geloof… ‘post’-geloof nou die antwoord gaan bied. Wat se Buchan wat anders is as ander verkondigers van die Woord wat so aanvallig is en soveel meer ‘kicks’ gee? Antwoord asseblief en verduidelik wat hy bv in sy preke se wat so uniek is. Wat sing julle?

Schalk van der Merwe ·

klink my Marnix bekommer hom klaar oor die kollekte bordjies wat leeg gaan wees. Hy is baie stil oor sport wat sy lidmate uit die kerk hou

Helena ·

Ek kan my net probeer indink hoe seer God se hart moet wees wanneer Hy sien en hoor hoe ons mekaar veroordeel. Hy sê dat ons almal lede is van een Liggam, Hier word God se liggaam verskeur, uitmekaar trek en vernietig, maar saamstaan, nooit! Mense, wat maak dit saak of jy God in die veld of in ‘n gebou aanbid? Wat maak dit saak of hierdie Ds. of oom Angus die diens lei? Sê my, wie is nou eintlik verseker reg. Vir my is die persoon wat die vrug van die Gees dra reg. Nou moet ons onsself liewer afvra, Dra ek die vrug van die Gees?

Rian ·

Angus sê God het hom geroep om 22 April die massa gebed te lyk en dis vals! Hy reageer op Johan Lee se YouTube video.

Hulle moes eers gaan sit en dink hoe die besigheids plan gaan werk.

Hulle gaan dit nie uithaal nie want jy moet self daar wees…bring net asb jou sagte kolekte saam want kamp op n plaas kos n klomp geld.

Ria Venter ·

As daar ‘n miljoen mense in die land, waarlik weet van die dag wat hulle weergebore is, en kind van God geword het, gaan daar die 22ste April herlewing in die Suid Afrika uitbreek. My ondervinding van die manne met die stickers op die buffer is die grootste pad varke wat jy kry.
Daar is net een ding wat jou’n christen maak, nie al die pastore wat jou in die gehoor streel nie, nie al die stickers op die buffer nie. ‘n as jy so moeg vir sonde geword het, en in ware berou ‘n ontmoeting met God het, dit is wanneer jy kind van God word. Al die groot doenerige christelike byeenkomste en meer ‘n status simbool vir die rykes geword as enige iets anders. Mense moet nie verlei word terwille van die diepte van hulle beurs nie, maar vertel hulle hoe word mens ‘n kind van God. Dan sal daar herlewing in die land uitbreek!!!!1

Daan ·

John,die Engelse boer kry mense van alle kerke/denominasies en kleur bymekaar om saam te bid vir hulself,hul gesinne en hierdie stukkende land van ons,en om hulle te verootmoedig voor God.Ook mense wat nooit in ‘n kerk sou kom nie. Duisende kom tot bekering. Hulle sing lofliedere tot eer van die Here.

A.J. ·

Dis nog altyd ons ou volkie se probleem . kan net mooi oor niks saamstem nie, Elkeen het sy eie gelofie en wil altyd ander oortuig dat hulle verkeerd is . Ons kan nie eers in geloof saamstaan nie wat nog as daar moeilikheid is … Daar is nie nie n eiland waar ons nog 10 kerke en 10 skole kan gaan stig nie …Tyd geword dat almal die “EK ” uit ons redenasies haal . Net op ons knië sal ons gered word..

Ben ·

Ek het familie wat al Angus se mannekampe bygewoon het. Met die terugkeer van hierdie kampe kon ek nie glo dit is dieselfde mense wat die Vrydag hier weg is kamp toe nie. Daar is hartseer vertel van die invloed wat Angus op hulle gehad het en dat hulle nou ook manne van God is. n Week later is al hierdie dinge vergete en is hulle terug op die ou weë. Dit spreek nie van veel sukses nie. Angus is dalk ‘n goeie spreker, defnitief nie ‘n Paulus of Petrus nie. Hy is na my mening n “quick fix” en daar gaan jy! Gaan doen en leef wat jy gehoor het . Maar volg dit op met kerkbesoek en moet nie wag tot oom Angus weer eendag kerk speel nie !

Ek stem saam met die dominee. n “Quick Fix” kan nie standhoudend wees nie. Die kerk bied standvastigheid en groei in die geloof. Ons moet God se opdragte uitvoer. Ons moet Hom gehoorsaam wees en die gemeenskap met die heiliges opsoek. Dit beteken om kerk toe te gaan. Baie kraak die kerk af omdat hulle nie weet wat daar aangaan nie. Ek het sulke familie en kennisse ! Ek gaan graag kerk toe. Ek geniet dit en is ‘n gewoonte – n baie goeie gewoonte !

Ben ·

Hallo Maroela. Ek merk op julle is maar baie selektief met julle plasings van kommentaar. Ek het kommentaar gelewer maar duidelik hou julle nie daarvan nie. Kom ons probeer weer.

Angus wil 1 Miljoen mense bymekaar kry en bid!. Die kerke roep ‘n dag van verootmoediging uit. Nie net vir die susters kerke nie maar vir almal wat die dag êrens kerk hou. Wit, swart, bruin en al die ander neem deel. Na hoeveel miljoen kyk ons nou ! Ja, gaan bid saam met die oom maar moet nie die kerk veroordeel as jy op die kantlyn staan nie!

Janie Monsieur ·

Dagsê Ben,

Dankie vir jou kommentaar. Ons kry geen ander kommentaar van jou op hierdie berig nie, en het dit ook dus nie afgevee nie. Iets anders moet fout gegaan het.
Ons plaas nou wel graag hierdie kommentaar.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Christine ·

Ai dit gaan nooit ophou nie mense julle negatiewe opinies tel nie maak nie saak wat julle sê of doen nie ons gaan bid en ons gaan Bloem toe no matter what your opinion . Kom liewers saam en hou op kla . Sien jou Saterdag die 22 Oom Angus ek is bly jy steur jou nie aan die mense se opinies nie. En vir jou Oom Dominiee ons sal Sondag ook in die kerk wees waar ons elke sondag is moet nie bekommerd wees nie jou kerk sal nie leeg loop nie. Nog n ding dit is n man so na God se hart hy is nie bang om die waarheid te praat nie en hy is nie bang wat mense vir hom sê nie wat n Godvresende man Go Oom Angus Go!!! At least gee jy om vir ons land en ons siele ..

CHRISTA 2 ·

Ek moet sê hier is baie stof tot nadenke in die kommentare wat gelewer is. Ek moet my kop in skaamte laat hang. In plaas daarvan dat ons bymekaar staan en saam bid, gooi ons mekaar met woorde (kon net sowel bakstene gewees het) dood. Die Woord leer ons tereg dat die mag van lewe en dood in die tong lê. Hoe kan ons die Here se seen oor ons land en volk verwag as ons self nie die son oor ‘n ander se kop wil laat skyn nie. Ons skreeu daar moet ‘n einde kom aan die moord en dood, veral op ons boere, maar ons oordeel ‘n samekoms tot gebed om ons land en sy mense (alle kleure en rasse) voor God te bring . Die Here sê “as my volk hulle verootmoedig en tot my terugkeer, sal ek hulle land herstel. Is dit nie ons almal se begeerte dat God ons land moet herstel nie? Ons is net so hardnekkig soos die Israeliete toe Moses hulle uit Egipte moes lei. Kom ons leer uit ander se foute, kom ons trek nie ook 40jr in die woestyn rond uit harnekkigheid nie. Kom ons begin nou al bid dat daardie dag (wie dit ookal mag lei) tot God se eer sal wees. Dat God se genade oor ons sal wees en Hy ons land sal herstel. Daar is krag in gebed, want die verhoorder daarvan se Naam is JESUS.

GPC ·

Wonder hoeveel teenkanting die apostels sou kry as ons in daardie tyd geleef het. Van sekere kommentare hier sou hulle 10 teen 1 as “vals profete” bekend gestaan het.
Onthou, “Vals profeet” kan selfs die prediker in jou gemeente ook wees.

Piet ·

My raad sou wees om self die bybel te lees en jou eie afleidings te maak eerder as om perspektief van ander mense te probeer kry (wat dikwels niks weet nie). Die meeste van ons lewe tot eer van die Here, moet daar nie bietjie meer verdraagsaamheid onder ons wees nie? Verder sal ek liewer stil bly want ek sien die klippe reen onder mekaar…. en party ouens is in elk geval te slim vir my.

DW ·

Sjoe dis so mooi !
Dat ons mekaar so met klippe gooi !
Pragtig !
As dit kinders van Die Here se optrede is sak ek my kop in skaamte !

snoepie ·

Iemand moet intree en lyding neem. Ek sien nie dat een van die mense wat so kritieseer probeer om mense bekaar te bring en saam te bid nie. As oom Angus soooo n groot probleem is vir jou. Neem jy dan oor en kry mense by mekaar en bid. Ek dink werklik die Here se hart word sag, wanneer Hy sien Sy kinders kom in hul duisende saam en bid.

Andre Kotze ·

Dankie Ds. Ek verneem dieselfde held vie jou week end enige ander mens? Ek wonder hoekom it dink die mense wat halfpad oor die land trek on bymekaar to kom onm die Here the eer en on the bid vir Sy genade oor ones land sal nie ook Sondae eredienste bywoon nie? ” rather write your own story for God than edit someone else’s with your red pen” . Mag die Here jy en jou werk in sy diens seen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.