My taal, Afrikaans

afrikaans

Argieffoto.

Deur Botti, ʼn student aan die Universiteit van Pretoria

Jy kan probeer om dit uit my nuusbriewe, vraestelle, handboeke en universiteit te haal, maar jy sal dit nie uit my uit kry nie.

My taal.

Ek sal stil wees, maar ek sal nooit ophou praat nie. Ek is ʼn Afrikaan en ek sal nie jammer wees oor my velkleur of my voorvaders nie.

Baklei, sing, dans en verniel. Afrikaans word nie bang nie.

Brand my geboue af, my taal brand nie. Beledig my, my taal gee nie om wat jy sê nie.

Kom met jou pangas en jou stokke, Afrikaans bloei nie.

Herinner my aan apartheid, ons weet. Afrikaans is NIE apartheid nie.

Afrikaans is braai, boerewors, koeksisters en Van der Merwe-grappies.

Afrikaans is die hoendervel wat ʼn gedig vir jou gee. Afrikaans is in my vreugde en my hartseer. Afrikaans is ons. Ek sal nie lê nie. Ek sal staan vir Afrikaans.

Dit is wie ek is.

My taal.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Trolle ·

Ek stem hoekom moet ek engels raak.Engels was in in die apartheid tyd afgerdruk in my keel teen my wil.

Ansie ·

Ek stem ook saam…ek is Nederlands van geboorte maar die Afrikaanse taal is my dierbaar..dis in my bloed en sal daar bly…wat ook al gebeur…net soos die Afrikaner volk.!!!

Ludwig ·

Ek droom in Afrikaans, ek bid in Afrikaans, ek lééf Afrikaans en Afrikaans leef deur my. Afrikaans is deel van my murg en my DNS. Al word ek doodgeslaan, sal my laaste woorde nog steeds Afrikaans wees. Vloekwoorde teen mure teen my taal, vestig die taal net stewiger in my hele wese. Ek het Afrikaans geleer aan my mpoeder se knie. Dis mýne! Julle betogers hét nie so iets nie, die Engels wat julle aankleef,is nie jul eie of deel van jul wese nie. Ek dink julle is net jaloers op my en wat ek hét!

andre de kegel ·

ek e Vlaming ons woon in vlaanderen es die vlaamse deel van belgie ons es baie naby het afrikaans en ons hoop da het afrikaans nie sal verdwyn nie

HEVW ·

Dankie aan julle daaruit Vlaandere vir jul bemoediging. Staan ons by en maak almal bewus van ons stryd hier in SA, en vertel die skreiende diskriminasie , rassisme en misdaad waaronder ons gebuk gaan.

Botti ·

Baie dankie vir die positiewe terugvoer. Ek het nie besef my gedig sou so ‘n reaksie kry nie. Hopenlik skryf ek weer vir Maroela Media

MFP ·

Botti, ek wil net iets bylas. Afrikaans is om GOD te dien in gees en waarheid

Theresa Papenfus ·

Ek is skoon verslae oor die waardige murg in jong pype.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.