ʼn Brief aan die juffrou by Laerskool Schweizer-Reneke

Aan Elana Barkhuizen

My liewe vriendin,

Die foto waaroor die herrie woed en waarop gesien kan word hoe gr. 1’s blykbaar volgens hul ras geskei is. Foto: Twitter

Ek is die mamma wat vir drie jaar in ʼn ry ʼn eerstedag gr. R-maatjie by jou kom aflaai het. Ek gaan erken: die eerste keer – Januarie 2017 – was vir my moeilik, ek het gehuil soos enige nuwe mamma met ʼn klein dogtertjie maar doen.

Ek was hartseer en bang en het nie geweet wat om te verwag van die grootskool nie. Maar Januarie 2018 was ons weer daar, vuur en vlam, geen trane, all smiles, want ek weet in wie se hande ek my kind los. Die dag van 9 Januarie 2019, absolute blydskap… Tot die bom bars!

Ek het jou leer ken as ʼn uitmuntende onderwyseres in 2013, iemand wat baie sterk en liefdevol is. ʼn Juffrou wat 210% van haarself gee vir ander mense se kinders. Wit, bruin en swart kinders. Daar is elke jaar kinders wat nie een woord Afrikaans of Engels verstaan nie, maar wat met ope arms verwelkom word. In jou klas, in jou daaglikse roetine en in jou lewe.

Hulle word jou eie kinders. Jy weet presies wie se tas, wie se baadjie, wie se kosblik en selfs kouse is wie s’n. ʼn Meer georganiseerde mens as jy ken ek nie. Elana, hoeveel keer het jy nie al uit jou eie sak vir wit, bruin en swart kinders ʼn broodjie gekoop, want hulle mamma het vergeet om geld in te pak nie? Ek weet… ek was daar. Elana, hoeveel aande het jy gesit en lesplanne uitwerk om kinders te akkommodeer wat nog die taal aanleer? Ek weet… ek was soms daar.

Elana, hoeveel drukkies het jy al uitgedeel aan wit, bruin en swart kinders, want hulle is net kinders… ek sien dit elke dag! Elke kind (ongeag agtergrond, ras of geslag) word met liefde hanteer, elke kind het ʼn spesiale plekkie in jou hart. Dit word jou eie kind… elke onderwyser met ʼn hart verstaan dit.

Ek as ouer staan agter jou, ek weet wat in Schweizer-Reneke se gr. R-klas aangaan, ek spekuleer nie. Ek sien dit en ek het die feite. Klein kindertjies draai nie doekies om nie, hulle praat die waarheid. En uit die mond van my suigeling: “Ek gaan nie meer skool toe gaan as my juffrou nie meer gaan nie”.

Nog ʼn foto wat op dieselfde dag in die klas geneem is waar gesien kan word hoe swart en wit leerders by mekaar sit. Foto: Twitter

Die ouer wat so ʼn bohaai opgeskop het, jy het nie ʼn halwe idee watter uitmuntende onderwyseres jy ʼn onreg aangedoen het nie. Jy het nie ʼn idee hoe dit vandag gevoel het toe ek my gr. 2-dogtertjie moes gaan soek het nie. Jy het nie ʼn idee nie… jy het 300 kinders se lewens in gedrang gebring en 22 onderwysers se lewe sal nooit weer dieselfde wees nie. Laerskool Schweizer-Reneke sal nooit weer dieselfde wees nie.

Ons eens liefdevolle tweede huis vir ons kinders voel “afskuwelik” om ons kinders daarheen te stuur. Manne met rooi hemde en swart hoedjies het probeer om oor die palissades te klim om ons kinders leed aan te doen. ʼn Man met ʼn kakiehemp sal nooit ooit oor jou kind se skoolheining klim om jou kind leed aan te doen nie. Nooit ooit sal hulle jou kind se skool wil afbrand nie. Jy het nie ʼn idee nie…

Vandag was chaos… mammas het gehuil, kinders het gehuil, kinders is getraumatiseerd. Daar was joernaliste en kameras. Oral! Alle hekke is geblok deur mense wat wil kwaaddoen, maar hulle wys dit nie op die nuus nie. Ouers kon nie in of uit by enige ingang nie. Hoe kan ons weer ons kinders met geruste harte skool toe stuur? Jy wat ʼn bohaai opgeskop het oor iets onbenulligs, oor jou eie onsekerhede is jy vandag die skuldige. Nie juffrou Elana Barkhuizen nie.

Het jy enige idee hoe lank het ek gisternag gesit en foto’s block en report van my kind op publieke platforms? Nee, jy het nie! Jy het nie ʼn idee waardeur elke ouer gister is nie.

Laerskool Schweizer-Reneke het fantastiese leerlinge, want hulle het uitstekende onderwysers. Onderwysers wat onderrig in elke sin van die woord. Nie ʼn 7 tot 2 jop nie (o, ja, en as jy daardie ure bymekaartel kom jy by ʼn 7 uur-werkdag uit en moenie vergeet van sport en ander buitemuurse aktiwiteite nie). Onderwysers wat hart en siel insit- elke dag, elke oomblik.

Ek sien die foto wat in die media versprei word en my hart word seer, want ek en elke ander ouer en onderwyser werk baie hard om ons terrein mooi te hou. Ons verf mure en plant bome, ons plant groentetuine en blomtuine en maak kleedkamergordyne, ons verf kombuiskaste en ons bou paadjies: ALLES UIT ONS EIE SAKKE! Ons is trots op ons terrein! Ek raak hartseer, want ek kan nie help om te wonder hoe die gr. R-klasse oor vyf jaar van nou af gaan lyk nie.

Juffrou Elana Barkhuizen, jy is sterk, jy is ʼn vriendin duisend, jy het baie mense wat agter jou staan. Wees dapper en braaf. Die pad kan dalk nog moeiliker raak. Maar jy is tot alles in staat deur Hom wat jou die krag gee.

Groete en liefde,

Mamma

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

158 Kommentare

mathilda ·

Wat ‘n pragtige brief !! My hart gaan uit na die juf wat deur die hel gesit word deur iets wat heeltamal uit verabnd geruk is. Sterkte aan al die kinders wat deur die oenigheid moet gaan

Nelie ·

Dis erg wat gebeur by die skool…maak die naam van die ma bekend wat gekla het …. waarom is die ander fotos nie dadelik vir TV nuus gegee nie. of op facebook of twitter geplaas nie …daar is dit tog duidelik dat swart en wit gemeng sit.

Sandra ·

Dis hartseer dat alles na soveel jaar nog steeds uit perspektief geruk word deur volwassenes se kleinlikheid…….papeties!

Lynette Muller ·

Wat ek wil weet is hkm al drie v d fotos nie aan nuus deurgegee is mie? Was dadelik op fb, Daar kan jy sien die mamma (name en shame haar) het net gebruikbwat sy wou om moeilikheid te veroorsaak.

TLC ·

Nellie
Presies wat ek ook vra
Name and shame haar
Hoop sy het goeie sielkundige vir haar arme bloedjie

Hannelie ·

Ek het simpatie met die juffrou. Jy moet ‘n besonderse mens wees om hierdie beroep te beoefen, want iewers op jou pad gaan jy te doen hê met ongeskikte kinders, met rassistiese ouers, met agterbakse ouers soos hierdie ma wat dinge uit verband geruk het, met dinge wat teen jou grein as mens gaan. Ek haal my hoed af vir elke onderwyser en onderwyseres. Ek glo jy is onskuldig!

SoosDitIs ·

Ek weet nie of die ouer wat die foto so vinnig versprei het ooit sal navore kom nie. Een ding hoop ek – dat die ouer sy / haar kind uit die skool haal en inskryf iewers waar daar nie fotos gedeel word nie, sodat die kind tenminste in vrede kan skool gaan en dit geniet soos dit hom / haar toekom.

Estelle ·

It is a shame that this has escalated to ugliness, every little thing is being watched by trouble makers . As for the journalists who did this I hope and pray, God speaks into your heart for what you did, we are called to be peace makers but you sure are a trouble maker. I pray for the children and the teachers who were traumatized by this evil person. May God deal with her, I hope you love yourself enough to love others. Get yourself delivered from the hatred you have, Not be a spreader of it. I will Pray for you. I hope you can sleep at night.

Corné Bester ·

Sosiale media raak al hoe gevaarliker by die dag, deur mense wat nie die feite ken nie en net hulle eie propaganda wil bevorder. Hulle het geen idee hoeveel skade hulle aanrig terwyl hulle selfvoldaan op hul mishoop sit nie. Sterkte

Erica ·

Corné Bester dankie dat jy dit uitwys, dit is ongelukkig hoe dit in vandag se tye gaan. Wat ‘n bittere skande.

Rooikop ·

Pragtige brief aan die onderwyseres !!!!!

Al die drama deur n ouer wat nie n clue het wat aangaan by die skool nie en onnodige
moeilikheid veroorsaak het ……………..

Lynette Mullet ·

Ek stem. Weet nie hkm mammas EERS seker maak v hulle feite voor hulle n ding begin nie.

San ·

My hart huil vir die juffrou en die hele skoolfamilie. God slaap nie. Pragtige skrywe.

Rudi ·

Nog ‘n tragiese verkragting van menseregte deur die regering.
Gebasseer op die metadata van die verskeie foto’s word duidelik bewys dat hierdie ‘n doelbewuste rasistiese aanval , sonder gronde, was op die skool en die onderwyser. Vat die ouer wat gekla het hof toe en laat hulle boet vir die ongelooflike emosionele skade wat hulle berokken het. Laat die minister ook ‘n formele apologie doen om te erken dat hulle ook net die politieke narratief bejaag het in plaas van om dit op ‘n proffesionele manier te ondersoek. Laastens laat die dept ovoeding ‘n reuse boete betaal aan die skool en die onderwyser ter erkenning van die skade berokken deur hulle handelinge.

Nico Gibson ·

Ek stem saam. Skaam hulle almal; die doelbewuste oneerlikheid van mense, politisie, en die media wat tans rassehaat teen wit mense aanjaag, bewys dat daar geensins ‘n doel is om vrede in die land te bewerkstellig nie. My hart breek vir die onderwyseres en ek bid dat sy bo sal uitkom.

Blaffie ·

Kan nie glo dat onderwysers kindertjies en ouers soveel trauma moet deurstaan en dit deur n klomp ongeskikte mans wat oor heinings klouter terwyl Saps staan en toekyk nie. Wonder hoeveel van hulle het self kinders daar wat skoolfonds betaal. Dis n skande dat grootmense sulke gekke van hulself kon maak terwyl swart en wit kinders toekyk. Shaime on you .!!

Heila Fouche ·

Aan die persoon wat soveel moeilikheid veroorsaak ek hoop jy sien wat jy gedoen het nie net alleeen het jy n onderwyser se loopbaan verwoes nie jy 300 kinders en hul ouers in groot gevaar gestel volgende keer as jy wil stirr dink voor jy so iets wil doen

Millie ·

Ek hoop Elana maak ‘n groot saak teen die ouer wat dié nonsens veroorsaak het

Lindie Lourens ·

Daardie mamma kan heel moontlik nie die Afrikaanse brief lees nie.

Hartseer ·

Ek huil sommer saam jou. Baie sterkte aan elke onderwyser/es en aan elke ouer en leerling wat deur die trauma moes gaan.
Dit is wraggies nie ń mooi prent om te aanskou het op Nuus kanaal gisteraand nie. Ek hoop regtig iewers kan iemand die politieke strooi in skole stop. Rassisme spesifiek. Dít is die GROOTSTE aanhits van onnodige geweld by kinders só klein wat eintlik nooit eers iets daarvan hoef te weet nie. Dit is só onnodig, maar die aanhitsers het nou hulle uur van “gewilde tv en media” aandag gehad. Ek hoop van harte dit hou nou op.
As jy dan so bang is jou kind word geviktimiseer, hoekom hom/haar daar gaan indruk en chaos veroorsaak? Jare al word daar rasse deur die bank opgevoed sonder drama. Maar nou moet oom Boelie net eers gaan stirr en sy naam verdien!!
Sies jou boelie.
SKAAM JOU!!!!

JBK ·

Daardie “mamma” wat die foto versprei het, moet ‘n bietjie van haar eie medisyne kry. As ek een van die klas se ouers was, sou ek haar dagvaar. Sy het jou kind se reg tot privaatheid geskend deur ‘n foto van hom/haar te versprei sonder jou toestemming. ‘n Regsgeleerde sal dalk beter weet wat om presies te doen. Just a thought…

Cathy ·

JBK ek stem saam. Dit is tyd om standpunt in te neem en te wys dat ons moeg is vir die moeilikheidmakers wat hul politieke agendas wil bevorder en dan ons en ons kinders in gevaar stel. Die klaagster moet hof toe geneem word. Waar is Gerrie Nel nou?

Anna B ·

Ek stem saam, my mag of Kan nie sommer fotos van ander mense se kinders op social media sit nie. Met al die kinder ontvoerings wat nou so baie gebeur. Oplossing sleep haar hof toe ouens. Sy stel al die kinders en onderwysers se lewens in gevaar. Name her and shame her. Die ouers van die skool moet nou saam staan en haar hof toe sleep. Maak van haar n voorbeeld. In dien nie, gaan dit n ketting reaksie wees, oral. Sy kan dan nou maar agter die tralies loop sit.

pieta ·

Oppas, JBK….dit kan backfire…Die Juffie het die foto geneem en dit met whatsapp die internet ingestuur. het sy gevra dat die foto nie versprei word nie. Die oomblik as jy iets selfs net vir een mense stuur (Jou beste, este vriend) is dit beskikbaar vir die wereld. Tyd dat mense dit besef.

Toeka tot nou ·

Een van die grootste uitdagings vir ons, mense van Suid-Afrika, is om ons los te maak van die gisters en saam met ons kinders in ‘n nuwe môre in te stap. Apartheid en Omgekeerde Apartheid het geen plek in ons kinders se môre nie… en daarom kan die leiers van gister, nie deel wees van die visie en die oorwinnings van môre nie. Te veel geskiedenis maak dat te veel fyngevoeliges emsioneel impulsief optree… en onskuldige kinders se toekoms verwoes. Soms dink ek dat mense kleur blind moes wees… Want op die einde van die dag is kleur onbelangrik, maar hart, karakter, integriteit… dis die dinge wat mense vorentoe vat.

Wondernet ·

Ek wonder net of die Mamma wat die gemors begin het toestemming gehad het van die ander Mammas om hul kinders se gesiggies op sosiale media te sit?

Andrea ·

Ek glo nie sy het nie! Al die ouers wie se kinders op die foto/’s verskyn, kan die ma dagvaar op grond van die ‘PoPi act’ . Dit sal n goeie teen- aksie wees vir wat sy aangevang het.

MyOpinie ·

Ek stem 100% saam met Andrea. Die ouers van die kinders wie se foto nou orals op media en sosiale media vrsprei word, moet die ma wat dit versprei het dagvaar. Sy het nie die reg gehad om dit te versprei nie en het nou hierdie kinders se lewens in gevaar geplaas.

Ann ·

Baie dankie aan die mamma … ek hoop werklik die regte mense sien hierdie brief. Dis vir my vreeslik om te dink dat die kinders getraumatiseerd moes wees terwyl hulle eintlik net hul eerste skooldag moes geniet het. En dis ook onregverdig dat die juffrou geskors word. Sy het niks verkeerd gedoen nie!

Hartseer ·

Dit is so ‘n mooi brief. Kan die brief asb in alle talle vertaal word en gepost word soos wat die fotos orals op was. Kom joernaliste nou moet julle werk om die nonsens wat julle so help versprei reg te maak . Dit is nou julle kant om ook te probeer herstel al is kwaad en leed klaar besaai.

Werner ·

Ek dink hulle soek enige iets wat hulle kan gebruik teen blank. Blank moet betaal…kind of groot mens. Dit maak die saak nie. Mens sal enige plek nou moet pasop waar swart en blank saam is. Blank moet net wys hulle is trots van binne af. Jou velkleur maak nie die mens nie, dis jou innerlike

Hilda ·

Ek glo die brief is met baie trane geskryf. Só uit die hart uit. Voel of ek kan huil.

Genieve ·

Wow jys n vriendin duisend mamma my hart netso seer oor alles sosiale media en politiek kan soms losbandig raak en soek net hulle eie propaganda.

Lidia ·

Dai ma moes net n taai klap gekry het oor sy dink sy is wie?!het sy al ooit net vir ern dag in n onderwyser se skoene gestaan.Sy moet oor skool gaan en n bril kry om te sien en te leer dis die eeste dag van n nuwe jaar.als is nog nie uit gesort en op plek nie.n herrie op skop oor NIKS sy moet n LEWE kry.Ons bid dat die onderwyser trug in ha pos geplaas sal word en dai onnodige vrou n publieke onverskoning sal doen en ha kind verwyder uit dai skool.

Dewald ·

Aan die Mamma wat hierdie brief geskryf het, ek ken nie jou of die juffrou nie maar ek stem wel saam die optredes van die oningeligtes is verkeerd. Ek voel dat iemand wat weet hoe ‘n petisie opstel vir die kanselassie van hierdie juffrou se skorsing. Ek as buitestander is bereid om dit te teken.

Laerskool mamma ·

Baie dankie vir die brief, waar ȅk◦°˚° as ma oOk kan getuig dat ȅk◦°˚° nog nooit enige vorm van rasime in laerskool schweizer die afgelope 5 jaar ϖӐȾ my kinders daar skoolgaan gesien het nie. Waar juff Elana onnodige gekruisig word ȇȠ ons kinders nou getramatiseer °̩s deur onlangse gebeure. Waar kinders oor die pallisades moes getel word om hulle van die terrein af te kry toe betogers toegelaat °̩s om die skool terrein te betree ȇȠ tussen die skoolklasse rond te beweeg ȇȠ toi toi. Waar die ingans en uitgangs hekke gebokkeer was deur ontstoke betogers, terwyl daar alreeds betogers op die skoolterrein was. Hoekom word die res van die fotos nie gewys nie ȇȠ hoekom gaan die media nie terug op vorige jare oOk ȇȠ bestudeer al die fotos ϖAar gesien kan word dat daar geen probleem °̩s nie maar neem een foto ȇȠ veroorsaak n onnodige rasse herrie. Daar °̩s 2 graad R klasse ȇȠ die fotos van die ander klas ȇȠ fotos ϖӐȾ na die een foto geneem °̩s word nie eers na gekyk nie. Waar al die gr R kindertjies met ope arms ȇȠ drukkies ontvang °̩s ongeag hul ras of taal. Waar leuns op die media versprei word van vorige rasse voorvalle ƁӰ die skool ϖӐȾ blatente leuns °̩s hoe kan sulke onverantwoordelike aantuigings net gemaak word sonder enige bewyse of enige voorvalle? Ons staan agter al ons liefdevolle bekwame onderwysers insluitend juff Elana.

Vra maar net ·

WONDER – Ek stem saam jou. Dalk moet dit bekend gemaak word wie die foto versprei het. Die mamma/persoon doen so baie mense onreg aan

B ·

My nasiebou projek is ook maar op ys gesit na ek besef het dat ideologie swaarder weeg as ‘saam-bou’, en dat dekades lange onbaatsugtige bydraes (op omtrent alle vlakke) absoluut zero beteken en eintlik maar net vertrap word. (Of as die nuwe verstekwaarde gesien word, sonder waardering.)

Baie voorspoed vir die juf, kinders en personeel – my hart en wese bloei vir julle. ?

Eben ·

Stem 100% saam met jou. Nooit weer sien hulle ‘n sent van my nie. Ons moet ook in opstand kom teen belasting wat die voedinfsaar is van die onderwysdepartement. Ek sal ook so min as moonrlik en so laat as moontlik belasting betaal.

Esmarie ·

Dis die mooiste en waarste woorde ooit. Beter kon ek dit nie se nie. Vir wat dit werd is, kom die woorde van die pragtige mamma uit my hart ook. Baie dankie vir allles en ons staan agter jou.

leandrie ·

Ek as ouer stem honderd persent saam die ouer wat die brief geskryf het my kind het sy kleuterskool jare by Juffrou gewees en hy is nou amper kla met skool en is nog net so erg oor sy juffrou lana. Hyt aan haar vas geklou. Sy 2 de kleuterskool jaar was hy in n ander klas geplaas om gewoont te raak aan ander maats en juffrou hyt net een voudig sy tas gepak boek in gepak op gestaan en na juffrou lana se klas gestap en gese waar is sy stoel. Sy moes maar vir hom n plekkie in ruim. Syt vir hom speciaal n plekkie gemaak en my kind was soso bly en opgewonde om nog n jaar saam sy juffrou lana te kon wees. dankie Juffrou ons staan agter jou.

Leonora ·

My twee dogter was ook in Schweizer reneke se skool en nog nooit was daar in die klasse geonderskei deur jou vel kleur, ras, ryk, arm nie. Hierdie is n storie wat een ouer net sensasie wou he, en n regte moeilikheidmaker…… hierdie mamma wat die brief geskryf het “high 5,” vrou jy rock dit is woorde so uit die hart……

tamboti ·

Ja die juffrou se naam en die onskuldige kinders se gesigte mag gedeel word, maar misdadigers se identiteit moet beskerm word totdat hul in die hof mag lieg deur “onskuldig”te pleit. En daar word beweer dit is geregtigheid ne’?

Petro Barnes ·

Ek het nou gesit en huil van hartseer en woede……’n uitstekende onderwyseres se goeie werk van jare is vernietig deur een persoon. Wat het sy gedink……het sy die moed om op te staan en haar naam te noem. Die naam van die onderwyseres is bekend. maar sy kan nogsteeds anoniem bly…..hoe siek……en die media kon nie wag op om die rasperd te klim nie. Ek het vir 22 jaar vir wit, swart en anderskleurige kinders skoolgehou ……hulle word soos jou eie. Ek staan agter jou Elana……hou goeie moed. Die Here slaap nie en die waarheid sal uitkom……

Marlize ·

Die ouers van die kinders moet die persoon dagvaar wat die foto geplaas het. Daardie kinders se eerste dag was hel. Hoe moet hul nou positief bly? As dit een van my kinders was sou ek nie net stilgesit het nie.

Jeanette ·

Name and shame the mother who posted the photo!!!
Just a pity that her own child must suffer under this act by his/her mother.

Wenner ·

Waaroor ek die kwaadste is, is honderde kinders moet ly onder EEN persoon se absolute kinderagtigheid! Sy het met voorbedagte rade moeilikheid gesoek. As dit haar dan so ontstel het, hoekom het sy nie na die juffrou toe gestap, en die saak daar en dan uitgeklaar nie?

Wenner2 ·

Wenner, ek stem saam met jou. Dis baie lafhartig van haar om dit nie daar uit te sorteer het! Daar is baie sulke mense, ook hier in ons buurt!

Marika Bresler ·

Waarom is daar mense in ons Land wat daarvan hou om te ‘stir’! Ons leef alreeds in ‘n kruitvat wat enige tyd kan ontplof, en tog sal hulle die onskuldigste ding vat om ‘n hengse rasse insident te begin. ‘n Baie goeie onderwyser se naam word nou swart gesmeer. Ons het werklik nie sulke mense in hierdie Land nodig nie.

Ben ·

Afriforum en hul regspan het nou ‘n goeie geleentheid om die ouer aan te vat in die hof om soortgelyke onregmatige plasings te stop. Die skade wat die ouer aan onskuldige mense se lewens veroorsaak het is onmeetbaar. My hart gaan uit vir juffrou Elana. Jy IS onskuldig.

Philip Labuschagne ·

Vanaf 1994 is nooit beplan vir meer kinders in skole nie. Nou word ou skool as teiken gebruik. Regering is doelbewus gerig daarop dat blankes moet uitgedruk word.

Francois Greeff ·

Dis is so jammer dat daar soveel mense onder ons altyd daarop uit is om rasse wrywing te bevorder. Die oorspronklike foto is met een doel versprei, en dit is om rasse haat aan te wakker. Praat gerus met al die leerders en kry die waarheid.
Is die leerders aangesê om op daardie spesifieke plekke te sit en het die onderwyseres hulle so geplaas?
Is die volgende fotos die werklikheid of is dit na die tyd aangepas?
Wat is die metode van leerder plaas in ‘n klaskamer?
As jy die leerders so los om self plek te soek m te gaan sit, hoe sou die prentjie lyk?
Die mense het ‘n natuurlike assosiasie en dit word self daagliks in die grootste van vergaderings gesien en is bitter min op kleur gebasseer maar eerder die selfde belangstelling.
Hier is te veel mense wat onmin wil aanwaker.

Wonder net ·

Sterkte Juffrou, Ek glo in jou onbaatsugtige lewe vir daardie klassie. Dankie.

Herman, daar is mense met wie jy kan praat en ander nie. Die waarheid sal eendag seevier.

Jo-anli ·

Hoekom alles so uitverband ruk. Juffrou Elana is ń onderwyseres mens duisend. Waar is die mamma nou wat so aandag soek om dinge so uit verband te ruk. Hoekom word haar foto nie gewys nie. Sy wil mos aandag hê, gee die publisiteit vir haar nie vir die skool wat goeie werk doen nie.

Kloekie ·

Pragtige brief. Kan iemand die mooie brief vir daai klomp vertaal?

Glenda ·

Begin om kinders na n tuisskool te stuur, daar is baie onderwysers/onderwyseresse wat sonder werk sit!! Ek staan saam met die onderwyseressie, bly sterk vrou

Laerskool Mamma ·

Ag die trane rol oor my wange as ek die brief lees, want ek as Mamma weet hoe Juf Elana altyd soveel moeite doen met die kinders. Wat my hart gebreek het gister was toe my Gr1 dogtertjie wat ook in 2018 by Juf Elana was vir my vra ‘Mamma is Juffrou Elana oraait, want sy is nog by die skool’ sonder dat sy enige iets geweet het wat eintlik aangaan. Sy het net gesien Almal het in chaos hulle kom haal.

Daar was soveel kinders wat ontsteld was, wit en swart en dis so onnodig. Vir ñ Gr1 en Gr0 kind is dit al klaar so groot aanpassing om by ñ nuwe Juffrou te wees en ñ nuwe skool en dan dit op hulle 2de dag moet beleef.

Dis glad nie oraait hoe julle die kinders, onderwysers en ouers getraumatiseer het nie, dis so onnodig. Baie van die kinders wil nie meer skool toe gaan nie, ñ kind is veronderstel om veilig by die skool te voel en julle het gister baie van hulle se selfvertroue afgetakel.

Juffrou Elana ons weet jy is Goud werd en staan bankvas agter jou. Ons as ouers wat se kinders al by jou was, weet jou hart is altyd by die kinders en stel hulle altyd bo jouself.

Staan sterk
Liefde

Hoop ·

Ek hoop daar is n privaat skool wat haar sommer vinnig gaan nader vir werk. Jy verdien nie wat met jou gebeur het nie. Baie sterkte vir jou….Ann die skrywer. Jy is ‘n vriendin duisend.

Gavin ·

Een of ander slim persoon sal die skywer van hierdie wonderlikke brief aan n onderwyseres aanskou as rasisties omdat sy die barmhartige jufrou beskerm.
Intussen, dink hulle nie verder as hulle neuse nie.
Dis die kinders, wit en swart, wat die trauma moet deur gaan, vir hulle eie politiese gewin.
Die kinders word nie berading aan gebied nie. Die trauma wat daai kleine weesies moes deur Gaan, en die NW profinsie sien dit nie raak nie.
Al wat jy hoor is rasisme. Wie is die wenners van hierdie stryd, niemand nie, want, die verskillende politiese oproerigis het niks Berwick nie, n fantasies onderwyeres is geskors, en die kinders sal nooit meer die selfde wees nie, weens die trauma waardeur hulle is.

My kind is deur jou hande ·

Elke liewe woord is waar!!!! Elana jy is ‘n fantastiese juffrou….my gr 1’tjie het laas jaar gevra mag sy juf Elana asb saam hom gr 1 toe gaan!!! Maak nie saak hoe die land jou veroordeel nie ons weet wat die waarheid is! Ons sal jou hand vat en saam jou d pad stap!

Stienie Viljoen ·

Ek kan nie glo dat een persoon honderde ander ongelukkig maak nie. Ek bid vir Elana en glo geregtigheid sal uiteindelik seëvier. Dit is so onbillik dat sy geskors is en dit nadat sy deur die jare net goed gedoen het. Ek skaam my vir die ma wat so ‘n fiasko veroorsaak het.

Karl ·

Ek staan nie agter n onnie wat fotos van minderjarige kinders neem sonder toestemming en dit versprei nie. Jy mag dit GLAD NIE doen nie. Skors sou jy geskors word. Ek sou n klag le as my kind daar was.

Ag regtig! ·

Die onderwysers neem foto’s om vir die mammas te wys dat hulle kindertjies oraait is! Dit word nie vir bemarking of enige ander redes gebruik nie! Slegs die ouers in die klas is op so groepie. Die ouers wou onnodig moeilikheid maak! Hoekom het sy/hy nie die ander fotos ook gedeel op sosiale media nie! Die “rasse” kaart word ook net gespeel as hulle dit goeddink.

Laerskool mamma ·

Dis direk aan die ouers gestuur op hulle privaat Gr R whatupp groep niemand anders nie. Dit was een spesifieke mamma ϖӐȾ dit aangestuur ȇȠ versprei het.

PaulV ·

Karl; ek staan nou weer nie agter ‘n kommentator wat hom nie eers vergewis van die feite nie, voordat hy sulke onwaarhede en snert kwytraak. Die juffrou het nie die foto versprei nie; een van die kinders se ma het dit gedoen. ‘n Paar fotos is op ‘n PRIVAAT WhatsApp-groep vir ouers deur die onderwyseres geplaas, sodat die ouers kon sien hul kindertjies is rustig in hul nuwe klas. Die een teen wie klagtes gelê moet word, is die ouer wat die foto versprei het.

Karlahari ·

Kry asseblief vir jou n ander naam Karl want jy sleep my naam deur die modder met jou oningeligte kommentaar.
Word wakker. Daar word deur sommige politiese groepe uit hul pad gegaan om blankes uit te lok en dan om te draai en die vinger te wys.
Google BLF Kallie Kriel. Dan sien jy rasse haat en rassisme op sy ergste.

Marinda ·

Jy is nie n onskuldige juffrou wat net haar mammas op hulle gemak wou stel oor hulle kinders se indervinding nie. Sy het die foto aan mammas gestuur

Elizabeth ·

Juffrou Elana, jy kan trots wees dat almal vir jou opstaan, wat jy verseker verdien. Dit is so onnodig dat moeilikheid makers dit regkry om n hele skool te ontwrig. Mev./Mamma jy wat gekla het, weet net jy was GEEN voorbeeld vir jou kind nie en gaan nog die vrugte pluk van die lelik wat gister uitgespeel het. Eendag gaan jy terug kyk en duur betaal vir wat jy gedoen het. Jou kind gaan geen respek he vir so n ma nie. Of miskien gaan dit sy/haar leuse word. Bid dat jou gesindheid verander.

Riana ·

So so hartseer vir hierdie onderwyseres en dat sy veroordeel is sonder dat sy skuldig bevind is. 0f is daar nie iets soos “innocent till proven guilty” nie? Of geld dit net vir sommiges? Ai tog, my hart bloei vir jou want dis so onnodig. Mag God jou krag gee en jou dra deur hierdie smeltkroes.

Johanna ·

Dis n pragtige brief. Wat n ongelooflike verlies vir almal. Die klein kindertjies se harte is gebreek hulle vertroue in die lewe geknak. Dit was SO onnodig. !!!!!

Erika Potgieter ·

My hart gaan uit na hierdie skool, skoolhoof, personeel en veral, dié juffrou!!!! Dis belaglik dat die “rassekaart” alweer rondgeswaai word sonder dat die feite ondersoek is! Kom die feite aan die lig, word dit weer as “toesmeerdery” gesien! Ek is woedend saam soveel ander hieroor! Ek lei self onderwysers op by die universiteit en ek self raak bang oor wat vir hulle voorlê! Hulle word nie opgelei om hiermee te “deal” nie, so wat doen hulle, stap bloot uit die onderwysprofessie uit of kaan deel hulle kundigheid en liefde vir skoolgee oorsee terwyl ons land goeie onderwysers bitter bair nodig het! Sterkte aan al die betrokkendes. Ons bid hard vir julle. Waar twee of meer in Sy Naam vergader, daar sal Hy teenwoordig wees! Hou dus moed want Hy sal vir julle veg!!!

Karen Seeger ·

Hoekom word die onderwyseres geidentifiseer? Nog aandag waarsonder sy kan doen!

Sheryah ·

Om watter rede distansieër Maroela Media hulle van hierdie brief? Daar is niks om voor skaam te wees nie, daar word niks verkeers gesê nie. Om watter rede wil julle sê dat die menings en standpunte nie noodwendig die v Maroela Media is nie????

Cathy ·

Maroela media se dit met ALLE berigte wat hulle plaas en so doen meeste media. Hulle moet dit doen om hulself te beskerm as daar miskien iets aan hulle gese is wat nie waar is nie.

Chris ·

Schweizer-Reneke Laersool sal nooit weer dieselfde wees nie, ook nie die dorp nie.

Elize Fourie ·

Hierdie is politieke-foefie,wat alweer uitgebuit word.Kyk maar alle politieke partye wil nou op die wa klim.Sies vir julle!
En die beste van alles die party wat ek altyd voor gestem het is voor die ry-skaam vir julle DA .Nee dankie julle is n hond by my nie twee keer
My hart bloei vir hierdie onnie.Hierdie kinders kon moontlik nie Engels,Afrikaans magtig wees,net hul hul eie moeder taal,hoe op dees aarde kan daar komminikasie wees
En dit is die eerste skooldag van almal in die klassie en sy sou sekerlik nog planne moes maak hoe sy hierdie bloedjies moes indeel sodat almal lesse kon kry in hul moedertaal.Ons bid vif die juffrou ,skoolhoof ,kinders en personeel dat hierdie beskuldiging gou n regverdige rigting sal kry en minimun skade aan almal wat betrokke is

Erika ·

Dit is ‘n uitgemaalte rassistiese saak vir politieke gewin. Maak asb die “ma” ook bekend, sy soek mos voorblad nuus. Aan alle ouers maak ‘n saak teen die dame omdat sy julle kinders wederregtelik op internet geplaas het.

Frieda ·

Liewe Juffrou Elana
Sterkte en baie liefde vir jou. Die waarheid sal uit, die oorgrote meerderheid weet dat jy ‘n groot aanreg aangedoen word.
Bly sterk, ons bid vir jou.

Susan meintjed ·

Juf Elana ,ek en Anri dat Ons Hemelse Vader jou sal beskerm en die duiwel se magte nie oorwin!xxx

Gerhard de Jager ·

Maak die persoon se naam bekend wat die foto geplaas het. As so iemand ñ storie kan begin en lewens in gevaar kan stel dan kan hulle seker mans genoeg wees om ook die nagevolge te dra

Fifi ·

Geagte stirrer

Ek hoop almal herken jou in die winkels. Ek hoop jy besef whats happening. Jy het nie net die skool n onveilige plek gemaak vir kinders wat nie eens weet wat rasisme is nie maar ook jou eie kind se veiligheid in gedrang gebring. Hoe onvolwasse en selfsugtig !! Jou kind moet skool gaan daar. Wat het jy gedink .. gèdink dit gaan hom/haar bevoordeel of is jy geborg om dit te doen?

Con Dumpi ·

Ek hoop ook Afriforum bied aan om hierdie juffrou by te staan. Hopelik sal die swart en bruin ouers wie se kinders in die verlede deur hierdie bekwame onderwyseres onderrig is, spontaan na vore kom om hul ondervinding te deel. Dit is nodig om die waarheid te laat seëvier.
Baie sterkte en seën vir Juffrou Elana en die skool.

corne ·

Dagvaar die persoon wie foto versprei het sal sien hoe hulle daarvan hou noem ook persoon se naam onderwyser se naam os nie gespaar nie so hoekom die oure wat duidelik n agenda het om so te reageer op die foto en eerlik as jy 6/7 jaar oud is saam wie wil jy sit vreemde maatjie op jou eerste dag of dalk n maatjie wat jy ken?

Andreas ·

Weet jy ek raak kwaad om te sien hoe goeie mense slagoffers is van die marxis en hulle gespuis. Daai skool, soos elke ander Afrikaanse skool is goed omdat goeie onderwysers, ouers en goeie kinders met ‘n goeie kultuur dit so maak, nou kom die skuim en val hulle aan! Ek hoop die lyn is nou getrek, hierdie terroris aanvalle op ons skole en kinders moet weerstand kry, die juffrou en skool moet bystand kry van al wat’ n Afrikaanse beweging is. Geen meer knie buig!

Helene ·

Na ek so valslik beskuldig is, wil ek nie my werk terug he nie. Hierdie land maak my siek!!

Faan ·

Juffrou Helene, uit al die ouers se puik getuigskrifte weet ek jy is beslis nie’n rassis nie, maar jy het die “reg” om nou een te wees na die onbillike brandmerk. SA verloor so die enigste mense wat werklik verskil kan maak agv hierdie idioties, onnodig en patetiese optredes van die EGTE aandag soekende rassiste . SA se toekoms ( AL ons kinders) het alweer aan die kortste end getrek.

Jam ·

Ek het kinders in Graad 1 en 3. Ons as ouers geniet so om fotos vd onderwyseresse te ontvang-dit stel jou gerus en maak jou deel van wat jou kinders deur die dag doen. Ek vermoed alle skole sal hulle werknemers nou verbied om di te doen,

Chami ·

Absoluut!
My skoolhoof waarsku al lankal daarteen en het vanoggend weereens sy stem dik gemaak hieroor.
Hy verbied dit 100%

Johann du Toit ·

Sien graag ‘n artikel en ‘n foto van die vrou wat die foto (was net vir die klas se ouers bedoel) met ander gedeel het. Sy moes tog sekerlik ‘n geldige rede gehad (dalk rassisme in die skool ervaar, dit aangemeld maar die skool het nie opgetree nie). Sy kan ook vertel hoekom sy nie ook die ander fotos dadelik geplaas het nie want dit het die persepsie geskep dat hierdie foto’s heelwat later in die dag geneem is as skadebeheer.

Riena ·

Kom uit fotograaf! Kom haal jou erkenning vir jou foto! Jy is beroemd!…. Berug?!

Adel ·

Pragtige brief aan die juffrou. Ja alles moet mos as rassisme gesien word deur sekere mense. Hulle verstaan nie die waarde en liefde wat ñ juffrou (veral laerskole) vir hulle kinders het nie. Daardie kindertjies sien met soveel afwagting uit na hulle 1ste daggie en gee nie eens om waar hulle sit nie, solank juffrou net al haar liefde en aandag aan hulle gee is elke kindjie so opgewonde. Maak nie saak watse kleur nie. Sies vir die vrou wat die foto so versprei het sonder om eens ñ benul te hê van wat aangaan!!!!!!

jp ·

Baie maklik as daar 30 kinders in die klas was ,sal daaar 30 ouers op die Whatsapp groep wees…..tensy dit n wit “liberaal verligte”mamma was wat die gewraakte foto gedeel het dan bly daar mos slegs die 4 bloedjies wat apart sit, se ouers oor? Dus spoor jy haar op dan kan sy mos pa staan vir almal se ongerief en die chaos wat sy veroorsaak het.
al wat gedoen moet word is om die onderwyseres(of een van die ouers) te vra wie was almal op haar Gr r groep.

Marinda ·

My hart is so seer vir hierdie juffrou, die skool en al die kinders wat deur hierdie gemors moet gaan.
Dankie aan hierdie Mamma vir hierdie mooi brief aan hierdie pragtige juffrou.
Juffrou so jammer dat hierdie onskuldige foto nou so moet handuitruk!
Aan die persoon, persone en politieke partye asook instansies, wat hierdie aantygings met hierdie foto die rassekaart uitdeel en aanblaas – hoop julle kry skaam en hoop hierdie persoon wat dit begin het word uitgewys! (Naam en Van asook foto en adres).
Afriform/Solidariteit of selfs Steve en sy seun Devon:- dink julle nie julle moet inspring baie vinnig en hierdie skool, onderwysers, kinders en hul ouers bystaan en ondersteun nie. Hulle gaan finansiele bystand en ander bystand nodig he vir trumabehandeling en prokureurkostes.
Ouers/Skool/Onderwysers dagvaar wie en wat julle kan in die geval of dit nou vir emosionele truma , gevaar, onrus pleeging, ens. is.
Nogmals baie sterkte aan die kinders, ouers, onderwysers en skool.
Ek dra julle in my gebede.
NS: Wie kan hierdie mensies help!

Jo ·

Wat ‘n pragtige getuienis!
Ek is tans besig met ‘n honeurgraad vak… en hoe meer ek leer hoe meer moedeloos raak ek. “Teacher empowerment” in Suid Afrika????
Hoop die klakous ma geniet haar limelight ten koste van ander

Antoinette de Greeff ·

Dit is ongelukkig so dat die opstokers (betogers) alles wat mooi en rein en dierbaar is wil vernietig. Staan sterk Juffrou hoe moeilik dit ookal mag wees. Hopelik ondersteun die Skoolraad jou.

Marietjie ·

dis lekker om te sien hoeveel mense saamstem oor die onnodigheid van hierdie hele sieke situasie. stem saam, hoekom die juff identifiseer, maar die “mamma” wat die foto geneem het bly “die skim” ? en die brief !!! wat is getuigskrif. Juff, ek wens ons kon in hordes optrek en kom ondersteun, maar ja, die waarheid maak vry.
fotograaf, waar kruip jy weg ???

Blaffie ·

Miskien moet mens n stukkie in Daily Mail sit en vra waar is die fotograaf…. sy kruip nou weg en lees heelmoontlik nie Afrikaans nie.

Lothe ·

Hierdie tipe voorvalle gaan nog meer en meer voorkom waar verskuilde politieke agendas onskuldige mense se lewens verwoes vir eie, selfsugtige gewin. Politici is skaamtelose parasiete! En julle met die kersfeesklere moet begin minder banaal optree.
Sterkte en jul het my ondersteuning.

bgj van der westhuizen ·

die kinders was niks met ras te doen nie maar na dit sal hulle altyd bewis wees van kleur en ras oor n dom vrou niks beter gehat het om te doen nie

Robbie Crouch ·

Ek is vir 2 groeperings erg kwaad;
1. Die politici wat buitmaak.
2. Die media wat jagmaak op die “skuldiges”.
Dit is tyd dat ons albei aan die kaak stel.

Adriaan ·

Nou wie het die foto en vals indruk versprei? Wie is die ouer? Hoe lyk die persoon? Hoekom weet ons nie?

Deedee ·

Gaan kyk gerus op Front Nadionaal SA se FB blad …. daai vrou se foto word daar gepubliseer.

Pro juffrou ·

Nou wil ek weet,hierdie galbrakende ouer wat agter alles sit,Hoe gaan die hanteer word.Die juffrou is sonder enige ondersoek onmiddellik geskors.Die hoof se kop word ge-eis en die area raak n media frenzie.Wat is die skuldige ouer se naam en besonderhede.Waarom word die onderwyseres so blootgestel.Weer eens SA faal die wat die fondament van die toekoms moet le.Juffrou jy het my ondersteuning

Madeleine ·

Pragtige brief en getuigskrif, maar Maroelamedia, ek dink julle moet die juffrou se naam blok, vir haar eie veiligheid. Die arme vrou word soos ‘n jakkals gejag en sy moet sover moontlik beskerm word.

Jeannine ·

Ek twyfel of sy enigsens om gee. Sy loof haarself omdat sy van ‘n wit vel ontslae Kon raak. Ek wens so die Ander Kinders se ouers dagvaar haar omdat sy foto met hul Kinders op verspry het.

Speedguard ·

Waar is die mense wat die kinders moet beskerm!!!! vra ek???

Chrissie ·

Daai ma besef natuurlik nie dat sy haar eie kind se geluk in die skool gekelder het nie…maatjies gaan mos nie met haar/hom wil maats wees nie.

OMS ·

Daai ma besef natuurlik nie dat sy haar eie kind se geluk in die skool gekelder het nie…maatjies gaan mos nie met haar/hom wil maats wees nie.

André Boucher ·

Hoekom het sy nie al die foto’s op webblad gesit nie. Die media is net so aan die slaap,hulle moes seker gemaak het van hul feite voor n bohaai gemaak is. N regte spul paparazi ….. Sensasie soekers.

Sê maar net ·

Hoe pateties is die vrou wat hieroor nou mense se lewe verwoes het. Dink nou net vir jouself…..orals oor die land is daar laat inskrywings. Die kinders wat alreeds ingeskryf is, gaan mos na hul klas. Daardie tafel lyk naby aan die deur, dalk laat ingedra en hul het toe darem plek gekry in die klas. Juffrou is nou opgewonde, want almal is uiteindelik in die klas. So jammer vir jou Juffrou, alle sterkte word jou toegewens, ek staan 100% agter jou. Is natuurlik ook vanselfprekend…die laat kommers

Lynne ·

Juf. Elana Barkhuizen ek Salueer jou! Jou toewyding & werksetiek en werkstrots, sal nie ongesiens verbygaan nie!!!

Msp ·

Dis nou weer verkiesings jaar. Alles sal nou weer die witmense se skuld wees….

Hannelie ·

Gaan die agterbakse ma sê wie sy is….of is sy ‘n lafaard? Sies vir jou. Kan nie dink dat jy ‘n ma is nie, as jy my ma was het ek my kop in ‘n molsgat gedruk.

RETHA ·

Daardie ma moet aangekla word omdat sy ander mensd se kinders op fb gesit het. Mag karma haar 70 x 7 keer inhaal. Juf Elana ons staan vierkantig agter jou. Wens ek kan daardie ma se naam kry….

Chris van Heerden ·

Maar weereens ’n bewys van die mag behepte rassistiese ANC se geledere. As hulle tog net die geleentheid kry om hulle mag te bewys is hulle in hulle element. Maak nie saak hoeveel skade hulle aanrig nie.

Alida ·

En so word die haat oorgedra van geslag tot geslag. Waar daardie kleintjies nou op n skoon blaadjie kon begin en saam in vrede grootword met wedersydse respek is dit nou vir altyd in die drain af!!!!!! Die saadjie van ons teen julle is nou finaal gesaai om nie eens te praat van die voorbeeld wat hulle by die betogers gesien het nie. Een ma het nou n Internasionale rippeleffek veroorsaak. Welgedaan!!!!

Anna Smith ·

Ek sal ook so n petisie teken….en rondstuur tussen familie en vriende…ons is almal ontsteld oor die onnodige gebeure!

Sommer net ·

Dalk is dit reeds genoem. Die mamma wat die foto versprei het kan in baie baie groot moeilikheid kom. Ek is betrokke by ‘n universiteit en ons studente word weekliks daarteen gewaarsku om nie foto’s van kinders wie se gesigte nie verbloem is nie, te gebruik. Nie eens in ‘n klasopdrag nie, wat nog te praat van sosiale media.
As dit my kind was wie se foto geplaas is, sou ek die persoon wat die foto geplaas het bly soek het en verseker klagtes teen haar gelê het.

Liewe juffrou, my hart is só seer saam met jou EN jou gesin/ familie. Die hoeveelheid onderwysers met soveel toewyding soos jy, is bitter skaars. Ons samelewing het mense soos jy nodig vir wie onderwys nie ‘n beroep is nie maar ‘n roeping.

FM ·

Elana juffrou jy moet nou vasstaan. Moet nie weghardloop nie. Dis wat daai eff wil hê. Jy het n plig teenoor die kindertjies. Ek doen n beroep op die SAOU om die juffrou by te staan. Afriforum: party ouens se broeke begin bewe as hulle hoor AFRIFORUM is betrokke.Help asb die onderwyseres. Vat asb die dept vas. Julle weet hoe. Sterkte aan die onderwyseres en Afriforum. Baie staan agter julle.

Rish ·

My hart gaan uit na elke ouer wat deur hier moes gaan! Elana, ek bid vir jou en jou familie deur die tyd! Dat jy jou kop moet hoog hou al is dit moeilik op die huidige. Al die ouers wat se kinders in jou klas was/ is. Hulle ken jou en hulle ken jou hart. Hou oë op die Here en laat toe wie agter jou staan.. Kyk na die mamma se brief aan jou. Ek glo en vertrou dat die Here dra jou!

Vida ·

Dis so hartseer dat hierdie ding so totaal en al uit verband geruk is. Enige mens met twee breinselle sal weet dat geen onderwyseres in elk geval uit haar eie foto’s vir ouers sou stuur as sy weet sy doen verkeerd nie. Ek glo sy gaan nog bo hierdie gemors uitstyg. Ons het al klaar so min goeie onderwysers oor in hierdie land. Ons as publiek staan agter haar. Sterkte ook aan die skool!

In-di-Onderwys ·

Ons harte stukkend vir die juffrou…… en so Baie ander wat ook aangeval word omdat hulle nie van meerderheid bevolking groep is nie….

Werk by Kollege waar meerderheid studente en staf nie blank is……

1. As jy iemand reg help of nie die wet wil buig om iemand onwettig te bevoordeel nie….. word daar vir jou gesê..(is dit omdat ek swart is wil jy my nie help nie)
2. Daar word altyd die rasse kaart in alles as verskooning ingebring..
3. Die valse aantuiging om w-personeel te diskrediteer hou nooit op nie……(want so steek hulle hul foute/korupsie weg)

Dus hartseer om te sien dat my mense wat graag die studente/kinders Eerste stel om n beter nasie te bou en positiewe / Christen-waardus en norme uitleef so AANGEVAL word en gedruig / geteiken word…..
tot…… op ‘n punt waar hulle ingee en vlug vir hulle en hulle gesinne se veilligheid / en gesondheid AGV. rassisme teen blankes …. (Ongegrond en agv valse inligting en moets-willige redes…)….

Dus Jammer om te hoor die juffrou hulle moet ook nou vlug ….. omdat sy goed bedoel en omgee……. Word sy GEKRUISIG!!!!!!!!

ANA ·

Kalmeer maar gerus en vergeet vani hele insident…want NIKS gaan hiervan kom nie….
VUIL POLITIEKE HEKSEJAG OP BLANKE SKOLE EN ONDERWYSERS

Jeremia ·

Hierdie brief is die beste getuigskrif waarvoor enige onderwyseres ooit kan wens.
Te midde van al die kwaad wat veroorsaak is deur ‘n ewig diep beswaarde het hierdie uitstaande brief (getuiggkrif) gekom.
Juffrou, neem hierdie getuigskrif en al die heelhartige ondersteuning wat jou kry op jou pad vorentoe.

Johanna Botha ·

Die mamma is baie dom, stout en onnosel …sy moet regtig n pak kry wat sy nooit sal vergeet nie !

Wysheid ·

Die oproerder en skoorsoeker van n na, wat trauma vir haarself en eie kinders veroorsaak het sonder om te dink. Die voorval sal in haar en kinders lewe vassteek. Dit behoort sy en haar kinders te onthou tot die laaste dag in lente van dae. Julle soort hou van woorde soos ” its a challenge” as die probleem te groot geraak het..en ma wat jou eie kinders getraumatiseer het sal hulle lewrns vir jare wat kom vergal. Dink liewer nou aan die “way forward” …jou naam sal uitkom!

Wie weet ·

Is hierdie ma nie geplant nie, hoekom EFF skielik daar? Is dit dalk vir politieke propaganda met aanloop tot verkiesing? Vra maar net.

Ansofie Reeders ·

Een mens se onbessonnenheid kan so baie vernietig. Dit is so onregverdig! Ek hoop die persoon wat verantwoordelik is gaan tenminste vervolg word… So word alle rasse aangeleenthede uit verband uit geruk deur idiote wat reageer op instink! Sterkte aan almal wat getraumatiseer is deur hierdie vieslike aantyging…

1+1 ·

Die saak het nou ‘n emosionele kwessie geword, wat nie volhoubaar is nie. ‘n Hofsaak is die enigste roete wat gevolg behoort te word om die “WAARHEID” bloot te le. Solidariteit se besluit om die saak op te neem word waardeer.

Eldine Holmes ·

Hoekom word die onderwyseres se naam publiek gemaak, maar die ouer wat gekla het se naam word weer hou?? ??

madels ·

Stem saam, sy moet wyd en syd op sosiale media geplaas word en voel hoe dit voel

Gerrie Schalkwyk ·

Stel die petisie op. Moenie dit net aanvaar nie.

jack laubscher ·

Sleep hierdie moeililheidmaker hof toe. Hoekom kan mense ander mense links en regs van rassisme beskuldig,maar niks oorkom as hulle vals beskuldigings uitkom nie. Hulle behoort dan krimineel en siviel aangskla te word. Name and Shame hierdie lafaard, dan moet die hele dorp hom/haar boikot. Koop of verkoop niks aan hom/haar nie. Jammer dat sy haar eie kind rassisme leer.

Stan ·

Die onregverdigheid en ongeregtigheid teenoor hierdie onderwyseres is hartverskerend!! Wat dit vir my egter erger maak is dat daar in die buiteland uit die ouer wat die herrie veroorsaak het Se perspektief gerapporeer is en die waarheid & intent verdraai is!!! Solidariteit of die Afrikanerbond behoort Afrikaner verteenwoordigheid oorsee aantemoedig Om gevalle soos dié in perspektief te stel. Marganalisering van die Afrikaner is teen die muur! Watte skande!

Stan ·

Die onregverdigheid en ongeregtigheid teenoor hierdie onderwyseres is hartverskerend!! Wat dit vir my egter erger maak is dat daar in die buiteland uit die ouer wat die herrie veroorsaak het se perspektief gerapporeer en die waarheid & intent verdraai is!!! Solidariteit of die Afrikanerbond behoort Afrikaner verteenwoordigheid oorsee aantemoedig om gevalle soos dié in perspektief te stel. Marganalisering van die Afrikaner is teen die muur! Watse skande!

Gert Marais ·

Nou word die dam onder die eend se gat uit gerik…pleks dat hulle worry en iets doen wat malema en ander se…nee dit is mos niks want almal is bang vir hulle….toe nie…dit is maklik om ‘n sagte teiken aan te vat…God slaap nie glo my maar.

JOHAN ·

Moet hierdie narre wat hulself menseregtekommissarisse noem nie ondersoek word nie. Life Esidimenie mense sterf en party is nog weg. MRK bekommer hulle oos sitplekke . Lost continent kyk maar net noord en sien die verval. no hope !!!!

Sê maar net ·

Met die eerste berig van Maroela Media, het ek gevra hoekom is die tweede foto waar die kindertjies gemeng sit, nie ook bygevoeg nie. Maroela Media het gekies om my kommentaar nie te plaas nie.

Lorina ·

Ek gaan eerlik wees, ek het nie elke mmentaar gelees nie, en weet nie 100% wat gebeur het nie, maar ek dink persoonlik dat die foto heeltemal verkeerd opgeneem was, en dat daai ouer/s oor reageer het, ek is van menig dat as daai ouer/s dalk die onderwyse persoonlik gevra het wat die rede was hkm seker kinders eenkant gesit het, daar dalk n geldig antwoord kon gegee word, dalk is dit die kinders wat bietjie meer sukkel met n taal of wiskunde dat die juffrou hulle eenkant sit om dalj net bietjie meer aandag of liefde kan gee en meer kan verduidelik aan hulle sonder om die ander kinders te pla of uit die werk te hou… n mens maak so graag vinnig afleidings en spring dadelik na verkeerde antwoorde waar hulle net kon vra vir doe rede sonder om enige skade aan ander te bring, ek voel daai ouer/s moes dalk self n bietjie meer tyd en aandag gegee het aan die kinders en self die kinders eerste gevra het om doe waarheid uit te vind voor daar wilde beskuldiging rind gewas… verder wil ek dankie se aan elke onderwyser wat elke dag hulle lewens vir ons en ons kinders gee, ons waardeer julle so baie… want julle leer ons kinders wat ons nie altyd self kan doen nie… sterkte aan die juffrou wat so sleg gemaak was sonder enige rede of waarheid… ek dink aan jou en jou familie…

Gert ·

soos ek dit nou van Soladariteit verstaan is die verkeerde juffrou geskors
Regtig
Juffrou..eet hulle op in die hof
klomp narre

Elizabeth ·

Ek hoop die onderwyseres wen haar hofsaak en dagvaar elke skuldige sodat sy nooit in haar lewe weer nodig sal hê om te werk nie. Sodat sy nooit weer deur sulke onnodige trauma hoef te gaan nie. Mens kan wel agterkom waar die kwaadstoking begin het. Trap haar vas!!! Sy het onwettig foto’s van minderjarige kinders op ‘n sosiale mediaplatform geplaas!!

Sonia ·

Ek weet presies hoe die juffrou voel. Ek was laasjaar ook aangekla van rasisme in my klas deur ‘n stoute kind wat my wou seermaak omdat ek vir hom gese het dat ek sy ouers ‘n epos gaan stuur oor sy lelike gedrag in my klas. Hy het na sy ouers gegaan en gese ek het om rasistiese name genoem. Sy ouers het in die skool gestorm en gedreig met prokereurs en die koerant. Ek was ook deur hel. Mense het my soos ‘n krimineel behandel. Ek was sleg gese en was op die punt om my werk te verloor. Ek kon skaars slaap en nie eet nie. Gelukkig wat die kind nie geweet het nie was dat ek ‘n video kamera in my klaskamer gehad het. Gelukkig het dit bewys dat ek onskuldig was. Ek het die kind vergewe maar hy kon my lewe verwoes. Sy ouers het glad nie jammer gese nie. Hulle is na ‘n ander skool toe. Ek gee altyd my alles in die klas en het soveel liefde vir die kinders. Ek gaan uit my pad om vir hulle dinge te doen. My hart is gebreuk.

Katerina ·

Jy moes hulle gedagvaar het. Dis omdat mense wegkom met sulke valse aantygings dat dit sal aanhou gebeur. I would have sued those parents into vagrancy!

Faan ·

Lekker lag ek nou. Tokkelos, nou gee jy die burokratiese rassiste ‘n kopseer. Die spelstukke kan opgedeel word volgens kleur kwotas. Die bord self se blokke moet dan elkeen verdeel word. Natuurlik gaan die politiese op die wa spring en die spelreëls will verander na geslagsgelykheid en magsdeling. BRILJANT volgens hulle. Daar het ons die nuwe Suid-Afrika. Ongelukkig ‘n onherkenbare nuwe spel .

Fransie deFortier ·

Die Foto wat geplaas was se gesigte wad uit geblur behalwe di 4 swart kinders En dan is ek boos oor dat di presedent en media dit kan toe laat dat di EFF di kinders in so n Trama kan sit n gr R kind wat 6 jaar is dt se jou dat di rooi kappies geen brein ht ni Ht hulle ni gedink hoe bang daai kinders bruin swart en wit was ni A nee A

Devill ·

Volgens Willem Petzer, was dit die DA Jeugleier in die streek wat die verantwoordelik is vir die hele storie.

Sy naam Luyolo Mphithi.

Rienie Denner ·

JUFFROU GESKORS OMDAT SY EEN VD MEES BASIESE, FUNDAMENTELE DIDAKTIESE BEGINSELS TOEGEPAS HET!!!
Dis ‘n basiese didaktiese beginsel om te werk vanaf die bekende na die onbekende. Onthou dis vir die meeste van hierdie kinders ‘n eerste skoolervaring of blootstelling aan didaktiese handelinge in skoolverband. Onthou verder dat hierdie kinders nog baie klein is. Hul aktstruktuur is nog in die ontwikkelingsfase. Die meerderheid kinders voel binne die eerste paar dae van blootstelling aan didaktiese gebeure totaal onseker. Hul moet stelselmatig in die didaktiese gebeure ingelyf word. Derhalwe figureer die didaktiese beginsel van die bekende na die onbekende so sterk op hierdie stadium van blootstelling. So dit maak sin om die kind eers binne taalverband (wat aan hom bekend is) tuis te laat voel onder sy geledere en vandaar die kind stelselmatig te voer na die onbekende – soos blootstelling aan ander kulture, tale. Dis noodsaaklik om by die jong kind by die bekende te begin. Dit dien as voorbereiding hom gereed te maak vir blootstelling aan die onbekende. Myns insiens sal groter onsekerheid by die swart kind veroorsaak as hy/sy sommer vanuit die staanspoor met die onbekende (ander tale, kulture) gekonfronteer word. Dieselfde geld vir die wit kind. Die kind op hierdie stadium is te broos daarvoor en moet eers gereed gemaak word daarvoor. Ek wens diegene wat hierdie insident uit verband geruk het, wou eers ‘n deeglike studie van didaktiese beginsels maak. Miskien sou hulle dan verstaan waaroor dit gaan en waarom die juffrou eintlik ‘korrek’ opgetree het!!!

lewies ·

Hulle verstaan nie opvoedkundige taal nie, Miskien sal die hof begrip he vir hierdie opvoedkundige beginsel wat deel was van ons opleiding. As die hof bevind dat daar geen gronde was vir die bohaai nie sal die skuldiges gevra word om te se “sorry”!!!

AJ ·

Miskien moet alle voormalige model C Skole in SA wat nog onder bekwame bestuur funksioneer, stilweg die skool(gemeenskap) se bates verskuif na ‘n nuwe CVO skool.

En daarna die Simson strategie volg met die staat se skool geboue?

Los die kaal grond agter vir die ANC bendes om verder te plunder.

JAN ·

Vir die wat so voel kan hul kinders in BCVO sit.
Eenvoudig .
Ek sien die Afrikaner OGOTTERS en Vrydenkers se hand in hierdie groteske tragedie. Gesteun deur Nongwasi Pers as Makulu sangoma wat syfers jaag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.