Lesersbrief: ʼn Ma se hart

liefde-hart

Foto: Hercampus.com

Suretha Barnard skryf:

As ʼn ma van twee siek kinders ken ek ʼn seer en gebroke hart. In die lewe is daar duisende ander gebeure wat ook jou hart kan breek en ek is deeglik bewus daarvan.  Wanneer ons harte gelukkig of kalm en vol vrede is, kom ons dit glad nie agter nie, maar dan onthou ek die tyd wat my hart so seer was dat ek nie kon asem kry nie!

Die ergste is dat die seer nie so seer oor die siektes of aardse besittings was (wat ons nie gehad het weens mediese onkostes nie) maar wel oor hul eie harte en gestremdhede vir die lewe, wat ons so as van selfsprekend ervaar. Die wil om te doen, maar jou lyf wil nie saamwerk nie.

Hoewel ek iemand is wie se trane maklik vloei, was daar ʼn tyd na die diagnose van twee siektes dat die trane net heeldag oor my wange gevloei het en die lied en lag wat in my lewe was, verdwyn het. My man het gespot en gesê ek het krane in my oë.

Ons harte was diep seer en met my man (Mannie) wat weg werk, was daar nog nie eers tyd om onlangse diagnoses te bespreek nie. Dan tref dit ons daar is ʼn groot almagtige God in ons, om ons, so vol liefde dat dit oorloop in ons stukkende harte en ons volmaak!

Daar is regtig baie mense wat vir ons omgee en ons bystaan.  Maar uiteindelik is ons vrede, rustigheid, stil word, herlaai net moontlik by ʼn groot alomteenwoordige God.

Ek kom Jesus teë in koue hospitaal gange, op harde stoele voor teater deure, in gebreekte harte van ʼn kind wat nie wakker word na narkose nie, by die hoësorgeenheid se toe deure. Hy is daar, Hy dra ons, Hy versorg ons en vat ons na ʼn plek van veiligheid waar liefde geen einde het nie.

Net daar besef ek wat van die kruis? Hoe lief het God my as sondaar gehad om Jesus vir my te stuur? Kinders, met ʼn diagnose wat jou hart skeur, is niks in vergelyking met die kruis nie.  Ek is dankbaar – net daar!

Ek het soveel rustigheid en vrede in my om te weet God, wat die heelal geskep het, het my oneindig lief en het boonop twee van Sy engele aan my sorg toevertrou. Ek is voorwaar bevoorreg.

Iets om te onthou: In hierdie wêreld is daar niemand wat my en jou so lief het soos God nie en Hy het Sy Seun, Jesus, aan ʼn kruis laat sterf vir my en jou.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Gesondheid, Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Brenda ·

Suretha jy en jou man en kinders is vi ons almal so ‘n mooi voorbeeld. Lief julle. V

ella ·

So baie dankie vir hierdie opbouende skrywe. As die nag so donker is, vergeet ‘n mens soms dat God altyd daar is. Seëninge!

erna ·

Ouers om na op te kyk ek bewonder julle vir elke tree wat julle gee met soveel dinge wat oor jul pad kom en nog altyd daar is om ander te help.

Nereze ·

SURETA is nie Net n Ma vir haar siek Kinders en Wonderlike Vrou vir haar Man nie maar … ook nog vir: Tyd Omgee Liefde Gebed en Ondersteuning vir ander Ma se Kinders…. JY is ‘n Wonderlike Mens….ek bid jou en jou familie teveel om te hanteer SEEN toe. Dankie vir wie jy is.

Veertjie ·

Suretha, al wat ek kan doen, is om vir julle te bid. Ek glo jy het vanoggend baie mense se oe oopgemaak en myne ook. Ons dien voorwaar ‘n Waarmaker van Sy Woord en ‘n liefde en genade wat ons NIE in woorde kan beskryf nie. Dankie dat jy dit met ons gedeel het. Vergewe my Here, as ek nie altyd U goedheid raaksien nie. Ek het U lief!

Myrle Render ·

Ten spyte van haar eie seer, strek haar hand uit met liefde aan ander se omstandighede. Ons liewe Vader het so mooi mens Sureta geskape met 2 pragtige kinders wat hy koester en aan haar toevertrou met ‘n goeie Pa en (Mannie) vir haar. Die Wonderwerke van God bestaan?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.