Lesersbrief: ’n Oorlewingsgids: Aansoek om hernuwing van rybewys

centurion-lisensiekantoor

Lang rye by die Centurion-lisensiekantoor. Foto: AfriForum/Argieffoto.

Mamma van drie en rekenaarsagteware-konsultant van Centurion skryf:

Stap 1: Doen aansoek by jou plaaslike lisensiekantoor – persoonlik.

Stap 2: Wag vir 6 weke om te verstryk.

Stap 3: Haal nuwe rybewys af by jou plaaslike lisensiekantoor of kry iemand anders om dit namens jou te doen.

Voorafgaande

Wetsgehoorsame landsburger “X” se bestaande rybewys het al verstryk op 24-Feb-2017 – reg in die middel van haar kliënt se finansiële jaareinde. Toemaar wat!

Vrydag 10 Maart 2017

Besoek Centurion-lisensiekantoor

Aankoms: 09:30

Missie suksesvol voltooi: 13:30

Tydsduur: 4 uur!

Bring saam:

  • ʼn Goeie, positiewe ingesteldheid
  • Deursettingsvermoë
  • Genoeg kontant (minstens R300)
  • ID
  • 1 ID-foto vir ʼn tydelike lisensie (Indien jy vergeet het van die foto – knip sommer jou bestaande ID-boek se foto uit en gee vir hulle. Dis veel makliker en goedkoper om vir ʼn nuwe “slim”-ID aanlyn aansoek te doen as om terug te gaan na die lisensiekantoor.)
  • 1 fotostaat van jou ID vir hulle “File13”
  • Bestaande (verstreke) lisensiekaart

Kom voorbereid:

  • Sambreel + hoed + baadjie + sonroom om die elemente mee te trotseer
  • Stoel (met wieletjies, indien moontlik)
  • Toebroodjies + koffiefles + beker
  • Skootrekenaar + bystandkrag + mobiele internetkonneksie
  • Of storieboek
  • Vir enigiets langer, gaan jy ʼn Weber + vleisie ook moet inpak, maar dan weer – jy gaan ʼn skare moet voed!

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Duh ·

Seker maar ‘n bestuurslisensie vir ‘n motorkar/ motorfiets.

Hasie ·

Dieselfde as ‘n bestuurderslisensie. Jy kan altwee in die Verklarende Afrikaanse Woordeboek vind

John ·

Herhaal hierdie hele proses nog vier keer. Die tydsduur van besoeke hang ook af van watter kant van die lang ry die beampte aan diens op die betrokke dag wil begin en wie op die dag by hoofkantoor verjaar en of dit op die betrokke dag reen (bring ‘n groot houer of sambreel vir die lekkende dak) en of die betrokke beampte swanger is wat baie besoeke aan die toilet verg en tensy die apparaat nie die betrokke dag sonder vooraf kennisgewing gediens moet word nie en bygese as die kamera steeds werk na no 60 en die fotostaatpapier nie op is nie, dan mag dit 8 of meer keer wees. Hoop ook jou motor wag nog op jou en jy nie vir ‘n plaasvervanger hierdie vrolike afwisseling in jou vervelige lewensgang van vooraf moet herhaal nie.

wilma ·

Dankie vir die inligting! Ek het met hernuwing van my bestuurderslisensie om 05:45 ingeklok by Akasia-kantoor. Om 07:30 is die nodige vorm uitgedeel vir voltooiing. Ek het vooraf ‘n sertifikaat van ‘n oogkundige verkry en was om 08:15 alreeds oppad terug huistoe! Die diens het my werklik beindruk.

Tina Buys ·

Die proses by die Rayton-streekskantoor werk ook goed; om vooraf n sertifikaat by n oogkundige te kry, vermy toustanery. Hierdie “mami” is selfs in mooi Afrikaans n sitplek aangebied.

Mel ·

Rayton se kantoor is toe vir hernuwing van bestuurslisensies. Hul is besig om te ‘Renovate’.

Anton ·

Ons het by 2 geleenthede gevind dat die rye by die Centurion-kantore vinniger beweeg na 10H00. Vroegoggend in die ry is nie noodwendig ‘n beter opsie nie. Ek het my eie teorie waarom dit so is. Daar word van kennisgewingborde gebruik gemaak om die verskillende rye aan te toon. Stap dus vorentoe en gaan kyk watter ry is vir watter doel op die spesifieke dag.

Ronel Loubser ·

En dan wil hul dit wetgewing maak dat daar weer n praktiese toets moet aan voldoen. Waar gaan die tyd en mannekrag vandaan kom as bestaande eerste aansoekers vir bestuurslisensies reeds weke neem????

Saartjie ·

Ronel Loubser goeie vraag wat ek ook graag beantwoord wil hê. Gelukkig hier in Durbanville is die lisensiekantoor op die ball en geskied die proses vinnig en seepglad.

Print ·

Gaan jy vir my n nuwe kaartjie print, “lamineer” ens terwyl ek wag? en so ook vir die 1000 ander wat per dag daar deur beweeg?

Piet Snot ·

Laasjaar spesiaal Durbanville toe gery hiervoor. En was hulle op hul kop! Minimum moeite; binne 3 dae laat weet my lisensie lê reeds by hulle.

Ouboet 9 ·

Mense wat nie die woord “rybewys” ken nie, is seker maar dieselfde mense wat alewig “wardeur” en “breuk” wil skryf ipv “waardeer” en “breek” ..

Voorlaaier ·

In Bloem moet jy bewys van adres ook ingee…. anders is alles verniet….

Speedguard ·

Dit is wetgewing, selfs as jy net jou motor lisensie skyfie wil hernu, baie vra daar voor en baie nie, hang af wat die persoon wat jou help se mood is, maak seker dat dit gestempel is ! Ek beveel ook aan dat ‘n oogkundige verslag die proses baie vinniger en veiliger maak !

Liza ·

In Groblersdal staan jy vir dae in die ry…. Jy word stokhoring oud voordat jy gehelp word en dan druk daar tien duisend ander mense voor jou in, jou geduld word tot op die uiterstes beproef en as jy voor kom, dan word jy gehelp deur ‘n chappy kouende perd wat jou nog 15 minute laat wag sodat sy haar koffie eers klaar drink (die chappy word uitgehaal en weer terug gedruk!). En net 1 toonbank help die ander ignoreer jou soos ‘n stopbord!

Audrey Thom ·

Dankie vir professionele, puik, vinnige diens op Vredenburg….

Centurioniet ·

Nee kyk dit gaan darem nie altyd so beroerd by Centurion nie. Was 7:00 die oggend daar en is 9:00 daaruit. Gesels met almal, glimlag en maak die uitstappie vir jouself lekker. As jy dikbek daar arriveer gaan jy jouself net onnodig omkrap.

Charne ·

As jy ‘n baba het mag jy voor gaan staan en help hulle jou dadelik. Was laasweek daar en die mense was baie behulpsaam.

Piet Snot ·

Dalk kan mens jou baba uitleen teen ‘n klein fooitjie.
Besigheidsgeleentheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.