Lesersbrief: ’n Ope brief aan Jack Markowitz

EFF-lede ruk Vrydag op na die Hoërskool Brackenfell. (Foto: EFF/Twitter)

Die afgelope Vrydag se betogings by die Hoërskool Brackenfell was redelik kortstondig ná betogers met water, verf en traanrook uitmekaargedryf is.

 Een ding wat byna groter opslae as die betoging self gemaak het, was die kommentaar van Jack Markowitz, EFF-studenteleier van die Universiteit van Kaapstad (UK) wat ook die kleinseun is van Leon Markowitz, voormalige DA-LUR en geldinsamelaar in die Wes-Kaap. Markowitz is gebore en getoë in Kaapstad en studeer politiek en filosofie aan dié universiteit.

 Hy het groot opslae in die media gemaak met sy opmerkings waarin hy Brackenfell spesifiek en wit mense sonder enige bewys beswadder.

 Henning Lubbe (23) ʼn student aan Unisa, wat tans internasionale betrekkinge studeer en in Pretoria woon, het hierdie ope brief in reaksie op Markowitz se uitlatings geskryf:

Henning Lubbe. (Foto: Verskaf)

Liewe Jack

Vandag skryf ek aan jou as ʼn jong wit man wat self al baie geklassifiseer was as ʼn “linkse liberaal” en vele ander dinge onder regses en ek sak eintlik effens my kop in skaamte vir jou part wanneer ek na die video’s van jou kyk wat op al wat ʼn sosialemediaplatform is geplaas en gedeel word.

Met jou rooi baadjie staan jy en praat oor hoe die Brackenfell-optogte nie genoeg is nie en hoe die EFF die optogte en beweging moet verskuif na woonbuurte soos Clifton en ander “welaf” woonbuurte waar wit mense woon. My enigste vraag hier is; gaan jy hulle dan ook na jou eie huis neem? Aangesien die laaste keer wat ek gekyk het, jy onder dieselfde kam geskeer kan word as die “ryk wit mense” met hul rykdom wat, volgens jou, van generasie tot generasie oorgedra word.

As iemand wat dit selfs noem dat hy na ʼn privaat skool toe gegaan het, is daar seker stewige bedrae van jou eie “wit voordeel” wat jy eerstens kan begin verdeel onder jou EFF-maatjies? Jy studeer immers ook aan die Universiteit van Kaapstad – dit was my droom om daar te kan studeer, maar ongelukkig is ek sonder ʼn vader gelos toe ek nog ʼn jong seun was en moes my ma my alleen grootmaak met ʼn salaris van so ongeveer R3 000,00 per maand waarvan meer as die helfte nog moes gaan vir ons eenslaapkamerwoonstel se huur.

Ek het nooit die geleentheid gehad om groot te word met familielede soos joune wat heelwat “welaf” is as gevolg van hul wit voordele nie. Ek dink ek moet ook begin betoog, want waarom kan die voordele wat ek as wit man het, nie so veel soos joune wees nie? Ek moes maar eerder deur laer- en hoërskool gesubsidieer word en op die oomblik gebruikmaak van die regering se Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NFHS) om my tersiêre opleiding te borg.

Jy staan voor die televisiekameras soos iemand wat dieselfde paar reëls uit ʼn draaiboek oor en oor moet lees vir een of ander oudisie vir ʼn propagandarolprent wat die Sowjets tydens die Koue Oorlog geskiet het. Dit klink nie of jy waarlik glo wat jy sê nie, maar jy sleep maar saam en al antwoord wat jy op elke vraag gee, klink maar dieselfde as die vorige een.

Ek wil graag vir jou advies gee, Jack. Voordat jy jou rooi oorpak aantrek en maar op die bus klim wat al die EFF-ondersteuners na dieselfde populistiese doodloop neem, dink bietjie voor jy praat of wees ten minste net meer oortuigend. Jy versprei haat en moedig mense aan om gewelddadig op te tree. Maar ek is seker toe die polisie die eerste traangas in die lug skiet, was jou rooi baadjie vinnig uit en het jy gevlug. Die mense wat jy jou teikens maak, het nie altyd die geleentheid om te vlug soos jy nie. Jou EFF-maatjies wil ʼn skool aanval met talle onskuldige jongmense wat nog jonger is as jy en jy moedig dit aan en waag dit om te sê “dis nie genoeg nie”? Ek voel tweedehandse vernedering vir jou part.

As iemand wat wil staan en preek oor wit voorreg, wil ek eers hoor en sien hoe jy beplan om die rykdom van jou eie familie te verdeel en hoe jy jou eie voordele gaan oorgee.

Dan praat ons weer.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Alta ·

Goed gese HENNING! Jack, kry vir jou iets beter om te doen asb. Jy maak n gek van jouself.

JohanR ·

Hello Jack. Het jy al die broek uitgewas wat jy in Brakenfell gedra het? Revolution usually comes with violence….are you up to it? By the way Jack, en met die van Markowitz se vir my jy is ‘n jood. Het jy niks geleer van uit die Hitler en nazi era nie? Vergelyk Hitler en Malema en hulle is een en die selfde. You disgrace the Jewish nation. of which I am a great admirer! Israel went from a nation having to find a way to produce water, to a nation now exporting water to it’s neighbours. Be a proud Jew Jack!

koos10 ·

Jack, jou CIC se kinders is in ‘n privaat skool. Jou leierkorps staan onder verdenking van korupsie. Jou LP’s kry miljoene rande per jaar. Wat kry jy? Is jou ouers trots op jou? Die EFF gaan jou opkou en uitspoeg, waar gaan jy dan heen? Hierdie party is berug daarvoor om mense en dinge te gebruik vir hulle eie gewin, maar jy wil nie dat die waarheid jou 30 “seconds” bederf nie. Sal MM asb ‘n jaar van nou af met hom ‘n onderhoud hou?

Pierre ·

en jy sal sekerlik nou as `n sprekende voorbeeld van rassisme en wit monopolie uit gemaak word, die elende en swaar van ander en ander volke tel nie.

Kaptein67 ·

Jack, al verklaring wat ek aan kan dink wat jou so sal laat optree is dat jy seker “involved” is by ‘n EFF sussie en nou moet jy pa staan vir hulle

Jessey ·

Jong man, baie goed gestel. Ek dink baie van ons wat maar self moes potjie krap om iets te bereik voel vir die woorde wat jy spreek vandag. Ek dink jou ma het waarskynlik trane in die oe vandag. Jack, wat om vir jou te se is moeilik, maar om Carl Niehaus na te streef. Ai toggie bloeitjie. Your Privilige outweighs your fight more than most

Boerkind ·

Jip… as daai Markowitz se brein dinamiet was sou hy nie sy neus kon blaas nie…

Snowball ·

Persoonlik dink ek Markowitz het ‘n paar loesings as kind gemis, nou is hy gewoond om te doen sonder om te dink. Sal darem graag so ‘n ‘opinionated ‘ klein windbol 2 jaar se ‘white privilege ‘ diensplig sien doen het. Bietjie dissipline PT sou baie van daai onnosel idees uitgewis het.

Petrus Johannes ·

Baie goed vertel Boetie wens jy kon saam met my groot geword het dan so jy nie so praat nie,Ons moet hard werk wat jy nie ken nie. Vandag nog skoffel ek in my tuin Jy is n snot neus geld het in jou skoot geal GAAN WERK MET JOU HANDE

Dup ·

Jack het sy doel bereik….sy naam is op almal se lippe en almal bespreek en lewer kommentaar op wat hy gesê het.Hy het goeie advertensie waarde gekry.

Dawid ·

Henning, ek haal my hoed af vir jou. Volgende stap. Vertaal jou meningstuk in engels (die taal vd kolonialis), en rig dit aan ons eie plaaslike hoofstroom-media. Die uiteinde sal op vele vlakke insiggewend wees. ‘n Blink toekoms vir jou Henning!

Anita ·

Jy is n seun so na my hart. Ek is bly om te sien dat jy o great day jy n linkse liberaal is darem nog die regte dinge in die lewe raaksien en street na geregtigheid.

katerinadiekat ·

My brief aan Jack Markowitz:

Behind your back the EFF absolutely loathes you for being a rich privileged white. They see you as a useful idiot. I don’t know why you feel guilty for your background. Some are born rich, some are born poor. Life is not fair. It is what it is. And you as a Jew should be Especially appalled by people like Julius Malema. There was this person in Germany, back in the 30’s and 40’s who strongly reminds one of him. The name is on the tip of my tongue..

Ag nou ja, geen pille vir stupid nie..en die stroop is ook op. Dinges maar voort..

Vrijburger ·

Gedeelte in Engels puik gestel. Gedeelte in Afrikaans onnodig.

Adriana ·

Ek wil net vir die jong wit nat agter die ore jongman sê, moenie al die witmense onder dieselfde kam skeer nie, ek was nie bevoordeel as jongmens nie, my ouers was arm, ons het nie krag gehad in ons huis of lopende water, ek het nie die voorreg gehad om te gaan studeer, al was ek ñ top student op skool, dit was my droom om te studeer, en als wat ek vandag het, het ek deur harde werk gekry. Ek skuld nie jou of enige iemand, veral die rooipette, iets nie. Wees jy ñ voorbeeld en deel van jou rykdom uit vir jou sogenaamde rooi pette, niks tussen die ore vriende, uit en dan praat ons weer.

Mad Mike die Rhodesiër ·

Hierdie jong man is nie op sy bek geval nie! “He put his money where his mouth is!”

Danie ·

Net jammer die brief sal nooit deur Markowitz gelees word nie.
Eerstens is hy oh so very english I say old chap.
En tweedens is hy te stupid om te besef hy moet sy huiswerk doen.

Chris ·

Ek wet nie hoekom steur mense hulle aan persone wat sulke onderdagte banale uitsprake maak nie. Die knaap moet nog groot word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.