ʼn Ope brief aan president Zuma

jacob-zuma

Pres. Jacob Zuma. Foto: Flickr/GovernmentZA

Geagte mnr. Jacob Zuma,

Let daarop dat ek u aanspreek as meneer en nie as president nie.

Die woord president het ʼn betekenis van hoë agting soos ʼn vader, wat ons almal geleer het by tata Nelson Mandela, en duidelik iets is wat jy nie voorstaan nie.

Dit vul my hart met groot hartseer om te sien dat die ANC nie die visie verstaan nie, of is dit vergeet?

Ek was in die laerskool sowat 11 jaar gelede en ek onthou ʼn dokumentêr waarna ons gekyk het. ʼn Joernalis het gevra: “President Mandela, waarom vlieg jy in ʼn ou amper flenters vliegtuig?”

Sy reaksie was dié van ʼn man met integriteit, ʼn ware president: “My liewe dogter,” het hy gesê, “in plaas daarvan om ʼn vliegtuig te koop kan ek eerder die nasie voed.”

Hoe mis ek daardie man nie, ʼn ware inspirasie!

Ons is nou op “water shedding”, en ek wil net hierdie oomblik gebruik om jou te bedank. Dankie vir die voortbring van niks anders nie as probleme en krisisse. Dankie vir die dag-tot-dag-ondergang van so ʼn groot land. Dankie vir die voortdurende “hantering” van krisisse en nooit die oplossing daarvan. Dankie vir die insinking in die ekonomie en vir die toename ​​in korrupsie.

Laaste, maar nie die minste nie, dankie Zuma want terwyl dit aangaan koop jy ʼn  straler ter waarde van R4 miljard en sê die ANC is belangriker as die land.

As ʼn jong volwassene is ek bang vir wat vir die land voorlê. Terwyl die helfte, of is dit die hele regering, hulself verryk, ly ons.

My respek is by die venster uit. Die statistieke is skrikwekend. Sê my asseblief ek sien dit nie alleen raak nie. As ek ʼn lys moet opstel van al die probleme sal my papier en ink opraak.

Ek hoop van harte dat my medeburgers se oë in die volgende verkiesing sal oopgaan.

N.S.

Geniet jou straler net soos Nkandla. Ja, lag dit af!

Onthou net jy laat die land in jou kleinkinders se hande.

Groete,

Ruan Oerson

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

GES ·

Kan hierdie brief nie miskien vir hom vertaal word nie. Stuur ook asb iemand saam wat dit vir hom kan voorlees sou hy nie kan lees nie. Dit maak my bekommerd as ek ek sien hoe hierdie man se onvermoë op die juig van SA begin impakteer.

MorNé ·

iemand sal dit beslis moet lees. En haal al die syfers uit

helen ·

Ek stem volkome saam ek dink ook die brief moet vertaal word want duidelik gaanhy nie Afrikaans verstaan nie ons AFrikaners is net in sy pad wat hy wil uitroei wat hy besig is om te doen ons is in sy pad

helen ·

Ek stem saam ek glo nie hy verstaan Afrikaans nie hy wil ons Afrikaners uit die land hê ons sal moet begin plan maak om ons stem sik te maak

Winston ·

Maroela was wraggies braaf genoeg om hierdie realistiese siening van n jong man te plaas. Ruan ek wens hy kon afrikaans verstaan, maar al stel jy dit in watter taal ookal, hy gaan dit nog nie begryp nie. Alles gaan oor mag en nie die land nie. Ons het reeds terug gesink in n 3de wêreld land weens gebrek aan leierskap. Die enigste “voorreg” wat jy nog het is jou SA identiteits dokument. Realiteite wat aan die gebeur is spreek harder as wens denkery van alle Suid Afrikaners.

Sumari ·

Dit gaan absoluut niks help om die brief vir hom te vertaal nie. Hy kan nie eers syfers lees nie wat nog van ‘n brief lees. Alhoewel ek graag wil hê dat hy dit moet lees.

Koos ·

Nou voel jy seker stukke beter Ruan Oerson. Die vraag is: wat gaan jy persoonlik omtrent die situasie en die oplossing van sovele probleme doen? ‘n Wenkie: hou op neul oor Mandela. Dit was ‘n vlietende Camelot oomblik – oor en uit. Om die realiteit in die oge te kyk en jou kant te bring is ook nogal ‘n uitdaging vir ‘n jong man.

Knersus D ·

Hy verstaan in werklikheid Afrikaans beter as Engels. Want Engels is hy nie magtig nie. Hy het darem Afrikaans tot in St 3 gehad.

Angelique ·

Ongelukkig is die tealiteit dat zuma eintlik niks voel vir Suid Afrika en sy mense nie, van enige ras nie! Hy is net op homself gefokus en sy eie rykdom…maar eendag is eendag en hy gan bitter hard aarde toe kom! Vir nou los ek dit in my Hemelse Vader se hande, want ek Hy sal reg en geregtigheid laat geskied. Dit is ons jeug wat gaan ly onder hierdie sogenaamde regering, en die beste is dat daar nog mense is wat vir anc stem??? Gaan my verstand te bowe! So hoe en wat moet mens maak? Ons moet eintlik net vir ‘n slag saamstaan en nie net opinies lewer nie.

Christine ·

Bravo, Ruan, bravo!!! As jy 11 jaar gelede in die laerskool was, maak dit jou nou om en by 23 (veronderstel ek). Jý is dus nog in die “ou Suid-Afrika” gebore. Ek ook (net so ‘n paar dekades voor jou …). Dit is kommerwekkend as ons jeug naby moed-opgee is.

Ons slaan egter die versene teen die prikkels. Hierdie …e… sogenaamde mens wat nou SA se “no. 1” is, gee nie ‘n snars om hoe sy, en sy kaders, onvermoë om hierdie pragtige land van ons effektief te regeer, die man op voetsoolvlak raak nie. Dit is baantjies-vir-boeties, korrupsie, diefstal, misdaad, ‘n vallende ekonomie, stygende kospryse, stygende inflasie en rentekoers verhoging, sowat 20% van die bevolking wat die ander 80% van die bevolking moet onderhou (d.m.v. hierdie sosiale toelaes – ‘n euwel!!!) … en so gaan die lys aan en aan en aan.

‘n Ope brief aan Zuma, veral in Afrikaans, sal net ‘n lekker “hê-hê-hê” van hom ontlok (as dit hoegenaamd enige iets ontlok). Maar jou eerlikheid en poging om jou gevoelens in die openbaar te bring, verdien ‘n saluut.

Mildred Bingle Coetzee ·

Ek stem saam met jou Christine …. Weet jy ek wil gou net vir jou iets vertel, nou die dag gaan ek KFC toe , voordat ek ingaan, kom n ou swart man na my toe en vra of ek tog nie asseblief vir hom ook iets te ete dal koop nie, ja ek was vies toe hy vra en wou hom net daar se, gaan vra vir jou “President Zuma ” om vir jou kos te koop, maar my moed het my bedewe toe ek in daai ouman se oe kyk … Ja het ek gese ek sal vir jou iets koop, ek het klaar gemaak vir jom kos gekoop toe ek buite kom was hy nerens nie, maar op n muurtjie het hy vir my gewag ! Hier meneer is vir jou kos om te eet het ek gese, baie dankie mevrou die Here seen jou het hy gese ! En hy het gegaan en heerlik geeet en ook vir sy vriend daarvan gegee ! Dit het niks van my gekos om net ordentlik te wees nie …. Nou wonder ek of ons sogenaamde President dit sal doen ????

Tascha ·

Ai tog. Kan almal asseblief ophou sanik oor Mandela? Hy was dalk die beste van al die swart staats presidente maar iemand het nodig om julle te herinner dat die ou verantwoordelik was vir hoeveel bom ontploffings wat die lewens van etlike wit Suid-Afrikaners geneem het op onherroeplik verander het. Hou op om hom so op te hemel man Mandela was niks meer as ‘n terroris nie en Zuma gevolglik niks beter nie. En diegene wat nou vir my gaan vertel dat ek ‘n rassis is, dis OK ek is al erger dinge genoem apartheid was nie ideaal nie maar liewe genade niemand het ooit so gely daar tydens nie! Madiba mag die vader van die volk geroep word maar hy’s baie beslis nie my vader nie. Openlike briewe aan Zuma en sy kaders gaan niemand enigiets in die sak bring nie want Zuma gee nie ‘n flenter om nie en dit is die realiteit!

Rietrot ·

Ñ gebreekte horlosie kan vir jou twee keer tyd gee ñ dag. Sonder om te lieg.

Mildred Bingle Coetzee ·

Eerstens, kan hy nie Afrikaans lees nie ! En tweedens, sal hy net lag en lag vir die brief !!!! Al word die btief vertaal in engels sal hy dit nogsteeds nie verstaaaaaaan nie ! Ai. ek hoop en bid daarkom gou uitkoms vir ons pragtige land …..

Gys du Toit ·

mamon het gewen en ons land se leiers verblind, die enigste verweer teen mammon is Jesus. Hy nooi ons daagliks uit om na Hom te draai – ons as lands burgers kies om Sy helpende hand weg te stoot.

RHONA ·

Dit is n goeie brief die enigste probleem is dat hy nie n duit omgee wat ons wit afrikaners van hom dink nie.

Henri ·

Zuma is die pit van die cANCer, op die oomblik. Al raak ons ontslae van die pit, sal die cANCer bly leef. Ons ou volkie was van die begin af godsdienstig, (Bloed-rivier, ens. ) Ek is van mening dat God die help wat hulleself eers help, waarom ek voorstel dat, diegene wat nie met die cANCer saamstem nie, vir die Amtelike Opposisie stem omdat dit die enigste moontlikheid is om enigsins die getalle te verkry vir verandering van regering, Gaan kyk hoe werk dinge in die Wes-Kaap in vergelyk met die ander 10 provinsies…………..

Dee ·

Vir wie is die opstel eintlik geskryf, siende dat Zuma nie Afrikaans kan lees nie? Dit is bloot vir Maroela en kie geskryf met geen bedoelings dat dit Zuma moet bereik.

Henk ·

Dink ek toe nou skielik daaraan: Wie laaste lag, lag die lekkerste.
Zuma, jy giggel nou al te lekker, maar moenie vergeet nie, die res van ons gaan binnekort begin lag. En ons gaan skaterlag tot ons maagspiere in spasma gaan…

Hennie Theart ·

Ek stem saam met die brief en aldie kommentaar, en die vertaling na Engels toe.
Ek wil byvoeg:
Mnr Zuma die meul maal stadig en so draai die wiel ook stadig, maar eendag sal jy pluk en maai wat jy nou saai. Ek daag jou uit, om as die brief eendag by jou uitkom, tot ‘n openbare debat – net ek en jy!!!

Cherie ·

Nee wat , onse Zuma is in die pekel. Hy gaan so NIE wegkom met niks van die goed nie. Ons sal sy val nog aanskou. Niemand kom soveel mense te na en kom weg daarmee nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.