Lesersbrief: New York vroue-optog verwarrend

womensmarch

Foto: Women’s March/Twitter.com

Dirk Scheepers skryf:

Ek het Saterdag (21 Januarie) tot my misnoeë besef dat ek per ongeluk, in my soeke na ʼn koppie boeretroos, in die #womensmarch ingestrompel het. Dit was ʼn tamaai affêre. ’n See van pienk het my omsingel, so vêr as die oog kon sien was daar kwaai vroue in 5de Laan op met hier en daar ʼn mansmens wat saam toyi-toyi.

Die plakkate wat trots omhoog gehou was, het my aangegryp. Dit was nie nodig om enigiemand te vra waaroor hulle protesteer nie want dit was helder en duidelik op hul plakkate uitgeblaker. Soos julle kon raai was Donald Trump die teiken van meeste van die slagspreuke en daar was geen afwesigheid aan kreatiwiteit nie. Van dié wat nie die gees van Shakespeare kon kanaliseer nie het eenvoudig net gehou by “F*** Trump”, ten spyte van die groot hoeveelheid jong kinders in die omtrek. Daar was ook ʼn paar nie-so-subtiele verwysings na Donald Trump se vergrype met verwysing na vroue se geslagsdele. Oral was daar glimlagte, ʼn gevoel van solidariteit en susterskap. Dit was ʼn allemintige fees en ʼn vreedsame uitdrukking van demokrasie.

Maar toe bespeur ek iets wat nie lekker sin maak nie. Daar was tegelyk plakkate ter ondersteuning van feminisme en die ontneming van stemreg vir wit mans. Daar was een ten gunste van gelykheid maar ook hoër inkomstebelasting vir mans. Teen misogenie maar ook teen Donald Trump se ondersteuners. Ek kon nie verstaan nie. Daar moes tog ʼn paar vroue vir Trump gestem het anders sou hy mos nie kon wen nie, of hoe? Ek wou hierdie vraag aan die verbygangers vra, maar iets het my vertel dit sou nie goed afgaan nie. Hoewel elke tweede T-hemp wat by my verbygestroom het “liefde oor haat” verkondig het, kon ek nie help om te wonder hoeveel liefde ʼn Trump-ondersteuner hier sou ontvang nie. Wat is daardie sêding oor beoefen wat jy preek?

Ek het op ʼn murasie geklouter en die hele spektakel dopgehou toe nog iets my byval. Ek het onlangs ʼn YouTube-video gesien oor “FGM”, die verminking van vroue se geslagdele, in veral Moslem-gemeenskappe. Dit was verskriklik. En toe onthou ek ook die berig wat ek gelees het oor jong meisies wat in die huwelik gedwing word, ek dink dit was in die New York Times. Of die HBO-dokumentêr wat ek gesien het oor ‘ere-moorde” van baie jong vroue wat hulle familie “oneer” gebring het deur met ʼn man te slaap voor die huwelik. Ek het onthou hoe warm onder die kraag daardie goed my gemaak het. Daarteen sou ek saam protesteer.

Maar tog kon ek nie een (en ek het lank bly soek) plakkaat sien wat hierdie kwessies aanraak nie.

Miskien is my morele kompas foutief. Of miskien is Donald Trump se klein grypende hande die grootste bedreiging vir vroue. Ek weet nie, al wat ek geweet het daardie sonnige Saterdag is dat ek skoon vergeet het van my koffie.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Jan ·

Ja, nogal interessant, so asof hulle nie geweet het solidariteit na watter kant toe nie. Dan, ek het altyd gedink dat dit word net in Suid Afrika getoi-toi. Ook glo ek daar het so een of twee ander ook in ons land die koffie koud laat word.

Jan ·

Toi-toi is mos ‘n spesifieke maniers van stap, drafstappie, of so, dis nie sommer net betoog nie.

Frans C ·

‘I am nasty’ skree, ‘n bekende aktrise en aktivis oor my TV-skerm.Ja vrou dink ek by my selwers, jy is ‘nasty’ omdat jy ‘nasty’ is.

Gideon ·

Die betogers weet nie eintlik waaroor om te kla nie. Die propaganda en vals nuus soos CNN, BBC ens het hulle erg deurmekaar gemaak. Hulle kla nou – oor wat ook al, maar gaan later baie bly wees omdat hulle almal ‘n werk gaan kry en dat immigrante minder gaan wees.

Bob ·

Wat vir my altyd ironies is van meeste liberale (ek veralgemeen nou, ja ek weet) is dat hulle vinnig is om jou ‘n “bigot”(kwezelaar volgens google in afrikaans) te noem. Dit is iemand wat onverdraagsaam is teenoor ander se opinies. Maar hulle is presies dit. Onverdraagsaam as jou opinie nie in lyn is met hulle s’n nie.

Loeis ·

Baie goeie punt, Bob. Dit is ‘n eenrigtingstraat. ‘n Goeie voorbeeld is toe die Amerikaanse kiesstelsel wat nou nie meer vir hulle werk nie.

E.K. ·

Ek sien sover net manne wat hier kommentaar lewer ; D! Makiesakie – ek is verdraagsaam oor meeste goed, behalwe wanneer ek van sekere goed lees (kindermishandeling, vrouemishandeling, mishandeling van ouemense, opneuk van die natuur ens dan word ek goed opgeklits), maar ja sekere dinge gryp mens aan en wens mens jy kon iets daaraan doen. Die derde laaste paragraaf is bv goed wat my erg skok en die meeste wat ek maar (kan) doen is om aanlyn petisies van Care2 te teken wat van die goed aanspreek. Indien iemand sou wou kan jul gerus Blasphemy – the true story of a woman sentenced to death over a cup of water deur Asia Bibi lees. Dis deur ‘n joernalis namens haar geskryf. Sy leef steeds en wag steeds dat “iemand” haar moet help. Sulke goed ontstel my – en ek kan NIKS aan dit doen nie. Dit laat my ook weer besef ten spyte van al die gemors oral in die wêreld is ons (selfs ook vroue) in SA steeds vry. Bogenoemde optog sou beslis nie in sekere lande geduld gewees het nie

Loeis ·

“F*** Trump”. Dit klink of Trump nie die probleeem is nie, maar mense met ‘n gebrek aan opvoeding. Nes diegene hier wie “F*** Whites” propageer. Dit lyk of dit maar dieselfde stink denkwyse aan beide kante van die Atlantiese Oseaan is.

Ek stem Loeis ·

Ek stem saam maar my kommentaar is verwyder toe ek skryf dat die mense wat ‘n voorbeeld aan hulle kinders moet stel, sulke woorde op plakkate uiter, en dan nie moet kla as hulle kinders dieselfde taal op hulle gebruik nie. Opvoeding, morele waardes .. alles by die drein af. Soos ek ‘n rukkie terug gese het, betogers in Amerika en in Afrika het definitief een ding in gemeen, hulle is ewe COMMON!

Loeis ·

Hulle het ook dieselfde denkwyse.

‘n Ander ooreenstemming is etogins by universiteite. Die patrone en, dikwels die demografie, stem op ‘n paar vlakke ooreen, en mens kan nie anders as om te wonder dieselfde instigeerders daaragter sit nie.

Nakkie ·

Ek verstaan ook nie heeltemal hoe dit werk nie. Hulle is ‘n demokrasie. As jy jou stem laat tel het, hoekom al hierdie optogte? En terselfdertyd, daar is soveel meer dinge wat soveel erger is. Selfs in daardie einste Amerika. Mensehandel, geforseerde prostitusie, uitbuiting van immigrante…ek noem maar net ‘n paar.

Jakalas ·

Het ons enigsins ‘n regse toi toi gesien toe Obama oor gevat het? Nee ons het nie. Genoonlik kom die waare kleure van liberale uit as hulle nie hulle sin kry nie. Kyk hoe beskadig hulle alles gedurende hulle betoogings (alhoewel die vroue betoging dit nie gedoen het nie).

Wat vir my nog snaakser was, was toe ek hoor hoe vroue van Zimbabwe teen Trump gestap het. Jy kla nie oor ‘n ander land se president as joune 100x erger is nie.

gatiep ·

Daar was nie vroue vir Trump toegelaat tussen daai klomp wit mans haaters nie lyk dit my.
Ek het op utube die storie dop gehou.
Ek kry hulle eintlik jammer want hulle lyk soos dwalende geeste wat nie verstaan wat het nou gebeur met die Trump storie nie.Hulle is almal onder hollywood se mag daai mense.Hulle jaag ook die media weg wat wil praat met daai mense so asof iemand bang is dat die klomp kan wakker skrik daar in die straat.
Hulle gaan die oorsaak wees as die US gaan verander in n police state en hulle regte weggevat gaan word.
Dan huil hulle weer die hardste van almal.

tolbossie ·

Wat my erg ontstel is nie net die vroue wat hulle eie vroue-dele op die -plakkate rondra nie, maar hulle bewerings dat die bang kindertjies in n vreeslike toestand was na president Trump se oorwinning. Kindertjies doen nie politiek en lees koerante nie. Dis skandalige ouers wat voor hulle onskuldige kindertjies liederlikhede kwytraak en hulle mooi, skoon kinderhartjies besoedel. As dit is hoe bevryde mammas en vroueregte vegters optree is ek skaam om n mamma en vrou genoem te word.

giep ·

Die lot in Afrika ken niks anders as om te betoog nie. Hulle word daarmee gebore. Hulle sal oor enige-iets kla. Erge minderwaardigheids gevoel.

Kras ·

@Vertel my

Ek stem saam met jou.

My opinie is dat hulle heel moontlik lafhartig is; dus gaan niks kom van die bogenoemde belangrike sake nie. Die persoon wat teen die massas opstaan, is braaf. Daardie is die tipe persoon wat ‘n verskil maak. In die geval is ditTrump. Die minderheid mense is agter hom in die publiek en tenspyte daarvan staan hy man alleen op en verander dinge soos hy dink is reg. Ek stem dalk nie altyd saam hom nie, maar ek respekteer hom meer as die groepe wat teen hom is.

Webbestudeerder ·

Daar is ‘n baie goeie rede waarom die islamitiese wreedheid nie ontbloot is nie, en waarom die ding nie sin maak vir rasionele mense nie.

Die hoof organiseerder is ‘n moslem vrou, en die ware tog bedekte rede vir die optog is baie duildelik gestel in hierdie artikel: http://www.cheriberens.net/womenrsquos-march-towards-islam.html

Geen twyfel sal na die lees daarvan bestaan by iemand waaroor dit gegaan het nie.

Trump! ·

Ek is ‘n vrou en ek sou vir Trump gestem het as ek ‘n Amerikaner was. Ek dink hy het baie meer morele waardes as enige ander een wat president sou word. Die morele kompas het bietjie weggeraak en dis eintlik skrikwekkend om al die dinge te aanskou. Het die petalje op tv gekyk en ek was sommer skaam om ‘n vrou te wees! Tussen die gruwe plakate en Madonna se gevloek het ek ook gewonder waaroor die eintlike betogings nou gaan. Wonder nou nog wat die hele doel van die pienk see van vloekende, onopgevoede, bar vrouens was……

Susan de Klerk ·

Wat vir my absoluut skokkend is was die optrede van Ashley Judd, Madonna en vele andere van Hollywood. Hulle moet vermaak en as die politiek roep, los Hollywood vir akteurs/trises wat nie inmeng met politiek nie. Ek wil nie weet vir watter politieke party my gunsteling akteur stem nie.

Ada ·

Ek het al my respek vir Meryl Streep verloor met haar inmengery met die politiek. Sal nooit weer ‘n film van haar kyk nie. Dit is verseker.

gatiep ·

Kyk asb vir Big Joe op utube wat tussen die klomp pink vrouens was.
Daai man kan more ons presedent raak en ek sal juig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.