NG Kerk konsekwent of geloofwaardig

kerk-banke

Argieffoto

Dit was werklik interessant om Dr. James Kirkpatrick se artikel Solank die “ref” net konsekwent is!,in die Kerkbode van 6 November te lees.

In die artikel verwys hy na die feit dat die NG Kerk konsekwent was in sy besluit oor die goedkeuring van selfdegeslag-verhoudings en dat die ligmeter wat oor jare gebruik is by die Algemene Sinode se sitting, in 2015 weer gebruik is. Hy sê “Ons moes eintlik vooraf geweet het dit gaan die besluit wees.”

Gegewe die pad wat die NG kerk die afgelope paar dekades geloop het in die  besinning oor “Skrifgesag” en “Skrifgebruik”, was die besluit voorspelbaar. Die sinode en die kerk het oor dekades heen duidelike keuses gedoen oor hoe hulle die ligmeter hanteer en algaande het ʼn patroon duidelik geword. So was dit ook in die besinning oor hoe ons die Bybelse siening oor die huwelik verstaan.

Dr Kirkpatrick verwys na twee maatstawwe wat gebruik is oor die afgelope paar dekades; hoe ons die Bybel lees en verstaan en die ligmeter wat hulle gebruik het om by antwoorde uit te kom.

Hy werp vir my meer lig oor die hoekom en waarom van die Sinode se besluit  oor drie sake: homoseksualiteit, die amp van die leraar, asook die goedkeuring en aanvaarding van selfdegeslag-verhoudings.

Laasgenoemde saak is al dekades lank bespreek  by die sinodale vergaderings en in die moderamen. Tydens die sinode van 2007 het Ds Johan Symington, destyds redakteur van die Kerkbode,  op nasionale TV uitdruklik gesê dat die NG Kerk ʼn alternatief sal moet vind vir die huwelik.

Ek was teenwoordig by die  byeenkoms in Pretoria waar u die saak oor die saamwoon van senior burgers bepleit het. Hier was dit die belasting wat senior burgers wou systap wat die deurslag gegee het.

ʼn Drukgroep is die afgelope paar dekades gevorm wat die NG Kerk wou indwing in ʼn besluit ten gunste van selfdegeslag huwelike. Die pers het groot luister verleen aan die uitlatings van sommige teoloë en predikante wat net nie ʼn antwoord kon gee oor waarom hulle die besluit nie sou steun nie.

Dr Kirkpatrick het nou die volledige antwoord op die hele vraagstuk verskaf; ek moet dus aanneem dat die hele debat reeds vir jare in die moderamen bespreek is. Volgens dr Kirkpatrick is daar reeds oor ʼn tydperk besluit wat die pad moet wees, daar is met drukgroepe gekonfereer en so is die besluit gefinaliseer.

Dit is juis hier waar dit vir die gewone lidmaat onverstaanbaar raak: dat die verteenwoordigers van die verskillende streeksinodes nie met die besluit saamstem nie, soveel so dat daar spesiale vergaderings belê word om teen die besluit te appelleer.

Dit blyk duidelik dat die verteenwoordigers by die afgelope sinode onkant gevang is en dat daar druk was tot ʼn besluit deur die breër vergadering sonder dat die gevolge van die besluit deeglik bespreek is.

Die ligmeter wat gebruik is, is duidelik die mening van ʼn bepaalde verteenwoordiging op die sinode en selfs in die moderamen. Dit alles in ag genome is dr Kirkpatrick reg; die besluit was voor die hand liggend.

Dus moet ons as lidmate daarin berus of aanvaar dat die sinode se besluite nie demokraties van aard is nie en dat lidmate meegesleur word deur ʼn ”ligmeter’’ wat nie deur die gewone lidmaat in die Bybel gevolg of aanvaar kan word nie.

Ek het  ʼn brief gesien wat van die Sinode uitgegaan het waarin predikante gevra word om die “fundamentalistiese lees van die Bybel” deur lidmate in hul gemeentes ernstig onder die loep te neem. Die krieketskeidsregter wat daarmee spog dat die uitslag vooraf bepaal is, stel hom aan vervolging bloot, nie waar nie?

Ek sou graag wou weet watter stappe gedoen kan word wanneer ʼn voorsitter ʼn vergadering laat stem oor ʼn saak  nadat daar ʼn week lank daaroor in die gange gekoukus is, maar die uitkoms is reeds lank vooraf bepaal. Daar is gekoukus want die meeste afgevaardigdes het die besluit as ʼn verrassing beleef! Is dit nie ʼn klug nie?

Chris Johnsen

NG kerk lidmaat

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

elize naude ·

aan die farisseërs die ook altyd n versie byderhand gehad het, het Jesus geantwoord…
jy moet God liefhê en jou naaste soos jousself, aan hierdie 2 gebooie hang die hele wet en die profete…

Johan ·

Verbreek alle bande met die ng kerk hulle is die vrymesselaars self.

pierre ·

Johan, tot n mate is jy reg, maar nie al die predikers nie. Dis die wolfies agter die skerms wat sit en god speel, maar in ander kerke ook. Almal volg die moeder, die katolieke, maar net onder n protestantse vaandel. Hul beginsels bly dieselfde. Verander God se woord soos dit hulle pas, verlei die goedgelowige oningeligtes vir selfverreiking en die Woord waarsku ons onophoudelik daarteen. Mense moet net ophou lui wees en self begin lees, en nie selektief nie. Geen ware boodskap sal met selektiewe versies verstaan word nie en die kerke streef daarop…afterall, it is business as usual.

Frans ·

Die NG Kerk span sy seile na gelang die sekulêre wind waai.

SkarrelKind ·

Ek kan nie verstaan dat geloof soveel twis kan veroorsaak nie.

Netta ·

Leë blikke wat geraas maak om die besigheid aan die gang te hou. In die naam van godsdiens word mense verwoes en doodgemaak. Kan ons dit nie nou maar begrawe nie?

Petro ·

Ek stem saam met Frans. Vrymesselary speel n groot rol. Ek Kyk Kruiskyk! Gaan nie meer kerk toe nie. Is lidmaat van NGK.

Burger ·

Dis tog nie meer n geheim dat die ng kerk nooit die Evangelie eerste gestel het nie. Dit was bloot n instrumenteel tot n ander doel .

Ek kan net dink hoeveel mense is baie onseker en val rond om sin te kry. My seun van 18 het aansoek gedoen by n instelling om verder te studeer . Vir statistiese doeleindes moes hy geloof noem. Hy het so half trots verklaar hy is n ateis . Die wereld maak nou sin vir hom.

Ek wou dit nooit so gehad het nie , maar ek dink terug aan die dinge wat hom geestelik seergemaak het . Geestelike manupilasie in skole . Onderwysers wat openlik ander gelowe veroordeel. Die csv groepie wat as tot rolmodelle vir die res opgehef word en die res is die duiwel se kinders. Geestelike manupilasie in kerke . Die aanneming en voorstel proses was vir hom n leun . Hy se kinders doen dit net om hulle ouers te please . Die kerk doen dit om kliente vas te maak . Die mense wat betrokke is by bedienning was vir hom n leun. Hulle leef nie wat hulle preek nie.

Die ng kerk kry hopeloos te veel aandag . Vir die media is hulle bloot sensasioneel. Vir die Afrikaner is die n laaste tradisionele tuiste . Die ng kerk was n outoriteit en dit is tyd dat hy finaal hiervan gestroop word. Hulle veg n stryd om finansiele oorlewing , niks anders nie.

Vir my seun bid ek vandag dat hy sal terugdraai . Dat die krag van God en die liefde van Jesus die skade wat die vyhand hom berokken het herstel sal word.

Sonder bekering en wedergeboorte is niemand gered nie . Die samekoms van die wedergeborenes is die ware kerk. Verw bron : God se woord

Gereformeerd ·

Jy herken ‘n ware kerk aan drie dinge
1. Suiwer bediening van die woord
2. Suiwer bediening van die sakramente
3. Suiwer toepassing van die tug

Ek is ‘n Dopper (Gereformeerd) en verstaan nie eintlik die gaatjieponders nie.
Moet ‘n kerk nie reformeer terug na die woord van God nie. Meskien moet hulle minder vra wat wil mense hê en meer wat wil God hê.

Josua 24:15
Maar as dit verkeerd is in julle oë om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: òf die gode wat julle vaders daar oorkant die Eufraat gedien het, òf die gode van die Amoriete in wie se land julle woon; maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.

pierre ·

Die Woord leer ons om die sondaar lief te he en die sonde te haat. Ook leer dit ons om iemand te vermaan (vermaning is nie veroordeling nie) wanneer ons sien die persoon beweeg van die pad af. Dit is toevallig liefde. Indien die persoon nie wil luister nie, stof jou voete af en beweeg aan. Sonde is saamgevat in die Wette wat verbreek word. Nou is die vraag aan die besluitnemers oor homoseksualiteit: gaan julle my elke dag aanhou vergewe indien ek daagliks julle kerke leegsteel? Gaan julle my aanhou vergewe indien ek elke dag n ander lidmaat vermoor? Homoseksualiteit is n sonde, net soos die sondes wat ek hier genoem het. Ek vereenselwig my nie met manne wat elke dan en wan by bordele uithang nie, ook nie met die “kringvan spotters” nie. Hoekom moet ek in jul valse sinagoges sit en geloofsbelasting betaal indien my verstand vir my se dat dit wat julle doen onbybels is. Die Woord waarsku ons oor jul wolwe in skaapklere wat die mense se gehoor gaan streel vir eie gewin. Dit pla my bittermin wat julle van my dink, ek is hier om my Skepper te eer, nie julle hipokrate nie

Alida ·

Ek het lankal tot die gevolgtrekking dat godsdiens van watter aard ookal deur die mens saamgeflans word om sy ego en doelstellings te pas. Ek weet waarin en in Wie ek glo – die res laat my koud en onvervuld.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.