Lesersbrief: NGV-skema sal jou gesondheid in ANC-hande laat!

Natasha Venter skryf: 

(Foto: pixabay.com)

Belastingbetalers behoort benoud te wees oor dr. Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, se onlangse aankondiging dat die finale Wet op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) voor Maart 2020 in werking sal tree.

Die inwerkingtrede van hierdie wet kom daarop neer dat die regerende ANC die mag sal hê om te besluit watter behandeling jy nodig het, wie dit moet verskaf en waar jy dit moet kry. Verder gaan dit – na alle verwagtinge – ’n skokkende styging in belasting tot gevolg hê.

Die NGV beoog ’n nasionale, enkelbetalende gesondheidstelsel vir Suid-Afrika wat diensvlakke, prys en die omvang van sorg sal dikteer. Volgens Mkhize sal gesondheidsorg onder die NGV gelyk wees vir almal en gesondheidswerkers sal beskikbaar wees om dienste in ’n gelyke mate te bied. Indien hierdie beoogde gelyke vlak op ’n hoë standaard was, sou die NGV dalk nie so ongewens gewees het nie, maar die vlak van gesondheidsorg in die openbare sektor is só haglik, dat baie min fasiliteite sal kwalifiseer om dienste onder die vlerk van die NGV te lewer.

Volgens ’n verslag van die kantoor vir die nakoming van gesondheidstandaarde, voldoen slegs vyf van ʼn allemintige 696 staatshospitale en -klinieke (wat in 2016-‘17 ondersoek is) aan die gesondheidsdepartement se norme en standaarde om ’n 80%-slaagsyfer te behaal.

Volgens die Junie 2017 NGV-witskrif sal hierdie skema geld vir die behandeling van kardiologiese, dermatologiese, neurologiese, onkologiese, psigiatriese, verloskundige, ginekologiese, pediatriese, ortopediese, en chirurgiese toestande en sluit orgaanoorplantings ook in.

Dit sal beteken dat die ANC kan besluit wie ’n vrou se ginekoloog moet wees, asook waar en deur watter metode haar baba gebore moet word.

Op primêre gesondheidsorgvlak sal die NGV, onder meer, voorsiening maak vir seksuele en reproduktiewe gesondheidsorg, die rehabilitasie van mondgesondheid en die behandelling van geestesgesondheidstoestande.

Dit kan beteken dat die staat (lees: ANC) namens jou besluit watter voorbehoedmiddel jy moet gebruik, of jou kind ortodonsie nodig het of nie, asook of jy regtig antidepressante moet gebruik.

natasha-venter

Natasha Venter. Foto: Verskaf.

Is dit die tipe mag wat ons in die staat se hande wil plaas? Veral gegewe die onderskeid wat die huidige regering tans tussen rasse tref?

Verder gaan ongeveer 8,3% van die bevolking verplig wees om die NGV ten bate van die hele land te befonds. Volgens die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) was daar in die 2018 belastingjaar slegs 4,8 miljoen geregistreerde belastingbetalers, terwyl Suid-Afrika se bevolkingsyfer (in hierdie tydperk) 57,7 miljoen was.

Wanneer mens die hoë vlakke van armoede, werkloosheid en dié disproporsionele klein belastingbasis oorweeg, is dit moeilik om jou voor te stel hoe ’n staatsbefondsde stelsel van “gratis gesondheidsorg vir almal” in Suid-Afrika kan werk. Suid-Afrikaners gaan geen ander keuse hê as om aan die NGV-stelsel te behoort nie en belastingbetalers sal verplig wees om daarvoor te betaal, selfs al kies hulle om bydraes aan ’n privaat mediese fonds ook te maak. Alle gesondheidsinkomstes wat die NGV genereer, sal in ’n sentrale fonds inbetaal word waaruit betalings gemaak gaan word.

Volgens ’n studie deur AfriForum kan dit die NGV-belastingbetalers tot R446,8 miljard per jaar kos (en nie R30 miljard, soos Mkhize aanvoer nie). Die gesondheidminister kan egter steeds nie verduidelik waar hierdie geld vandaan gaan kom nie. Sy enigste vae antwoord is dat die NGV die oplossing vir die huidige tekorte aan fondse in die gesondheidstelsel is. Wanneer mens egter in ag neem dat die gesondheidsdepartement in die 2017/’18-boekjaar een van die slegste oudits van al die departemente gekry het, is dit duidelik waar dié tekorte in die gesondheidsektor vandaan kom.

Vir baie arm mense klink die instelling van die NGV soos die antwoord op hul huidige gesondheidsprobleme (by implikasie die haglike omstandighede in staatshospitale en ‑klinieke). Wanneer mense egter besef dat die NGV nie die gesondheidsminister se goue beloftes kan gestand doen nie, gaan die gesondheidstelsel in Suid-Afrika, soos ons dit vandag ken, reeds verwoes wees.

Dit is waarom burgery hierdie stelsel met mag en mening moet teenstaan en aan burgerlike organisasies hul mandaat moet gee om vryemarkbeginsels te beskerm.

  • Natasha Venter is veldtogbeampte vir navorsing en inhoud by die burgerregte-organisasie AfriForum.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Melanie ·

Soos die staats hospitale nou lyk gaan ons gesondheidsstelsel eers vou.Jammer om tesê maar niks gaan instand gehou word en meer mense gaan hul lewens verloor.In staats hospitale gee hulle nie om vir pasiënte,ons het 5 familie lede alreeds in staats hospitale verloor.

Jerry ·

Natasha, dit is net belastingbetalers wat nie beplan om te emigreer nie, wat benoud behoort te wees oor NGV. Hoekom wil die organisasie waarvoor jy werk nie he dat mede Afrikaners moet emigreer nie, gegewe van wat in SA vinnig besig is om ten slegste te verander, spesifiek vir die Afrikaner?

Kobus ·

Mense wat ‘n sekere vlak van opvoeding en ontwikkeling het is alles behalwe magteloos. Die staat kan maar voorberei vir hofsake wanneer swak of selfs geen gesondheidsdiens gelewer word nie. Vandag se staatspasiënte is oorwegend magteloos en moet maar sluk wat vir hulle gebied word. Wanneer jy aan die staat se beursie raak sal realiteite inskop.

Ruby ·

Die staat kan nie eers die klein kliniek op die hoek bestuur!

Onbekwame, ongeskikte personeel (want HULLE moet mos die werk kry) en korrupsie fier hoogte by staatsinstellings.

Die privaat sektor is vinnig besig om dieselfde pad te loop.

Vader red ons.

Jacobus ·

As daar na AfriForum se syfers van R446,8 miljard gekyk word met 4,8 miljoen geregistreerde belasting betalers as die bedrag gelykop gedeel word beteken dit dat elkeen van die 4.8 miljoen geregistreerde belasting betalers verantwoordelik gaan wees om R93 083.33 per jaar tot die NGV by te dra. Dit is R7 756. 94 per maand.

Dit gaan die selfde wees soos die belasting skale huidiglik, daarom maak julle gereed om dubbel soveel belasting te betaal as wat julle huidiglik betaal.

Sosialiste en kommuniste hou daarvan om ander mense se geld te spandeer.

Wat werklik skrikwekkend gaan wees is dat die Blanke bevolking verplig gaan wees om by te dra, maar uitgesluit sal word op behandeling of swakker behandeling sal ontvang op verskeie gronde.

As die Staat die kwaliteit van jou gesondheid beheer, het die Staat absolute mag oor jou.

Wat stop die Staat om jou met die nuwe NGV te verplig om organe te “skenk”.

Die is net nog ‘n spyker in die doodskis van Suid Afrika, geen Dokter of Verpleër gaan in Suid Afrika bly met die stelsel nie. Kyk wat het in lande gebeur wat so ‘n stelsel ingevoer het. Mediese personeel sal onder dwang in Suid Afrika gehou word om te keer dat hulle groener weivelde gaan soek.

Wonder of die politici, hulle familie en vriende ook van die stelsel gebruik moet maak of sal hulle soos alle sosialistiese elite vrygestel wees om oorsee mediese behandeling te ontvang op belasting betalers se onkoste.

Oppad nz toe ·

Hoekom sal minister nou bekommerd wees oor ons nasie se gesondheid? Hy en sy comrades gaan hulle bank rekeninge voller laat vloei van die bloed geld waarmee ons sal moet betaal en as hulle tog ooit iets sou oorkom die voorbeeld volg van ons bure noord van limpopo om in buiteland, nie eers afrika nie, maar doer anderkant die groot dam te gaan vir behandeling.

Ekonomies maak dit nie sin dat minder as 5% van bevolking waarvan blankes seker nie eers meer n kwart van daai 5% is nie land moet onderhou met eksdom, saa, denel en ander putlose staats maatskappye nie

Liamari ·

Is daar regtig wettiglik niks wat ons aan hierdie saak kan doen nie? Kan die staat regtig alle mediese dokters en spesialiste dwing om vir die staat te werk? Wat van die biljoene inkomste wat verlore gaan vanaf mediese fondse? Hoeveel werksverliese gaan daar wees as al die mediese fondse vou? Dokters en spesialiste gaan waai…dan gaan hospitale geboue word waar mense gaan om dood te gaan…

Jacobus ·

Vir huiswerk, lees die volgende twee boeke Animal Farm en “1984” deur George Orwell.

Onthou, sosialisme en kommunisme gee nie om vir die mens nie, daar word getalle van tussen 100 – 300 miljoen mense genoem wat wêreldwyd verhonger, vermoor en uitgewis is as gevolg van die sosialistiese en kommunistiese ekspriment, sien hoe word monsters soos Stalin, Che Guevara, Mao, Idi Amin, Fidel Castro ens. bewonder en aanbid.

Voor 2024 gaan Suid Afrika as iets nie daadwerklik gebeur voor die tyd nie, ‘n volslae sosialistiese kommunistiese land wees met geen vryheid nie. Op die meeste sal daar dalk net ‘n vertraging tot 2030 wees, maar ons werklike probleme is reeds geboek.

Venezuela, Kuba, Zimbabwe, Noord Korea, ens. dien reeds as voorbeeld en word slaafs nagevolg, geprys en bewonder deur die sosiliste en kommuniste in ons regering.

Jimmy ·

Jacobus, ons is nou by die punt waar die regering die IMF vir hulp moet nader om ons finansiële verpligtinge na te kom. Die IMF sal help, maar dit sal kom teen uiters streng voorwaardes wat goed sal wees vir die ekonomie. Dis dalk wat ons nou nodig het. Indien die regering weier dan is ons volgende stop presies wat jy beskryf.

honourable member ·

Dis nie moeilik om hier te besef dat daar weereens teen wittes gediskrimineer gaan word nie. Ons gaan vir n slag in hierdie vuil staatshospitale moet sit en die ander lot gaan al die gerief van n privaathospitaal geniet. CHOAS HIER KOM ONS.

Geenstaatsmedies ·

In my Jong dae het ek in n staats hospitaal se gang gele op pad om dood tegaan want daar was geen neuro chirurg beskikbaar om my lewe te red. Iemand het genadiglik hom oor my ontferm en n top neuro chirurg laat Kom van n privaat instansie groep om my te help. Maar nie Almal was al Voorheen so gelukkig soos ek. En ek kon nie genoeg dankie se vir Almal betrokke toe ek uit n private hospitaal Kom. Dit sou nie die geval gewees het in n staats hospitaal. En toe ek by huis verder herstel na 3 mnde Sal die staats hospitaal my nie bel en vrae of ek nou gesond is en wanneer betaal ek hul rekening. Ek hul reguit gese ek Sal niks betaal as ek in gang gele het en amper dood gegaan het. Mense veg teen hierdie wette en moenie oorsee Heen verhuis. Jou ouers het nie bang kinders groot gemaak.

Jeremia ·

Aasvoëls sirkel mos so in die lug rond bo aas. Hier is weinig oor in ou landjie om te aas, maar daar is darem nog so ‘n paar goed oor om op te mors en te plunder. Veral privaat mediese dienste (hospitale en meegaande infrastruktuur); privaat eiendom, pensioenfondse en ander beleggings.
En as alles leeggeplunder en kaalgepluk is, sal SA maar net nog ‘n mislukte Afrika-verhaal wees, waarvoor alles en almal die blaam sal kry – behalwe die ANC.

koos ·

Hierdie plan loop dieselfde pad as die Etol gemors. Kan ons nie net asb eenkeer ‘n president kry wat al die mislukkings kan uitwys en stop nie, anders gaan belasting boikotte begin en dan het die regering niks om uit te deel nie. Dit moet wonderlik lekker wees om met ander mense se geld te maak wat jy wil, en die roem vir jouself opeis.

Kallie ·

Dis nou wat hulle ‘n “legacy” noem, oftewel ‘n nalatenskap van armoede..

Kobus ·

Tipies ANC, begin met ‘n plan sonder om te weet wat die finansiële impak is. Net soos die tolhekke. Maar nou ja, wie in Afrika is gepla met beplanning. Die massas hou daarvan en dit beteken stemme.

Joes ·

Nog n manier om ons te melk! Letterlik, over my dead body betaal ek vir ander se gesondheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.