Om te wys of nie te wys nie

skaal-gewig-badkamer

Foto: Geralt/Pixabay.com

Deur Breytie Breytenbach

Kleremodes verander gedurig, maar dit kom eintlik net daarop neer dat ʼn mens ʼn bostuk en ʼn onderstuk dra, soms aanmekaargewerk en soms apart. Oor die jare heen het klere al kleiner en kleiner geword en die help-my-sterk-lyk hempie en die sjoebroekie is al lank met ons. Deesdae is daar skynbaar ʼn dwingende behoefte om so veel as moontlik van die onderklere te wys.

Wanneer ʼn mens aantrek met die doel om na ʼn openbare plek te gaan soos ʼn winkelsentrum, bestaan die ongeskrewe vraag of jy ʼn morele verantwoordelikheid het teenoor die mense by wie jy gaan verbyloop. As jy dink jy het nié so ʼn verantwoordelikheid nie, sal jy aantrek volgens jou oortuigings oor jou regte en hoe jy jou drome oor jou voorkoms wil uitleef. Andersins sal jy besef jy moet só aantrek dat jy aangenaam is om na te kyk.

Die feit is immers dat jy nie heeltyd jouself kan bekyk nie en jy kan jouself beslis nie van agter af sien nie. Dis byvoorbeeld pynlik om na ʼn vet lyf te kyk wat ingeforseer is in klere wat vir ʼn slanke mens ontwerp en gemaak is. En wanneer iemand voor jou loop en moet afbuk, trek die eina-eina bostuk en die onderstuk noodwendig van mekaar af weg en dis nie vir jou ʼn strelende prentjie om te aanskou nie. Ongelukkig het ʼn mens nie, soos diere, ʼn stert om daardie deel van die lyf te versier nie.

Ons wat te vet, te maer, te verwring of te oud is, moet onsself maar goed bedek en die voorreg geniet om te kyk na die klein minderheid wat goed gebou en aantreklik is en klere kan dra om vir ons ʼn bietjie mooi lyf te wys.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers, Voorkoms

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Tiger ·

Dis altyd vir my erg aanstootlik om dames op straat te sien loop met bra streppies wat by hul klere uitsteek.Hoekom kan hulle nie verberg word nie?’n Klein hakspeltjie kan die bra strep stewig ONDER die kledingstuk vashou.Tot my man vind hierdie tendens by deesdae se dames afstootlik en glad nie ”seksie” nie.

John ·

My teorie is dat mense juis vet is omdat niemand hulle gelief laat voel nie. En om die heeltyd te kyk wie nou eintlik in ons oe verspot lyk, se meer oor onsself as oor die ander persoon. Dis nou waar die liefde vir ons naaste inkom, of assosieer ons net met diegene wat ooreenkomte toon met ons idee van die ‘volmaakte’, onsself?

bok-bok ·

Dis waar, John. Ek eet omdat niemand my lief het nie. En nou haat ek myself ook oor my boepens. En dan haat ek die yskas omdat dit leeg is en die regering omdat kos duur is. Ek is een groot frikkadel van ellende. Nou gaan ek gou eers iets soek om te eet…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.