Lesersbrief: Om ten alle koste jou mond te hou

Johan Smit van Bellville skryf:

johan-smit

Johan Smit. Foto: Verskaf.

ʼn Interessante maar al te bekende stukkie polemiek het die naweek in Amerika uitgespeel. Dr. Jerome Adams, geneesheer-generaal en lid van pres. Donald Trump se nasionale taakspan vir die bekamping en bestuur van die koronavirus-krisis, het ʼn beroep op spesifiek swart Amerikaners gedoen om te hou by die taakspan se maatreëls om die verspreiding van die virus te bekamp.

Voorgaande het geskied teen die agtergrond van swart en Latyns-Amerikaanse gemeenskappe wat skynbaar in ʼn groter mate deur die virus getref word. In byvoorbeeld die staat Louisiana is 70% van die mense wat sover gesterf het, swart, alhoewel swart mense net 32% van die staat se bevolking uitmaak.

Gegewe dié tendens het Adams in sy vertoë tot swart mense spesifiek gevra dat mense alkohol, tabak en dwelms vermy. Hy het mense ook aangemoedig om familie en vriende te bel in plaas daarvan om hulle te besoek en ook verwys na die ouer generasie as “Granddaddy”, “Big Mama” en “Pop-Pop” in ʼn poging om mense te maan om baie versigtig te wees om die virus te versprei na ouer mense wat meer kwesbaar is.

Kort daarna is Adams gekonfronteer deur ʼn joernalis van die PBS-televisie-uitsaaier wat hom daarvan beskuldig het dat hy swart mense beledig en aanstoot gee. Adams het verduidelik dat hy in die week met swart gemeenskapsorganisasies vergader het wat benadruk het dat daar ʼn doelbewuste uitreik na swart gemeenskappe moet wees om hulle gedrag te verander. Hy het verder verduidelik dat die woorde wat hy gebruik het eie aan dié gemeenskap is en dat hy dit self in sy gesin en vriendekring gebruik.

Adams het ook die interessante opmerking gemaak dat daar skynbaar ʼn persepsie by swart mense bestaan dat hulle nie die virus kan kry nie en dat hy dit onomwonde wil stel dat dit beslis nie die geval is nie en onmiddellik moet end kry.

Dit was egter nie genoeg vir die PBS-joernalis nie. Sy het daarop aangedring dat Adams sy versoek opklaar en alle Amerikaners daarby moet insluit. Daarna het ʼn polemiek in die media ontstaan met verskeie kommentators wat mekaar beskuldig het van onsensitiwiteit.

Jerome Adams. Foto: (AP Photo/Evan Vucci)

Wat hierdie interaksie nog meer kompleks maak, is feit dat Adams self ʼn swart Amerikaner is terwyl die joernalis van PBS ook swart is. PBS is een van Amerika se oudste televisie-uitsaaidienste wat soos die meeste Amerikaanse en inderdaad Westerse uitsaaiers na links neig op die politieke spektrum. ʼn Mens wonder onwillekeurig wat sou die gevolg gewees het as president Trump die beroep op swart Amerikaners gedoen het. Dit sou verseker gelei het tot ʼn herrie wat dan tot vervelens toe gebruik sou word om hom daarvan te beskuldig dat hy ʼn rassis is.

Dis juis hier waar die verskil tussen linkse ideologie en die konserwatiewe politiek tot ʼn spits gedryf word. Die vraag in die geval is of ʼn individu die politieke risiko moet loop om die waarheid te praat en ʼn beroep te doen op swart Amerikaners wat skynbaar meer kwesbaar is vir korona-sterftes as gevolg van hulle omstandighede en gedrag, en of is dit beter is om die inligting te weerhou en eerder net ʼn beroep op alle Amerikaners te doen om hulle te hou by die riglyne.

In laasgenoemde geval sal meer swart mense waarskynlik sterf, maar ten minste sal die wat oorleef, nie geaffronteer word deur mense wat ʼn beroep op hulle doen om hulle gedrag te evalueer en, indien nodig, te verander nie. Dis juis hierdie vereiste, om nie aanstoot te gee nie, wat die leidende beginsel in vandag se linkse politiek is.

Om die beginsel nader aan die huis te bring het ek het byvoorbeeld min twyfel wat bekende linkse Suid-Afrikaanse politieke kommentators in dié situasie sou doen. Daarteenoor het ek min twyfel wat die meeste lesers van hierdie artikel sou doen as hulle in Adams se skoene was.

Die linkse politiek van vandag vra egter inderdaad dat jy selfs wanneer lewens op die spel is jou mond moet hou. So kan jy seker maak dat niemand dalk aanstoot neem indien jy die waarheid of die feite op die tafel sou sit nie.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Boerkind ·

Wys jou net waar die horlosie se wysters staan betreffende die mensdom op aarde. Die hele “polities korrek en rassisme” agenda (en klug) is om mens siek te maak! Vryheid van spraak?? Net die ou linkses het dit (ongelukkig ook hier). Vertel hulle wat hulle wil hoor, maar tog net nie wat hulle moet hoor nie! Pateties! Ek haal my hoed vir Trump af wat nie doekies omdraai nie. Hier, skroom CR nie om die witmense “invaders” te noem nie en daar kraai nie ‘n haan daarna nie – die fake media is dolgelukkig en CR kan homself op die skouer klop – sy ondersteuners het gehoor wat hulle wou hoor – let wel, nie MOES hoor nie! Gelukkig is een van die feite van die C19 episode dat die leuen van globalisasie en grenslose samelewings ontbloot is… klink amper soos ‘n tipe “apartheid” wat skielik posvat. Ons noem dit maar “social distancing”!

Adam Adriaan ·

Die waarheid sal altyd seevier!!!! Trump en sy makkers moet net altyd die waarheid praat en verkondig. Niks hou stand teen die waarheid. Ook hier by ons in die RSA.

Boerkind ·

Adam – Die Woord sê die waarheid maak ons vry… Vreemd dat niemand ‘n woord gerep het oor Hillary se verraad en Obama se vernietigende, onderduimse doelbewuste keldering van die VSA nie, MAAR arme Trump ry sonder genade aan die pen. Laat mens wonder….

Anel ·

Ja, die waarheid maak seer en as die skoen pas, trek hom maar aan.

Vrystater ·

Johan, as ek jou reg verstaan, is Trump volgens jou definisie een van die mees linkse politici in Amerika. Daar is min politici wat so gou aanstoot neem wanneer ‘n joernalis hom met die waarheid konfronteer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.