Lesersbrief: Ons bid vir julle

Ds. Henk Calitz van die Hervormde kerk Carletonville skryf:

Ds. Henk Calitz saam met sy pa, Hennie.

Ek wil vandag hierdie met julle deel. Dit was vir my ʼn belewenis wat ek nog nooit ervaar het nie.

Gisteroggend ry ek Parys toe met permit en masker. Ek vat ʼn tannie huis toe sodat sy kan bloed kry vir haar bloedkanker. Iets wat ek met liefde doen.

Terwyl ek terugry, word ek by die derde padblokkade gestop. Polisiemanne en -vroue. Die kaptein stap na my toe en vra my permit. Vra wat die rede is. Ek vertel en hy vra vir my: “What job do you really do?” Ek probeer maar die standaard antwoord: “I am moruti….”

Hy vat my permit en ID-dokument en vra dat ek dadelik moet aftrek. My moed is in my skoene en ek sien al hoe gaan ek vandag êrens in ʼn sel sit – geboei en ʼn hele paar rand armer.

Hy roep al die polisiemanne en -vroue na my toe en vra my die volgende:

“Maruti… will you please pray for us if it won’t offend you. We really need prayers for ourselves, our fellows and our families. Please moruti.”

En daar staan ek tussen hulle. Doen ʼn gebed in my beste Engels, wat juffrou Susan Brits en meneer Deon Le Roux my geleer het. Ek sê Amen. Elkeen van hulle kom na my toe. Skud my hand. Sê dankie en “May the Lord bless you and your family.”

Hulle spuit my hande met die nodige spuite ensovoorts, ensovoorts, ensovoorts. Stop die voertuie en laat my ry. Ek het tot in Carletonville met ’n knop in my keel gery. Trane wat vlak sit.

Mag ons ook in hierdie tyd besef wat hulle vir ons beteken en ons gebede nodig het. Ons bid vir julle en vir elke ander verpleegster, dokter, maatskaplike werker, paramedici en al die ander. Mag God julle toevou in Sy arms en beskerming.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Christelle ·

Baie dankie vir jou gebed. Mag die Here al die opregte SAPD lede lei en beskerm. Hulle moet soveel beledigings aanhoor agv die kurrupte en skelm lede en word daagliks onder dieselfde kam geskeer.

Annelie ·

Dankie Here vir mense wat nog glo… vir hoop… en liefde…
Dankie Moruti vir jou gebed! Mag God se wonderdade verder verkondig word. ONS MAG NIE STILBLY OOR SULKE WONDERDADE NIE.

lekkerdink ·

ons moes vanmore ons huisassistent bel om te se dis nou die laaste salaris wat ons kan betaal . my vrou is afgetree en ek werk nog as n eiendoms konsultant met n geldjie wat wie weet wanneer eers moontlik mag realiseer . sy het dit net eenvoudig aanvaar maar hoe sy gaan oorleef–en ons — weet ek nie . Daar is sprake dat die aktekantoor gaan oopmaak om die meer as 50000 eiendoms agente terug te plaas in die mark . Ons het almal die Maruti se gebed nodig –party net meer .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.