Ons studente-kinders

limpopo universiteit studentebetogings

Betogings by die Universiteit van Limpopo (Foto: Skermskoot uit eNuus-video)

Deur Boggom

My hart gaan uit na my tweelingseuns, om verskillende redes.

Toe Pa so oud soos julle was (in 1985 en amper mondig), het ek uniform gedra en selfverdediging- en wapenopleiding ondergaan.

Nou word jy as student gedwing om nie net jouself te probeer verdedig met geen formele opleiding nie, maar so ook die meisies in julle studente-vriendekring, teen elemente vir wie geweld alledaags is.

Tydens die 1995 Rugby Wêreldbeker was positiewe verandering en die hoop vir ʼn nuwe, verbeterde Suid-Afrika orals te bespeur.

Julle twee is in 1996 in die “nuwe” Suid-Afrika gebore, een van die heel eerste van ʼn “born-free” generasie.

Toe julle 5 jaar oud was, het ons as ouers studiepolisse uitgeneem, sodat julle altwee kon gaan swot eendag.

Toe julle 15 jaar oud was, het Pa sy werk verloor danksy die nuwe Suid-Afrika se regstellende aksie. Werkloos vir byna 3.5 jaar, kon ons nie meer beide studiepolisse bybring nie.

Uiteindelik kon ons dit net-net bekostig om een van julle te laat swot. Die ander een moes gaan werk om die pot aan die kook te hou.

Ouboet, wat die geleentheid gegun is om te gaan swot, het reeds tydens sy eerste jaar ʼn ontsettende verantwoordelikheidsin getoon. Volwasse genoeg om te besef dat hierdie die een en enigste kans is om sy omstandighede te verbeter. Soveel so, dat ek die kind nou en dan moes dwing om die sosiale sy van student-wees te gaan geniet. Bietjie asem te skep en weg te kom van die boeke.

Ironies genoeg is ons gesin goeie kandidate vir die #Feesmustfall-protes, aangesien ons dit beswaarlik kan bekostig om een kind op universiteit te hê, wat nog te sê twee.

Die ander seun doen ontsettend goed in sy eie gekose loopbaan. Dieselfde karakterseienskappe is in hom te bespeur as in sy tweelingboetie – deursettingsvermoë, ambisie, volwassenheid – en die bereidwilligheid om ontsettend hard te werk (ons praat van 16+ ure per dag).

Teen die einde van my oudste seun se tweede jaar op Tuks, kom sê hy vir my dat hy akademies goed voorberei is vir sy eindeksamen. Maar ook – dat hy homself elke dag sielkundig moet staal om kampus toe te gaan, gereed moet wees om geweld die hoof te bied en sy mede-studente te beskerm.

Ekself het nooit die geleentheid gehad om universiteit toe te gaan nie. As pa was ek dus ontsettend trots toe my seun as eerstejaartjie by Tuks, hierdie onbekende fase van sy lewe betree – die eerste keer wat ek hom nie met raad kon bedien nie, waar hy sy eie weg moes vind.

My hart is stukkend, nie net vir beide van my seuns nie – maar ook vir die sogenaamde “nuwe” Suid-Afrika.

Hierdie “nuwe” Suid-Afrika het my beroof van ʼn inkomste, my trots, my menswaardigheid en my toekoms.

Nou is hierdie “nuwe” Suid-Afrika besig om dieselfde te doen met my “born-free” kinders.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Jaques ·

Sjoe, hmm, ja, ek het nie woorde nie, die brief se dit alles.
Sterkte aan die pa, en sy hele gesin.
Ek self sit en kyk na die nonsens wat gebeur, en wens vir een oomblik hulle wil stilstaan en dink, maar dit weet ons sal nie gebeur nie.
Ek is nie ‘n born free nie, ek is ‘n 80’s baba, en een van drie kinders. My ouers het ook nie geld gehad nie, en toe ek in 99 wou gaan studeer is daar gese ek kan nie studie lenings ens kry nie, want ek kom uit gegoede huis, so het ek maar die werksmark aangetree en begin werk.
As die klomp kamtige studente maar net hulle oe kan oopmaak en besef watter voorreg hulle het, ja voorreg, dan kan hulle dalk besef daar is BAIE wat nie daardie voorreg sal en kan he nie.

Rika ·

Home schooling en long distance learning – dis die antwoord. Kry n graad in die gemak van jou huis….geen betogings, geen mors van geld nie…. dis die toekoms!

Christa Doman ·

Ongelukkig is dit so – hoe meer mens dinge verniet kry hoe minder waardeer jy dit!

Lydia ·

Ja dit waar. Ek het reeds begin kyk om my dogter op ‘n ander manier na matriek te laat studeer, aangesien sy volgende jaar matriek is en ek dwyfel of daar iets van ‘n universiteit oor gaan wees as sy klaar met skool is. Die baie hartseer en kommerwekkend!! Wat gaan van ons kinders se kinders word??

TTh ·

… tot op hede was alles verniet, tevergeefs uit die verlede, jong manne het verniet vir niks gesterf op die grens – jou karakterbou was dit werd, hierdie nuwe lot het ‘n bose karakter wat al hoe sterker wys, die tyd sal leer hoe vervalle die nuwe suid-afrika karakter gedaal het… ons in die hele SA het ‘n groot regruk nodig !!!

Lizal ·

Ditto!! Ons boek se inhoud dieselfde…net die omslag lyk anders.

Middelburg ·

Ek sal graag wil weet of die ouers van die sogenaamde #feesmustfall studente hulle kinders ondersteun of aanmoedig in die saak van free education. Of betaal al die rondhardlopende, alsafbrandende studente almal vir hulle eie studies????

Mariette Hammann ·

Baie van die gewelddadige kriminele is nie studente nie, of net daar om politieke redes.

Mariette Hammann ·

Baie van die gewelddadige kriminele is nie studente nie, of net daar om politieke redes.

Pretoria ·

Die grootste probleem volgens my is dat enige jan rap en sy maat nou kan Varsity toe gaan, of jy nou jou alie af leer en 80% kry en of jy nou 35% kry. Dan kry jy nou die geval waar daar 300 studente in ‘n rigting studeer 30% kom deur en die ander 70 % average 12 %. Dit is die wat so swak doen wat so toi toi

Anoniem ·

Tth, dit is nou die tyd dat Suid-Afrika op haar kniee moet gaan en die Here moet aanroep. Gaan jy die Morelettapark se Gebedsdag ondersteun?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.