‘Ons vir jou, Suid-Afrika’

Argieffoto

Argieffoto

Die onderstaande opstel is deur die 18-jarige Roelien Faber van Midstream College vir ʼn skoolopdrag geskryf. Die tema “Die nag het oë” het Faber laat besluit om oor plaasmoorde te skryf.

“Een van my familielede is verlede jaar op ’n plaas vermoor, en ek het gesien hoe dit my jong niggie en nefie aantas en dit was afskuwelik vir my. Ek sien elke dag hoe boere vermoor word en niemand doen enigiets nie. Die regering smeer dit toe en skryf dit af as niks. Ons self het ’n wildplaas en my ouers doen drastiese stappe om seker te maak ons is veilig wanneer ons die stad verlaat vir die plaas. My hele familie boer, en ek weet self dat as my pa se foon lui en dit is een van my neefs of niggies wat hom bel, word almal se bloed yskoud van vrees dat dit iets is wat op die plaas gebeur het.”

Hier volg Faber se opstel, “Ons vir jou, Suid-Afrika”.

Snags, wanneer die boer se deur toegaan en die naggeluide se orkes begin speel, dans die dood vrolik saam op die bittersoet simfonie van tragedie.

Suid-Afrika. Afstammeling van die land van Melk en Heuning, met sy immergroen bome en sy kleurvolle blomme begrawe die donkerste, dodelikste geheime.

Sien, Suid-Afrika is mooi bedags, dis nou as jy universiteitskampusse vermy en enige paaie waar iemand jou kan doodskiet vir jou sonbril. Suid-Afrika sing nog steeds haar verskillende tale as jy van die Voortrekkermonument af staan en kyk, en alles vreedsaam lyk.

Maar sodra ons bloedrooi son afskeid neem van ons mielielande en die leeus begin jag, kom die ware Jakob van SA uit. Jy sal begenadig wees as dit net ’n leeu buite jou huis is. Agter die boer se deur is daar genoeg ammunisie om ’n weermag te onderhou. Agter die boer se deur staan ’n gelaaide geweer.

Buite die boer se deur staan hulle en beplan. Hulle beplan hoe hulle jou 13-jarige dogter gaan verkrag en dan haar keel afsny soos ’n bok. Buite staan hulle en droom oor die boer se huis gevlek met sy eie bloed. Buite staan hulle en beplan hoe hulle die boer se oë gaan uitsteek met die skroewedraaier waarmee hy sy vrou gehelp het vroeër in die kombuis. Buite staan hulle en lag oor die boer se vrou wie se gille soos musiek in hulle ore gaan wees. Buite staan hulle en begeer jou lewe. Buite staan hulle en beplan hoe hulle jou seun in stukkies gaan sny terwyl sy hart klop. Buite staan die hande wat die boer voer. Buite staan donker Afrika se kind.

Sien, Afrika is mooi met oogklappe aan wat ons “hoop” noem. Afrika se sonsak speel die snare van jou hart totdat jy een aand besef dis eintlik die teken van anargie. Afrika is ook net mooi wanneer jy in ’n estate bly en vir die bank werk.

Agter die boer se deur staan ons en kyk hoe Zuma ons land vernietig, die land waarvoor ons so hard geveg het. Agter die boer se deur staan ons en aanvaar die bloed op die Donker Afrika-kind se hande. Agter die boer se deur staan ons en sing met trots “ons vir jou, Suid-Afrika” terwyl ons een vir een stadig met ons eie rykdom vermoor word.

Afrika, o mooi Afrika. Met jou jakarandastrate en jou kulture. Vandag dra ek my Afrikaanse opstel aan jou op en al die boere wat daagliks vir hulle lewens baklei. Insluitend my pa wat jou so liefhet. Aan jou wat dood op elke boer se voorkop geskryf het. Aan jou wat my dood beplan.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

63 Kommentare

Justa ·

Absoluut briljant Roelien. Die vraag is hoekom moet sulke wreedheid so n impak op n agtienjarige se gemoed he dat sy daaroor moet skryf om dit uit haar gestel te kry? Tieners moet hulle lewe sorgvry kan geniet en hulle nie bekommer oor barbaarse moorde nie. Al raad vir jou is verlaat die land so gou as jy kan. SA is n land van bloed. Laat die jong tandarts van Afriforum wat VN toe gaan n afskrif saamvat.

Roelien Faber ·

Baie dankie vir almal se mooi woorde.
Indien julle enige vrae het, asb moenie net die opstel publiseer enige plek nie.
Dit is my eie werk.
Voel vry om my te kontak op
[email protected]

-Roelien Faber

Roelien Faber ·

Net oor ek jonk is beteken dit nie ek sien dinge nie soos dit is nie. Die land se wreedheid affekteer ons almal, nie net my ouers of die ouer mense van Suid Afrika.
My voorvaders het baklei & ek sal ook.
Ons vir jou Suid Afrika!
-Roelien Faber

Annemarie Pretorius ·

Hier sit ek en huil, want is ‘n 18 jarige nie veronderstel om te skryf oor al die mooi en die blink toekoms wat daar vir hul wag nie? Hierdie stuk is regtig baie goed geskryf. Wens so dat dinge sal draai dat kinders kan uitsien na ‘n beter toekoms en die mooi in die lewe. Dat dit nie nodig is vir enige iemand om in vrees te lewe nie.

Mariaan ·

En daar is een man wat dit alles kan stop. Sy naam is Zuma. Jacob Zuma. Die man wat nommer een genoem wil word, maar nie ń greintjie respek verdien of afdwing nie. ń Man wat toelaat dat misdaad floreer, wat die regstelsel manipuleer en misbruik. Met soveel aanklagte teen hom, verdien hy in dié opsig met reg om nommer een genoem te word. Tragies dat so ń nikswerd wat geen respek vir menselewens, president kon word.

Chantel ·

Die impak is werklik as jy woon op ‘n plaas en jy elke aand moet bid ‘Hou ons veilig asseblief Here’. Boer bly ‘n keuse… maar ek maak daardie keuse elke dag en is ook dankbaar vir elke sonskyn oggend!

Zet ·

Vertaal dié opstel in Engels en kry dié talentvolle kind op die Ellen DeGeneres show.

Belinda ·

Dit sal n baie goeie ding wees as dit vertaal kan word en die wereld ingestuur word. Ja Ellen deGeneres sal goed werk daarvan kan maak.
Hartseer vir ons jong kinders…wat gaan van ons pragtige land word….

Ani ·

Dis so waar – laat maak ‘n groot plakkaat vir die wêreld om te sien en versprei dit in oorsese koerante en hul tv-uitsendings.

Johann Marx ·

Dis maklik om opstelle te skryf oor wat aan die gebeur is…. probeer nou een skryf oor ‘n “oplossing” vir die situasie. Nee, jy mag nie die oplossing beskryf wat ons almal WEET nodig is en gaan werk nie….jy moet ‘n oplossing beskryf wat polities korrek is, niemand belaster nie, niemand verkleineer nie, niemand se regte skend nie, van die preekstoele af gepreek kan word, Ubuntu weerspiëel, die konstitusie in ag neem, nie-rassig is (asof daar enige wit misdadigers is wat elke week ten minste twee swart plaasboere vermoor?) en prakties implementeerbaar is binne die raamwerk van die wet, en die hulpbronne van die staat (wie se heel eerste konstitusionele verpligting teenoor die burgers van die land hulle sekuriteit en veiligheid is). Dan kom wys jy vir ons…..

Roelien Faber ·

Ek is 18, ek swot nie politiek nie. Dis slegs my opinie, en ek sien joune is sterk so dalk moet jy ‘n oplossing skryf ???

Jacques ·

Daar is geen oplossing wat polities korrek is nie, jy kan nie mense reg help wat nie gehelp wil word nie, dit maak my seer want ons ouers het vir ons en ons land baklei op die grens, vir wat? Hoeveel gesinne is sonder kinders gelaat hoeveel sonder n pa? Sal dit ent kry? Nee ek glo nie dit sal nie, in my siening is daar 1 oplossing, vuur met vuur, oog vir oog. Dit is vir my as jong suid afrikaner wat trots regop staan as n boer, n bitterlike hartseer verhaal om te sien, om te hoor ons nasie uitgewis word vir grond, grond wat net deer die Here besit word. Die land sal weer regkom, ek het hoop, ek het geloof, reg kom sal die land reg kom, dit gan wel wees waneer die land in elende is, maar ek hou vas, saam sal ons staan, saam sal ons baklei vir wat ons voorvaders nagelaat het

Doons ·

Zet,ek sien jy het reeds gevra om die opstel in haar Engels te kry,ek wil hierdie vir al my vriende in die VSA,Australie,Italie en Spanje stuur .Dankie dit is aangrypend.

Roelien Faber ·

Ek vra asseblief mooi dat niemand die sal vertaal behalwe ek self nie. Dit is immers my werk.
– Roelien Faber.

Jana-Shay Leigh ·

Hierdie is briljant geskryf! Die woordekonomie in hierdie opstel verf ‘n glashelder prent vir elke Suid-Afrikaner!

Roelien Faber ·

Baie dankie, ek waardeer U mooi kommentaar.
-Roelien Faber

ChaneVanTromp ·

Watter voorreg is dit nie om hierdie besonderse siel te ken nie. Roelien, jy maak my trots! Ek is baie lief vir jou en staan al die pad agter jou

Roelien Faber ·

Beste vriendin,
Die eer is myne. Dankie vir al die ondersteuning x

Lucky ·

Pragtig geskryf Roelien, uit die pen van n ware boeremeisie wat nog trots is om haar ras te wees Uit my hart uit begeer ek dat meer van ons so kan voel en met trots kan se Suid Afrika is my land, ek sal weer baklei vir hom Dki, dit doen goed

Louis le Roux ·

My hare staan regop. Wat ‘n opstel!!! Dat ‘n tiener, wat in hierdie van haar lewe, die lewe moet geniet, deur die onmenslikheid, wat die resultaat van die ANC regering is, moet ervaar. Dit skreeu ten hemele.
Sjoe Roelien, dis roerend en ek deel jou gevoel. Sterkte vorentoe.

paul ·

Dit is so waar en tog so hartseer. Jy is n aanwins vir ons mooi land

LEONIE ·

Baie mooi en ware woorde Roelien, my pa is laas jaar mei op sy plot vermoor en ons het n telefoon nommer en n foto van die moordenaar gehad en dis nou al amper n jaar en nog niks, ons is moedeloos en dit maak seer want “hy” loop nog vry rond.
Ek bly nou op my pa se plot en elke dag gaan daardie dag deur my gedagtes!

Stina Pretorius ·

Sjoe dis n fantastiese opstel. Dankie vir die deel daarvan dit maak ons boere harte bly dat jy opstaan vir dit waarin jy glo

Karen ·

Roelien, Roelien, Roelien! Hierdie is dié mees aanroerenste skrywe wat ek in n baie lang tyd gelees het. Jy maak iets wat al vir meeste n afgestompte, alledaagse gebeurtenis is weer n rou, in-jou-gesig realiteit!

Arizona ·

Pragtig geskryf Roelien. Ek hoop regtig jy sal dit oorweeg om te vertel en dan asn almal oor see te stuur. Of dit gaan help weet mens nie maar as ons as n nasie iewers wil begin, is daar nie n beter tyd as nou en jou skrywe nie.

Cobus Grobler ·

Fantasties. Sprakeloos. Ek sit op my bed oorval met hoendervleis. Ek wens ek kan jou ontmoet. Jy is die bietjie hoop wat ons oor het vir hierdie land. Ek wens elke Suid-Afrikaner kan hierdie lees. Die woorde sny diep. Die taal gebruik is fantasties. Roelien, jy het my geraak met woorde vanaand. Ek applous jou.

Antjies van Brits ·

Ons woon op ‘n plaas in Brits en ek kan verseker ons lewens sien in jou opstel Roelien. Dis leeu wêreld omdat daar nie meer enige wet en orde toegepas word nie, almal skep net vir hulle self maar ek weet die Here sal Sy Kinders bewaar en uitkoms bring. . . Dankie dat jy jou opstel met ons deel en ek stem saam dat NET JY dit moet vertaal.
Jy raak diep dinge aan en roer ons wat swaar kry in die “nuwe Suid-Afrika” se harte met jou opstel. Ek sal graag wil weet wat se punt jy vir jou opstel gekry het. Ek gee jou 10/10 en ‘n applous my kind, wel gedaan. X

Roelien Faber ·

Baie dankie vir U mooi woorde.
Ek het 80% op die kop vir die opstel gekry nadat ek nogal baie gehuiwer het om dit in te gee. ?
Weereens dankie.

Jacques ·

80 persent, jy moes n volle 100% gekry het vir jou opstel, dis. n hart roerende opstel, n opstel wat elke suid afrikaner trug ruk in sy skoene, na sy wortels toe

Estelle ·

Genade kind! Wat n pragtige stuk! Ek kan myself as n buitestaander sien. Ek ruik die sweet! Jou opstel is nie net goed bewoord nie maar ongelooflik beskrywend! Jy kan so trots wees op dit!

vierkleur ·

veg sal ons veg vir hierdie mooi land van ons meisie. Die vyand is dorstig vir ons boerebloed,
maar ons GOD sal ons in sy hand toevou die dag as anargie in hierdie land uitbars.

Ons boervolk is in my gebede elke aand as ek op my kniee staan. Ons dag is naby

KLEIN ·

Dit het nie so gegaan in die APARTHEIDS jare nie maar wel in die ZUMATYD (die nuwe naam vir die hedendaagse omgekeerde apartheid) moord emn doodslag, korupsie alls is aan die orde van die dag.

John ·

Roelien wat jy skryf is roerend, maar die dag as die opdrag van Bo kom, wat se ‘gaan’, luister. Ons het hierheen gevlug toe ons die Boodskap gekry het, maar dis dalk nie die einde van die pad nie. Ons moet lig reis. Suid-Afrika is nie die Paradys nie, net ‘n halfwegstasie (onthou VoC), en nou word dit wild en gevaarlik want die woord ‘geweer’ doem te maklik orals op. Wat is ‘n dooie Afrikaner werd? Die wind sing nie in Afrikaans nie. Nie eers oor ‘n boereheld se graf nie.

amanda nelson ·

Ek stem saam met john.my seun en sy gesin baie gelukkig in nieuzeeland n vreedsame land ons is besig om my dogter en haar gesin ook om te praat.ek is moeg om soos in n tronk elke dag te sit en wag wanneer dt my beurt is om vermoor word.daar is nie meer n SA vir ons nie

Anna ·

Wat kan ek se….. om te dink dit kom uit n 18 jarige kind se gedagtes. En wat sy beleef. Waar is ons Vrede vir SA. My mening staan ek by, doodstraf moet weer ingestel word en klaar. Hoe kan n mens so wreed vermoor word en daarmee weg kom, of net in die tronk sit dit is siek.

Casper ·

Briljant, puik!!!!!!!!!!!! Die trane rol nou sommer so oor my wange. Ek is so bly dat julle jongmense nog weet waar julle vandaan kom en julle oe nie toe is met die skille wat die media/wereld julle vertel nie. Die opstel moet in alle koerante verskyn en op sosiale blaaie en sangers moet dit sing. Dit is hartroerend!!!!!!!!!

Thys ·

Ek het nie regtig woorde nie – die situasie in RSA is om van naar te word. Dankie Roelien dis wonderlik dat daar nog jongmense is wat OMGEE !!

Theuns ·

Roelien Pragtig. God seen jou! Jou opstel bring al die onbeantwoorde vrae soos:
Hoekom het FW De klerk ooreenkomste met die Duiwel gesluit?
Kon FW en die ander nie sien of besef wat hulle doen nie?

Mien ·

Roelien, ek sit nou lekker en tjank. Jy verwoord wat al met baie mense in hierdie land van ons
gebeur het. Ons familie is nou al twee keer daardeur. Jongmense soos jy gee ‘n mens moed vir die toekoms. Gebruik jou skryftalent om ‘n verskil te maak !

Johensia ·

Roelien, jy is ‘n yster!! My dogter Ruda, nou 14 jaar oud, voel net soos jy ook altyd aan die skryf en praat oor die situasie in ons land. Haar oupa was vermoor met ‘n plaasaanval nog voor haar geboorte, sy het nie die voorreg gehad om hom te ken nie. Maar ek dank ons Hemelse Vader dat daar nog tieners en jongmense is soos julle, met ‘n passie vir ons volk en vir ons mense. Tieners vol vuur met ruggraat, wat nie bang is om hul sê te sê nie. Met jongmense soos julle is daar nog hoop vir ons boerevolk. Ons is in oorlog gewikkel en dit is belangrik dat ook julle jongmense julself bewapen en opgelei word om paraat te wees. Ons is elkeen verantwoordelik vir ons eie veiligheid omdat daar nie meer ‘n owerheid is wat ‘n veilige omgewing bewerkstellig nie. Ek is baie trots op jou Roelien en ook op my eie meisie-kind. Julle is boere-meisies in murg en been, wat nie wil vlug nie maar wat met trots sal veg vir dit wat jul eie is. Dankie dat jy die moed aan die dag gelê het om jou opstel in te gee, want nou word jy gehoor. Moet nooit twyfel in dit wat jy glo en sê nie, al voel jy alleen, hoë bome kry altyd die meeste wind. Glo my daar is nog tieners soos jy, hulle moet nog net gehoor word. Ons vir jou Suid-Afrika!!

Sus ·

‘n Bekende SA sanger wat gereeld Die Stem sing, het dié as ‘n link op sy FB profiel geplaas. Dit sal nou wyd gaan.

Engela de Klerk ·

Uit ‘n hart wat met die oë verbind is geskryf. Uitstekend. Ek woon in Kanada en op ‘n klein plasie tussen boere wat regtig boer. Elke keer, as ek net sien hoe rustig boere hier kan aangaan, kinderspeelgoed buite lê, wasgoed wapper aan die wasgoedlyn en die boer op sy landerye en sy vrou in die tuin, kan ek NIE help om te wens dit was so in die land waar ek vandaan kom. Mooi geskryf, my kind.

Rina Vermeulen ·

Pragtig Roelien en so waar.Die land is siek wat dit laat gebeur want dis mense wat vir almal kos produseer,werk skep en n bydrae tot die land se ekonomie.Nerens is jy meer veilig en moet jy gedurig paraat wees. Ons het meer mense soos jy nodig dankie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.